20 Nov 2007

2007 in die NSA


Soos meeste van julle, woon en werk ek in die NSA. Die jaar staan nou haastig einde se kant toe en ek het bietjie gaan dink oor die toestand in die land en wat in 2007 gebeur het.

Die eerste Volksaksie hierdie jaar (6de Januarie) was natuurlik die Vierkleur herdenking in Potchefstroom. 'n Mens sal natuurlik baie meer mense daar wou sien, maar dit was tog verbleidend om te sien dat daar steeds mense is wat nie skaam is om met die Vierkleur ge-assosieer te word nie. Potchefstroom is volgens die ANK ook nie meer Potchefstroom nie en sy strate het ook nuwe name gekry. 'n Paar studente is gevang waar hulle van die nuwe naamborde verwyder en in die rivier gooi. Die jaarlikse Aardklop was ook nie sonder insident nie, die organisasie wat die stadsraad die naamstryd aan gese het, het in hierdie tyd behoorlik met die stadsraad horings gehak. Van Riebeeck str se inwoners het natuurlik die stadsraad 'n bloedneus gegee, deur die ou naam op hulle huise aan te bring, iets wat die stadsraad kwaad maak maar waaraan hulle niks kan doen nie. Ook 'n tweede Vierkleur dag is in Augustus in Potchefstroom aan gebied, by die geleentheid het Prof Raath sy nuwe boek bekend gestel en wat 'n prag stuk!

Pretoria se naam het ook weer in die spervuur gekom. Daar was 'n hofsaak wat die pro-Pretoria groep gewen het (en wat nou nie juis goed by gewoon is deur betogers nie) Daar was ook die optog na die ANCBC om 'n versoek skrif met bykans 100 000 handtekeninge op aan hulle te oorhandig teen die gebruik van die nonwoord tshwane (jammer ek kan dit nie met 'n hoofletter spel nie!) Hier was daar seker 500 betogers van verskillende organisasies en met verskillende vlae.

So gepraat van vlae, 'n groep met die naam GAS (genootskap van Afrikaner simbole) het 'n "nuwe" Afrikaner vlag bekend gestel en tyd sal leer of die vlag aanvaar gaan word. Nog 'n groep bou ook aan 'n reuse Vierkleur waarmee hulle hoop om op 8 Desember by Willem Prinsloo die werled rekord te breek vir die grootste vlag wat nog gemaak is. Of die rekord gebreek word is seker nie so belangrik as die feit dat dit hopenlik baie mense sal wakker maak en die trots vir wie hulle is weer sal aan wakker. Ek hoop van harte dat die media dekking hieraan sal gee, maar ek hou nie my asem op nie, die media is deesdae "blind" vir dit wat in Boere/Afrikaner geledere gebeur.

Ons het hierdie jaar ook uit gevind die Minister van gesondheid is nie so gesond nie. Haar bene makeer niks want sy het voor in die skenker ry gespring vir haar nuwe lewer, sy ly egter aan lang vingers en het 'n dors wat blykbaar slegs deur alkohol geles kan word. Hierdie gesondheid toestande is blykbaar nie uniek nie en ek wonder of die lang vingers tot 'n epidemie verklaar gaan word in die kabinet. Die Minister verstaan egter dat dit belangrik is om nie geld te mors op onbenullige goed soos anti-retrovale medikasie wat ten duuste ingevoer moet word van die bose westerse lande nie. Sy besef egter ook dat HIV (of is dit nou VIGS, ek weet nie mooi nie want die slim President van die NSA het ook verklaar dat die een niks met die ander te doen het nie) 'n probleem kan wees en daarom het sy na jare se navorsing 'n deurbraak aan gekondig in die behandeling van die twee siektes (wat niks met mekaar te doen het nie). Hierdie behandeling is natuurlik baie goedkoop en maklik verkry baar. Ek weet nou nie of daar patent reg op die resep is nie, maar ek gaan dit maar gee: knoffel, beet en afrika-aartappel. Die Afrikaner jeug wat baie respek het vir leiers figure, het dit dan ook op hulleself geneem om hierdie behandeling te oorhandig aan besoekers van uit die buiteland by die lughawe wat elke jaar 'n nuwe naam het.

