27 Dec 2007

Willem Tobias Marais 1928-2007




Dit is met groot hartseer dat ons verneem van die afsterwe van Oom Willie Marais op die ouderdom van 79. Willem Tobias Marais is gebore op 10 Augustus 1928.In 1948 verwerf hy die graad B Com aan die Universiteit van Stellenbosch.In 1953 is hy mede-stigter van die maatskappy, Omnia Boeredienste (Edms) Bpk, wat mettertyd groei tot Omnia Holdings Beperk, en tot vroeg in 2007 is hy Ondervoorsitter van die direksie. Intussen verwerf mnr Marais die graad M.Com (B & A) aan die Universiteit van Pretoria.In 1966 word hy verkies tot die Volksraad vir die kiesafdeling Wonderboom.In 1969 is hy ‘n stigterslid van die Herstigte Nasionale Party, waar hy verskeie poste beklee het. Hy is getroud met Elizabeth Lynette von Holtzhausen, wie oorlede is op 21 Februarie 2000. Die egpaar het sewe kinders en ses kleinkinders.Op 14 Oktober 2006 is hy weer getroud met Dolly le Grange, ‘n vriendin uit sy hoërskooldae.Mnr Willie Marais word tydens die Jaarkongres van 2001, eenparig verkies as leier van die HNP en het die Party op die suiwer beginselbasis van Afrikaner-nasionalisme gelei. Mnr Marais was ook in 2007 verkies as voorsitter van die Afrikanerfront en is deur die President van Verkenners "Mnr Eenheid" genoem. Die Afrikanervolk, het een van sy grootste kampvegters verloor en sy leiding sal verseker gemis word.