30 Jan 2008

Generaal de Wet



Generaal de Wet

Stil, broers,
daar gaan ’n man verby,
hy groet,
en dis verlaas.
Daar’s nog maar één soos hy;
bekyk hom goed.

Die oog,
nou dof en weggesink,
soos vuurvonk kon hy blink –
die arendsblik,
die kakie- en renegateskrik.
Die stap en kraggebaar
is nou bedaar.
Is dit jul leier nog, per’ ruiterskaar?

Gewis!
en soos hy ons s’n was
en is.

Al is die oog verswak,
hy kyk nog fier omhoog
in jou
soos in sy God se oog.
Al stap hy kromgeknak
en afdraans af,
al klop die hart al flou:
soos altyd is nog nou
elk stap en hartslag trou
tot in sy graf.

En hierdie pure man
jou kind, Suid-Afrika!
Wat vrees ons dan?
Geseën sal wees
die grond, die bloed, die vlees
wat sulke vrugte dra.
In ons De Wet se gees.
Voorwaarts,
Suid-Afrika!

Jan F.E. Celliers

27 Jan 2008

Die Afrikaner 18-24 Januarie 2008



19 Jan 2008

Pres. Paul Kruger se Testament aan die Volk



Waarde Generaal,

Dit is vir my 'n groot voorreg om ontvangs te kan erken van u kabelgram van 25 Mei en van u brief van die 29ste van dieselfde maand, waarin die groete van die kongres wat gehou is van 23 tot 25 Mei in Pretoia, aan my oorgedra word.

By alle treurigheid en leed, wat my lot is, het hierdie groete my tot dankbaarheid gestem. En ek dank almal van ganser harte wat saamgekom het om te beraadslaag oor die hede en die toekoms, en gedink het aan hulle ou Staatspresident en daardeur getoon het dat hulle die verlede nie vergeet het nie.

Want wie vir hom 'n toekoms wil skep, mag die verlede nie uit die oog verloor nie.

Daarom: Soek in die verlede alles wat goed en mooi is wat daarin gevind kan word, vorm daarvolgens u ideaal en probeer om daardie ideaal in die toekoms te verwesenlik.

Dit is waar dat baie van wat opgebou is, tans vemietig is, verniel, geval. Tog kan met eenheid van sin en eenheid van krag weer opgerig word wat tans onderploeg is.

Dit stem my eveneens tot dankbaarheid om te sien dat die eenheid, die eendrag by u regeer. Vergeet nooit die ernstige waarskuwing wat in die woorde "verdeel en heers" opgesluit is nie, en sorg dat hierdie woorde nooit op die Afrikaanse volk van toepassing sal kan wees nie.

Dan sal ons nasionaliteit en taal bly bestaan en bloei. Wat ek self nog daarvan sal sien of belewe, is in God se hande.

Gebore onder die Engelse vlag, wil ek nie daaronder sterf nie.

Ek het geleer om te berus by die bittere gedagte dat ek as 'n banneling my oë sal moet sluit in die vreemde, byna heeltemal alleen, ver van bloedverwante en vriende wat ek waarskynlik nooit weer sal sien nie, ver van die Afrikaanse grond wat ek stellig nooit weer sal betree nie, ver van die land waaraan ek my lewe gewy het om oop te maak vir die beskawing waar ek 'n eie nasie sien ontwikkel het.

Maar die bitterheid sal versag word solank as wat ek die oortuiging mag bly koester dat die werk wat eenmaal begin is, voorgesit word. Want dan word ek staande gehou deur die hoop en die vewagting dat die einde van die werk goed sal wees. So is dit.

Uit die diepste van my hart groet ek u en die hele volk.

SJP Kruger.

Les van die geskiedenis



Die Afrikanervolk het in sy betreklik kort bestaan in Afrika deur geweldige beproewings gegaan. Telkens het hy op die rand van ‘n afgrond beweeg as gevolg van die aanslae op sy bestaan. Maar dit is ‘n opvallende feit van die geskiedenis dat die Afrikanervolk, selfs in sy vroeë wordingsjare, die vermoë gehad het om by die eise van die stryd aan te pas en sy nederlae in oorwinning te omskep.

Die reeks gebeurtenisse in Natal in 1838, waarin eers Retief en sy manne vermoor is, daarna die menseslagting by Bloukrans, Moordspruit en Weenen plaasgevind het, toe die strafkommando van Potgieter, Maritz en Uys ‘n nederlaag toegedien is, was van so ‘n aard dat dit mense tot die grens van wanhoop gedryf het. Maar uit dié rampspoed het ‘n ander gevegsmetode ontwikkel. In plaas van die vyand te perd tegemoet te gaan, het Andries Pretorius die vyand vanuit die walaer uitgelok tot die geveg en sodoende die oorwinning by Bloedrivier behaal, wat die hele gang van die geskiedenis van Suid-Afrika bepaal het en tegelyk die Afrikanervolk in die middelpunt van die historiese ontwikkeling van Suid-Afrika geplaas het. Uit die smart en wanhoop van daardie angsvolle jaar het die wordende Afrikanervolk met geloof en geroepenheid verrys om hierdie land te bewoon, te bewerk en as vaderland te bewaak.

In die Engelse Oorlog kon die Boere nie met getalle teen die Britse magte opweeg nie, maar het vinnig aangepas en die oorlog voortgesit deur guerillametodes, wat die Afrikanervolk se groot helde opgelewer het. Verslaan, nie deur die militêre oormag nie, maar deur die gruwelike vergryp teen beskaafdheid wat Kitchener beoefen het met die verwoesting van plase, die doodmaak van diere en die onmenslike blootstelling van vrouens en kinders in konsentrasiekampe, was die bitterheid teen die Britse grypsug diep en die verlies onbeskryflik groot.

Ander middels
Maar uit die verslaentheid en vernedering is die stryd met ander middels opgeneem. Veral rondom die Afrikaanse taal het genl. Hertzog die Afrikanervolk opgevorder tot herwinning van hulle selfrespek; en stap vir stap deur die politieke stryd is die militêre nederlaag gewreek, al het dit 22 jaar geduur van 1902 tot 1924.

In dié era was die Rebellie van 1914 nog ‘n donker vlak in die pynlike gang van die geskiedenis van daardie tyd. Die mislukte gewapende protes het die lewens gekos van die uitnemende genl. De la Rey en die knap genl. Beyers. Daarnaas was die bemindste man uit die Engelse Oorlog, genl. De Wet, ‘n gevangene in die Fort in Johannesburg. Genl. Maritz en ander het uit die land gevlug om gevangeneming te vermy. En die jagters van hierdie Boerehelde was Louis Botha en Jan Smuts, mede-krygers teen Brittanje, wat teen hulle volk en krygmakkers gedraai het in diens van Brittanje.

Uit hierdie mislukte en neerdrukkende poging om met geweld die vryheid van Britse oorheersing te herwin, het die aanpassing gekom om Botha en Smuts by die stembus te verslaan. En onder die leiding van genl. Hertzog het dit geslaag.

In die engtes waarin die Afrikanervolk weer in 1990 gedwing is deur die politieke verraad van leiers van die party wat die draer van Afrikanernasionalisme moes gewees het, sal die stryd gaandeweg moontlik met middels gevoer moet word wat aangepas is by die eise van die tyd. En besinnig daaroor is dringend nodig.

Hoe dit gedoen sal word, is belangrik, maar belangriker is die wil tot stryd, die weiering om oor te gee, die gehegtheid aan ‘n ideaal van vryheid in ‘n vaderland waarvoor alles gegee word wanneer daartoe geroep word.

Afrikanernasionalisme en die Nuwe Suid-Afrika
Jaap Marais (1922-2000)

18 Jan 2008

Majuba besprekingsdokument


MAJUBAFEES 2008

BESPREKING VAN VERBLYF en AANSOEK / BESPREKING VIR STALLETJIE

Faks aan: (012) 543-2257 voor Maandag 18 Februarie 2008.

Naam van instansie wat vir VERBLYF/STALLETJIE aansoek doen: _____________


Adres: _________________________________________________


Telnrs: _________________________________________________


Stalletjies: Staanplek tipe/grootte: 3m X 3m (R200); 5m X 5m(R400)

Bedrag: R____________

Wat word verkoop:Keuse 1__________________ Keuse 2________________

LW slegs een stalletjie per verversingsitem word toegelaat. Meer as een item toelaatbaar.
Oprigting van stalletjies streng volgens toewysing van perseel.
Geen verkope tydens amptelike program verrigtinge nie.
Stalletjie bemanning betaal verblyf/toegangsgeld per voertuig/ per persoon.

VERBLYFBESPREKING: verwys TOEGANGS- EN VERBLYFPLEKFOOIE

Dui die grootte van die groep aan: volwassenes; ______kinders______

Bedrag: R___________

Tentstaanplekke:aantal 3mX3m staanplekke @R30 per nag ______
Bedrag: R__________
plus R10,00 pp per nag vir meer as 6 persone. Aantal persone ______
Bedrag R__________
Woonwastaanplekke: @ R30,00 per staannplek per nag _____
Bedrag: R__________

LW voorsien eie krag- geen krag word by Majuba tydens die fees voorsien nie.

Jeugherberg bespreking: (studente) R40,00 pp per nag, groepe meer as 20 R30,00 pp /nag
Aantal dames______,mans_____ R _________
Heg naamlys met kontakbesonderhede aan.

