04 Jan 2008

Wat gaan aan by die Voortrekkermonument?


Ek hoor en sien deesdae baie ontstellende dinge van wat gebeur by die Voortrekkermonument. Die probleme kon natuurlik voorkom word as die Monument reg bestuur was, maar voor ek daarby uit kom, laat ek eers my kwellinge deel.

Aan die begin van verlede jaar (2007) het ek die Monument besoek en opgemerk dat die dak lek op verkeie plekke. 'n Jaar later was ek nou weer daar en hierdie lekplekke is steeds nie reg gemaak nie.

Dit is ook opmerklik dat die gidse meestal donker volksvreemdes is en mens kan maar net wonder oor wat hulle die toeruste vertel van die moord op Piet Retief en die slag van Bloedrivier.

Dit is natuurlik nie net die gidse wat volksvreemd is nie, die Monument ondersteun ook die regering se rassistiese wetgewing van rasstellende aksie, aangesien die werknemers baie donker en baie volksvreemd is.

Dit is die ooglopende probleme maar die probleme le ook dieper.

Die Voortrekkermonument is die erfenis van die Boere/Afrikaners, maar moet blykbaar nou ook plek maak vir 'n gedeelde erfenis.

Die ATKV het so ver gegaan en 'n kleurling vrou afgeneem wat bo-op die senotaaf le! Dit het natuurlik geskied met die toestemming van Gert Opperman. Dit verbaas egter nie, veral as 'n mens na sy definisie kyk van wat is 'n Afrikaner:

“… Afrikaners is persone, ongeag afkoms, kleur of geloof, wat hulleself ten volle as Afrikaners beskou of as sodanig beskou word en hulleself ook ten volle of met ‘n gedeelte van die inheemse Afrikaanse kultuurgoedere vereenselwig en dit as hulle kulturele erfenis beskou”.

Net soos De Klerk en kie die Volk uit verkoop het, is dit weereens een van ons eie mense wat nou ons erfenis verkoop.

Met mense soos Opperman, waar sal dit eindig?