Toe sy in die hospitaal opgeneem is (in die hospitaal wie se telefoon rekening amper sy hele begroting uit maak) het dieselfde groep jongmense vir haar 'n ruiker geneem. Hulle het haar grappe so gemis in die kabinet dat hulle moes seker maak dat sy beter word en hulle was bang dat die mediese dokters nie vir haar die geheime behandeling van knoffel, beet en afrika-aartappels sal gee nie, dus het hulle ruiker hieruit bestaan. Alhoewel sy spoedig herstel het hierna, het sy tot op datum nog nie vir hulle eers 'n dankie se kaartjie gestuur nie!

Die jeug werk natuurlik baie hard om aan te pas in die NSA. Daar was 'n groep wat hulleself swart gesmeer het (nee ek bedoel nie soos die Afrikaanse koerante doen met die Afrikaner nie, hulle het hulleself letterlik swart gesmeer met politoer!) en vir Mbeki gevra of hulle ook nou maar eerste klas burgers kan wees. Die jeug het ook die regering se voorbleeld gevolg en strate se name verander, so was daar vir 'n week 'n straat in Pretoria vernoem na Genl de la Rey. Die stadsraad het hierdie hulp egter gesien as kompetisie en het die bord vinnig verwyder. (dit was 'n week later, maar vir die stadsraad is dit vinnig, toets hulle maar en kla oor 'n straatlig wat nie werk nie, dit sal hulle BAIE langer neem om dit reg te maak)

Die jeug het ook Vlok se voorbeeld gevolg na hy gaan voete was het. Hulle het die standbeeld van Paul Kruger in Pretoria se voete gaan was en vir hom jammer gese vir die toestand waarin die land verkeer.

In Zimbabwe gaan dit uitstekend en nee, ek is nie besig om gat te kruip by Mbeki en sy Oom Mugabe nie. Dit gaan rerig goed. Hulle HIV en VIGS syfer is besig om te verminder, die enigste land in die wereld waar dit gebeur! Hehe, dit is natuurlik omdat al hulle inwoners besig is om na die NSA te vlug, omdat daar nie meer kos is nie, maar volgens Mugabe en Mbeki gaan dit goed. Zimbabwe sal ook in die Guiness wees, nie vir hulle vlag nie, maar vir hulle inflasie syfers. Krag en brandstof (vir die Zim regering) is geen probleem, die kry hulle verniet van die NSA. ...mar genoeg oor Zim, Mbeki se as ons dit lank genoeg igonoreer en niks daaroor se sal dit weg gaan en hy is immers die President van die NSA, die massas sal tog nie 'n pampoen verkies om hulle (en ons) te lei (en te laat ly nie).

Hiermee my beskeie mening (Trevor en Tito sal seker van my verskil, wel hulle doen dat al die hele tyd!) die NSA ekonomie is besig om sy agterstewe te sien (sonder 'n spieel!). Die oliediewe is besig met 'n oorlog in Irak wat die olie prys die hoogte in gestuur het, die inflasie koers (selfs die gekookde een) is die hoogte in en die repo koers is besig om vinniger te styg as Zim se inflasie koers! Binnekort gaan die NSA regering uit vind sy swart diamante was eintlik net swart kool, want hulle gaan nie meer die DDM's (duur duitse motors) en huise in Sandton kan bekostig nie. Natuurlik gaan die Volk ook hieronder ly, veral in die lig gesien van rasstellende aksie en SEB (swart besigheids rassisme). Bravoland volkshulp, Volkshulp 2000 en Solidariteit se helpende hand, probeer help, maar die vure gaan nou te groot word om te blus!

Die oliediewe en Ingilse praat van 'n "buzz" woord, ek het nog nooit 'n woord gehoor wat "buzz" nie (behalwe die woord buzz) maar verstaan tog wat hulle bedoel. Nou ja, die nuwe "buzz" woord by baie Afrikaners is "verootmoediging". Ek wil nie te veel hieroor se nie, wil net waarsku: verootmoediging is nodig, moet dit net nie probeer misbruik nie.

Ek gaan nou eerder skryf oor kultuursake want daarvan weet ek meer as oor geloofsake. Ek het nou reeds genoem van die Vierkleur se verjaarsdag hierdie jaar, maar het vergeet om te noem van die vlag wat vir die ATKV geneem is. Die ATKV, vir die van julle wat gedink het dit is 'n vakansie-klub (miskien is julle reg), is 'n kultuur organisasie. Hulle het egter besluit dat die Afrikaner se kultuurskatte nie vir hulle belangrik is nie, dus het 'n groep (ek wou se jongmense, maar toe onthou ek, ek was saam) vir hulle 'n Vierkleur vlag geneem, om hulle te herriner aan die Vierkleur se verjaardag. Tot op datum het hulle agter nie dankie gese vir die geskenk nie en ook niks gedoen ter viering van die Vierkleur se verjaarsdag nie.