Totale bedrag betaalbaar: tente,woonwaens,jeugherberg) R_________

Tjeks betaalbaar aan: Majuba Trust
Vir direkte deponering:
ABSA Pretoriusstraat 500-745, Rekeningnaam: Majuba Trust Rek.nr 108 202 0078 (tjek rek.)
Faks depositostrokie deur aan (012 543 2257) en toon by aankoms by Majuba

Voorwaarde vir toelating tot Majubafees
Die Majubafeeskomitee huur die terrein van die Majuba Boerevolktrust vanaf Donderdaggaand 21 Februarie 2008 (18:00 ) tot Sondag 24 Februarie 2008 (13:00) en die reg van toegang word voorbehou.
Toelating tot die fees en toekenning van staanplek vir stalletjie sowel as verblyf is onderhewig aan die volgende voorwaardes:
Ondergetekende persoon/persone/ groep verklaar/bevestig/onderneem:
Dat ek/ons ‘n historiese verbintenis het met die Boere wat betrokke was by die Slag van Majuba 27 Februarie 1881.
Dat ek/ons die Majubafees bywoon om deel te neem aan die program wat deur die Feeskomitee aangebied word en geen interne groepsaktiwiteit sal aanbied tydens enige feesverrigting nie.
Dat ons die gesag van die Feeskomitee sal respekteer en ook die komitee se beslissing in enige voorvallende aangeleentheid m.b.t. die verrigtinge en fasiliteite sal eerbiedig.
Dat ek /ons geen ander persoon wat die fees bywoon sal verhinder om enige deel van die program wat hy/sy wil bywoon by te woon nie.
Dat geen brosjure, pamflet. Inligtingsbrief, strooibiljet of enige iets soortgelyks sonder vooraf toestemming van die feeskomitee versprei sal word nie.
Dat geen werwing anders as per inligtingstalletjie vir enige groep of standpunt gedoen word nie.
Dat geen openbare afkondigings/uitsendings van watter aard ook al anders as met toestemming oor die amptelike kommunikasiestelsel gedoen word nie.
Dat ons geen ander vlag/e as kultuur-historiesevlae sonder vooraf toestemming sal vertoon nie.
Ek/ons onderneem om aan bogemelde voorwaardes te voldoen.




____________________ _________________ __________________
voorletters en van Handtekening Datum

Vonk-posse








Soos almal ontvang ek weekliks verskeie vonk-posse. Hierdie twee het egter uit gestaan aangesien dit my laat wonder het of ons alles wat in hierdie land gebeur gaan aflag.





Miskien verstaan ek die doel hiervan verkeerd, maar ek wil net nie he dat ons dinge aanvaar deur dit af te lag as 'n grap nie.

13 Jan 2008

Die ontstaan van die Voortrekkermonument


12 Jan 2008

'n Ope brief aan Gert Opperman


Geagte Generaal,


Wanneer ek in Pretoria kom, maak ek 'n punt daarvan om besoek af te le aan die Voortrekkermonument. So het dit gebeur dat ek in 2007 ten minste by vier geleenthede die Monument besoek het. Daar is niks wat die Volkstrots in 'n Afrikaner so hernu, soos 'n besoek aan die Voortrekkermonument nie.


Dit stem my egter tot groot kommer om te sien in watse haglike toestand die Monument verkeer. Reeds vroeg in 2007 het ek gemerk dat daar verskeie daklekke is en tydens my laaste besoek was dit nog nie herstel nie.

Ek besoek ook gereeld die buiteland en moet aan u erken dat tydens 'n besoek aan Malaysia dit vir my opvallend was dat by 'n Malaysiese kultuurmuseum, daar slegs Malayers gewerk het en geen Chinese Malaysiers nie. Dit is seker hoe mens dit verwag, of hoe?

By die VTM is dit egter nie die geval nie. By die hek word mens begroet deur volksvreemdes en ek merk ook dat die gidse nie afstammelinge van die Voortrekkers is nie. 'n Mens kan maar net wonder wat hierdie volksvreemdes aan die toeriste vertel oor die moord op Piet Retief en die slag van Bloedrivier. Veral in die lig van onlangse uitlatings deur sekere sogenaamde swart historikuste wat reken Piet Retief was 'n verkragter en dat Bloedrivier nooit gebeur het nie.

Ek het ook met skok verneem van u definisie van 'n Afrikaner en dat die Afrikaner, volgens u, enige kleur kan wees. Ek wil u vriendelik versoek om op te hou om hierdie snert te verkondig en verneem ook graag waar kom u daaraan. Is dit dalk die rede hoekom u die ATKV toegelaat het om 'n kleurling vrou op die Senotaaf af te neem???

Kom nou Generaal, moenie die Afrikaner se kultuurerfenis uit verkoop nie!


Die uwe,


Ben Geldenhuys
Paardekraal Verkenners

10 Jan 2008

Vir die besoeker wat in die buiteland is


Draai die luidsprekers oop en staan op aandag...

07 Jan 2008

Sports met sport in Afrika


Afrika en sport meng blykbaar nie te goed nie. Die Dakar motor wedren, moes afgestel word aangesien Afrika te onveilig verklaar is.

Asof dit nie genoeg is nie, gaan die bekende Duzi-kano maraton moontlik ook afgestel word. Die keer omdat die water van die Duzi so besoedel is, dat dit 'n gesondheids risiko inhou vir die deelnemers.

Die logika wat gebruik word deur sport administreerders gaan ook die verstand te bowe. Die afrigter wat die Rugbywereldbeker na Suid-Afrika gebring het, is in die pad gesteek en na alle waarskynlikheid sal daar nou 'n swart afrigter in sy plek aangestel word. Hoeveel sukses die nasionale Rugbyspan sal he onder 'n rasstellende aksie afrigter, sal die tyd leer. Ek vermoed die span sal dan ook donkerder word.

Met slegs twee jaar oor voor die 2010 sokkerwereldbeker, is dit te betwyfel of die NSA se infrastuktuur gereed gaan wees om hierdie byeenkoms aan te bied. Miskien sal dit vir NSA Sokker beter wees as hulle dit nie aanbied nie, aangesien die nasionale sokkerspan deesdae geen wedstryde kan wen nie. Dit sal darem 'n groot verleentheid wees as die gasheer land met 'n rekord verloor of nie eens kwalifiseer vir die kompetisie nie.

Daar is egter sport soorte waarin Afrika uitblink; misdaad en korrupsie. Suid-Afrika is die land met die hoogste misdaad syfers en dit wil voorkom of die NSA regering baie hard werk daaraan om die NSA die kampioene te hou. Dit is vir die regering so belangrik om hierdie titel te hou, dat lede van die regering aktief deelneem en die misdaad syfer hoog hou.

Ons kan seker nie almal goed wees in alles nie en ten minste hou die regering by dit wat hulle goed doen.

04 Jan 2008

Wat gaan aan by die Voortrekkermonument?


Ek hoor en sien deesdae baie ontstellende dinge van wat gebeur by die Voortrekkermonument. Die probleme kon natuurlik voorkom word as die Monument reg bestuur was, maar voor ek daarby uit kom, laat ek eers my kwellinge deel.

Aan die begin van verlede jaar (2007) het ek die Monument besoek en opgemerk dat die dak lek op verkeie plekke. 'n Jaar later was ek nou weer daar en hierdie lekplekke is steeds nie reg gemaak nie.

Dit is ook opmerklik dat die gidse meestal donker volksvreemdes is en mens kan maar net wonder oor wat hulle die toeruste vertel van die moord op Piet Retief en die slag van Bloedrivier.

Dit is natuurlik nie net die gidse wat volksvreemd is nie, die Monument ondersteun ook die regering se rassistiese wetgewing van rasstellende aksie, aangesien die werknemers baie donker en baie volksvreemd is.

Dit is die ooglopende probleme maar die probleme le ook dieper.

Die Voortrekkermonument is die erfenis van die Boere/Afrikaners, maar moet blykbaar nou ook plek maak vir 'n gedeelde erfenis.

Die ATKV het so ver gegaan en 'n kleurling vrou afgeneem wat bo-op die senotaaf le! Dit het natuurlik geskied met die toestemming van Gert Opperman. Dit verbaas egter nie, veral as 'n mens na sy definisie kyk van wat is 'n Afrikaner:

“… Afrikaners is persone, ongeag afkoms, kleur of geloof, wat hulleself ten volle as Afrikaners beskou of as sodanig beskou word en hulleself ook ten volle of met ‘n gedeelte van die inheemse Afrikaanse kultuurgoedere vereenselwig en dit as hulle kulturele erfenis beskou”.

Net soos De Klerk en kie die Volk uit verkoop het, is dit weereens een van ons eie mense wat nou ons erfenis verkoop.

Met mense soos Opperman, waar sal dit eindig?

AKSIE – BESKERM ONS MONUMENTE


Gedurende die afgelope jare het Boere-Afrikaners kennis geneem van die aanslag op die kultuurgoedere van ons volk. Benewens die feit dat die Afrikaanse taal vertrap en verneder word, is daar ook die neiging om ons monumente te vernietig of minstens te skend tot haas die onherkenbare.

In die lig hiervan is ’n aksie begin om ons monumente te beveilig. Natuurlik kan ons nie sewe dae in elke week gaan wagstaan nie, en al sou dit so kon wees, kan die moontlikheid nie uitgesluit word dat die wagte om die lewe gebring word deur vandale, boewe en rowers nie.

“Aksie Beskerm ons Monumente” het dus ’n ander benadering.

Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het die Engelse die eerste Taalmonument wat opgerig is te Burgersdorp in Oos-Kaapland, van die voetstuk verwyder en begrawe in die omgewing van Stutterheim. As dit nie was vir die foto’s wat iemand bewaar het nie, sou hierdie monument waarskynlik vir altyd verlore gewees het vir die nageslag. Met die hulp van foto’s is ’n replika van die oorspronklike gedurende die dertigerjare onthul. In die veertigerjare is die oorspronklike monument gevind en terug gebring na Burgersdorp, en alhoewel dit erg beskadig is, weer opgerig. Dit verklaar ook waarom daar twee Taalmonumente op die plein in Burgersdorp staan.

Om seker te maak dat ons kultuurgoedere vir die nageslag behoue bly, sal dit goed wees as ons luisteraars en volksgenote meedoen aan hierdie projek.

Die projek:
Neem soveel foto’s as moontlik, uit verskillende kante van monumente en ander gedenkwaardighede in u omgewing. Waar name en datums op die konstruksie bestaan, kan dit van nader geneem word om leesbaarheid te vergemaklik.

Foto’s wat met ’n digitale kamera geneem is, en op laserskyf oorgedra word, is sekerlik die mees praktiese en koste effektiewe metode. Gewone foto’s in kleur, is egter ewe bruikbaar.

Die Volkseie Museumraad sal die foto’s in veilige bewaring hou.

Skakel met Prof. Hendrik van de Wateren.
Telefoon: 014-717 3264
Posbus 3717, Nylstroom 0510

Hierdeur verseker ons dat “die erwe van ons vaders, vir ons kinders erwe bly”.

