28 Dec 2007

DANIËL JOHANNES STEPHANUS THERON - 1872-1900


Die Alleenloper
Danie Theron, bedrewe en dapper krygsman, baasverkenner, sterf op die slagveld en word een van Suid-Afrika se grootste militêre helde.
“Danie Theron het aan die hoogste eise van ‘n krygsman beantwoord.” Hierdie uitspraak kom van niemand anders nie as Christiaan de Wet, sekerlik een van Suid_Afrika se beroemdste veldhere. Toe hy Theron se doods berig ontvang, het De Wet gevoel dat sy plek nie maklik gevul sou word nie. Daar sou wel beminlike en dapper manne soos Theron wees, het De Wet gereken, maar waar sou hy ‘n man vind met soveel deugde in één persoon verenig? By sy dapperheid het hy groot krygslus besit, en bowendien was hy ‘n krygsman met deursettingsvermoë. As hy ‘n bevel gekry het, of self iets wou uitvoer, dan moes dit gedoen word, buig of bars, het De Wet sy bewondering uitgespreek. Inderdaad het Suid-Afrika in Daniel Johannes Stephanus Theron ‘n krygsman gehad wat in sy militêre loopbaan van skaars ‘n jaar onsterflike roem verwerf het. Hy is op 9 Mei 1872 op Tulbagh gebore. Hoewel hy verdraagsaam was, het hy ook ‘n driftige, opgewonde temperament besit met ‘n dogmatiese “alles of niks” – uitkyk op die lewe. Tereg verklaar sy biograaf, J.H. Breytenbach, dat alles wat Danie Theron aangepak het, hy “deurgedruk het met ‘n taaie volhardingsvermoë en ’n dryfkrag wat vir niks gestuit het nie, wat ook al die gevolge vir homself mog wees”. Ná sy skooljare op Tulbagh, Bethlehem in die Vrystaat, Middelburg (Kaap), Rouxville en Lady Grey (waar hy in 1888 die “School Higher Examination” – sertifikaat in die eerste klas ontvang) bekwaam hy hom aan die Normallkollege in Kaapstad as onderwyser. Skaars ses maande staan Theron in die onderwys, in die distrik Kroonstad, alvorens hy hom in Augustus 1891 na die Zoutpansberg-distrik in die aangrensende Zuid-Afrikansche Republiek begewe. Ironies genoeg het twee aansoeke van hom om ‘n betrekking in die staatsdiens van Transvaal nie geslaag nie. Vroeg in 1893 word Theron as prokureursklerk ingeskryf by die firma C.T. Rabie op Pietersburg, en verskyn sy naam vir die eerste keer op die veldkornetslys. Op 10 Augustus 1896 verkry hy volle burgerreg op grond van sy krygsdiens teem Mmalebôgô in 1894. Theron gee vroeg reeds blyke dat hy vir groter diens bestem is. In Julie 1895 tree hy met die swart onluste in Noord-Transvaal op as rapportganger vir kmdt.-genl. Piet Joubert. Dit is moontlik dat Joubert hier die voortreflikhede van Theron raakgesien het, want toe lg. hom later in Pretoria vestig, woon hy ‘n tyd lank by Joubert aan huis. Aan die einde van Desember 1895 bevind Theron hom toevallig in Pretoria , juis toe dr. L.S. Jameson sy inval in Transvaal uitvoer. Wanneer Ben Bouwer van kmdt.-genl. Joubnert se kantoor gelas word om ‘n boodskap van die Britse Hoë Kommissaris in Suid-Afrika na Jameson te neem tot die effek dat hy sy mag moet onttrek, word Bouwer deur Danie Theron vergesel. Te perd lewer hulle die vrugtelose boodskap af. Hoewel Theron skynbaar nie aan die geveg en gevolglike oorgawe van Jameson deelgeneem het nie, benoem Joubert hom om die regeringskommissie te help om ná die inval die wapens en ammunisie van die Uitlanders in Johannesburg te konfiskeer. Hierdeur word die rus en orde in die Goudstad herstel. Vervolgens skryf Theron as prokureursklerk by die firma Stegman en Esselen in Pretoria in. In 1897 kwalifiseer hy as prokureur (hy presteer trouens die beste van die kandidate) en open in dieselfde jaar ‘n praktyk op Krugersdorp. Sy praktyk floreer spoedig. Ook ontmoet hy Hannie Neethling, ‘n aanvallige en begaafde meisie van die plaas Eikenhof, tot wie hy hom onmiddellik aangetrokke voel. Hulle raak verloof, maar op 29 Augustus 1898 sterf sy onverwags aan longontsteking. Omdat hy oor sy persoonlike sake geslote was, kan ons alleen op die getuienis van sy oorlogsmakkers steun dat haar dood hom diep moes getref het. In die diplomatieke stryd tussen Groot Brittanje en Transvaal steun Danie Theron aanvanklik die meer gematigde benadering van Piet Joubert bó dié van pres. Paul Kruger. Theron is van oordeel dat die President oorlog kan vermy deur toegewings aan die Uitlanders. Maar toe hy eers daarvan oortuig raak dat die Britse regering doelbewus op oorlog afstuur, word hy deur ‘n onversetlike strydlus oorweldig. Theron se afkeer van Britse Uitlander-element wat oorlog aangestook het, bereik op 22 April 1899 breekpunt deur ‘n eensydige jingo-artikel in The Star. Met sy haastige geaardheid reis Theron onmiddellik na Johannesburg en eis van die redakteur, W.F. Monypenny, ‘n apologie. Monypenny weier dit, waarop Theron hom ‘n vuishou op die oog toedien. Drie dae later word Theron, wat sy eie verdediging waargeneem het, skuldig bevind aan aanranding en tot ‘n boete van ₤20 of twee maande tronkstraf gevonnis. Die boete word onmiddellik betaal deur die Afrikaners wat die hofverrigtinge bygewoon het. Hierdie haastige en verbete optrede sou Theron as krygsman goed te pas kom, maar dit in die wandel een van sy swak eienskappe was, val nie te betwyfel nie. Deur middle van monstervergaderings in Johannesburg , ‘n oorhaastig gereëlde vergadering in Junie 1899 te Paardekraal en ‘n Ope Brief aan Afrikaners in September 1899, poog Danie Theron vervolgens om sy volksgenote op te wek vir die stryd wat volgens hom nou onvermydelik is. Hy word ‘n gewilde figuur en vaderlandsliewende burgers begin na hom as ‘n leier opsien. Theron se besorgdheid oor ‘n behoorlike inligtingsdiens vir Transvaal het hom finaal op die militêre pad geplaas. Ná vertoë aan kmd.-genl. Joubert verkry hy verlof om die Wielrijders Rapportgangers Corps op te rig. Hy sou self met die rang van kaptein aan die hoof daarvan staan. Die rywiel of fiets het intussen sy waarde getoon, deurdat dit oor langer afstande vinniger as ‘n perd was en moeiliker deur die vyhand raakgesien (en gehoor) sou word. Ná ‘n suksesvolle werwingsveldtog word die sowat honderd uitgesoekte lede van die korps op 14 September 1899 deur kmdt.-genl. Joubert ingesweer. Aan sy korps het Theron hul taak uiteengesit: Om rapporte te vervoer veral waar geen telgraafverbindings bestaan nie, en om deur middle van verkenning inligting in te win vir die leërleiding. Kort hierna vertrek ses seksies van die korps per fiets in verskillende rigtings om inligting te verkry oor die Britse militêre voorbereidings. Theron besoek persoonlik Kimberley , Mafeking en Bulawayo waar hy byna vasgetrap word en met ‘n stukkende fiets deur die ruwe boswêreld moet terug sukkel Pietersburg toe. Nieteenstaande ‘n lofrede van genl. Botha met die onthulling van ‘n monument op Theron se graf in 1907, is dit te betwyfel of hierdie verkennnigstogte veel bygedra het tot die Regering se kennis van Britse troepebewegings aan die grense. Op 28 September 1899 word die burgermagte van die twee Boererepublike gemobiliseer. Twee dae later vertrek Theron na die front. Die lede van sy korps word die verskillende kommando’s aan al die fronte ingedeel. Hy bevind hom persoonlik met ‘n klein groupie van sy korps aan die Natalse front. Twee dae nadat die Anglo-Boereoorlog uitgebreek het, steek Theron op 13 Oktober 1899 saam met die burgermagte die Natalse grens oor. Hy en sy korps beperk hulle nie slegs tot rapportry nie, maar neem ook aktief aan die gevegte deel. Met die eerste groot slag in Natal , by Talana op 20 Oktober 1899, dra hulle by tot die gevangeneming van sowat 250 Britse betrede soldate. In die gevegte rondom Ladysmith onderskei Theron hom sodaning, dat Jimmy Roos, Reuter se verslaggewer, op 3 November 1899 in ‘n perstelegram berig: “If Transvaal iron cross for valour… were revived, the palm in Natal should be awarded to D. Theron, chief of the Despatch riders…Every day his life depended on goodwill of fate. He never questioned the danger when General Joubert had any risky order to execute.” Die dapper en gedissiplineerde wyse waarop die lede van die korps hul pligte uitvoer, ontvang spoedig baie lof, selfs van burgers wat aanvanklik skepties teenoor die groep gestaan het. Theron neem op 15 November 1899 onder genl. Louis Botha deel aan die verowering van die gepantserde trein naby Chieveley waartydens onder meer die oorlogskorrespondent Winston Churchill krygsgevange geneem word. Hy teken telgrafies sterk prots by die Regering aan toe gerugte die ronde doen dat Churchill vrygelaat gaan word. As staflid van genl. Louis Botha onderskei Danie heron hom tydens die hewige slae van Colenso (15 Desember 1899) en Spioenkop (24 Januarie 1900). Later sou Botha van hom sê: “Hy was as soldaat gehoorsaam en trou, as offisier onverskrokke en bekwaam, as krygsman ‘n held. Nooit het ek iemand ontmoet wat meer deurtastend te werk gegaan het, wat opgewekter ‘n moeilike taak volbring het nie, hetsy as leier, as spioen, of as aanvoerder by ‘n aanval. Die woord ‘nee’ het Theron nooit geken nie. Wat aan hom opgedra is, het hy gedoen. Transvaal het geen dapperder man opgelewer nie.” Ook doen hy, meestal te perd, waardevolle verkennigswerk vir Joubert. Met sy waarde as verkenner bewys, gee Botha ná Colenso vir Theron opdrag om ‘n verkenningskorps op die been te bring. Ná ‘n suksesvoll begin in Natal, kry Theron verlof om die Vrystaat en die Kaapkolonie te besoek ten einde dergelike korpse aldaar op te rig. So bevind Danie Theron hom op 22 Februarie 1900 in genl. Christiaan de Wet se leer by Poplar Grove aan die wesfront. Hier sou hy seker sy grootste roem as krygsman behaal. Sake het donker gelyk aan die wesfront. By Paardeberg op die noordelike oewer van die Modderrivier was genl. A.P Cronjé met meer as 4000 gedemoraliseerde voetgangers deur lord Roberts se magte vasgekeer. Vir sy ontset het Cronjé afhanklik geword van genl. De Wet suid van die Modderrivier. De Wet was van oordeel dat Cronjé na die suidelike oewer van die Modderrivier moes durgaan en van daar met behulp van dekking deur De Wet se magte ‘n pad oopbreek na die ooste. Op een of ander skynbaar onmoontlike wyse moes De Wet hierdie boodskap by Cronjé kry. Die problem was dat hulle in hierdie stadium geen heliografiese of telegrafiese verbinding met mekaar kon kry nie. Tussen hulle het ‘n stewig geslote Britse kordon enige kommunikasie onmoontlik gemaak. Danie Theron se reputasie van dapperheid en onverskrokkenheid het hom waarskynlik vooruitgegaan. Dit is daarom nie vreemd dat De Wet besluit het om hom te nader met die versoek om die rapport mondelings aan Cronjé deur te neem nie. Sonder huiwering kom Theron se antwoord: “Ja, Generaal, ek sal gaan!” Ten einde die donker as bondgenoot te gebruik en nog die omgewing te verken, het Theron reeds die middag van 24 Februarie 1900 De Wet se laer per fiets verlaat. Twee van sy rapportgangers vergesel hom ‘n ent. Dan neem hy afskeid en gaan alleen te voet óm Koedesrand aan die noordekant van die Modderriveir verder. Met donker kon hy die rye Britse kampvure voor hom sien wat die terrein tussen die breë linies verlig. Hy sou moes wikkel, want die maan sou gedurende die na nag opkom en dan moes hy al deur die vyandelike linies wees. Voetjie vir voetjie vorder Theron, totdat hy naderhand vlak teen die eerste Britse wagposte is. Die eerste linies bied geen probleme nie, maar namate hy al dieper die vyandelike gebied binnedring, is die wagposte al nader aan mekaar. Op pakkende wyse het Theron later vertel: “My hande en knieë was rooi van die blare, want dit was stukkend gekrap van die dorings en skerp klippe, waardeur ek honderde tree ver moes kruip. Ek het ‘n rukkie tussen die groot klippe gaan lê, om te rus en te oordink wat ek sou doen, want ek was toe só na aan die Engelse brandwagte, dat ek hulle duidelik op en neer kon sien loop, dwarsoor die koers wat ek moes gaan.” Geweer oor die skouer marsjeer die wagte na mekaar toe, maak 'n regsomkeer waar hulle ontmoet, en loop dan weer in teenoorgestelde rigtings, tot waar hulle weer die volgende wagte aan weerskante tref, en so duur dit voort. Theron het sy gaping gesien. Toe twee wagte mekaar die rug keer, spring hy vorentoe en sis die een toe: “Hey Jack, don’t move, keep quiet or I’ll shoot you dead.” Die wag aarsel vir ‘n oomblik en draai na die