Die 10 Oktober is Oom Paul dag of heldedag. Die Boere/Afrikaner gemeenskap het hierdie dag op verkeie maniere gevier. Daar was o.a 'n kranslegging en kerkdiens by die Helde-akker in Pretoria en in Krugersdorp (Oom Paul se dorp!) het 'n groep (amper se ek weer jong mense) Oom Paul weer ingehuldig as President van Transvaal. Daar is vir Oom Paul standbeeld 'n ampserp aangetrek wat sommer vinnig deur die mislukepaliteit verwyder is! Dieselfde groep het in daardie week ook die vrouens en kinders onthou wat in die konsentrasiekampe dood is, vir hulle is daar witkruise geplant op die konsentrasiekamp gronde. Dieselfde gronde waar die stadsraad beplan (het) om laekoste behuising te bou.

Hofsake was daar ook 'n paar van, die Sheldean Human saak was goed bygewoon deur die Volk. In ondersteuning aan die ouers, maar ook omdat ons weet dit kan met enige een van ons gebeur in die land wat volgens Mbeki geen misdaad probleem het nie. Dan was daar die Vlok saak, wat eintlik maar net 'n mors van tyd was en die sogenaamde "Boeremag" saak het sy vierde verjaarsdag gehad die jaar. Die BCVO het besluit om die Minister van Onderwys hof toe te neem, die uitslag hiervan sal seker eers volgende jaar bekend wees. Radio Pretoria, goeie getroue Radio Pretoria, het hierdie jaar 'n oorwinning in die hof gehad, dit is seker die enigste 14jarige wat ek ken wat so moet baklei vir oorlewing!

Pretoria se verjaarsdag is ook gevier deur 'n groep Afrikaanse sangers wat 'n gratis konsert gehou het op Kerkplein. Daar was BAIE mense en dit laat my wonder hoekom die Volk omgekoop moet word met musiek om te wys hulle gee om vir dit wat hulle moet beskerm.....

.....maar dan lees ek van 'n spontane aksie teen Deon Maas en Rapport en hoe suksesvol dit was en dan gee dit my hoop dat die Volk wel sal opstaan vir dit wat vir hulle belangrik is!

O ja, amper vergeet ek van die Rugby - die Springbokke het gewen, die afrigter word vir sy moeite weg gejaag en die spelers vervang met swart spelers.....

Dan het daar 'n belangrike organisasies die jaar die lig gesien, die Afrikanerfront wat hopenlik al die organisasies gaan kry om met mekaar te praat!

13 Nov 2007

GELOFTE: PAARDEKRAAL (1880)


“Indien de Lieve Heer ons helpen en zegenen wilde, en wy ons land terug zouden krygen, dat den het volk elk jaar daar zouden komen feestvieren, juist by dezelfde steenhoop, en den Heer onze geloften komen betalen. En deze steenhoop is de eeuwige getuie daarvan.”


Die burgers het ook aan mekaar die volgende belofte gemaak:

"In de tegenwoordigheid van den Almachtigen God, de kenner aller harten onder bidden opzien om Zijn genadige hulp en ontferming, zijn wij Burgers van de Zuid-Afrikaansche Republiek, plegtig overeenkomen, om voor ons en onze kinderen een heilige verbond op te rigten, het welk wij met plegtigen eed bezzweren.Ruim veertig jaren is het geleden, dat onze vadere de Kaapkolonie ontvlugt zijn, om een vrij en onafhanklik volk te worden. Deze veertig jaren waren veertig jaren van smart en lijden.Wij hebben Natal. Den Oranje-Vrijstaat en de Zuid-Afrikaansche Republiek gesticht, en driemaal heeft de Engelsche Regering onze vrijheid vertrapt .... En onze vlag, die onze vaderen met hum bloed en tranen gedoopt hebben van den grond neergehaal.Als door een dief in de nacht in onze vrije Republiek weggestolen. Wij kunnen en wij mogen dat nie dragen.God wil, dat de eerbied onze vaderen en de liefde jegen onze kinderen ons voorscrijft, het erfpand der vaderen geschonden aan onze kinderen over te leven.Daarom is het dat wij hier bijeentreden en dat wij elkander de hand geven als mannen, broeders, plegtig beloven, trouw te houden aan ons land en volk en met het oog "Zoo waarlijk helpe ons God Almachtig".