02 Jan 2008

Nuwejaarsboodskap 2008



Ons wil al ons lede en Volksgenote van harte alles van die beste vir 2008 toewens. Mag God ons genadig wees in hierdie jaar. Laat ons in hierdie jaar in die eerste plek streef na ‘n geestelike verdieping en ‘n naderbeweeg God en Sy Gebod. Maar laat ons nie net daaroor teoretiseer nie, maar laat ons dit omsit in praktyk. Kom ons wys ons Hemelse Vader dat ons dit erns maak met Hom deur Sy gebooie werklik uit te leef. Die wêreld raak al hoe vuiler, en ons as volk sal, soos die Bybel dit ook beskryf, steeds skoner moet word. Dit beteken om daadwerklik, doelbewus en doelgerig afstand te neem van die vuiles: die diewe, korruptes, bedrieërs, omkopers, moordenaars en ander gespuis. En laat ons weer die Sabbat in hierdie jaar in ere herstel soos dit hoort. Laat ons ons weerhou van besigheid en sport op die Sabbat. Dan kan 2008 nie minder voorspoedig wees as 2007 nie. Inteendeel.

Maar ons gaan die jaar binne met seker die duidelikste bewys van die mite van ‘n reënboognasie, wat ons nog gesien het sedert 1994. Hoe sal die bewindhebbers ons ooit weer kan oproep tot ‘n enkele nasie en tot versoening as hulle onder hulleself nie eens eenheid kan bereik nie? Die eenheidstaat is weer eens onder druk, met duidelike lyne wat al hoe skerper getrek word. Die ANC-stryd het getoon dat die stryd tussen Xhosa en Zoeloe en Tswana nog nie verby is nie. En ook dat kommunisme nog lank nie dood is nie: dit is lewendig, ten minste besonder sterk in Suid-Afrika, en sy mag en invloed, en noodwendige gevolge, sal in die komende jaar vir ons baie duidelik word, waarskynlik met onaangename gevolge vir ons volk wat in sy wese nasionalisties is.

Volksnasionalisme sal ook in 2008 bly groei soos ons dit met reusespronge sien vorder het in 2007. As die geleenthede wat in 2007 geskep is, opgevolg word, en daar word op verbeter in 2008, sal die jaar vir ons volk baie beteken in die herstel van ons volkstrots, ons eer, ons strydvaardigheid en ons uiteindelike vryheidsoorwinning. Dit sal egter meer insette van elke volksgenot vereis. Maar eendrag maak mag, en as die eenheidstree wat in 2007 gegee is, opgevolg word met ‘n eenheidsdraffie in 2008, sal die begin van die eenheidsmag wat ons volk kan bereik, baie gou sigbaar word.

Maar volksnasionalisme is nie net ‘n akademiese oefening en iets waaroor in hoe kringe gepraat word nie. Volksnasionalisme is ‘n lewenswyse. In ons volk se geval begin dit by die uitbou en hegting van die gesin en familie. Die fisiese uitleef van ons Christelike lewensbeskouing. Die handhawing van ons taal, op enige plek, te eniger tyd. Die vertoon van ons volksimbole, tydig en ontydig, sodat ons as volk geïdentifiseer kan word, en ons identiteit kan verstewig en trots wees daarop. Volknasionalisme beteken handel en sake doen met ons eie mense sodat ons ook ons ekonomiese mag kan konsolideer. Maar laat ons strewe na voorspoed ons weerhou van uitbuiting van ons eie mense. Volksnasionalisme beteken ‘n liefde vir die eie, en ons mense wat nog noodgedwonge vasgevang sit in die staat se strukture, behoort dienslewering teenoor hulle eie mense op besondere vlak te bring. Ondersteun die wat ons ondersteun, en boikot die wat ons en ons saak boikot, ignoreer of verkleineer.

Laat ons op individuele vlak hande vat met mekaar. As daar verskille was in die verlede, laat ons ook dan die Bybelse weg van vergewing volg, die oog rig op ‘n blink toekoms wat ons glo vir ons volk gaan volg. Laat ons in ons samewerking met mekaar toekomsgerig wees, en nie soos Lot se vrou wil omkyk na die verlede nie, want dan sal ons almal nuttelose soutpilare word.

Maar ons moet ook ons volk aan die begin van hierdie jaar oproep tot persoonlike paraatheid en veiligheid. 2007 is afgesluit met ‘n paar gruwelike moorde en slagting op die paaie. Gebruik die geleenthede wat die raamwerk van die wet stel om u te bewapen en te beveilig, hou u oë nie noodwendig op die pad nie maar eerder op die roekelose en onverantwoordelike ander padgebruiker, en maak seker dat ons alles in ons beskeie menslike vermoë doen om ook oor 365 dae terug te kyk op ‘n suksesvolle jaar in ons volksgeskiedenis, waar ons hopenlik gevorder het op ons vryheidspad.

Henk van de Graaf
President

1 Januarie 2008

Wees JY die een!


Een moet vooruit
Om te wys daar is nog 'n stem,
wat as ander skugter swyg,
vreesloos die waarheid bring.

Een moet vooruit in die nood
wanneer mense vra: waar is die man
wat die moed het om voor te loop?
Wees jy die een! Stap voor!