indringer. Maar toe hy sien dat die Boer sy rewolwer op hom rig en hy nog ‘n bevel kry om aan te stap asof niks gebeur het nie, gehoorsaam hy vinnig. Soos blits glip Danie Theron deur in die rigting van die beleërde Boerelaer. In die wal van die Modderrivier tref Theron Cronjé se laer in haglike omstandighede aan. In die reëndeurweekte, modderige slote is daar geen sanitêre geriewe nie. ‘n Onhoudbare stank hang oor die laer, verwek deur die ontbindende karkasse van die talle perde en trekvee wat deur die vyandelike bomme gedood is. Baie hiervan lê in die enigste drinkwaer waaroor die burgers beskik. Die bietjie beskikbare kos is galbitter van die liddietgas van bomme wat aanhoudend oor die laer bars. Die oorblywende sowat honderd perde is uitgeput en glad nie rybaar nie. Onder hierdie omstandighede heers ‘n gees van volslae moedeloosheid oor die meer as 4000 burgers. Theron het die boodskap van De Wet aan Cronjé afgelewer, en dié het dit voor sy krygsraad gelé, maar die offisiere het nie kans gesien om ná al die ontberings deur ‘n afkomende rivier te gaan en self ‘n pad deur die vyand te slaan nie. Tevergeefs het Cronjé het ook nog sy burgers gelas om ‘n kettingbrug oor die rivier te bou. Nada thy gedurende die dag ‘n klein ruskanise gekry het, pak Theron daardie aan die terugtog deur die Britse linies aan, oortuig daarvan dat die lot van die bleërde Boeremag veseël is. Met dieselfde behoedsaamheid as die vorige nag, maar sonder voorval, kom hy die oggend van 26 Februarie in De Wet se laer aan. Sy broek is aan flared en sy knieë rooi van die bloed waar die klippe en bossies en dorings die vel afgeskaaf het. Theron se optrede, wat volgens De Wet ongeëwenaard was in die oorlog, het nie die besette krygsmag gered nie. Die offisiere en burgers was te gedemoraliseer om De Wet se veeleisende krygsplan deur te voer, en die offisiere het Cronjé gedwing om op 27 Februarie 1900 met sy mag van meer as 4000 man oor te gee. Bykans vyftig jaar later oordeel J.H. Breytenbach dat Theron “onteenseglik die bewys gelewer dat hy die knapste rapportganger in die geledere van die burgerkrygsmagte was”. Dit is moeilik om te bepaal of die kruiptog werklik die hoë lof verdien, aangesien ons nie presies weet hoe dig die Britse linies werklik tussen 24 en 26 Februarie 1900 was nie. Ongetwyfeld het lord Roberts die knyptang stywer getrek nadat kmdt. Stoffel Froneman op 20 Februarie met twintig man te perd van Cronjé af na De Wet deurgejaag het. Vir Theron was dit ná sy kruiptog die ideale oomblik om die eintlike doel van sy tog vanaf Natal deur te voer, en ‘n goed georganiseerde verkenningskorps op die been te bring. Men die steun van A.D.W. Wolmarans, lid van die Transvaalse Uitvoerende Raad, wat op daardie tydstip in De Wet se laer aanwesig was, kry Theron op 3 Maart 1900 amptelike goedkeuring van die regerings van albei Republieke hiervoor. Met die rang van kapein en die mag om persoonlik offisiere aan te stel of te ontslaan, spring Theron aan die werk om die TVK – Theron se Verkenningskorps – op te rig. By die keuring van sy manne uit die verskillende kommando’s stel hy hoë eise, en onderwerp hy hulle aan toetse in die veld. Spoedig hy hy ‘n keurkorps van so wat 100 lede om hom versamel, manne op wie hy te alle tye kon staatmaak en wat deur liefde jeens hul leier en trou aan die republikeinse saak aan Theron gebonde was. Die lede van die korps is onder drie luitenante, Barnie Enslin, Jan Theron en J. Pretorius, ingedeel. Dit was nie so maklik om die TVK met die nodige toe te rus nie, aangesien die Republieke reeds in hierdie stadium gebrek ondervind het. Theron laat geen steen onaangeroer nie, en geleidelik word van die voorrade-probleme uitgeskakel soos tente, bokseile, komberse, draadknippers, hoewe, ens. Bekom word. Perdevoer en uitstekene perde was maar skaars. Aan die begin van Junie 1900 bewillig die Transvaalse Uitvoerende Raad ₤1500 vir die TCK vir verdure voorsiening. Theron wend hierdie kontantbedrag nuttig aan om op die plase en beskikbare winkels die nodige aankope te maak. Só goed sorg hy vir sy korps se voedselbehoeftes dat hy al gou die bynaam “Kaptein Dikeet” kry. Intussen het die Wielrijders Rapportgangers Corps steeds bly voorbestaan, maar op 2 Mei 1900 dra Theron die administrasie hiervan aan Koos Jooste oor. Voortaan sou hy hom daaroop toespits om die TVK uit te bou om die oë en ore van die Boeremagte te word. Deur in noue voeling met die Britse troepebewegings te bly, verskaf die TVK met Theron aan die spits belangrike inligting aan die Boereleërleiding aangaande Roberts se opmars na Bloemfontein . Dit dra daartoe by dat die Boeremagte sonder swaar verlies kan terugtrek. Wanneer De Wet op 7 Maart 1900 by Poplar Grove aangeval word en die burgers, gedemoraliseer deur Cronjé se oorgawe, onwillig is om staande te bly, is dit Theron en lede van sy korps wat verhoed dat die Boerekanonne in Britse hande val. Met die burgers se terugvlug ná Abrahamskraal gelas De Wet Theron om met sy TVK agter te bly en hom op die hoogte van Roberts se bewegings te hou. Vir die eerste keer vorm die TVK die agterhoede vir De Wet – ‘n rol wat hulle in die komende maande gereeld op onmisbare wyse vir Botha en De Wet sou vervul. Theron se onverskrokkenheid het hom blykbaar na willekeur tot binne die vyandelike kampe gebring. Hier het hy in die kakie-uniform van ‘n Britse offisier en met sy goeie beheer van Engels inligting ingewin sonder om enigsins agterdog te wek. Daar word voorts vertel dat van sy verkenners ook die Britse kampe binnegedring het, vermom as gewone Britse soldate of as boere wat kwansuis produkte kom verkwansel het. Kort voor die Britse inname van Bloemfontein op 13 Maart 1900 red Theron en sy korps nog waardevolle voorradewaens vir die Boeremagte. In die nag van 18 op 19 Maart verniel hy by Glen vir die eerste keer ‘n treinspoor deur die treinbrug die lug in te blaas ten einde die Britse opmars te vertraag. Wanneer die Transvaalse magte gedurende Mei 1900 na hul vaderland terugval, voeg Theron hom met die TVK by waarnemende kmdt.-genl. Louis Botha. Met hul agterhoede-operasies raak hulle gereeld in klein skermutselinge met die oprukkende Britse kolonies slaags. Die gedagte ontstaan nou om die TVK te vergroot en dit naas ‘n verkenningskorps in ‘n vegkorps te reorganiseer. Vir hierdie doel trek die TVK ná die Britse besetting van Pretoria op 5 Junie 1900 terug na Middelburg. Die gereorganiseerde TVK bevat sowat 200 lede, waarvan die meerderheid nuwelinge uit die kommando’s en vrywilliger eenhede is. Die polisie van Johannesburg en Pretoria beslaan ‘n groot gedeelte daarvan. Buitelandse vrywilligers, soos Hollanders, Duitsers, Russe, ‘n Ier, ‘n Griek, ‘n Turk en ‘n Arabier, maar sowat ‘n kwart van die getal uit. By die luitenante is onder meer bygevoeg S.G. (Manie) Maritz, Mears en ‘n Rus genaamd Strolman. Die onhoudbare situasie bestaan dat ‘n gedeelte van die korps vanweë die perdeskaarste te voet moet gaan of met een van die drie trollies vervoer word. Theron slaag spoedig daarin om met persoonlike kontak en individuele belangstelling sy korps tot ‘n hegte eenheid saam te voeg. Weldra aanbid almal hul “Kappie”, soos hy met deernis deur hulle genome word. Sy besielende voorbeeld in die daaglikse kommandolewe en tydens kontak met die vyand spoor almal aan tot getroue pligsbesef, flinkheid, oplettendheid en aanvaarding van dissipline. Dissipline word verbeter deurdat Theron alle individuele buitmakery ten strengste verbied. Onder sy leiding word daar gesorg vir hul daaglikse behoeftes. Op versoek van pres. M.T. Steyn en De Wet keen Theron teen middel Junie 1900 met sy “nuwe” TVK na die Vrystaat terug. Hulle sluit by asst.-hoofkmdt. Piet de Wet aan wat ‘n Britse mag onder genl.-maj A.H. Paget by Lindley omsingel het. Met sy deurdrukker-geaardheid probeer Theron tevergeefs om die beleëraars tot aksie aan te spoor. Wanneer die Vrystaters onder Christiaan de Wet verplig word om op Bethlehem terug te val, lewer die TVK weer waardevolle werk in die agterhoede-gevegte. Op onverskrokke wyse red Theron persoonlik van sy vasgekeerde makers. Met De Wet se verdediging van Bethlehem op 6 en 7 Julie 1900 speel die TVK ‘n vername rol. Olp die tweede dag moet hulle veral die spit afbyt en weer eens dek hulle die Boere-aftog. Dan sluit hulle by die Vrystaatse mag aan wat in die hoefystervormige Brandwaterkom, suid van Bethlehem , saamgetrek het. Buite Retiefsnet op die pad na Bethlehem vorm die TVK die wag. Ten einde te verhoed dat die groot Britse mag onder lt.-genl. A. Hunter die Boere in ‘n kordon toeknoop, besluit die Boerekrygsraad om in verskillende rigtings uit die Brandwaterkom te trek. Die trekrigting van die eerste afdeling word deur Slabbertsnek noordweswaarts na die omgewing van Vredefort en Kroonstad bepaal. Dit sou uit 2000 man van die kommando’s uit die noordelike distrikte onder aanvoering van Christiaan de Wet staan – wat intussen as hoofkommandant aangesel is – terwyl pres. M.T. Steyn en die Vrystaatse regering hulle sou vergesel. Vir verkenningsdoeleindes beskik hierdie afdeling oor die dienste van kapt. Theron en sy 200 TVK-lede en kapt. Gideion Scheepers met sy dertigtal verkenners. Op 15 Julie 1900 verlaat De Wet se afdeling die Brandwaterkom deur Slabbertsnek. Dit is Theron en sy TVK wat die agterhoede vorm. Tydens die trek bly die TVK gereeld as wag agter vir die wegtrekkende waens en kommando’s, maar ‘n aantal verkenners staan ook Gideon Scheepers se korps op die voorhoede by. Genl. Hunter het spoedig verneem van die ontsnapping van die Boeremag en ‘n agtervolging deur berede infanterie onder brig.-genls. R.G. Broadwood en C.P. Ridley gelas. Dit sou as die eerste dryfjag op De Wet bekend staan, en talle Britse kolonnes sou hulle daarby voeg. Vroeg die oggend van 19 Julie trek De Wet met 500 burgers in ‘n suidwestelike rigting uit om die aanrukkende berede brigade van lt.-kol. M.O. Little aan te val. Hy laat die boerelaer en die res van die mag onder bevel van sy broer, asst.-hoofkmdt. Piet de Wet. Dit geluk Broadwood die middag om die Boerelaer onder Piet de Wet vanuit die suidooste te verras, end ie Boere word verplig om in ‘n noordwestelike rigting die hasepad te kies. Vanweë sy besondere ondervinding van agterhoedegevegte neem Danie Therhon die taak op hom om die Boereaftog met sy TVK en ander vrywillige burgers te dek. Ten einde die naderende oormag te flous, kom Theron met sy beproefde taktiek vorendag: Deur sy korps in groepis van twaalf man elk uit te stuur om sowat 750 meter van mekaar stelling in te neem, wek dit die indruk dat ‘n uitgebreide vegslinie van meer as 10 km die Boerelaer beskerm. Sodoende word ‘n Britse flankaanval van die Boerelaer onmoontlik gemaak, aangesien die Britte hulle oral teen die skakels van die gevoelige ketting vasloop. Dit stuur die aanvalsplanne van die viand in die war omdat hulle nie met juistheid die sterkte van die TVK op ‘n gegewe punt kan bepaal nie. ‘n Tipiese agterhoedegeveg ontstaan met Broadwood waarin die Boere-agter-hoede elke tree van hul gang terugballend betwis. Tot drie maal toe neem die VK terugtrekkend stelling in totdat die ondergang van die son tot hul redding kom. Die Boerelaer was veilig. Ten einde die nagtelike aftog van die Boereagterhoede te dek, bly Theron voorlopig met ‘n dertigtal verkenners agter. Dit is nou De Wet se voorneme om die Bloemfontein-Pretoria-Spoorlyn oor te steek, maar dit sou ‘n gevaarlike onderneming wees. Die TVK-lid Wynand Malan, wat later general sou word, word met ‘n paar verkenners vooruit gestuur om ‘n geskikte oorgan g vir die walaer te soek. Die grootste gedeelte van die TVK dek egter oudergewoonte die agterhoede as die Boeremag die spoorlyn die aand van 21 Julie 1900 nader. ‘n Rukkie nadat die TVK vanaf die agterhoede by die Bethlehem-kommando op die linkerflank, suid van Serfonteinhalte, aangtesluit het, maak ‘n trein vanuit die suide sy verskyning en sukkel teen die lang opdraand uit. Plotseling kom die trein tot stilstand deurdat een van die TVK-lede op die trein gespring en die rubberbuis van die outomatiese lugrem ontkoppel het. Die geveg wat met die insittende Welsh Fusiliers onstaan, is van korte duur en spoedig gee die Walliesers oor. Agt-en-negentig word krygsgevange geneem, terwyl vier gewond word. ‘n Burger van die Bethlehem-kommando sneuwel.