Paardekraal Geloftefees



Saterdag 15 Desember 2007

18:00 - 21:00 Boeremusiek - Samesang - Volkspele opvoering


Sondag 16 Desember 200706:00 - 07:00 Oggenddiens - Ds D.A van Rooyen Predikant van die Ned. Hervormde Kerk


07:00 - 08:45 Pouse


08:45 - 08:55 Samesang


08:55 - 09:00 Vlaghysing


09:00 - 09:05 Voorlees van die 1880 Gelofte.


09:05 - 09:10 Bekendstelling van die Spreker.


09:10 - 10:00 Feesboodskap deur Prof Erik Holm


10:00 - 10:05 Bedanking van die Spreker


10:05 - 10:45 Pouse


10:45-10:55 Samesang


10:55- 11:00 Voorlees van die 1838 Gelofte.


11:00 - 11:05 Bekendstelling van die Prediker.


11:05 - 11:50 Gelofte diens deur Ds. P.H. Huysteek (Gereformeerde kerk Montana, Pretoria)


11:50 - 11:55 Bedanking van die Prediker


11:55 - 12:00 Vlagstryking waarna Die Stem gesing word.


12:00 Afsluiting deur die voorsitter van die Paardekraal feeskommissie.

Paardekraal - 'n Geskiedkundige oorsig



Op 12 April 1877 annekseer Sir Shepstone die ZAR, sonder dat 'n skoot geskiet is, namens Engeland. Die anneksasie was 'n direkte gevolg van die ontdekking van goud in die ZAR, goud wat Engeland graag vir haarself wou he. Die gebeure is gevolg deur 'n periode van lydelike verset deur die burgers van die ZAR en ook is daar verskeie deputasies na Engeland gestuur. Hierdie deputasies en ook verskeie ander onderhandelings met Engeland het misluk en die burgers word opgeroep tot 'n vergadering te Paardekraal op 8 Desember 1880.

Tydens hierdie vergadering, besluit die sowat 6000 burgers, dat die tyd aangebreek het om iets daadwerkliks te doen. Op 'n voorstel van Paul Kruger het die burgers 'n klip stapel gepak op die plek waar die monument vandag staan. Op hierdie stadium is die Paardekraal Gelofte ook afgele.

Hierdie vergadering het die slag van Majuba tot gevolg gehad en die herstel van vryheid van die ZAR op 27 Februarie 1881.
Van 13 tot 16 Desember 1881, hou 'n dankbare volk 'n reuse fees op die terrein en ook die eerste staatsfees in 1886 is daar gevier.

In 1889 is die heer JC Human, wat landros in Krugersdorp was, na President Paul Kruger om toestemming te vra om 'n monument op die terrein te bou. In 1890 besluit die regering om die monument op Paardekraal te bou oor die klipstapel. Die Heer Wierda, was die argitek en die boumeester WY Veitsch het in April 1890 met die bou van die Monument begin en is voltooi in November van 1890.

In Desember 1891 is 'n huldigingsfees op Paardekraal gehou, waartydens President Paul Kruger die monument onthul het. Dit was ook die eerste volksfees waar die Gelofte van 1838 weer herdenk is.

Tydens die ABO, in opdrag van lord Roberts (gedurende Junie 1901), is die klipstapel onder die monument verwyder en onder die treinbrug by Vereeniging in die Vaalrivier gegooi.

In 1916 is ’n groot volksfees op Paardekraal gehou onder leiding van Generaal Louis Botha. In die jare daarna het die Feeskommissie steeds voortgegaan om jaarliks ’n Geloftefees te reel, alhoewel dit beperk was tot die plaaslike omgewing. In 1946 is weer ’n begin gemaak met vyfjaarlikse feeste, wat goed bygewoon is.

Met die herdenking van die Anglo-Boere Oorlog gedurende Oktober 1999 tot 31 Mei 2002, het die Volkskomitee vir die Herdenking van die Tweede Vryheidsoorlog al die geloftefees-komitees in die land, wat hulle gebonde gevoel het aan die geloftes van 1838 en 1880, genooi om ’n gedenksteen tydens Geloftedag op 16 Desember 2002 aan die Paardekraal Feeskommissie te oorhandig om in ’n gedenkmuur ingebou te word. Die gedenkmuur is die laaste toevoeging tot die monument en is 'n bewys dat die Volk ook in hierdie tyd, steeds bereid is om sy Geloftes gestand te doen.