Johannes Trojan 1837 - 1915

28 Dec 2007

DANIËL JOHANNES STEPHANUS THERON - 1872-1900


Die Alleenloper
Danie Theron, bedrewe en dapper krygsman, baasverkenner, sterf op die slagveld en word een van Suid-Afrika se grootste militêre helde.
“Danie Theron het aan die hoogste eise van ‘n krygsman beantwoord.” Hierdie uitspraak kom van niemand anders nie as Christiaan de Wet, sekerlik een van Suid_Afrika se beroemdste veldhere. Toe hy Theron se doods berig ontvang, het De Wet gevoel dat sy plek nie maklik gevul sou word nie. Daar sou wel beminlike en dapper manne soos Theron wees, het De Wet gereken, maar waar sou hy ‘n man vind met soveel deugde in één persoon verenig? By sy dapperheid het hy groot krygslus besit, en bowendien was hy ‘n krygsman met deursettingsvermoë. As hy ‘n bevel gekry het, of self iets wou uitvoer, dan moes dit gedoen word, buig of bars, het De Wet sy bewondering uitgespreek. Inderdaad het Suid-Afrika in Daniel Johannes Stephanus Theron ‘n krygsman gehad wat in sy militêre loopbaan van skaars ‘n jaar onsterflike roem verwerf het. Hy is op 9 Mei 1872 op Tulbagh gebore. Hoewel hy verdraagsaam was, het hy ook ‘n driftige, opgewonde temperament besit met ‘n dogmatiese “alles of niks” – uitkyk op die lewe. Tereg verklaar sy biograaf, J.H. Breytenbach, dat alles wat Danie Theron aangepak het, hy “deurgedruk het met ‘n taaie volhardingsvermoë en ’n dryfkrag wat vir niks gestuit het nie, wat ook al die gevolge vir homself mog wees”. Ná sy skooljare op Tulbagh, Bethlehem in die Vrystaat, Middelburg (Kaap), Rouxville en Lady Grey (waar hy in 1888 die “School Higher Examination” – sertifikaat in die eerste klas ontvang) bekwaam hy hom aan die Normallkollege in Kaapstad as onderwyser. Skaars ses maande staan Theron in die onderwys, in die distrik Kroonstad, alvorens hy hom in Augustus 1891 na die Zoutpansberg-distrik in die aangrensende Zuid-Afrikansche Republiek begewe. Ironies genoeg het twee aansoeke van hom om ‘n betrekking in die staatsdiens van Transvaal nie geslaag nie. Vroeg in 1893 word Theron as prokureursklerk ingeskryf by die firma C.T. Rabie op Pietersburg, en verskyn sy naam vir die eerste keer op die veldkornetslys. Op 10 Augustus 1896 verkry hy volle burgerreg op grond van sy krygsdiens teem Mmalebôgô in 1894. Theron gee vroeg reeds blyke dat hy vir groter diens bestem is. In Julie 1895 tree hy met die swart onluste in Noord-Transvaal op as rapportganger vir kmdt.-genl. Piet Joubert. Dit is moontlik dat Joubert hier die voortreflikhede van Theron raakgesien het, want toe lg. hom later in Pretoria vestig, woon hy ‘n tyd lank by Joubert aan huis. Aan die einde van Desember 1895 bevind Theron hom toevallig in Pretoria , juis toe dr. L.S. Jameson sy inval in Transvaal uitvoer. Wanneer Ben Bouwer van kmdt.-genl. Joubnert se kantoor gelas word om ‘n boodskap van die Britse Hoë Kommissaris in Suid-Afrika na Jameson te neem tot die effek dat hy sy mag moet onttrek, word Bouwer deur Danie Theron vergesel. Te perd lewer hulle die vrugtelose boodskap af. Hoewel Theron skynbaar nie aan die geveg en gevolglike oorgawe van Jameson deelgeneem het nie, benoem Joubert hom om die regeringskommissie te help om ná die inval die wapens en ammunisie van die Uitlanders in Johannesburg te konfiskeer. Hierdeur word die rus en orde in die Goudstad herstel. Vervolgens skryf Theron as prokureursklerk by die firma Stegman en Esselen in Pretoria in. In 1897 kwalifiseer hy as prokureur (hy presteer trouens die beste van die kandidate) en open in dieselfde jaar ‘n praktyk op Krugersdorp. Sy praktyk floreer spoedig. Ook ontmoet hy Hannie Neethling, ‘n aanvallige en begaafde meisie van die plaas Eikenhof, tot wie hy hom onmiddellik aangetrokke voel. Hulle raak verloof, maar op 29 Augustus 1898 sterf sy onverwags aan longontsteking. Omdat hy oor sy persoonlike sake geslote was, kan ons alleen op die getuienis van sy oorlogsmakkers steun dat haar dood hom diep moes getref het. In die diplomatieke stryd tussen Groot Brittanje en Transvaal steun Danie Theron aanvanklik die meer gematigde benadering van Piet Joubert bó dié van pres. Paul Kruger. Theron is van oordeel dat die President oorlog kan vermy deur toegewings aan die Uitlanders. Maar toe hy eers daarvan oortuig raak dat die Britse regering doelbewus op oorlog afstuur, word hy deur ‘n onversetlike strydlus oorweldig. Theron se afkeer van Britse Uitlander-element wat oorlog aangestook het, bereik op 22 April 1899 breekpunt deur ‘n eensydige jingo-artikel in The Star. Met sy haastige geaardheid reis Theron onmiddellik na Johannesburg en eis van die redakteur, W.F. Monypenny, ‘n apologie. Monypenny weier dit, waarop Theron hom ‘n vuishou op die oog toedien. Drie dae later word Theron, wat sy eie verdediging waargeneem het, skuldig bevind aan aanranding en tot ‘n boete van ₤20 of twee maande tronkstraf gevonnis. Die boete word onmiddellik betaal deur die Afrikaners wat die hofverrigtinge bygewoon het. Hierdie haastige en verbete optrede sou Theron as krygsman goed te pas kom, maar dit in die wandel een van sy swak eienskappe was, val nie te betwyfel nie. Deur middle van monstervergaderings in Johannesburg , ‘n oorhaastig gereëlde vergadering in Junie 1899 te Paardekraal en ‘n Ope Brief aan Afrikaners in September 1899, poog Danie Theron vervolgens om sy volksgenote op te wek vir die stryd wat volgens hom nou onvermydelik is. Hy word ‘n gewilde figuur en vaderlandsliewende burgers begin na hom as ‘n leier opsien. Theron se besorgdheid oor ‘n behoorlike inligtingsdiens vir Transvaal het hom finaal op die militêre pad geplaas. Ná vertoë aan kmd.-genl. Joubert verkry hy verlof om die Wielrijders Rapportgangers Corps op te rig. Hy sou self met die rang van kaptein aan die hoof daarvan staan. Die rywiel of fiets het intussen sy waarde getoon, deurdat dit oor langer afstande vinniger as ‘n perd was en moeiliker deur die vyhand raakgesien (en gehoor) sou word. Ná ‘n suksesvolle werwingsveldtog word die sowat honderd uitgesoekte lede van die korps op 14 September 1899 deur kmdt.-genl. Joubert ingesweer. Aan sy korps het Theron hul taak uiteengesit: Om rapporte te vervoer veral waar geen telgraafverbindings bestaan nie, en om deur middle van verkenning inligting in te win vir die leërleiding. Kort hierna vertrek ses seksies van die korps per fiets in verskillende rigtings om inligting te verkry oor die Britse militêre voorbereidings. Theron besoek persoonlik Kimberley , Mafeking en Bulawayo waar hy byna vasgetrap word en met ‘n stukkende fiets deur die ruwe boswêreld moet terug sukkel Pietersburg toe. Nieteenstaande ‘n lofrede van genl. Botha met die onthulling van ‘n monument op Theron se graf in 1907, is dit te betwyfel of hierdie verkennnigstogte veel bygedra het tot die Regering se kennis van Britse troepebewegings aan die grense. Op 28 September 1899 word die burgermagte van die twee Boererepublike gemobiliseer. Twee dae later vertrek Theron na die front. Die lede van sy korps word die verskillende kommando’s aan al die fronte ingedeel. Hy bevind hom persoonlik met ‘n klein groupie van sy korps aan die Natalse front. Twee dae nadat die Anglo-Boereoorlog uitgebreek het, steek Theron op 13 Oktober 1899 saam met die burgermagte die Natalse grens oor. Hy en sy korps beperk hulle nie slegs tot rapportry nie, maar neem ook aktief aan die gevegte deel. Met die eerste groot slag in Natal , by Talana op 20 Oktober 1899, dra hulle by tot die gevangeneming van sowat 250 Britse betrede soldate. In die gevegte rondom Ladysmith onderskei Theron hom sodaning, dat Jimmy Roos, Reuter se verslaggewer, op 3 November 1899 in ‘n perstelegram berig: “If Transvaal iron cross for valour… were revived, the palm in Natal should be awarded to D. Theron, chief of the Despatch riders…Every day his life depended on goodwill of fate. He never questioned the danger when General Joubert had any risky order to execute.” Die dapper en gedissiplineerde wyse waarop die lede van die korps hul pligte uitvoer, ontvang spoedig baie lof, selfs van burgers wat aanvanklik skepties teenoor die groep gestaan het. Theron neem op 15 November 1899 onder genl. Louis Botha deel aan die verowering van die gepantserde trein naby Chieveley waartydens onder meer die oorlogskorrespondent Winston Churchill krygsgevange geneem word. Hy teken telgrafies sterk prots by die Regering aan toe gerugte die ronde doen dat Churchill vrygelaat gaan word. As staflid van genl. Louis Botha onderskei Danie heron hom tydens die hewige slae van Colenso (15 Desember 1899) en Spioenkop (24 Januarie 1900). Later sou Botha van hom sê: “Hy was as soldaat gehoorsaam en trou, as offisier onverskrokke en bekwaam, as krygsman ‘n held. Nooit het ek iemand ontmoet wat meer deurtastend te werk gegaan het, wat opgewekter ‘n moeilike taak volbring het nie, hetsy as leier, as spioen, of as aanvoerder by ‘n aanval. Die woord ‘nee’ het Theron nooit geken nie. Wat aan hom opgedra is, het hy gedoen. Transvaal het geen dapperder man opgelewer nie.” Ook doen hy, meestal te perd, waardevolle verkennigswerk vir Joubert. Met sy waarde as verkenner bewys, gee Botha ná Colenso vir Theron opdrag om ‘n verkenningskorps op die been te bring. Ná ‘n suksesvoll begin in Natal, kry Theron verlof om die Vrystaat en die Kaapkolonie te besoek ten einde dergelike korpse aldaar op te rig. So bevind Danie Theron hom op 22 Februarie 1900 in genl. Christiaan de Wet se leer by Poplar Grove aan die wesfront. Hier sou hy seker sy grootste roem as krygsman behaal. Sake het donker gelyk aan die wesfront. By Paardeberg op die noordelike oewer van die Modderrivier was genl. A.P Cronjé met meer as 4000 gedemoraliseerde voetgangers deur lord Roberts se magte vasgekeer. Vir sy ontset het Cronjé afhanklik geword van genl. De Wet suid van die Modderrivier. De Wet was van oordeel dat Cronjé na die suidelike oewer van die Modderrivier moes durgaan en van daar met behulp van dekking deur De Wet se magte ‘n pad oopbreek na die ooste. Op een of ander skynbaar onmoontlike wyse moes De Wet hierdie boodskap by Cronjé kry. Die problem was dat hulle in hierdie stadium geen heliografiese of telegrafiese verbinding met mekaar kon kry nie. Tussen hulle het ‘n stewig geslote Britse kordon enige kommunikasie onmoontlik gemaak. Danie Theron se reputasie van dapperheid en onverskrokkenheid het hom waarskynlik vooruitgegaan. Dit is daarom nie vreemd dat De Wet besluit het om hom te nader met die versoek om die rapport mondelings aan Cronjé deur te neem nie. Sonder huiwering kom Theron se antwoord: “Ja, Generaal, ek sal gaan!” Ten einde die donker as bondgenoot te gebruik en nog die omgewing te verken, het Theron reeds die middag van 24 Februarie 1900 De Wet se laer per fiets verlaat. Twee van sy rapportgangers vergesel hom ‘n ent. Dan neem hy afskeid en gaan alleen te voet óm Koedesrand aan die noordekant van die Modderriveir verder. Met donker kon hy die rye Britse kampvure voor hom sien wat die terrein tussen die breë linies verlig. Hy sou moes wikkel, want die maan sou gedurende die na nag opkom en dan moes hy al deur die vyandelike linies wees. Voetjie vir voetjie vorder Theron, totdat hy naderhand vlak teen die eerste Britse wagposte is. Die eerste linies bied geen probleme nie, maar namate hy al dieper die vyandelike gebied binnedring, is die wagposte al nader aan mekaar. Op pakkende wyse het Theron later vertel: “My hande en knieë was rooi van die blare, want dit was stukkend gekrap van die dorings en skerp klippe, waardeur ek honderde tree ver moes kruip. Ek het ‘n rukkie tussen die groot klippe gaan lê, om te rus en te oordink wat ek sou doen, want ek was toe só na aan die Engelse brandwagte, dat ek hulle duidelik op en neer kon sien loop, dwarsoor die koers wat ek moes gaan.” Geweer oor die skouer marsjeer die wagte na mekaar toe, maak 'n regsomkeer waar hulle ontmoet, en loop dan weer in teenoorgestelde rigtings, tot waar hulle weer die volgende wagte aan weerskante tref, en so duur dit voort. Theron het sy gaping gesien. Toe twee wagte mekaar die rug keer, spring hy vorentoe en sis die een toe: “Hey Jack, don’t move, keep quiet or I’ll shoot you dead.” Die wag aarsel vir ‘n oomblik