Benewens ammunisie-voorrade is die trein swaar gelaai met voedselvoorrade vir die front. Die TVK en die burgers van Bethlehem benut die geleentheid ten volle om in hul eie behoeftes te voorsien. Aangesien die waens reeds t ever vooruit is, kan De Wert, wat intussen bygekom het, nie die kosbare ammunisie vervoer nie. Gevolglik laat hy die vier gewonde Walliesers in ‘n spoorwa eenkant plaas en steek die res van die trein aan die brand. Vervolgens kry hy en Theron die burgers bymekaar en haal die Boerelaer in. Om nege-uur die volgende oggend (22 Julie 1900) laat De Wet sy mag byeenkom. Met Theeron langs hom op ‘n wa pry shy die TVK en hul leier vir hul dapper optrede met die treinbuitery. Hy maak bekend dat die krygsraad besluit he tom kapt. Theron tot commandant te bevorder. Die benoeming beteken dant die TVK in die toekoms een stuk grofgeskut mag beheer. Die uitbundigheid van die TVK na dié aankondiging ken geen perke nie.Theron bedank vir die eer wat hom bewys is en gee sy blydskap te kenne oor die nuwe sukses. Nou het hulle weer genoeg Engelse tabak, tee en koffie, suiker en melk. Hy gaan vort: “Daar is mense wat sê: “Theron se mense is net ‘n klomp buitmakers.” Dit is wel waar. Ons neem graag as ons iets kan kry, maar daaro is ons dan altyd voor!” Hy sluit sy kort toesprakie af deur hard uit te roep “De Wet!”, wat stormagtige byval vind. Sy manskappe dra hom op hul skouers weg onder uitroepe van: “Lewe commandant Theron!” Só verknog is die lede van die TVK aan hul leier. Terwyl De Wet met sy mag suid van die Vaalrivier in die heuwels naby Vredefort vertoef, doen die geleentheid hom nou voor om die Britse spoorwegkommunikasie te verniel. Hierdie taak word aan kmdt. Theron en sy TVK opgedra. Hoewel die teenwoordigheid van die Britse troepemag onder lord Methuen verhoed dat die TVK en die Transvaalse westergrens-burgers onder genl. Piet Liebenberg direk saamwerk, slaag albei groepe tog daarin om die Britse spoorlyn doeltreffend te saboteer. Die aand van 26 Julie 1900 verlaat die TVK De Wet se laer en maak Renosterkop, noord van Kroonstad, hul basis. Hiervandaan maak hulle gereeld aanslae op die spoorlyn. Die grootste slag wat Theron met ‘n gedeelte van die TVK die Britte in hierdie tyd sou toedien, geskied die nag van 2 op 3 Augustus 1900, 30 km suid van Kroonstad en ‘n paar kilometer suid van Holfonteinhalte. Om Twintig oor een in die oggend van 3 Augustus kom ‘n trein met BRitse soldate vanuit die suide aangestoom. Waar die TVK die spoorstawe verlê het, tref die lokomotief die geplante dinamietpatrone. Van die ontploffing slaan die voorste tgwee waens om en die trein knars tot stilstand. Verskeie eise tot oorgawe deur Theron, gevolg deur sarsies Mauserskote, laat die Britse soldate hulpeloos oorgee. Vier van hulle het met die onsporing die lewe gelaat, terwyl nog twee en die masjinis en ‘n personeellid van J.S. Stowe, konsul-generaal van die VSA, in die skietery gewond is. Stowe was op uitnodiging van Roberts vir ‘n besoek na Pretoria onderweg. Vervolgens haak die TVK Stowe se salonwa af en stoot hom ‘n ent terug sodat die gewondes deur Stowe se arts verpleeg kan word. Theron laat die soldate vry, maar neem die vier luitenante gevange. Nadat di VK ‘n groot hoeveelheid buit, waaronder tien possakke, verwyder het, word die trein aan die brand gesteek. Ongeveer twintig voor vier die oggend verlaat die TVK die toneel en kies noordwaarts koers. Stowe het later verklkaar dsat Theron “with all possible courtesy” teenoor hom en sy geselskap opgetree het. Daar het nogtans ‘n voorval plaasgevind wat ‘n storm van Boere-protes ontlok het. Dit he tom die persoon van kol. A. Gordon Lennox gedraai wat hom met dokumente van sier Alfred Milner in Kaapstad vir lord Roberts op die trein bevind het. Theron het Gordon Lennox met rus gelaat, maar drie dae later het De Wet heftig beswaar by Roberts gemaak, aangesien alle omstandighede en verklarings van die TVK, en veral die getuienis van die vier krygsgevange luitenante, daarop gedui het dast Stowe sy neutralitiet geskend het. Op ‘n vraag van Theron he thy, onder voertoning van sy nasionale vlag en op sy erewoord as konsul-generaal van die VSA, verklaar dat daar in die salonwa geen engele persoon of document of enigiets vervoer word wat nie aan sy staf of aan hom persoonlik behoort nie. Heel waarskynlik het Gordon Lennox met die dokumente van Milner aan Roberts in sy besit, deel uitgemaak van Stowe se geselskap, en hom teenoor Theron as personeellid voorgedoen of laat voordoen. Die treinbuitery he took ‘n heftige protes van lord Roberts aan kmdt.-genl. Louis Botha ontlok. Roberts het die treinbuitery beskou as “acts of brigands, not of war”. Intussen het die Britse patrollies by Holfonteinwagpos en Ventersburgwegstasie Theorn en sy groupie TVK-lede nie met rus gelaat nie. Spoedig het hulle ‘n vasberade agtervolging op tou gesit. Vroeg die oggend van 3 Augustusn ná ‘n jaagtog van sowat vyftien km, het hulle die TVK ingehaal. In ‘n kort maar bloedige agterhoedegeveg op ‘n feitlik opvlakte, is volgens Britse opgawe drie TVK-lede gedood, agt tot tien man gewond en een krygsgevange geneem. Of die Britse opgawe korrek is, is moeilik bepaalbaar, aangesien daar aan Boerekant onvoldoende gegewens bestaan. Die Britte het hule verliese op slegs een man gewond gestel en agt perde dood. Die afloop van Theron se agterhoedegevegte. Een van die agtervolgers, kapt. Pine-Coffin, beskryf: “We followed them again for some distance when they broke up into three parties and my horses being don up I returned home.” Kmdt. Theron het waarskynlik op 5 Augustus 1900 met sy hele korps in De Wet se laer aan die Vaalrivier teruggekeer. Hiermee het die eerste fase van De Wet se oogmerke, om die Britse spoorwegkommunikasie te verniel, suksesvol verloop. Terwyl die westergrens-burgers van die ZAR die Potchefstroom-Krugersdorplyn verniel het, het die TVK die Bloemfontein-PRetoriaspoorlyn byna daagliks ontwrig. Ook die tweede fase, nl. Opkommandering en heropkommandering, was suksesvol, en meer as 500 burgers het hulle in die twee weke sedert die trek uit died Brandwaterkom by dDe Wet se mag aangesluit. Intussen het Roberts ‘n kordon rondom De Wet se mag aan died Vaalrivier begin trek. Metjuen het egter nagelaat om in die ooste die net styf toe te maak, en De Wet sodoende ‘n ontsnappingskans na die ZAR te bide. Die oggend van 7 Augustus 1900, die dag nadat De Wet met sy voorhoede die vaalrivier by Schomandsdrif oorgesteek het, het Methuen die Boeremag by Tygerfontein vanuit die noordweste verras. Die meeste van die Boerekommanmdo’s was nog suis van die Vaalrivier. Terwyl die Boere op ‘n gallop in ‘n noordoostelike rigting al op die noordelike oewer van die Vaalrivier voortjaag, bestook die Britte hulle van die heuwels aan hul linkerkant af met kleingeweer- en artillerievuur. Terwyl hulle so die spitsroede loop, keer ‘n artillerie-offisier vir Danie Theron met ‘n veertigtal van sy verkenners voor. Hy deel hulle mee dat De Wet vlugtende is meaar dat sy twee bommaxims en ‘n pom-pom nog bo-op die heuwelreeks staan en dat hy hulle nie daar kan afkry nie. Met die Boeregeskuts in gevaar roep Theron onmiddellik: “TVK!”, en gevolg deur sy veertig man, storm hy die heuwel uit. Bo gekom, onstaan ‘n hewige kleingeweergeveg met die Britte wat die heuwel van die ander kant bestyg het. Dit is met die grootste moeite dat die TVK die kanonne herower. Dan begin die problem om hulle daar aft e kry, aangesien hulle van die ander kant opgekom het en ‘n ruie kloof aan die duskant die taak bemoeilik. Een van die TVK-lede, Henri Slegtkamp, vertel: “Na langdurige inspanning gelukte he tons de beide maxims (en de pom-pom)den berg aft e krijgen, waarop onmiddelijk de paarden die klaar ingetuigd stonden, warden voorgespannen en voort ging het in een wilde galop.” Eers ná sononder kon al die burgers in Van Vuurensklof, weg van die Vaalrivier, afsaal. Methuen se doel op hierdie dag was om De Wet se roete aan die voorkant aft e sny, en hy het byna daarin geslaag. Waar het De Wet gefouteer? Dit wil woorkom asof hy die vorige aand vir Theron en ‘n deel van die TVK verder terug naby Schoemandsdrif geplaas het ten einde as agterhoede te dien vir die kommando’s wat reeds deur die Vaalrivier was indien Methuen ‘n aanval op die drif sou maak. Die res van die TVK sou blykbaar as agterhoede dien vir die burgers wat nog suid van die Vaalrivier was. Methuen se aanval op Tygerfontein verder noord het die TVK dus uit posisie betrap. Of Theron se verkenners enigsins in staat was om De Wet betyds te kon waarsku, is nie met die beskikbare gegewens uit te maak nie. Belangrik is dit dat daar op 8 Augustus 1900 krygsraad gehou is en dat Danie Theron daarvoor verskyn het omdat “sy spionne nie in tyd die laër gewaarsku het van die viand nie”. Waarskynlik kan ons hierdie bewering van burger Dirk de Witt, wat sy inligting later van kmdt. A. de Kock van Frankfort gekry het, aanvaar. Hy beweer voorts dat Theron die skuld op himself geneem het en dat De Wet daarna meer op Gideion Scheepers staatgemaak het. Die volgende dag, op 9 Augustus 1900, verras Methuen egter weer eens die Boeremag, deurdat Scheepers en ses van sy manskappe met ‘n Britse patrollie van dertig man slaags geraak het en De Wet nie betyds kon waarsku nie. Theron en sy korps dek oudergewoonte die aftog van De Wet wat dieper die ZAR binnegdwing word. Met Kitchener en Methuen op sy hake, Smith-Dorrien wat hom naby Bankstasie inwag en Ian Hamilton verder noord, beleef De Wet nou ‘n moeilike tydjie. Steeds dien die TVK op die agterhoede om te verhoed dat die Boeremag oorval word. De Wet swenk in ‘n noorfdwestelike rigting om Smith-Dorrien te ontduik, enm die aand van 10 Augusstus 1900 steek die Boeremag die Potchefstroom-Krugersdorpspoorlyn 5 km suidwes van Welverdiendstasie oor. Theron kry op die agterhoede opdrag om die dspoorlyn die lug in te blaas, en hy doen dit op agt verskillende plekke. Teen dagbreek die oggend van 11 Augustus voeg genl. Liebenberg hom met sy commando noord van Frederikstadstasie by De Wet se mag. Steeds duur die eindelose trek voort. Die oggend van 12 Augustus 1900 besluit Theron om met sy korps weg te draai. Onthef van hul verpligtinge teenoor die hoofmag sal die TVK die spanning van die volgehoue agtervolging kan afskud en hul moeë perde die nodige rus gee. Sedert die trek uit die Brandwaterkom het die TVK steeds die vermoeiendste en gevaarlikste werk verrig en hul leier het waarskynlik gereken dat De Wet vorentoe, met Liebenberg as geleide, die knoop sonder hul diense kon deurhaak. De Wet was nie tevrede met die besluit van Theron nie. Dit wil voorkom asof daar onenigheid tussen die twee manne was wat waarskynlik gespruit het uit die krygsraad van 8 Augustus, toe Theron moes verskyn omdat sy verkenners De Wet na bewering nie betyds teen Methuen se verrassingsaanval gewaarsku het nie. Hoe ook al, pres. Steyn het Theron se besluit om van die hoofmag te skei, teenoor De Wet verdedig en geoordeel dat sy keurkorps die viand deur afsonderlike optrede meer skade sou berokken. Met sy TVK het Theron vervolgens ooswaarts uitgewyk na Mooiriviersoog, ‘n beskutte, bosryke plek. Iets meer as tien dae rus die korps voordat Theron met ‘n aantal waaghalsige strooptogte vorendag kom. Maar eers doen hy aan op Eikenhof, die plaas van die Neethlings, en versoek hulle om op Hannie se sterdatum, 29 Augustus, namens hom ‘n krans op haar graft e lê. Met tien man gaan hy die dorpie Roodepoort binne. Dit was waarskynlik die aand van 22 Augustus 1900. By die stasie buit hulle ‘n aantal possakke, en Henri Slegtkamp plaas dinamiet onder die spoorlyn. Ni ever daarvandaan nie, by ‘n konsertuitvoering waar ‘n aantal Britse soldate en plaaslike dames jolig te kere gaan, loer die verkenners in, net toe die eerste ontploffings by die stasie dit uitbulder. Komiese verstellings oor die afloop van die petalje word onder meer gevind in die opgetekende herinneringe van Wynand Malan, Henri Slegtkamp en Jack Hindon. Sonder moeite het die