12 Nov 2007

Toespraak op 10 Oktober 2007, Henk van de Graaf


Plaaslik is dit natuurlik die Jaar van die Vierkleur. Die Vierkleur wat ook vandag weer hier wapper, is hierdie jaar 150 jaar oud. Dit was dié vlag wat gewapper het oor ‘n onafhanklike Boererepubliek met die eerbiedwaardige en gerespekteerde Paul Kruger as president. Paul Kruger en die Vierkleur kan nie van mekaar geskei word nie.Buite ons direkte volksatmosfeer is daar ook sekere gebeure waarvan ons op ‘n dag soos hierdie kennis moet neem.Dit word wêreldwyd weer mode, as ons dit so kan noem, om te kyk na die volkshelde van die verlede. Vroeër die week het die ANC se onderwysminister, Naledi Pandor, nog aangekondig dat sy meer aandag aan die helde van die verlede wil gee. Natuurlik kan mens nie van haar verwag om Paul Kruger daarby in te sluit nie. Sy het in gedagte Steve Biko, Albert Luthuli, Oliver Tambo en nelson Mandela.Natuurlik het sy die reg om namens haar volk te vereer wie sy wil, maar laat ons sommer dadelik sê dat sy nie die reg het om daardie in ons oë terroriste, op ons kinders af te forseer nie.Maar Vriende, dit wys net weer dat daar allerweë ‘n besef is van die waarde van geskiedenisonderrig vir ons jeug. Dit onderstreep weer eens die behoefte wat daar by enige volk bestaan om na sy helde van die verlede te kyk, en te sê “Dankie” vir alles wat dié mense gedoen en vermag het. Daarom moet ons juis met hierdie herdenkingsgeleentheid weer vir mekaar en vir ons kinders die onderneming gee, soos wat ons ook tydens die Gelofte by Bloedrivier gedoen het, dat ons dit aan ons kinders, kleinkinders en verre nageslag sal oorvertel. Daarom is ons dit aan ons nageslag verskuldig om die regte geskiedenis aan hulle oor te dra, want anders verloor hulle hul identiteit. Hoe kan ons met ons gewete saamleef as ons toelaat dat ons op ‘n dag soos hierdie, maar selfs deurentyd in ons skole en elders, skielik moet leer van die “held” Steve Biko, terwyl ons weet dat hy besig was met misdadige beplanning vir die dood van onskuldige vroue en kinders, soos in die ANC-terroristestryd inderdaad begin het.Hoe kan ons toelaat dat die geskiedenis deur swartes, Engelse en swart Engelse, vervals word om ‘n Paul Kruger die vark in die verhaal; te maak, en te beweer dat hy die oorsaak van die Engelse oorlog was, en dat as ons enige skuldige moet soek vir die volksmoord, die holocaust, op ons 27 000 vroue en kinders, ons dit moet soek by Paul Kruger. Vriende, dit is presies wat vandag geleer word, en dit is presies dié gif waarmee ons kinders besoedel word.Hierdie jaar is ook die vier honderdste herdenking van Admiraal Michiel Adriaanszoon de Ruijter, seker die mees befaamde Nederlandse see-admiraal wat daar was. Die Engelse het nie van hom gehou nie, want hy het in een van die seeslae met sy vloot die Engelse Theems-rivier opgevaar. Dei klomp bang Engelse span toe kettings oor die rivier om die vloot te keer, aar De Ruijter vaar eenvoudig al wat ‘n ketting is stukkend, steek die Britse vloot aan die brand en vat die agterboeg van die vlagskip, die Royal Charles, as buit saam, en dié is steeds in ‘n museum in Nederland te sien. In ‘n latere seeslag het De Ruijter gesneuwel.Waarom van De Ruijter praat by ‘n Krugerherdenking?Doodgewoon om ‘n parallel te trek. Toe dit in 1976 die 300ste herdenking van sy sterfdag was, wou die linksgesinde eerste minister, Joop den Uyl, geen amptelike aandag aan die herdenking gee nie. Hy wou kwansuis geen staatsgeld vir heldeverering gee nie. Hy was net so ‘n aartsliberalis wat die geskiedenis wou verkruppel.Die huidige eerste minister, Jan-Peter Balkenende, het ingestem dat 2007 as die De Ruijterjaar bekend kon staan, en groot herdenkings is gehou. Balkenende het Nederlanders selfs weer opgeroep om trots te wees om Nederlander te wees.