en draai na die indringer. Maar toe hy sien dat die Boer sy rewolwer op hom rig en hy nog ‘n bevel kry om aan te stap asof niks gebeur het nie, gehoorsaam hy vinnig. Soos blits glip Danie Theron deur in die rigting van die beleërde Boerelaer. In die wal van die Modderrivier tref Theron Cronjé se laer in haglike omstandighede aan. In die reëndeurweekte, modderige slote is daar geen sanitêre geriewe nie. ‘n Onhoudbare stank hang oor die laer, verwek deur die ontbindende karkasse van die talle perde en trekvee wat deur die vyandelike bomme gedood is. Baie hiervan lê in die enigste drinkwaer waaroor die burgers beskik. Die bietjie beskikbare kos is galbitter van die liddietgas van bomme wat aanhoudend oor die laer bars. Die oorblywende sowat honderd perde is uitgeput en glad nie rybaar nie. Onder hierdie omstandighede heers ‘n gees van volslae moedeloosheid oor die meer as 4000 burgers. Theron het die boodskap van De Wet aan Cronjé afgelewer, en dié het dit voor sy krygsraad gelé, maar die offisiere het nie kans gesien om ná al die ontberings deur ‘n afkomende rivier te gaan en self ‘n pad deur die vyand te slaan nie. Tevergeefs het Cronjé het ook nog sy burgers gelas om ‘n kettingbrug oor die rivier te bou. Nada thy gedurende die dag ‘n klein ruskanise gekry het, pak Theron daardie aan die terugtog deur die Britse linies aan, oortuig daarvan dat die lot van die bleërde Boeremag veseël is. Met dieselfde behoedsaamheid as die vorige nag, maar sonder voorval, kom hy die oggend van 26 Februarie in De Wet se laer aan. Sy broek is aan flared en sy knieë rooi van die bloed waar die klippe en bossies en dorings die vel afgeskaaf het. Theron se optrede, wat volgens De Wet ongeëwenaard was in die oorlog, het nie die besette krygsmag gered nie. Die offisiere en burgers was te gedemoraliseer om De Wet se veeleisende krygsplan deur te voer, en die offisiere het Cronjé gedwing om op 27 Februarie 1900 met sy mag van meer as 4000 man oor te gee. Bykans vyftig jaar later oordeel J.H. Breytenbach dat Theron “onteenseglik die bewys gelewer dat hy die knapste rapportganger in die geledere van die burgerkrygsmagte was”. Dit is moeilik om te bepaal of die kruiptog werklik die hoë lof verdien, aangesien ons nie presies weet hoe dig die Britse linies werklik tussen 24 en 26 Februarie 1900 was nie. Ongetwyfeld het lord Roberts die knyptang stywer getrek nadat kmdt. Stoffel Froneman op 20 Februarie met twintig man te perd van Cronjé af na De Wet deurgejaag het. Vir Theron was dit ná sy kruiptog die ideale oomblik om die eintlike doel van sy tog vanaf Natal deur te voer, en ‘n goed georganiseerde verkenningskorps op die been te bring. Men die steun van A.D.W. Wolmarans, lid van die Transvaalse Uitvoerende Raad, wat op daardie tydstip in De Wet se laer aanwesig was, kry Theron op 3 Maart 1900 amptelike goedkeuring van die regerings van albei Republieke hiervoor. Met die rang van kapein en die mag om persoonlik offisiere aan te stel of te ontslaan, spring Theron aan die werk om die TVK – Theron se Verkenningskorps – op te rig. By die keuring van sy manne uit die verskillende kommando’s stel hy hoë eise, en onderwerp hy hulle aan toetse in die veld. Spoedig hy hy ‘n keurkorps van so wat 100 lede om hom versamel, manne op wie hy te alle tye kon staatmaak en wat deur liefde jeens hul leier en trou aan die republikeinse saak aan Theron gebonde was. Die lede van die korps is onder drie luitenante, Barnie Enslin, Jan Theron en J. Pretorius, ingedeel. Dit was nie so maklik om die TVK met die nodige toe te rus nie, aangesien die Republieke reeds in hierdie stadium gebrek ondervind het. Theron laat geen steen onaangeroer nie, en geleidelik word van die voorrade-probleme uitgeskakel soos tente, bokseile, komberse, draadknippers, hoewe, ens. Bekom word. Perdevoer en uitstekene perde was maar skaars. Aan die begin van Junie 1900 bewillig die Transvaalse Uitvoerende Raad ₤1500 vir die TCK vir verdure voorsiening. Theron wend hierdie kontantbedrag nuttig aan om op die plase en beskikbare winkels die nodige aankope te maak. Só goed sorg hy vir sy korps se voedselbehoeftes dat hy al gou die bynaam “Kaptein Dikeet” kry. Intussen het die Wielrijders Rapportgangers Corps steeds bly voorbestaan, maar op 2 Mei 1900 dra Theron die administrasie hiervan aan Koos Jooste oor. Voortaan sou hy hom daaroop toespits om die TVK uit te bou om die oë en ore van die Boeremagte te word. Deur in noue voeling met die Britse troepebewegings te bly, verskaf die TVK met Theron aan die spits belangrike inligting aan die Boereleërleiding aangaande Roberts se opmars na Bloemfontein . Dit dra daartoe by dat die Boeremagte sonder swaar verlies kan terugtrek. Wanneer De Wet op 7 Maart 1900 by Poplar Grove aangeval word en die burgers, gedemoraliseer deur Cronjé se oorgawe, onwillig is om staande te bly, is dit Theron en lede van sy korps wat verhoed dat die Boerekanonne in Britse hande val. Met die burgers se terugvlug ná Abrahamskraal gelas De Wet Theron om met sy TVK agter te bly en hom op die hoogte van Roberts se bewegings te hou. Vir die eerste keer vorm die TVK die agterhoede vir De Wet – ‘n rol wat hulle in die komende maande gereeld op onmisbare wyse vir Botha en De Wet sou vervul. Theron se onverskrokkenheid het hom blykbaar na willekeur tot binne die vyandelike kampe gebring. Hier het hy in die kakie-uniform van ‘n Britse offisier en met sy goeie beheer van Engels inligting ingewin sonder om enigsins agterdog te wek. Daar word voorts vertel dat van sy verkenners ook die Britse kampe binnegedring het, vermom as gewone Britse soldate of as boere wat kwansuis produkte kom verkwansel het. Kort voor die Britse inname van Bloemfontein op 13 Maart 1900 red Theron en sy korps nog waardevolle voorradewaens vir die Boeremagte. In die nag van 18 op 19 Maart verniel hy by Glen vir die eerste keer ‘n treinspoor deur die treinbrug die lug in te blaas ten einde die Britse opmars te vertraag. Wanneer die Transvaalse magte gedurende Mei 1900 na hul vaderland terugval, voeg Theron hom met die TVK by waarnemende kmdt.-genl. Louis Botha. Met hul agterhoede-operasies raak hulle gereeld in klein skermutselinge met die oprukkende Britse kolonies slaags. Die gedagte ontstaan nou om die TVK te vergroot en dit naas ‘n verkenningskorps in ‘n vegkorps te reorganiseer. Vir hierdie doel trek die TVK ná die Britse besetting van Pretoria op 5 Junie 1900 terug na Middelburg. Die gereorganiseerde TVK bevat sowat 200 lede, waarvan die meerderheid nuwelinge uit die kommando’s en vrywilliger eenhede is. Die polisie van Johannesburg en Pretoria beslaan ‘n groot gedeelte daarvan. Buitelandse vrywilligers, soos Hollanders, Duitsers, Russe, ‘n Ier, ‘n Griek, ‘n Turk en ‘n Arabier, maar sowat ‘n kwart van die getal uit. By die luitenante is onder meer bygevoeg S.G. (Manie) Maritz, Mears en ‘n Rus genaamd Strolman. Die onhoudbare situasie bestaan dat ‘n gedeelte van die korps vanweë die perdeskaarste te voet moet gaan of met een van die drie trollies vervoer word. Theron slaag spoedig daarin om met persoonlike kontak en individuele belangstelling sy korps tot ‘n hegte eenheid saam te voeg. Weldra aanbid almal hul “Kappie”, soos hy met deernis deur hulle genome word. Sy besielende voorbeeld in die daaglikse kommandolewe en tydens kontak met die vyand spoor almal aan tot getroue pligsbesef, flinkheid, oplettendheid en aanvaarding van dissipline. Dissipline word verbeter deurdat Theron alle individuele buitmakery ten strengste verbied. Onder sy leiding word daar gesorg vir hul daaglikse behoeftes. Op versoek van pres. M.T. Steyn en De Wet keen Theron teen middel Junie 1900 met sy “nuwe” TVK na die Vrystaat terug. Hulle sluit by asst.-hoofkmdt. Piet de Wet aan wat ‘n Britse mag onder genl.-maj A.H. Paget by Lindley omsingel het. Met sy deurdrukker-geaardheid probeer Theron tevergeefs om die beleëraars tot aksie aan te spoor. Wanneer die Vrystaters onder Christiaan de Wet verplig word om op Bethlehem terug te val, lewer die TVK weer waardevolle werk in die agterhoede-gevegte. Op onverskrokke wyse red Theron persoonlik van sy vasgekeerde makers. Met De Wet se verdediging van Bethlehem op 6 en 7 Julie 1900 speel die TVK ‘n vername rol. Olp die tweede dag moet hulle veral die spit afbyt en weer eens dek hulle die Boere-aftog. Dan sluit hulle by die Vrystaatse mag aan wat in die hoefystervormige Brandwaterkom, suid van Bethlehem , saamgetrek het. Buite Retiefsnet op die pad na Bethlehem vorm die TVK die wag. Ten einde te verhoed dat die groot Britse mag onder lt.-genl. A. Hunter die Boere in ‘n kordon toeknoop, besluit die Boerekrygsraad om in verskillende rigtings uit die Brandwaterkom te trek. Die trekrigting van die eerste afdeling word deur Slabbertsnek noordweswaarts na die omgewing van Vredefort en Kroonstad bepaal. Dit sou uit 2000 man van die kommando’s uit die noordelike distrikte onder aanvoering van Christiaan de Wet staan – wat intussen as hoofkommandant aangesel is – terwyl pres. M.T. Steyn en die Vrystaatse regering hulle sou vergesel. Vir verkenningsdoeleindes beskik hierdie afdeling oor die dienste van kapt. Theron en sy 200 TVK-lede en kapt. Gideion Scheepers met sy dertigtal verkenners. Op 15 Julie 1900 verlaat De Wet se afdeling die Brandwaterkom deur Slabbertsnek. Dit is Theron en sy TVK wat die agterhoede vorm. Tydens die trek bly die TVK gereeld as wag agter vir die wegtrekkende waens en kommando’s, maar ‘n aantal verkenners staan ook Gideon Scheepers se korps op die voorhoede by. Genl. Hunter het spoedig verneem van die ontsnapping van die Boeremag en ‘n agtervolging deur berede infanterie onder brig.-genls. R.G. Broadwood en C.P. Ridley gelas. Dit sou as die eerste dryfjag op De Wet bekend staan, en talle Britse kolonnes sou hulle daarby voeg. Vroeg die oggend van 19 Julie trek De Wet met 500 burgers in ‘n suidwestelike rigting uit om die aanrukkende berede brigade van lt.-kol. M.O. Little aan te val. Hy laat die boerelaer en die res van die mag onder bevel van sy broer, asst.-hoofkmdt. Piet de Wet. Dit geluk Broadwood die middag om die Boerelaer onder Piet de Wet vanuit die suidooste te verras, end ie Boere word verplig om in ‘n noordwestelike rigting die hasepad te kies. Vanweë sy besondere ondervinding van agterhoedegevegte neem Danie Therhon die taak op hom om die Boereaftog met sy TVK en ander vrywillige burgers te dek. Ten einde die naderende oormag te flous, kom Theron met sy beproefde taktiek vorendag: Deur sy korps in groepis van twaalf man elk uit te stuur om sowat 750 meter van mekaar stelling in te neem, wek dit die indruk dat ‘n uitgebreide vegslinie van meer as 10 km die Boerelaer beskerm. Sodoende word ‘n Britse flankaanval van die Boerelaer onmoontlik gemaak, aangesien die Britte hulle oral teen die skakels van die gevoelige ketting vasloop. Dit stuur die aanvalsplanne van die viand in die war omdat hulle nie met juistheid die sterkte van die TVK op ‘n gegewe punt kan bepaal nie. ‘n Tipiese agterhoedegeveg ontstaan met Broadwood waarin die Boere-agter-hoede elke tree van hul gang terugballend betwis. Tot drie maal toe neem die VK terugtrekkend stelling in totdat die ondergang van die son tot hul redding kom. Die Boerelaer was veilig. Ten einde die nagtelike aftog van die Boereagterhoede te dek, bly Theron voorlopig met ‘n dertigtal verkenners agter. Dit is nou De Wet se voorneme om die Bloemfontein-Pretoria-Spoorlyn oor te steek, maar dit sou ‘n gevaarlike onderneming wees. Die TVK-lid Wynand Malan, wat later general sou word, word met ‘n paar verkenners vooruit gestuur om ‘n geskikte oorgan g vir die walaer te soek. Die grootste gedeelte van die TVK dek egter oudergewoonte die agterhoede as die Boeremag die spoorlyn die aand van 21 Julie 1900 nader. ‘n Rukkie nadat die TVK vanaf die agterhoede by die Bethlehem-kommando op die linkerflank, suid van Serfonteinhalte, aangtesluit het, maak ‘n trein vanuit die suide sy verskyning en sukkel teen die lang opdraand uit. Plotseling kom die trein tot stilstand deurdat een van die TVK-lede op die trein gespring en die rubberbuis van die outomatiese lugrem ontkoppel het. Die geveg wat met die insittende Welsh Fusiliers onstaan, is van korte duur en spoedig gee die Walliesers oor. Agt-en-negentig word krygsgevange geneem, terwyl vier gewond word. ‘n Burger van die Bethlehem-kommando sneuwel.