groupie Boere uit Roodepoort ontsnap. Dit moes die aand van 23 Augustus 1900 gewees het dat hoofkmdt. De Wet op sy terugtog na die Vrystaat op Jan Wolvaardt se plaas, Elandsfontein, vir Theron opgesoek het. Hier aan die Gatsrand was dit die laaste keer dat De Wet Theron lewend gesien het. Dit was asof hulle die geleentheid gekry het om tot versoening te kom ná die ongelukkigheid van elf dae tervore. Die volgende dag, 24 Augustus 1900, het De Wet Theron per boodskapper gelas om daardie aand by Van Vuurenskloof aan die Vaalrivier by hom aan te sluit. Dit was De Wet se oogmerk om die Britse spoor- en telegraafverbindings te verniel. Hierdie bevel is terloops twaalf dae later deur die Britte aan Danie Theron se lyk gevind. Theron het De Wet egter verwittig dat sy krygsraad eenparig besluit het dat die TVK met hul swak perde en met twintig man reeds voetgangers, nie aan De Wet se versoek kan voldoen nie. Bowendien het hulle reeds ‘n plan in die mou gehad om 69 gevangenes in die Kliprivertronk te gaan bevry. Dit was inderdaad nou Theron se strategie om burgers wat reeds die wapen neergelê het, weer op te kommandeer. Diegene wat traag was om te gehoorsaam is met die sambok aangemoedig. Die aand van 26 Augustus 1900 voer Theron die bestorming van die Klipriviergevangenis uit. ‘n Klompie manne spring oor die muur, oorrompel die niksvermoedende Britse wagte en breek die seldeure met ysterstawe en klippe oop. Die meeste van die 69 vrygelatenes is Afrikaners wat reeds ddie eed van neutraliteit afgelê het. ‘n Hele aantal van hulle word spoedig in Boeregeledere opgeneem. Sommige dros gou weer, terwyl die gewone misdadigers uit die staanspoor hul eie koers kry. Met sy lrustelose yer ontsê Theron himself die nodige rus. Siek en met ‘n swaar verkoue doen hy twee aanvalle op die Johannesburgse waterwerke, wat albei egter misluk. Op 31 Augustus 1900 buit hy sy laaste trein. Die onderneming begin eintlik as ‘n uitdagende versoek van die Hollanderlede van die korps om darem ‘n ietsie te hê om koningin Eilhelmina se verjaardag op 31 Augustus te vier. Met sowat veertig vrywilligers vertrek Theron die aand van die 30ste in die rigting van Kliprivierstasie. Teen elfuur bereik hulle die spoorlyn, skroef ‘ln spoorstaaf los en se look ‘n paar dinamietskote onder die lyn. Om drie-uur die oggend skeur die breek van staal en hout di e naglug soos die trein die spoorstawe voor hom wegploeg. Kleingeweervuur vanuit die donker sorg spoedig dat die sowat dertig Britse troepe oorgee. ‘n Paar dinamietskote wat in die lokomotief gestel word, beeindig sy werkskof vir goed. Met ‘n groot buit aan klere, gewere en ammunisie, kos en drank, vertrek die opgeruimde TVK-lede in ‘n overgeetlike viering van Koninginnedag. Waar hulle vervolgens afsaal, waarsku ‘n Britsgesinde henopper die viand. Tevergeefs probeer twee Britse offisiere Theron vastrek, en die einde van die saak is dat die TVK eenvoudig die hensopper se huis afbrand. Die poging die nag van 2 op 3 September 1900 om naby Heidelberg ‘ln trein op die Natalspoorlyn te buit, misluk omdat hulle te laat by die spoor opdaag. Vervolgens keer Theron terug na Elandsfontein in die Gatsrand, die plaas van Rooi Piet Pienaar, waar die res van die TVK onder Danie Theron se neef, luit. Jan Theron, op hulle wag. Dit is duidelik dat daar in Danie se afwesigheid met die nuwe rekrute ‘n gebrek aan goeie leiding was. Blykbaar is Theron se doel nou om nag enl. Louis Botha in Oos-Transvaal te gaan, waar hy sy kokrps so goed moontlik wil toerus vir ‘n inval in die Kaapkolonie. Waarskynlik he thy reeds ‘n verstandhouding met die ZAR-regering hieroor gehad, want met sy dood het die Regering reeds bepaal dat Theron as veggeneraal aangestel word. Nadat genl. Piet Liebenberg by Welverdiendstasie voelers na hom uitgesteek het, ry Danie Theron en Wynand Malan daarheen. Liebenberg wil hê sy burgers en die TVK moet ‘ln gesamentlike aanval op genl.-maj. A.F Hart se kolonne doen, wat van Krugersdorp na Potchefstroom op pad is. Vroeg die oggend van 5 September 1900 sal hulle die kolonne gesamentlik aanval, Liebenberg reg van voor van die rant af wat voor Jan Wolvaardt se postal op Elandsfontrein verbyloop, en Theron van die rant af direk suid daarvan, vanaf Pienaar se plaas, ook Elandsfontein. Op die afgesproke uur op Woensdagoggend, 5 September 1900 , is Liebenberg nie in die stelling waar Theron hom verwag het nie. Daar kon geen miverstand gewees het oor die stellings wat die twee Boere-afdelings moes inneem nie. Die TVK het geruime tyd al daar vertoef, Liebenberg self was ‘ln Potchefstromer en dus bekend met die terrain, en bowendien was Wolvaardt se plaas ‘n bekende poskoetshalte. Wat wel opoenbarend is, is dat Liebenmberg skaars ‘n week tevore genl. De la Rey in die steek gelaat het to lg. olp 31 Augustus 1900 naby Commissiedrif ‘n hewige geveg met lt.-kol. E.H. Dalgety se Colonial Division op Slypsteenkoppie gehad het. Betekenisvol het De la Rey se militêre sekretaris nog op 3 September die landdros op Rustenburg verwittig: “Jammer maar dat Generaal Liebenberg zoo maar weer pad gegeven heft zonder om te vechte.” Nou, vyf dae later, was daar weer geen teken van Liebenberg nie, en Hart se kolonne was reeds sigbaar in die ooste. Teen agtuur neem Theron se ongeduldige temperament oor. Oudergewoonte doen hy die verkenning self. Hy versoek Wynand Malan om saam te gaan om vas te stel waarop Liebenberg nie op die aanrukkende viand losbrand nie. Malan is ongeneë, en Theron neem manskap Nel met hom saam. Teen die rant suis van Wolvaardt se postal en suid van die pad waarlangs die Britse kolonne moet verbykom, klim die twee Boere uit. Aangesien Theron graag op sy eie verkenningswerk doen, stuur hy Nel met hulle perde terug na die voet van die rant, en gaan alleen verder. Meteens bars hewige kleingeweervuur bo-op die koppie los. Dit is ‘n groupie van sewe Britte van die Marshall ’s Horse en Danie Theron wat op mekaar afgekom het. Die verrassing aan beide kante was seker groot. Theron neem onder ‘n boom in ‘n klipkraal stelling in. Hy skiet vinnig en drie Britte sneuwel op die plek, terwyl hy die ander vier verwond. Blykbaar he thy nou besluit om aan te hou skiet om die viand onder die indruk te bring dat die koppie deur ‘n groot Boeremag beset is. Onmiddellik bring Hart sy ses veldkanonne en 4.7 duim-skeepskanon in aksie. ‘n Britse bron vertel dat ‘ln tinktinkie nie uit daardie bombardement op die koppie sou kon ontsnap nie: “The shrapnel kept up an almost incessant hail, covering the wooeded sides of the kopje with jets of round white balls of smoke, while every nouw and then the deeper note of the 4.7 was followed by a huge cloud of dust and yellowish vapour thrown up, and off, by the explosion of the lyddite in the huge projectile.” En toe he teen van daardie bomme sy doelwit gevind, en Theron se Mauser het stil geword. Waarskynlik het dit nie ‘n klip langs Theron getref en hom sodoende gedood, soos tradisie dit het nie, maar was dit ‘n liddietgranaat uit die 4.7 wat hom direk getref het. Sers. Olivier van die Marshall ’s Horse het in ‘n lykskouing getuig: “He had been killed by a Lyddite shell, and half his face blown away.” Konstabel W.R.H Lucas van die Potchefstroomse polisie het getuig: “The face was very much disfigured by a piece of shell, the right half being blown away and the rest discoloured by the powder.” Lucas, wat hom van sien geken het, was feitlik seker dat dit Danie Theron was. Die lyk is na Wolvaardt se postal geneem, waar die vroue hom uitgeken het. Die volgende dag het die Britte hom en die drie gesneuwelde troepe by hul kampplek begrawe. Intussen het die res van die TVK teen die middag onrustig begin raak omdat hul leier nie terugkeer nie. Twee man word uitgestuur om te gaan soek, en hull kom met ‘n onrusbarende berig terug: Nel is gesien terwyl hy met Theron se perd aan sy hand wegjaag, maar van hul geliefde Kappie was daar geen teken nie. Blykbaar nog dieselfde aand het hulle die skokkende tyding van sy dood by die Wolvaardts verneem. Vir die TVK was dit ‘n baie swaar slag. Uiteindelik vind sy makers sy graf. Met eerbied grawe hulle hom op. Aan ‘n uitgesproke wens van hom om op Eikenhof langs Hannie Neethling begrawe te word, kan hulle nie nou voldoen nie, en tydelik vind hy sy rusplek in die familiebegraafplaas van die Pienaars op Elandsfontein. As tek neem M.M. Pienaar die klaaglied van Dawid oor Saul, II Samuel 1: 19 -27. Vers 19: “Die sieraad, o Israel op jou hoogtes lê dit verslaan. Hoe het die helde tgeval!” Hoewel luit. Jan Theron in sy neef se plek as leier van die TVK verkies is, het dit nie lank geduur voor die korps verbrokkel het nie. Sommige het by ander korpse aangesluit, andere het weer hul eie korpse opgerig. Dinge sou nooit weer dieselfde wees sonder hul Kappie nie. Skaars ‘n jaar ná die oorlog, op 10 Maart 1903, is Danie Theron se wens vervul toe sy makers hom op Ekenhof langs Hannie Neethling herbegrawe het. Op 21 Desember 1907 het die onthulling van ‘n eenvoudige gedenksteen op sy lgraf plaasgevind. Presies vyftig jaar na sy dood, op 5 September 1950 , is die Danie Theron Monument onthul ‘n paar tree van die boom waaronder hy gesterf het. Dit is maklik sigbaar van die Johannesburg-Potchefstroompad en is bykans 25 meter hoog. Die bopunt is van koper en in die vorm van ‘n vlam, as simbool van vryheidsvlam wat in die sien van Theron gebrand het. Dit is onvermydelik dat ‘n man wat so geleef en gesterf het, onsterflike roem verwerf het. Die TVK was in liefde aan hul leier gebind met ‘n opregte en warme toegeneentheid. Danie Theron het geleef vir die Boeresaak en discipline afgedwing deur sy fermheid en strenge regverdigheid. Waar hy gegaan het, het sy voorbeeld besielend gewerk en onder hom he thy manne gevorm wat van ons bekwaamste en dapperste offisiere sou word, manne soos Wynand Malan en Manie Maritz. Daar is dikwels al gesê dat Danie Theron die oë en ore van hoofkmdt. De Wet was. Dit was hy beslis, maar ook vir genl. Louis Botha het hyh waardevolle werk gelwer. In die guerrilla-oorlogvoering he thy tot sy volle reg gekom, waar inisiatief, durf, vinnige denke, volharding en mobiliteit vereis word. Hieroor he thy in oormaat beskik. Danie Theron staan stewig in die geledere van beroemde Suid-Afrikaanse krygsmanne, al was hy nie deel van die hoogste bevelstruktuur van die republikeinse magte nie. Miskien het dit hom jis beskerm teen enige foute wat hy kon gemaak het. Dit het hom in elk geval nie verhinder om deel te hê aan die vorming van die breë strategie nie, soos sy lstigting van die Wielrijders Rapportgangers Corps en Theron se Verkenningskorps getuig. Hy het die tgeleenthede wat na sy kant gekom of wat hy self geskep het, met albei hande aangegryp. Met reg kan daar gevra word watter rol hierdie merkwaardige man sou gespeel het in die res van die oorlog en in die Suid-Afrikaanse politiek daarna, indien hy nie aan die Gatsrand gesneuwel het nie. Ten slotte, blykie van watter bevrediging navorsing kan bring. In Desember 1972 het skrywer ‘n onderhoud gevoer met die agt-en-tagtigjarige mev. Mara Malherbe, dogter van Rooi Piet Pienaar, op die plaas Elandsfontein aan die Gatsrand. Sy het vertel hoe dat Danie Theron die oggend by hulle postal aangegan het vanwaar hy sy dood tegemoet gery het. Net voor hy sy perd bestyg het, het Mara se ouer suster aan Theron se lapel ‘ n roset van die Vierkleur vasgesteek. Mara onhou hoe teleurgesteld sy was, want sý wou dit doen. En toe, in Junie 1974 vind skrywer in die Public Record Office in Londen ‘n reekds dokumente getiteld “Evidence rebody of man killed at Wolvaardt’s farm Elandsfontein.” Daar lees ons die getuienis van manskap C.S. Myers van die Marshall’s Horse: “I was present when the body of the man said to be Theron was found…There was ‘n rosette on his coat with combination Transvaal-OVS colours… Later in the day I was at a farm asking for information of the enemy when a girl there told me they had passed there but one was missing which the commando told her was Theron of Krugersdorp…I then showed her the rosette which she at once identified as Theron’s.”
Bron: Beroemde Suid-Afrikaanse Krygsmanne - Fransjohan Pretorius