‘n Jaar gelede was De Ruijter ‘n onbekende vir dié Nederlanders onder 35 jaar oud. Die rede: geskiedenis was afgeskaf in die onderwyspakket. Maar nou, na die herdenkings, het daar weer ‘n volkstrots opgewel, soveel so dat geskiedenis weer tot ‘n mate in die onderwysstelsel ingevoer word. Meer nog: daar is nou ‘n vak “Burgerkunde” ingestel waarin De Ruijter as rolmedel voorgehou word vir leerlinge tussen 10 en 15 jaar.Sien u waarom dit so belangrik is om dae soos hierdie te herdenk? Sien u waarom dit belangrik is dat ons nooit ons volkshelde mag vergeet nie? Sien u wat is die waarde van volkstrots en volksnasionalisme? Die Nederlanders dreig om verswelg te word in ‘n Europese eenheid, waar grense oopgestel word vir Afrikaan, Moor en Indiaan, amper soos die Zimbabwiese inval in ons land. Maar die behoefte aan ‘n identiteit, ‘n eienheid, bestaan by elke volk. Nasionalisme leef in elke volk. Die smagting na erkenning vir die voorgeslagte leef in elke volk. Daarom moet dit aangemoedig en gestimuleer word.Vanjaar is die aar van die Vierkleur. Met die verskyning van die De la Rey-boek en liedjie, kon dit netsowel die De le Rey-jaar geword het. Dit gaan nodig word dat ons op die regte tyd en by die regte geleentheid onder ons volk weer ‘n Paul Kruger-jaar uitroep. Hierdie waardige voorganger het so baie besondere hoedanighede gehad, dat dit op ‘n geleentheid soos hierdie eenvoudig nie tot sy reg sal kan kom nie. Daarvoor is ‘n Paul Kruger-jaar nodig, om weer die geleentheid te skep om die volle omvang van sy waarde en bydrae tot ons volk en ons vryheidstryd in perspektief te plaas.Tog wil ek een besondere saak aanraak, terwyl ons nou praat oor De Ruijter en die Nederlanders. En dit is die besondere rol wat die Nederlanders onder president Kruger gespeel het. Destyds is hulle die Krugers-Hollanders genoem.Toestande in Nederland was nie daardie tyd gunstig nie, en derduisende Nederlanders het geëmigreer na Amerika en Suid-Afrika. Dit was bekwame mense, en Kruger het geweet dat hy die Boeregemeenskap moet versterk teen die Engelse invloede.Die Nederlanders het hulle invloed oral laat geld, en in baie gevalle spoor ons die Krugers-Hollanders nog op in baie ander fasette as net die daaglikse bestuur van die ZAR. Hulle het hulle merk gemaak in die kunste: name soos Anton van Wouw kom by ons op, Frans Oerder, Pieter Wenning. In die letterkunde kom die name van Van Bruggen en Van Melle voor – direk koppelbaar aan Krugers Hollanders.Hulle het diep spore getrap in die onderwys, die kerk, die kultuurlewe. Sonder Kruger se insig om dié mense in te span, sou ons Afrikaanse taal vandag armer gewees het, so ook ons musiek en die beeldende kunste.As hoof van sy nuwe Departement an Publieke Werke, stel Kruger ingenieur Sytze Wierda, ‘n Fries, aan. Hy het tronke en landdroskantore ontwerp en opgerig, brue laat bou, paaie aangelê en seker sy twee grootste werke was die Ou Raadsaal op Kerkplein en die Paleis van Justisie.Gerrit Adriaan Arnold Middelberg is deur Kruger aangestel by die NZASM, word Hervormd en speel ‘n rol in die kerklewe.Staatsprokureur dr. Herman Koster speel ‘n belangrike rol, en hy sneuwel uiteindelik op Elandslaagte in die Tweede Vryheidsoorlog. GA Odé word Sekretaris van Onderwys onder Kruger, en later word hy selfs die Staatsgeskiedskrywer. Ander bekende Nederlandse name, was dié van dr. EJP Jorissen en WE Bok, wat saam met Kruger ‘n deurslaggewende rol gespeel het by die gebeure by Paardekraal.In 1897 was daar 306 Hollanders in die staatsadministrasie van 1790 mense, dit is net meer as 17%. Nie almal