Benewens ammunisie-voorrade is die trein swaar gelaai met voedselvoorrade vir die front. Die TVK en die burgers van Bethlehem benut die geleentheid ten volle om in hul eie behoeftes te voorsien. Aangesien die waens reeds t ever vooruit is, kan De Wert, wat intussen bygekom het, nie die kosbare ammunisie vervoer nie. Gevolglik laat hy die vier gewonde Walliesers in ‘n spoorwa eenkant plaas en steek die res van die trein aan die brand. Vervolgens kry hy en Theron die burgers bymekaar en haal die Boerelaer in. Om nege-uur die volgende oggend (22 Julie 1900) laat De Wet sy mag byeenkom. Met Theeron langs hom op ‘n wa pry shy die TVK en hul leier vir hul dapper optrede met die treinbuitery. Hy maak bekend dat die krygsraad besluit he tom kapt. Theron tot commandant te bevorder. Die benoeming beteken dant die TVK in die toekoms een stuk grofgeskut mag beheer. Die uitbundigheid van die TVK na dié aankondiging ken geen perke nie.Theron bedank vir die eer wat hom bewys is en gee sy blydskap te kenne oor die nuwe sukses. Nou het hulle weer genoeg Engelse tabak, tee en koffie, suiker en melk. Hy gaan vort: “Daar is mense wat sê: “Theron se mense is net ‘n klomp buitmakers.” Dit is wel waar. Ons neem graag as ons iets kan kry, maar daaro is ons dan altyd voor!” Hy sluit sy kort toesprakie af deur hard uit te roep “De Wet!”, wat stormagtige byval vind. Sy manskappe dra hom op hul skouers weg onder uitroepe van: “Lewe commandant Theron!” Só verknog is die lede van die TVK aan hul leier. Terwyl De Wet met sy mag suid van die Vaalrivier in die heuwels naby Vredefort vertoef, doen die geleentheid hom nou voor om die Britse spoorwegkommunikasie te verniel. Hierdie taak word aan kmdt. Theron en sy TVK opgedra. Hoewel die teenwoordigheid van die Britse troepemag onder lord Methuen verhoed dat die TVK en die Transvaalse westergrens-burgers onder genl. Piet Liebenberg direk saamwerk, slaag albei groepe tog daarin om die Britse spoorlyn doeltreffend te saboteer. Die aand van 26 Julie 1900 verlaat die TVK De Wet se laer en maak Renosterkop, noord van Kroonstad, hul basis. Hiervandaan maak hulle gereeld aanslae op die spoorlyn. Die grootste slag wat Theron met ‘n gedeelte van die TVK die Britte in hierdie tyd sou toedien, geskied die nag van 2 op 3 Augustus 1900, 30 km suid van Kroonstad en ‘n paar kilometer suid van Holfonteinhalte. Om Twintig oor een in die oggend van 3 Augustus kom ‘n trein met BRitse soldate vanuit die suide aangestoom. Waar die TVK die spoorstawe verlê het, tref die lokomotief die geplante dinamietpatrone. Van die ontploffing slaan die voorste tgwee waens om en die trein knars tot stilstand. Verskeie eise tot oorgawe deur Theron, gevolg deur sarsies Mauserskote, laat die Britse soldate hulpeloos oorgee. Vier van hulle het met die onsporing die lewe gelaat, terwyl nog twee en die masjinis en ‘n personeellid van J.S. Stowe, konsul-generaal van die VSA, in die skietery gewond is. Stowe was op uitnodiging van Roberts vir ‘n besoek na Pretoria onderweg. Vervolgens haak die TVK Stowe se salonwa af en stoot hom ‘n ent terug sodat die gewondes deur Stowe se arts verpleeg kan word. Theron laat die soldate vry, maar neem die vier luitenante gevange. Nadat di VK ‘n groot hoeveelheid buit, waaronder tien possakke, verwyder het, word die trein aan die brand gesteek. Ongeveer twintig voor vier die oggend verlaat die TVK die toneel en kies noordwaarts koers. Stowe het later verklkaar dsat Theron “with all possible courtesy” teenoor hom en sy geselskap opgetree het. Daar het nogtans ‘n voorval plaasgevind wat ‘n storm van Boere-protes ontlok het. Dit he tom die persoon van kol. A. Gordon Lennox gedraai wat hom met dokumente van sier Alfred Milner in Kaapstad vir lord Roberts op die trein bevind het. Theron het Gordon Lennox met rus gelaat, maar drie dae later het De Wet heftig beswaar by Roberts gemaak, aangesien alle omstandighede en verklarings van die TVK, en veral die getuienis van die vier krygsgevange luitenante, daarop gedui het dast Stowe sy neutralitiet geskend het. Op ‘n vraag van Theron he thy, onder voertoning van sy nasionale vlag en op sy erewoord as konsul-generaal van die VSA, verklaar dat daar in die salonwa geen engele persoon of document of enigiets vervoer word wat nie aan sy staf of aan hom persoonlik behoort nie. Heel waarskynlik het Gordon Lennox met die dokumente van Milner aan Roberts in sy besit, deel uitgemaak van Stowe se geselskap, en hom teenoor Theron as personeellid voorgedoen of laat voordoen. Die treinbuitery he took ‘n heftige protes van lord Roberts aan kmdt.-genl. Louis Botha ontlok. Roberts het die treinbuitery beskou as “acts of brigands, not of war”. Intussen het die Britse patrollies by Holfonteinwagpos en Ventersburgwegstasie Theorn en sy groupie TVK-lede nie met rus gelaat nie. Spoedig het hulle ‘n vasberade agtervolging op tou gesit. Vroeg die oggend van 3 Augustusn ná ‘n jaagtog van sowat vyftien km, het hulle die TVK ingehaal. In ‘n kort maar bloedige agterhoedegeveg op ‘n feitlik opvlakte, is volgens Britse opgawe drie TVK-lede gedood, agt tot tien man gewond en een krygsgevange geneem. Of die Britse opgawe korrek is, is moeilik bepaalbaar, aangesien daar aan Boerekant onvoldoende gegewens bestaan. Die Britte het hule verliese op slegs een man gewond gestel en agt perde dood. Die afloop van Theron se agterhoedegevegte. Een van die agtervolgers, kapt. Pine-Coffin, beskryf: “We followed them again for some distance when they broke up into three parties and my horses being don up I returned home.” Kmdt. Theron het waarskynlik op 5 Augustus 1900 met sy hele korps in De Wet se laer aan die Vaalrivier teruggekeer. Hiermee het die eerste fase van De Wet se oogmerke, om die Britse spoorwegkommunikasie te verniel, suksesvol verloop. Terwyl die westergrens-burgers van die ZAR die Potchefstroom-Krugersdorplyn verniel het, het die TVK die Bloemfontein-PRetoriaspoorlyn byna daagliks ontwrig. Ook die tweede fase, nl. Opkommandering en heropkommandering, was suksesvol, en meer as 500 burgers het hulle in die twee weke sedert die trek uit died Brandwaterkom by dDe Wet se mag aangesluit. Intussen het Roberts ‘n kordon rondom De Wet se mag aan died Vaalrivier begin trek. Metjuen het egter nagelaat om in die ooste die net styf toe te maak, en De Wet sodoende ‘n ontsnappingskans na die ZAR te bide. Die oggend van 7 Augustus 1900, die dag nadat De Wet met sy voorhoede die vaalrivier by Schomandsdrif oorgesteek het, het Methuen die Boeremag by Tygerfontein vanuit die noordweste verras. Die meeste van die Boerekommanmdo’s was nog suis van die Vaalrivier. Terwyl die Boere op ‘n gallop in ‘n noordoostelike rigting al op die noordelike oewer van die Vaalrivier voortjaag, bestook die Britte hulle van die heuwels aan hul linkerkant af met kleingeweer- en artillerievuur. Terwyl hulle so die spitsroede loop, keer ‘n artillerie-offisier vir Danie Theron met ‘n veertigtal van sy verkenners voor. Hy deel hulle mee dat De Wet vlugtende is meaar dat sy twee bommaxims en ‘n pom-pom nog bo-op die heuwelreeks staan en dat hy hulle nie daar kan afkry nie. Met die Boeregeskuts in gevaar roep Theron onmiddellik: “TVK!”, en gevolg deur sy veertig man, storm hy die heuwel uit. Bo gekom, onstaan ‘n hewige kleingeweergeveg met die Britte wat die heuwel van die ander kant bestyg het. Dit is met die grootste moeite dat die TVK die kanonne herower. Dan begin die problem om hulle daar aft e kry, aangesien hulle van die ander kant opgekom het en ‘n ruie kloof aan die duskant die taak bemoeilik. Een van die TVK-lede, Henri Slegtkamp, vertel: “Na langdurige inspanning gelukte he tons de beide maxims (en de pom-pom)den berg aft e krijgen, waarop onmiddelijk de paarden die klaar ingetuigd stonden, warden voorgespannen en voort ging het in een wilde galop.” Eers ná sononder kon al die burgers in Van Vuurensklof, weg van die Vaalrivier, afsaal. Methuen se doel op hierdie dag was om De Wet se roete aan die voorkant aft e sny, en hy het byna daarin geslaag. Waar het De Wet gefouteer? Dit wil woorkom asof hy die vorige aand vir Theron en ‘n deel van die TVK verder terug naby Schoemandsdrif geplaas het ten einde as agterhoede te dien vir die kommando’s wat reeds deur die Vaalrivier was indien Methuen ‘n aanval op die drif sou maak. Die res van die TVK sou blykbaar as agterhoede dien vir die burgers wat nog suid van die Vaalrivier was. Methuen se aanval op Tygerfontein verder noord het die TVK dus uit posisie betrap. Of Theron se verkenners enigsins in staat was om De Wet betyds te kon waarsku, is nie met die beskikbare gegewens uit te maak nie. Belangrik is dit dat daar op 8 Augustus 1900 krygsraad gehou is en dat Danie Theron daarvoor verskyn het omdat “sy spionne nie in tyd die laër gewaarsku het van die viand nie”. Waarskynlik kan ons hierdie bewering van burger Dirk de Witt, wat sy inligting later van kmdt. A. de Kock van Frankfort gekry het, aanvaar. Hy beweer voorts dat Theron die skuld op himself geneem het en dat De Wet daarna meer op Gideion Scheepers staatgemaak het. Die volgende dag, op 9 Augustus 1900, verras Methuen egter weer eens die Boeremag, deurdat Scheepers en ses van sy manskappe met ‘n Britse patrollie van dertig man slaags geraak het en De Wet nie betyds kon waarsku nie. Theron en sy korps dek oudergewoonte die aftog van De Wet wat dieper die ZAR binnegdwing word. Met Kitchener en Methuen op sy hake, Smith-Dorrien wat hom naby Bankstasie inwag en Ian Hamilton verder noord, beleef De Wet nou ‘n moeilike tydjie. Steeds dien die TVK op die agterhoede om te verhoed dat die Boeremag oorval word. De Wet swenk in ‘n noorfdwestelike rigting om Smith-Dorrien te ontduik, enm die aand van 10 Augusstus 1900 steek die Boeremag die Potchefstroom-Krugersdorpspoorlyn 5 km suidwes van Welverdiendstasie oor. Theron kry op die agterhoede opdrag om die dspoorlyn die lug in te blaas, en hy doen dit op agt verskillende plekke. Teen dagbreek die oggend van 11 Augustus voeg genl. Liebenberg hom met sy commando noord van Frederikstadstasie by De Wet se mag. Steeds duur die eindelose trek voort. Die oggend van 12 Augustus 1900 besluit Theron om met sy korps weg te draai. Onthef van hul verpligtinge teenoor die hoofmag sal die TVK die spanning van die volgehoue agtervolging kan afskud en hul moeë perde die nodige rus gee. Sedert die trek uit die Brandwaterkom het die TVK steeds die vermoeiendste en gevaarlikste werk verrig en hul leier het waarskynlik gereken dat De Wet vorentoe, met Liebenberg as geleide, die knoop sonder hul diense kon deurhaak. De Wet was nie tevrede met die besluit van Theron nie. Dit wil voorkom asof daar onenigheid tussen die twee manne was wat waarskynlik gespruit het uit die krygsraad van 8 Augustus, toe Theron moes verskyn omdat sy verkenners De Wet na bewering nie betyds teen Methuen se verrassingsaanval gewaarsku het nie. Hoe ook al, pres. Steyn het Theron se besluit om van die hoofmag te skei, teenoor De Wet verdedig en geoordeel dat sy keurkorps die viand deur afsonderlike optrede meer skade sou berokken. Met sy TVK het Theron vervolgens ooswaarts uitgewyk na Mooiriviersoog, ‘n beskutte, bosryke plek. Iets meer as tien dae rus die korps voordat Theron met ‘n aantal waaghalsige strooptogte vorendag kom. Maar eers doen hy aan op Eikenhof, die plaas van die Neethlings, en versoek hulle om op Hannie se sterdatum, 29 Augustus, namens hom ‘n krans op haar graft e lê. Met tien man gaan hy die dorpie Roodepoort binne. Dit was waarskynlik die aand van 22 Augustus 1900. By die stasie buit hulle ‘n aantal possakke, en Henri Slegtkamp plaas dinamiet onder die spoorlyn. Ni ever daarvandaan nie, by ‘n konsertuitvoering waar ‘n aantal Britse soldate en plaaslike dames jolig te kere gaan, loer die verkenners in, net toe die eerste ontploffings by die stasie dit uitbulder. Komiese verstellings oor die afloop van die petalje word onder meer gevind in die opgetekende herinneringe van Wynand Malan, Henri Slegtkamp en Jack Hindon. Sonder moeite