07 Jan 2008

Sports met sport in Afrika


Afrika en sport meng blykbaar nie te goed nie. Die Dakar motor wedren, moes afgestel word aangesien Afrika te onveilig verklaar is.

Asof dit nie genoeg is nie, gaan die bekende Duzi-kano maraton moontlik ook afgestel word. Die keer omdat die water van die Duzi so besoedel is, dat dit 'n gesondheids risiko inhou vir die deelnemers.

Die logika wat gebruik word deur sport administreerders gaan ook die verstand te bowe. Die afrigter wat die Rugbywereldbeker na Suid-Afrika gebring het, is in die pad gesteek en na alle waarskynlikheid sal daar nou 'n swart afrigter in sy plek aangestel word. Hoeveel sukses die nasionale Rugbyspan sal he onder 'n rasstellende aksie afrigter, sal die tyd leer. Ek vermoed die span sal dan ook donkerder word.

Met slegs twee jaar oor voor die 2010 sokkerwereldbeker, is dit te betwyfel of die NSA se infrastuktuur gereed gaan wees om hierdie byeenkoms aan te bied. Miskien sal dit vir NSA Sokker beter wees as hulle dit nie aanbied nie, aangesien die nasionale sokkerspan deesdae geen wedstryde kan wen nie. Dit sal darem 'n groot verleentheid wees as die gasheer land met 'n rekord verloor of nie eens kwalifiseer vir die kompetisie nie.

Daar is egter sport soorte waarin Afrika uitblink; misdaad en korrupsie. Suid-Afrika is die land met die hoogste misdaad syfers en dit wil voorkom of die NSA regering baie hard werk daaraan om die NSA die kampioene te hou. Dit is vir die regering so belangrik om hierdie titel te hou, dat lede van die regering aktief deelneem en die misdaad syfer hoog hou.

Ons kan seker nie almal goed wees in alles nie en ten minste hou die regering by dit wat hulle goed doen.