27 Dec 2007

Willem Tobias Marais 1928-2007




Dit is met groot hartseer dat ons verneem van die afsterwe van Oom Willie Marais op die ouderdom van 79. Willem Tobias Marais is gebore op 10 Augustus 1928.In 1948 verwerf hy die graad B Com aan die Universiteit van Stellenbosch.In 1953 is hy mede-stigter van die maatskappy, Omnia Boeredienste (Edms) Bpk, wat mettertyd groei tot Omnia Holdings Beperk, en tot vroeg in 2007 is hy Ondervoorsitter van die direksie. Intussen verwerf mnr Marais die graad M.Com (B & A) aan die Universiteit van Pretoria.In 1966 word hy verkies tot die Volksraad vir die kiesafdeling Wonderboom.In 1969 is hy ‘n stigterslid van die Herstigte Nasionale Party, waar hy verskeie poste beklee het. Hy is getroud met Elizabeth Lynette von Holtzhausen, wie oorlede is op 21 Februarie 2000. Die egpaar het sewe kinders en ses kleinkinders.Op 14 Oktober 2006 is hy weer getroud met Dolly le Grange, ‘n vriendin uit sy hoërskooldae.Mnr Willie Marais word tydens die Jaarkongres van 2001, eenparig verkies as leier van die HNP en het die Party op die suiwer beginselbasis van Afrikaner-nasionalisme gelei. Mnr Marais was ook in 2007 verkies as voorsitter van die Afrikanerfront en is deur die President van Verkenners "Mnr Eenheid" genoem. Die Afrikanervolk, het een van sy grootste kampvegters verloor en sy leiding sal verseker gemis word.