het die groupie Boere uit Roodepoort ontsnap. Dit moes die aand van 23 Augustus 1900 gewees het dat hoofkmdt. De Wet op sy terugtog na die Vrystaat op Jan Wolvaardt se plaas, Elandsfontein, vir Theron opgesoek het. Hier aan die Gatsrand was dit die laaste keer dat De Wet Theron lewend gesien het. Dit was asof hulle die geleentheid gekry het om tot versoening te kom ná die ongelukkigheid van elf dae tervore. Die volgende dag, 24 Augustus 1900, het De Wet Theron per boodskapper gelas om daardie aand by Van Vuurenskloof aan die Vaalrivier by hom aan te sluit. Dit was De Wet se oogmerk om die Britse spoor- en telegraafverbindings te verniel. Hierdie bevel is terloops twaalf dae later deur die Britte aan Danie Theron se lyk gevind. Theron het De Wet egter verwittig dat sy krygsraad eenparig besluit het dat die TVK met hul swak perde en met twintig man reeds voetgangers, nie aan De Wet se versoek kan voldoen nie. Bowendien het hulle reeds ‘n plan in die mou gehad om 69 gevangenes in die Kliprivertronk te gaan bevry. Dit was inderdaad nou Theron se strategie om burgers wat reeds die wapen neergelê het, weer op te kommandeer. Diegene wat traag was om te gehoorsaam is met die sambok aangemoedig. Die aand van 26 Augustus 1900 voer Theron die bestorming van die Klipriviergevangenis uit. ‘n Klompie manne spring oor die muur, oorrompel die niksvermoedende Britse wagte en breek die seldeure met ysterstawe en klippe oop. Die meeste van die 69 vrygelatenes is Afrikaners wat reeds ddie eed van neutraliteit afgelê het. ‘n Hele aantal van hulle word spoedig in Boeregeledere opgeneem. Sommige dros gou weer, terwyl die gewone misdadigers uit die staanspoor hul eie koers kry. Met sy lrustelose yer ontsê Theron himself die nodige rus. Siek en met ‘n swaar verkoue doen hy twee aanvalle op die Johannesburgse waterwerke, wat albei egter misluk. Op 31 Augustus 1900 buit hy sy laaste trein. Die onderneming begin eintlik as ‘n uitdagende versoek van die Hollanderlede van die korps om darem ‘n ietsie te hê om koningin Eilhelmina se verjaardag op 31 Augustus te vier. Met sowat veertig vrywilligers vertrek Theron die aand van die 30ste in die rigting van Kliprivierstasie. Teen elfuur bereik hulle die spoorlyn, skroef ‘ln spoorstaaf los en se look ‘n paar dinamietskote onder die lyn. Om drie-uur die oggend skeur die breek van staal en hout di e naglug soos die trein die spoorstawe voor hom wegploeg. Kleingeweervuur vanuit die donker sorg spoedig dat die sowat dertig Britse troepe oorgee. ‘n Paar dinamietskote wat in die lokomotief gestel word, beeindig sy werkskof vir goed. Met ‘n groot buit aan klere, gewere en ammunisie, kos en drank, vertrek die opgeruimde TVK-lede in ‘n overgeetlike viering van Koninginnedag. Waar hulle vervolgens afsaal, waarsku ‘n Britsgesinde henopper die viand. Tevergeefs probeer twee Britse offisiere Theron vastrek, en die einde van die saak is dat die TVK eenvoudig die hensopper se huis afbrand. Die poging die nag van 2 op 3 September 1900 om naby Heidelberg ‘ln trein op die Natalspoorlyn te buit, misluk omdat hulle te laat by die spoor opdaag. Vervolgens keer Theron terug na Elandsfontein in die Gatsrand, die plaas van Rooi Piet Pienaar, waar die res van die TVK onder Danie Theron se neef, luit. Jan Theron, op hulle wag. Dit is duidelik dat daar in Danie se afwesigheid met die nuwe rekrute ‘n gebrek aan goeie leiding was. Blykbaar is Theron se doel nou om nag enl. Louis Botha in Oos-Transvaal te gaan, waar hy sy kokrps so goed moontlik wil toerus vir ‘n inval in die Kaapkolonie. Waarskynlik he thy reeds ‘n verstandhouding met die ZAR-regering hieroor gehad, want met sy dood het die Regering reeds bepaal dat Theron as veggeneraal aangestel word. Nadat genl. Piet Liebenberg by Welverdiendstasie voelers na hom uitgesteek het, ry Danie Theron en Wynand Malan daarheen. Liebenberg wil hê sy burgers en die TVK moet ‘ln gesamentlike aanval op genl.-maj. A.F Hart se kolonne doen, wat van Krugersdorp na Potchefstroom op pad is. Vroeg die oggend van 5 September 1900 sal hulle die kolonne gesamentlik aanval, Liebenberg reg van voor van die rant af wat voor Jan Wolvaardt se postal op Elandsfontrein verbyloop, en Theron van die rant af direk suid daarvan, vanaf Pienaar se plaas, ook Elandsfontein. Op die afgesproke uur op Woensdagoggend, 5 September 1900 , is Liebenberg nie in die stelling waar Theron hom verwag het nie. Daar kon geen miverstand gewees het oor die stellings wat die twee Boere-afdelings moes inneem nie. Die TVK het geruime tyd al daar vertoef, Liebenberg self was ‘ln Potchefstromer en dus bekend met die terrain, en bowendien was Wolvaardt se plaas ‘n bekende poskoetshalte. Wat wel opoenbarend is, is dat Liebenmberg skaars ‘n week tevore genl. De la Rey in die steek gelaat het to lg. olp 31 Augustus 1900 naby Commissiedrif ‘n hewige geveg met lt.-kol. E.H. Dalgety se Colonial Division op Slypsteenkoppie gehad het. Betekenisvol het De la Rey se militêre sekretaris nog op 3 September die landdros op Rustenburg verwittig: “Jammer maar dat Generaal Liebenberg zoo maar weer pad gegeven heft zonder om te vechte.” Nou, vyf dae later, was daar weer geen teken van Liebenberg nie, en Hart se kolonne was reeds sigbaar in die ooste. Teen agtuur neem Theron se ongeduldige temperament oor. Oudergewoonte doen hy die verkenning self. Hy versoek Wynand Malan om saam te gaan om vas te stel waarop Liebenberg nie op die aanrukkende viand losbrand nie. Malan is ongeneë, en Theron neem manskap Nel met hom saam. Teen die rant suis van Wolvaardt se postal en suid van die pad waarlangs die Britse kolonne moet verbykom, klim die twee Boere uit. Aangesien Theron graag op sy eie verkenningswerk doen, stuur hy Nel met hulle perde terug na die voet van die rant, en gaan alleen verder. Meteens bars hewige kleingeweervuur bo-op die koppie los. Dit is ‘n groupie van sewe Britte van die Marshall ’s Horse en Danie Theron wat op mekaar afgekom het. Die verrassing aan beide kante was seker groot. Theron neem onder ‘n boom in ‘n klipkraal stelling in. Hy skiet vinnig en drie Britte sneuwel op die plek, terwyl hy die ander vier verwond. Blykbaar he thy nou besluit om aan te hou skiet om die viand onder die indruk te bring dat die koppie deur ‘n groot Boeremag beset is. Onmiddellik bring Hart sy ses veldkanonne en 4.7 duim-skeepskanon in aksie. ‘n Britse bron vertel dat ‘ln tinktinkie nie uit daardie bombardement op die koppie sou kon ontsnap nie: “The shrapnel kept up an almost incessant hail, covering the wooeded sides of the kopje with jets of round white balls of smoke, while every nouw and then the deeper note of the 4.7 was followed by a huge cloud of dust and yellowish vapour thrown up, and off, by the explosion of the lyddite in the huge projectile.” En toe he teen van daardie bomme sy doelwit gevind, en Theron se Mauser het stil geword. Waarskynlik het dit nie ‘n klip langs Theron getref en hom sodoende gedood, soos tradisie dit het nie, maar was dit ‘n liddietgranaat uit die 4.7 wat hom direk getref het. Sers. Olivier van die Marshall ’s Horse het in ‘n lykskouing getuig: “He had been killed by a Lyddite shell, and half his face blown away.” Konstabel W.R.H Lucas van die Potchefstroomse polisie het getuig: “The face was very much disfigured by a piece of shell, the right half being blown away and the rest discoloured by the powder.” Lucas, wat hom van sien geken het, was feitlik seker dat dit Danie Theron was. Die lyk is na Wolvaardt se postal geneem, waar die vroue hom uitgeken het. Die volgende dag het die Britte hom en die drie gesneuwelde troepe by hul kampplek begrawe. Intussen het die res van die TVK teen die middag onrustig begin raak omdat hul leier nie terugkeer nie. Twee man word uitgestuur om te gaan soek, en hull kom met ‘n onrusbarende berig terug: Nel is gesien terwyl hy met Theron se perd aan sy hand wegjaag, maar van hul geliefde Kappie was daar geen teken nie. Blykbaar nog dieselfde aand het hulle die skokkende tyding van sy dood by die Wolvaardts verneem. Vir die TVK was dit ‘n baie swaar slag. Uiteindelik vind sy makers sy graf. Met eerbied grawe hulle hom op. Aan ‘n uitgesproke wens van hom om op Eikenhof langs Hannie Neethling begrawe te word, kan hulle nie nou voldoen nie, en tydelik vind hy sy rusplek in die familiebegraafplaas van die Pienaars op Elandsfontein. As tek neem M.M. Pienaar die klaaglied van Dawid oor Saul, II Samuel 1: 19 -27. Vers 19: “Die sieraad, o Israel op jou hoogtes lê dit verslaan. Hoe het die helde tgeval!” Hoewel luit. Jan Theron in sy neef se plek as leier van die TVK verkies is, het dit nie lank geduur voor die korps verbrokkel het nie. Sommige het by ander korpse aangesluit, andere het weer hul eie korpse opgerig. Dinge sou nooit weer dieselfde wees sonder hul Kappie nie. Skaars ‘n jaar ná die oorlog, op 10 Maart 1903, is Danie Theron se wens vervul toe sy makers hom op Ekenhof langs Hannie Neethling herbegrawe het. Op 21 Desember 1907 het die onthulling van ‘n eenvoudige gedenksteen op sy lgraf plaasgevind. Presies vyftig jaar na sy dood, op 5 September 1950 , is die Danie Theron Monument onthul ‘n paar tree van die boom waaronder hy gesterf het. Dit is maklik sigbaar van die Johannesburg-Potchefstroompad en is bykans 25 meter hoog. Die bopunt is van koper en in die vorm van ‘n vlam, as simbool van vryheidsvlam wat in die sien van Theron gebrand het. Dit is onvermydelik dat ‘n man wat so geleef en gesterf het, onsterflike roem verwerf het. Die TVK was in liefde aan hul leier gebind met ‘n opregte en warme toegeneentheid. Danie Theron het geleef vir die Boeresaak en discipline afgedwing deur sy fermheid en strenge regverdigheid. Waar hy gegaan het, het sy voorbeeld besielend gewerk en onder hom he thy manne gevorm wat van ons bekwaamste en dapperste offisiere sou word, manne soos Wynand Malan en Manie Maritz. Daar is dikwels al gesê dat Danie Theron die oë en ore van hoofkmdt. De Wet was. Dit was hy beslis, maar ook vir genl. Louis Botha het hyh waardevolle werk gelwer. In die guerrilla-oorlogvoering he thy tot sy volle reg gekom, waar inisiatief, durf, vinnige denke, volharding en mobiliteit vereis word. Hieroor he thy in oormaat beskik. Danie Theron staan stewig in die geledere van beroemde Suid-Afrikaanse krygsmanne, al was hy nie deel van die hoogste bevelstruktuur van die republikeinse magte nie. Miskien het dit hom jis beskerm teen enige foute wat hy kon gemaak het. Dit het hom in elk geval nie verhinder om deel te hê aan die vorming van die breë strategie nie, soos sy lstigting van die Wielrijders Rapportgangers Corps en Theron se Verkenningskorps getuig. Hy het die tgeleenthede wat na sy kant gekom of wat hy self geskep het, met albei hande aangegryp. Met reg kan daar gevra word watter rol hierdie merkwaardige man sou gespeel het in die res van die oorlog en in die Suid-Afrikaanse politiek daarna, indien hy nie aan die Gatsrand gesneuwel het nie. Ten slotte, blykie van watter bevrediging navorsing kan bring. In Desember 1972 het skrywer ‘n onderhoud gevoer met die agt-en-tagtigjarige mev. Mara Malherbe, dogter van Rooi Piet Pienaar, op die plaas Elandsfontein aan die Gatsrand. Sy het vertel hoe dat Danie Theron die oggend by hulle postal aangegan het vanwaar hy sy dood tegemoet gery het. Net voor hy sy perd bestyg het, het Mara se ouer suster aan Theron se lapel ‘ n roset van die Vierkleur vasgesteek. Mara onhou hoe teleurgesteld sy was, want sý wou dit doen. En toe, in Junie 1974 vind skrywer in die Public Record Office in Londen ‘n reekds dokumente getiteld “Evidence rebody of man killed at Wolvaardt’s farm Elandsfontein.” Daar lees ons die getuienis van manskap C.S. Myers van die Marshall’s Horse: “I was present when the body of the man said to be Theron was found…There was ‘n rosette on his coat with combination Transvaal-OVS colours… Later in the day I was at a farm asking for information of the enemy when a girl there told me they had passed there but one was missing which the commando told her was Theron of Krugersdorp…I then showed her the rosette which she at once identified as Theron’s.”
Bron: Beroemde Suid-Afrikaanse Krygsmanne - Fransjohan Pretorius