was beleidmakers nie, inteendeel. Kruger het wel gesorg dat hy en die Boere die hef in hande hou. Die enigste man wat wel invloed op die politieke uitgeoefen het, was dr. WJ Leyds. Hy is op 25-jarige leeftyd aangestel as Staatsprokureur, en op 30-jarige ouderdom word hy Staatsekretaris. Dit is dus duidelik dat Kruger ook ‘n aanvoeling gehad het vir die jeug, want hy en Leyds het nou en hartlik saamgewerk.Maar waar is daar nou ‘n beter aanvoeling vir die jeug teenoor die president as die Nederlandse koningin Wilhelmina self. Die moedige jong vrou was maar net 20 jaar oud toe sy die voorstel van een van haar adviseurs kry om pres. Kruger na Nederland te laat kom. Sy was so opgewonde oor die voorstel, dat sy dieselfde dag nog haar goedkeuring geteken het, waarop die skip die Gelderland gestuur is om die bejaarde president van die vernedering van gevangeneming deur Brittanje te spaar. En toe die skip onderweg ‘n Engelse oorlogskip teëkom, en die sy identiteit vra, laat weet die kaptein in opdrag van die jong koningin: “Ons is die Gelderland, ‘n Nederlandse oorlogskip wat die president van die Zuid-Afrikaanse Republiek aan boord het, en ons is gereed om te vuur”. Nodeloos om te sê dat die Engelse lafaard die haaiepad gevat het.Maar as ‘n 20-jarige meisie, as ons vir die oomblik die Koningin van Staal (Wilhelmina) so mag noem, begeesterd kan raak deur ‘n ou oom dar ver in die vreemde, hoeveel te meer behoort ons kinders nie nou begeester te word deur ‘n Paul Kruger en dit waarvoor hy staan nie.Om ‘n Payul Kruger te vergelyk met ‘n Thabo Mbeki, sal neerkom op ‘n belediging, en daarom doen ek dit nie. Want Kruger se gelyke as staatsman, volksman en godsman, is daar nie. Ons kan dalk wel ‘n vinnige vergelyking maak tussen die twee administrasies, want hoe ‘n man se administrasie lyk, gee ‘n goeie beeld van wie en hoe hy self is.Kruger was geen stille diplomaat nie. Inteendeel, hy het sake genoem soos dit is. Toe daar eendag ‘n Brit by Kruger spog oor die grootte van die Britse ryk oor die wêreld, dat daar letterlik nie ‘n minuut is dat die son nie iewers op die Britse Ryk skyn nie, was Kruger se komieklike, maar tog skerp en reguit antwoord: die Britte is eenvoudig nie in die donker te vertrou nie, daarom laat God altyd die son oor hulle skyn.Geen van Kruger se mane was ooit in ‘n hof om te verduidelik of sy dade met geslagsiek mense (Vigs in moderne tyd genoem) vrywillig of gedwonge was. Onder Kruger en die Vierkleur is daar geen kommissies van ondersoek ingestel om te bepaal of die prokureur-generaal of die kommissaris van polisie dalk iets het om weg te steek nie. In Kruger se staat onder die Vierkleur was daar wet en orde, en reg en geregtigheid het plaasgevind: daar was nie ‘n verkragting elke 30 sekondes, 53 moorde per dag en ‘n ossewakaping op elke straathoek nie. Tronke se deure se slotte het gewerk, wat beteken het dat misdadigers binne gebly het. En tog was sy tronke relatief min, en leeg, want sy kerke was vol. Geen rugby op Sondag nie. Geen musiekblyspel op die Sabbat nie. Maar Godsorde.Vriende, kom ons besiel ons jeug onder ons weer met ons leiers van die verlede, en skep leiers vir die hede wat in daardie spore trap. Dankie vir De la Rey se lied. Die wiel is reeds aan die rol gesit om ons geskiedenis te herontdek. Daardie dinamika moet gebruik word vir die volgende fase. En ‘n volgende fase… en ‘n volgende fase. Want ons wil weer vry wees, in ‘n staat soos die van ‘n Paul Kruger en onder leierskap soos dié van ‘n Paul Kruger, met die Vierkleur wat wapper. Want ons skuld dit aan die erflating van Stefanus Johannus Paulus Kruger en sy helpers om weer die Vierkleur te laat wapper, en so sal dit wees!