21 Dec 2007

Paardekraal Geloftefees 2007 - video


video

18 Dec 2007

Die voorlopige program vir Majuba 2008




Die voorlopige program vir Majuba 2008:

Vrydag:

Amptelike binnery van Perdekommando
Fakkelloop

Saterdag:

Vlaghysing, deur Gerhard Combrink se manne
Opening, deur ds. Martin Jordaan of ds. Victor D'Assonville
Verwelkoming deur prof. Schalk Botha en beknopte terugvoer oor Majuba se stand van sake
Toespraak deur mnr. Frank Vanhecke, leier van Vlaams belang
Vertoning van Republikeinse vlae: Perdekommando
Bergbestyging, ds. Boeta Erasmus
GPS bepaling van waar Colley gesneuwel het
Boeresport: Verkenners/Perdekommando
Volkspele
Vlagstryking: Perdekommando
Cantillus
Cantus: besondere 20ste Cantus

Sondagoggend:

Erediens: Ds. Martin Jordaan/ Victor D'Assenville

Die klank word deurentyd voorsien deur Radio Pretoria se woonwa, en moontlik word die oggendverrigtinge lewend uitgesaai.

Daar is ook groot opgewondenheid oor die moontlikheid dat die groot vlag by Majuba kan wees.

Plakkershut voor Rustenburgse munisipale kantore gebou uit protes teen die uitsetting van armes




Die Verkenners het op die 18de Desember 2007 vir AfriForum, die burgerregte-inisiatief wat deur Solidariteit gestig is, en ʼn groep inwoners van Rustenburg, gehelp om ʼn plakkershut voor die Rustenburgse munisipale kantore te bou, uit protes teen die Rustenburgse munisipaliteit se uitsetting van behoeftige gesinne uit munisipale huurhuise in die Rustenburgse woonbuurt Geelhoutpark.





Drie-en-twintig gesinne is reeds die afgelope twee maande uit hulle huise gesit, sonder dat die munisipaliteit sy belofte nagekom het dat alternatiewe behuising aan hierdie gesinne beskikbaar gestel sou word. Die munisipaliteit het ten tye van die aansoek om ʼn uitsettingsbevel teen die inwoners te bekom, in die hof onderneem om alternatiewe bekostigbare behuising te verskaf aan almal wat uitgesit sou word omdat hulle nie die huurgeld kon bekostig nie.





Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is dit ʼn nasionale skande dat terwyl die owerheid die landbougemeenskap op ʼn deurlopende basis valslik van onwettige en onmenslike uitsettings beskuldig, ʼn owerheidsinstelling homself nou skuldig maak aan die grofste moontlike skending van behoeftige mense se verblyfreg en menswaardigheid. Dit is volgens Kriel onverskoonbaar dat die Rustenburgse munisipaliteit so kort voor die Kersseisoen geen empatie toon vir weerlose vroue en kinders wat geen ander heenkome het nie. “Om ʼn uitsettingsbevel te bekom onder die valse voorwendsel dat alternatiewe behuising beskikbaar gestel sou word, is nie net oneties nie, maar ook onwettig,” het Kriel bygevoeg.





Tien van die uitgesette gesinne is slegs een uur tyd gegun om die munisipale huise te ontruim. Van hulle meubels is beskadig toe dit op die sypaadjie gegooi is. Verdere skade is kort na die uitsetting aangerig toe dié meubels, asook die weerlose vroue en kinders wat uit hulle woonplek gegooi is, op die sypaadjie aan reën en hael blootgestel is. Die Pretorius-gesin is byvoorbeeld uit hulle huis gesit op die dag voor hulle seun ʼn eksamenvraestel by sy skool geskryf het. Die Pheko-egpaar was die enigste egpaar aan wie alternatiewe behuising gegee is, maar toe hulle by hulle nuwe huis opdaag, was dit reeds bewoon.





ʼn Memorandum is ook tydens die protesaksie aan die munisipaliteit oorhandig, waarin geëis word dat die munisipaliteit sy belofte nakom deur bekostigbare behuising aan die uitgesette inwoners te verskaf.





Die Verkenners wens Afriforum geluk met die initiatief wat geneem is met hierdie aksie en bedank hulle ook vir dit wat hulle vir die Volk doen.

Paardekraal Geloftefees-naweek 2007


Die Geloftefees-naweek by Paardekraal was die perfekte manier om 'n jaar af te sluit, veral 'n jaar soos hierdie waarin daar soveel dinge aan die gebeur is in die Volksgeledere. Daar is besluit om die naweek by Paardekraal te kamp deur die Paardekraal Verkenners en ook deur Bravoland.

Die meeste van die naweek-kampers het reeds Vrydagmiddag gearriveer en daar is die aand heerlik om die kampvuur gekuier.

Saterdagmore was die groot skoonmaak-aksie, alles moes netjies en skoon gemaak word vir die verrigtinge wat daardie middag reeds begin het. Banke is gewas, rommel opgetel (wat deur volksvreemdes daar gestrooi is) en die badkamers is geskrop.



Die Saterdagmiddag is daar eers vinnig middagete genuttig waarna almal, groot en klein, aan die Boeresport deelgeneem het. Daar is twee spanne gekies, die De Wets en die De la Reys. Dit was hartseer dat een van die spanne, wat hierdie Generaals se name gedra het, moes verloor, maar dit het nie regtig gegaan oor wen of verloor nie.

Daar was windbuks geskiet, tou getrek, sakresies, eier-hardloop en eier-gooi gedoen, voorwaar 'n heerlike dag. Camdix wapenhandelaar het pragtige pryse geborg en dit is deur die Direkteur van Camdix oorhandig na afloop van die dag.


Teen 18hoo het die Boereorkes van Monument-skool begin om lekker musiek te maak, waarna die Volkspele-gulde 'n Volkspele-vertoning gelewer het. Na afloop van hul vertoning het hulle ook mense uit die gehoor "genooi" om saam met hulle te kom "speel". Dit was nogal prettig, veral omdat die meeste van ons nie 'n idee gehad het wat ons doen nie! Tog het hulle ons baie mooi gehelp.



Die Sondagmore is almal vroeg uit die vere, die eerste diens was reeds 06h00, ek weet van 'n paar mense wat maar swaar opgestaan het, want slaap die vorige aand was maar min. Teen 09h00 is die vlae gehys, die Transvaalse Vierkleur aan die noordekant en die Vrystaatse Vierkleur aan die suidekant. Daarna is die 1880-Gelofte gelees en die woorde daarvan maal steeds in my kop, aangesien dit ook vandag waar is. "Als door een dief in de nacht is onze vrije Republiek weggestolen." Prof. Erik Holm, 'n entomoloog van Tukkies, het die feesrede gelewer. Uit 'n bioloog se oogpunt het hy die Afrikaner eers gedisektiseer en toe geklassifiseer. Die slotsom van die saak, was dat jy deel is van die Volk, as jy deel WIL wees van die Volk.



Daarna is die 1838-Gelofte gelees en met die mis wat oor die Monument gerol het, het ek my probeer indink hoe die Voortrekkers moes voel die laaste keer wat hulle dit gehoor het voor die Slag van Bloedrivier. Dr. P.H. Huystek het die Geloftediens waargeneem, hy het vir ons vertel van Noag en hoe swaar dit vir Noag moes gewees het om die enigste mens op aarde was wat die waarheid nagestreef het. Op hierdie stadium het dit begin reen en hoe meer dr. Huystek praat oor die 40 dae en 40 nagte se reen tydens die Sonvloed, hoe harder het dit gereen! Na afloop van die Geloftediens is die vlae gestryk, waarna ons die Stem gesing het.



Gewoonlik sou die Geloftefees nou tot einde geloop het, maar hierdie jaar was anders, hierdie jaar moes iets teruggeplaas word! Op 'n nag in Junie 1901, het die Ingilse soos "een dief in de nacht" gegaan en die klippe onder Monument, wat daar geplaas is tydens die 1880 Gelofte, gesteel. Van hierdie klippe is uit die Vaalrivier gehaal en op die Geloftefees van 16 Desember 2007, is dit weer onder die Monument geplaas. Die 1880 Gelofte en die 1880 belofte, is herbevestig!

02 Dec 2007

Witkruis - Video


video

'n Ope brief aan Thabo Mbeki


Geagte Thabo,

Dit is nou ruim 14 jaar sedert die Nasionale Party op 'n onwettige manier Suid-Afrika aan u regime gegee het. Alles wat die Boere/Afrikaner eens opgebou het, is in hierdie tyd vernietig, verwaarloos of die naam is verander. Dit moet seker nie verbaas dat dit so gaan nie, u regime het dit mos verniet gekry en die Engelsman se mos nie verniet "easy come, easy gone".

U mag dit dalk vreemd vind dat na 14 jaar, nieteenstaande u onwettige rassistiese wetgewing van regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging, die Afrikaner steeds 'n groot houvas het op die ekonomie. U het egter nie rekening gehou met die deursettingsvermoë en toegewyde hardwerkendheid van die Boere/Afrikaner nie.

U regering se aanhoudende aanval op ons taal, het ons taal net sterker gemaak. Lanklaas was die Boere/Afrikaner so trots om Afrikaans te praat. Die Boere/Afrikaner se geld praat ook Afrikaans, moet dus nie verbaas wees nie as 'n paar besighede hulle deure moet sluit aangesien hulle weier om ons in Afrikaans te bedien.

Van die duisende pragtige Afrikaanse skole wat met die Afrikaner se geld opgebou en instandgehou is, is daar nou net 'n paar honderd oor. U kan gerus maar die hierdie paar skole ook annekseer en ver-Engels, die Boere/Afrikaner het reeds 'n alternatiewe sisteem opgebou waar die standaard baie hoër is. Hierdie sisteem is met eie geld en kundigheid daar gestel en uitgebou.

As u wit was, sou u seker baie rooi in die gesig gewees het oor die arrogante manier waarop die burgemeesters van Standerton en Pretoria poog om die Afrikaner se kultuur en geskiedenis te verwoes.

Dit is egter duidelik dat hierdie nie geïsoleerde insidente is nie, daar bestaan die opinie dat dit 'n beplande aanval is op die Boere/Afrikaner se kultuur en geskiedenis. In die museums wat ONS gebou en befonds het, word ons geskiedenis verwyder en vervang met kommunistiese propaganda. Ons geskiedkundige vakansiedae en die dorpe en stede wat ons gebou het, se name word selfs verander.

Die Boere/Afrikaner se geloof het hom nog altyd gesterk teen die aanvalle van die bose. Dit is dus seker nie vreemd dat ook ons geloof aangeval sal word nie. Vir die eens Christelike skole en universiteite wat deur die Boere/Afrikaner gebou was, word dit nou onmoontlik gemaak om die Christelike boodskap uit te dra.

Suid-Afrika het ontaard in die gevaarlikste plek in die wêreld om in te leef. Nieteenstaande hierdie feit, is dit feitlik onmoontlik om 'n wettige vuurwapen te bekom om jouself te beskerm. Die Polisiediens is voorts onwillig of onbevoeg om misdaad te bekamp. Plaasboere, veral ou mense en kinders, is ook 'n teiken van die rampokkers, wat u onwillig is om voor stok te kry.

Dit begin vir my al hoe meer voorkom of daar 'n beplande aanval op die Boere/Afrikaner is. Dit terwyl u versoening verkondig!

Indien dit wel die geval is, voel ek dit my plig om u te waarsku. Die Boere/Afrikaner vir wie sy taal, kultuur en geloof belangrik is, is nie dieselfde as die "joiners" en "hensoppers" wat aan u regime die land gegee het nie. Moet tog ook nie die arrogante fout maak om u blind te staar aan getalle nie. In u "demokratiese" sisteem is ons dalk 'n minderheid met geen politiese stem nie, maar dit beteken nie dat ons alles wat aan ons gedoen word, gelate gaan aanvaar nie.