27 Dec 2007

Willem Tobias Marais 1928-2007




Dit is met groot hartseer dat ons verneem van die afsterwe van Oom Willie Marais op die ouderdom van 79. Willem Tobias Marais is gebore op 10 Augustus 1928.In 1948 verwerf hy die graad B Com aan die Universiteit van Stellenbosch.In 1953 is hy mede-stigter van die maatskappy, Omnia Boeredienste (Edms) Bpk, wat mettertyd groei tot Omnia Holdings Beperk, en tot vroeg in 2007 is hy Ondervoorsitter van die direksie. Intussen verwerf mnr Marais die graad M.Com (B & A) aan die Universiteit van Pretoria.In 1966 word hy verkies tot die Volksraad vir die kiesafdeling Wonderboom.In 1969 is hy ‘n stigterslid van die Herstigte Nasionale Party, waar hy verskeie poste beklee het. Hy is getroud met Elizabeth Lynette von Holtzhausen, wie oorlede is op 21 Februarie 2000. Die egpaar het sewe kinders en ses kleinkinders.Op 14 Oktober 2006 is hy weer getroud met Dolly le Grange, ‘n vriendin uit sy hoërskooldae.Mnr Willie Marais word tydens die Jaarkongres van 2001, eenparig verkies as leier van die HNP en het die Party op die suiwer beginselbasis van Afrikaner-nasionalisme gelei. Mnr Marais was ook in 2007 verkies as voorsitter van die Afrikanerfront en is deur die President van Verkenners "Mnr Eenheid" genoem. Die Afrikanervolk, het een van sy grootste kampvegters verloor en sy leiding sal verseker gemis word.