Die magtige Britse empire, die wêreldheersers oor wie se grond die son nooit gesak het nie, het ook die Boere/Afrikaner onderskat. Dit het hulle baie duur te staan gekom.

Die Boere/Afrikaners het nog nooit 'n ongeregtigheid gelate aanvaar nie. Ons voorvaders het na hierdie land gekom, weens die aanslag op ons geloof. Die Voortrekkers het besluit om eerder kaalvoet oor die Drakensberge te trek, as om te ver-Engels. Die Zoeloes by Bloedrivier moes ook gedink het dat die handjievol blankes geen kans staan nie, wat hulle egter nie geweet het nie, was dat God se Hand self betrokke was. U sien, die Voortrekkers het 'n Gelofte afgelê teenoor God en daarom het God self die oorwinnig behaal.

Hierdie Gelofte word steeds jaarliks deur die Boere/Afrikaner herdenk. Dit geskied op die 16de Desember, wat Geloftedag is en nie versoeningsdag soos wat u regime wil voordoen nie.

Van versoening is daar van u kant af in elk geval geen sprake nie, die aanval op die Boere/Afrikaner se taal, kultuur en geloof, is 'n duidelike bewys hiervan.

20 Nov 2007

2007 in die NSA


Soos meeste van julle, woon en werk ek in die NSA. Die jaar staan nou haastig einde se kant toe en ek het bietjie gaan dink oor die toestand in die land en wat in 2007 gebeur het.

Die eerste Volksaksie hierdie jaar (6de Januarie) was natuurlik die Vierkleur herdenking in Potchefstroom. 'n Mens sal natuurlik baie meer mense daar wou sien, maar dit was tog verbleidend om te sien dat daar steeds mense is wat nie skaam is om met die Vierkleur ge-assosieer te word nie. Potchefstroom is volgens die ANK ook nie meer Potchefstroom nie en sy strate het ook nuwe name gekry. 'n Paar studente is gevang waar hulle van die nuwe naamborde verwyder en in die rivier gooi. Die jaarlikse Aardklop was ook nie sonder insident nie, die organisasie wat die stadsraad die naamstryd aan gese het, het in hierdie tyd behoorlik met die stadsraad horings gehak. Van Riebeeck str se inwoners het natuurlik die stadsraad 'n bloedneus gegee, deur die ou naam op hulle huise aan te bring, iets wat die stadsraad kwaad maak maar waaraan hulle niks kan doen nie. Ook 'n tweede Vierkleur dag is in Augustus in Potchefstroom aan gebied, by die geleentheid het Prof Raath sy nuwe boek bekend gestel en wat 'n prag stuk!

Pretoria se naam het ook weer in die spervuur gekom. Daar was 'n hofsaak wat die pro-Pretoria groep gewen het (en wat nou nie juis goed by gewoon is deur betogers nie) Daar was ook die optog na die ANCBC om 'n versoek skrif met bykans 100 000 handtekeninge op aan hulle te oorhandig teen die gebruik van die nonwoord tshwane (jammer ek kan dit nie met 'n hoofletter spel nie!) Hier was daar seker 500 betogers van verskillende organisasies en met verskillende vlae.

So gepraat van vlae, 'n groep met die naam GAS (genootskap van Afrikaner simbole) het 'n "nuwe" Afrikaner vlag bekend gestel en tyd sal leer of die vlag aanvaar gaan word. Nog 'n groep bou ook aan 'n reuse Vierkleur waarmee hulle hoop om op 8 Desember by Willem Prinsloo die werled rekord te breek vir die grootste vlag wat nog gemaak is. Of die rekord gebreek word is seker nie so belangrik as die feit dat dit hopenlik baie mense sal wakker maak en die trots vir wie hulle is weer sal aan wakker. Ek hoop van harte dat die media dekking hieraan sal gee, maar ek hou nie my asem op nie, die media is deesdae "blind" vir dit wat in Boere/Afrikaner geledere gebeur.

Ons het hierdie jaar ook uit gevind die Minister van gesondheid is nie so gesond nie. Haar bene makeer niks want sy het voor in die skenker ry gespring vir haar nuwe lewer, sy ly egter aan lang vingers en het 'n dors wat blykbaar slegs deur alkohol geles kan word. Hierdie gesondheid toestande is blykbaar nie uniek nie en ek wonder of die lang vingers tot 'n epidemie verklaar gaan word in die kabinet. Die Minister verstaan egter dat dit belangrik is om nie geld te mors op onbenullige goed soos anti-retrovale medikasie wat ten duuste ingevoer moet word van die bose westerse lande nie. Sy besef egter ook dat HIV (of is dit nou VIGS, ek weet nie mooi nie want die slim President van die NSA het ook verklaar dat die een niks met die ander te doen het nie) 'n probleem kan wees en daarom het sy na jare se navorsing 'n deurbraak aan gekondig in die behandeling van die twee siektes (wat niks met mekaar te doen het nie). Hierdie behandeling is natuurlik baie goedkoop en maklik verkry baar. Ek weet nou nie of daar patent reg op die resep is nie, maar ek gaan dit maar gee: knoffel, beet en afrika-aartappel. Die Afrikaner jeug wat baie respek het vir leiers figure, het dit dan ook op hulleself geneem om hierdie behandeling te oorhandig aan besoekers van uit die buiteland by die lughawe wat elke jaar 'n nuwe naam het.

Toe sy in die hospitaal opgeneem is (in die hospitaal wie se telefoon rekening amper sy hele begroting uit maak) het dieselfde groep jongmense vir haar 'n ruiker geneem. Hulle het haar grappe so gemis in die kabinet dat hulle moes seker maak dat sy beter word en hulle was bang dat die mediese dokters nie vir haar die geheime behandeling van knoffel, beet en afrika-aartappels sal gee nie, dus het hulle ruiker hieruit bestaan. Alhoewel sy spoedig herstel het hierna, het sy tot op datum nog nie vir hulle eers 'n dankie se kaartjie gestuur nie!

Die jeug werk natuurlik baie hard om aan te pas in die NSA. Daar was 'n groep wat hulleself swart gesmeer het (nee ek bedoel nie soos die Afrikaanse koerante doen met die Afrikaner nie, hulle het hulleself letterlik swart gesmeer met politoer!) en vir Mbeki gevra of hulle ook nou maar eerste klas burgers kan wees. Die jeug het ook die regering se voorbleeld gevolg en strate se name verander, so was daar vir 'n week 'n straat in Pretoria vernoem na Genl de la Rey. Die stadsraad het hierdie hulp egter gesien as kompetisie en het die bord vinnig verwyder. (dit was 'n week later, maar vir die stadsraad is dit vinnig, toets hulle maar en kla oor 'n straatlig wat nie werk nie, dit sal hulle BAIE langer neem om dit reg te maak)

Die jeug het ook Vlok se voorbeeld gevolg na hy gaan voete was het. Hulle het die standbeeld van Paul Kruger in Pretoria se voete gaan was en vir hom jammer gese vir die toestand waarin die land verkeer.

In Zimbabwe gaan dit uitstekend en nee, ek is nie besig om gat te kruip by Mbeki en sy Oom Mugabe nie. Dit gaan rerig goed. Hulle HIV en VIGS syfer is besig om te verminder, die enigste land in die wereld waar dit gebeur! Hehe, dit is natuurlik omdat al hulle inwoners besig is om na die NSA te vlug, omdat daar nie meer kos is nie, maar volgens Mugabe en Mbeki gaan dit goed. Zimbabwe sal ook in die Guiness wees, nie vir hulle vlag nie, maar vir hulle inflasie syfers. Krag en brandstof (vir die Zim regering) is geen probleem, die kry hulle verniet van die NSA. ...mar genoeg oor Zim, Mbeki se as ons dit lank genoeg igonoreer en niks daaroor se sal dit weg gaan en hy is immers die President van die NSA, die massas sal tog nie 'n pampoen verkies om hulle (en ons) te lei (en te laat ly nie).

Hiermee my beskeie mening (Trevor en Tito sal seker van my verskil, wel hulle doen dat al die hele tyd!) die NSA ekonomie is besig om sy agterstewe te sien (sonder 'n spieel!). Die oliediewe is besig met 'n oorlog in Irak wat die olie prys die hoogte in gestuur het, die inflasie koers (selfs die gekookde een) is die hoogte in en die repo koers is besig om vinniger te styg as Zim se inflasie koers! Binnekort gaan die NSA regering uit vind sy swart diamante was eintlik net swart kool, want hulle gaan nie meer die DDM's (duur duitse motors) en huise in Sandton kan bekostig nie. Natuurlik gaan die Volk ook hieronder ly, veral in die lig gesien van rasstellende aksie en SEB (swart besigheids rassisme). Bravoland volkshulp, Volkshulp 2000 en Solidariteit se helpende hand, probeer help, maar die vure gaan nou te groot word om te blus!

Die oliediewe en Ingilse praat van 'n "buzz" woord, ek het nog nooit 'n woord gehoor wat "buzz" nie (behalwe die woord buzz) maar verstaan tog wat hulle bedoel. Nou ja, die nuwe "buzz" woord by baie Afrikaners is "verootmoediging". Ek wil nie te veel hieroor se nie, wil net waarsku: verootmoediging is nodig, moet dit net nie probeer misbruik nie.

Ek gaan nou eerder skryf oor kultuursake want daarvan weet ek meer as oor geloofsake. Ek het nou reeds genoem van die Vierkleur se verjaarsdag hierdie jaar, maar het vergeet om te noem van die vlag wat vir die ATKV geneem is. Die ATKV, vir die van julle wat gedink het dit is 'n vakansie-klub (miskien is julle reg), is 'n kultuur organisasie. Hulle het egter besluit dat die Afrikaner se kultuurskatte nie vir hulle belangrik is nie, dus het 'n groep (ek wou se jongmense, maar toe onthou ek, ek was saam) vir hulle 'n Vierkleur vlag geneem, om hulle te herriner aan die Vierkleur se verjaardag. Tot op datum het hulle agter nie dankie gese vir die geskenk nie en ook niks gedoen ter viering van die Vierkleur se verjaarsdag nie.

Die 10 Oktober is Oom Paul dag of heldedag. Die Boere/Afrikaner gemeenskap het hierdie dag op verkeie maniere gevier. Daar was o.a 'n kranslegging en kerkdiens by die Helde-akker in Pretoria en in Krugersdorp (Oom Paul se dorp!) het 'n groep (amper se ek weer jong mense) Oom Paul weer ingehuldig as President van Transvaal. Daar is vir Oom Paul standbeeld 'n ampserp aangetrek wat sommer vinnig deur die mislukepaliteit verwyder is! Dieselfde groep het in daardie week ook die vrouens en kinders onthou wat in die konsentrasiekampe dood is, vir hulle is daar witkruise geplant op die konsentrasiekamp gronde. Dieselfde gronde waar die stadsraad beplan (het) om laekoste behuising te bou.

Hofsake was daar ook 'n paar van, die Sheldean Human saak was goed bygewoon deur die Volk. In ondersteuning aan die ouers, maar ook omdat ons weet dit kan met enige een van ons gebeur in die land wat volgens Mbeki geen misdaad probleem het nie. Dan was daar die Vlok saak, wat eintlik maar net 'n mors van tyd was en die sogenaamde "Boeremag" saak het sy vierde verjaarsdag gehad die jaar. Die BCVO het besluit om die Minister van Onderwys hof toe te neem, die uitslag hiervan sal seker eers volgende jaar bekend wees. Radio Pretoria, goeie getroue Radio Pretoria, het hierdie jaar 'n oorwinning in die hof gehad, dit is seker die enigste 14jarige wat ek ken wat so moet baklei vir oorlewing!

Pretoria se verjaarsdag is ook gevier deur 'n groep Afrikaanse sangers wat 'n gratis konsert gehou het op Kerkplein. Daar was BAIE mense en dit laat my wonder hoekom die Volk omgekoop moet word met musiek om te wys hulle gee om vir dit wat hulle moet beskerm.....

.....maar dan lees ek van 'n spontane aksie teen Deon Maas en Rapport en hoe suksesvol dit was en dan gee dit my hoop dat die Volk wel sal opstaan vir dit wat vir hulle belangrik is!

O ja, amper vergeet ek van die Rugby - die Springbokke het gewen, die afrigter word vir sy moeite weg gejaag en die spelers vervang met swart spelers.....

Dan het daar 'n belangrike organisasies die jaar die lig gesien, die Afrikanerfront wat hopenlik al die organisasies gaan kry om met mekaar te praat!

13 Nov 2007

GELOFTE: PAARDEKRAAL (1880)


“Indien de Lieve Heer ons helpen en zegenen wilde, en wy ons land terug zouden krygen, dat den het volk elk jaar daar zouden komen feestvieren, juist by dezelfde steenhoop, en den Heer onze geloften komen betalen. En deze steenhoop is de eeuwige getuie daarvan.”


Die burgers het ook aan mekaar die volgende belofte gemaak:

"In de tegenwoordigheid van den Almachtigen God, de kenner aller harten onder bidden opzien om Zijn genadige hulp en ontferming, zijn wij Burgers van de Zuid-Afrikaansche Republiek, plegtig overeenkomen, om voor ons en onze kinderen een heilige verbond op te rigten, het welk wij met plegtigen eed bezzweren.Ruim veertig jaren is het geleden, dat onze vadere de Kaapkolonie ontvlugt zijn, om een vrij en onafhanklik volk te worden. Deze veertig jaren waren veertig jaren van smart en lijden.Wij hebben Natal. Den Oranje-Vrijstaat en de Zuid-Afrikaansche Republiek gesticht, en driemaal heeft de Engelsche Regering onze vrijheid vertrapt .... En onze vlag, die onze vaderen met hum bloed en tranen gedoopt hebben van den grond neergehaal.Als door een dief in de nacht in onze vrije Republiek weggestolen. Wij kunnen en wij mogen dat nie dragen.God wil, dat de eerbied onze vaderen en de liefde jegen onze kinderen ons voorscrijft, het erfpand der vaderen geschonden aan onze kinderen over te leven.Daarom is het dat wij hier bijeentreden en dat wij elkander de hand geven als mannen, broeders, plegtig beloven, trouw te houden aan ons land en volk en met het oog "Zoo waarlijk helpe ons God Almachtig".

Paardekraal Geloftefees



Saterdag 15 Desember 2007

18:00 - 21:00 Boeremusiek - Samesang - Volkspele opvoering


Sondag 16 Desember 200706:00 - 07:00 Oggenddiens - Ds D.A van Rooyen Predikant van die Ned. Hervormde Kerk


07:00 - 08:45 Pouse


08:45 - 08:55 Samesang


08:55 - 09:00 Vlaghysing


09:00 - 09:05 Voorlees van die 1880 Gelofte.


09:05 - 09:10 Bekendstelling van die Spreker.


09:10 - 10:00 Feesboodskap deur Prof Erik Holm


10:00 - 10:05 Bedanking van die Spreker


10:05 - 10:45 Pouse


10:45-10:55 Samesang


10:55- 11:00 Voorlees van die 1838 Gelofte.


11:00 - 11:05 Bekendstelling van die Prediker.


11:05 - 11:50 Gelofte diens deur Ds. P.H. Huysteek (Gereformeerde kerk Montana, Pretoria)


11:50 - 11:55 Bedanking van die Prediker


11:55 - 12:00 Vlagstryking waarna Die Stem gesing word.


12:00 Afsluiting deur die voorsitter van die Paardekraal feeskommissie.

Paardekraal - 'n Geskiedkundige oorsig



Op 12 April 1877 annekseer Sir Shepstone die ZAR, sonder dat 'n skoot geskiet is, namens Engeland. Die anneksasie was 'n direkte gevolg van die ontdekking van goud in die ZAR, goud wat Engeland graag vir haarself wou he. Die gebeure is gevolg deur 'n periode van lydelike verset deur die burgers van die ZAR en ook is daar verskeie deputasies na Engeland gestuur. Hierdie deputasies en ook verskeie ander onderhandelings met Engeland het misluk en die burgers word opgeroep tot 'n vergadering te Paardekraal op 8 Desember 1880.

Tydens hierdie vergadering, besluit die sowat 6000 burgers, dat die tyd aangebreek het om iets daadwerkliks te doen. Op 'n voorstel van Paul Kruger het die burgers 'n klip stapel gepak op die plek waar die monument vandag staan. Op hierdie stadium is die Paardekraal Gelofte ook afgele.

Hierdie vergadering het die slag van Majuba tot gevolg gehad en die herstel van vryheid van die ZAR op 27 Februarie 1881.
Van 13 tot 16 Desember 1881, hou 'n dankbare volk 'n reuse fees op die terrein en ook die eerste staatsfees in 1886 is daar gevier.

In 1889 is die heer JC Human, wat landros in Krugersdorp was, na President Paul Kruger om toestemming te vra om 'n monument op die terrein te bou. In 1890 besluit die regering om die monument op Paardekraal te bou oor die klipstapel. Die Heer Wierda, was die argitek en die boumeester WY Veitsch het in April 1890 met die bou van die Monument begin en is voltooi in November van 1890.

In Desember 1891 is 'n huldigingsfees op Paardekraal gehou, waartydens President Paul Kruger die monument onthul het. Dit was ook die eerste volksfees waar die Gelofte van 1838 weer herdenk is.

Tydens die ABO, in opdrag van lord Roberts (gedurende Junie 1901), is die klipstapel onder die monument verwyder en onder die treinbrug by Vereeniging in die Vaalrivier gegooi.

In 1916 is ’n groot volksfees op Paardekraal gehou onder leiding van Generaal Louis Botha. In die jare daarna het die Feeskommissie steeds voortgegaan om jaarliks ’n Geloftefees te reel, alhoewel dit beperk was tot die plaaslike omgewing. In 1946 is weer ’n begin gemaak met vyfjaarlikse feeste, wat goed bygewoon is.

Met die herdenking van die Anglo-Boere Oorlog gedurende Oktober 1999 tot 31 Mei 2002, het die Volkskomitee vir die Herdenking van die Tweede Vryheidsoorlog al die geloftefees-komitees in die land, wat hulle gebonde gevoel het aan die geloftes van 1838 en 1880, genooi om ’n gedenksteen tydens Geloftedag op 16 Desember 2002 aan die Paardekraal Feeskommissie te oorhandig om in ’n gedenkmuur ingebou te word. Die gedenkmuur is die laaste toevoeging tot die monument en is 'n bewys dat die Volk ook in hierdie tyd, steeds bereid is om sy Geloftes gestand te doen.

12 Nov 2007

Toespraak op 10 Oktober 2007, Henk van de Graaf


Plaaslik is dit natuurlik die Jaar van die Vierkleur. Die Vierkleur wat ook vandag weer hier wapper, is hierdie jaar 150 jaar oud. Dit was dié vlag wat gewapper het oor ‘n onafhanklike Boererepubliek met die eerbiedwaardige en gerespekteerde Paul Kruger as president. Paul Kruger en die Vierkleur kan nie van mekaar geskei word nie.Buite ons direkte volksatmosfeer is daar ook sekere gebeure waarvan ons op ‘n dag soos hierdie kennis moet neem.Dit word wêreldwyd weer mode, as ons dit so kan noem, om te kyk na die volkshelde van die verlede. Vroeër die week het die ANC se onderwysminister, Naledi Pandor, nog aangekondig dat sy meer aandag aan die helde van die verlede wil gee. Natuurlik kan mens nie van haar verwag om Paul Kruger daarby in te sluit nie. Sy het in gedagte Steve Biko, Albert Luthuli, Oliver Tambo en nelson Mandela.Natuurlik het sy die reg om namens haar volk te vereer wie sy wil, maar laat ons sommer dadelik sê dat sy nie die reg het om daardie in ons oë terroriste, op ons kinders af te forseer nie.Maar Vriende, dit wys net weer dat daar allerweë ‘n besef is van die waarde van geskiedenisonderrig vir ons jeug. Dit onderstreep weer eens die behoefte wat daar by enige volk bestaan om na sy helde van die verlede te kyk, en te sê “Dankie” vir alles wat dié mense gedoen en vermag het. Daarom moet ons juis met hierdie herdenkingsgeleentheid weer vir mekaar en vir ons kinders die onderneming gee, soos wat ons ook tydens die Gelofte by Bloedrivier gedoen het, dat ons dit aan ons kinders, kleinkinders en verre nageslag sal oorvertel. Daarom is ons dit aan ons nageslag verskuldig om die regte geskiedenis aan hulle oor te dra, want anders verloor hulle hul identiteit. Hoe kan ons met ons gewete saamleef as ons toelaat dat ons op ‘n dag soos hierdie, maar selfs deurentyd in ons skole en elders, skielik moet leer van die “held” Steve Biko, terwyl ons weet dat hy besig was met misdadige beplanning vir die dood van onskuldige vroue en kinders, soos in die ANC-terroristestryd inderdaad begin het.Hoe kan ons toelaat dat die geskiedenis deur swartes, Engelse en swart Engelse, vervals word om ‘n Paul Kruger die vark in die verhaal; te maak, en te beweer dat hy die oorsaak van die Engelse oorlog was, en dat as ons enige skuldige moet soek vir die volksmoord, die holocaust, op ons 27 000 vroue en kinders, ons dit moet soek by Paul Kruger. Vriende, dit is presies wat vandag geleer word, en dit is presies dié gif waarmee ons kinders besoedel word.Hierdie jaar is ook die vier honderdste herdenking van Admiraal Michiel Adriaanszoon de Ruijter, seker die mees befaamde Nederlandse see-admiraal wat daar was. Die Engelse het nie van hom gehou nie, want hy het in een van die seeslae met sy vloot die Engelse Theems-rivier opgevaar. Dei klomp bang Engelse span toe kettings oor die rivier om die vloot te keer, aar De Ruijter vaar eenvoudig al wat ‘n ketting is stukkend, steek die Britse vloot aan die brand en vat die agterboeg van die vlagskip, die Royal Charles, as buit saam, en dié is steeds in ‘n museum in Nederland te sien. In ‘n latere seeslag het De Ruijter gesneuwel.Waarom van De Ruijter praat by ‘n Krugerherdenking?Doodgewoon om ‘n parallel te trek. Toe dit in 1976 die 300ste herdenking van sy sterfdag was, wou die linksgesinde eerste minister, Joop den Uyl, geen amptelike aandag aan die herdenking gee nie. Hy wou kwansuis geen staatsgeld vir heldeverering gee nie. Hy was net so ‘n aartsliberalis wat die geskiedenis wou verkruppel.Die huidige eerste minister, Jan-Peter Balkenende, het ingestem dat 2007 as die De Ruijterjaar bekend kon staan, en groot herdenkings is gehou. Balkenende het Nederlanders selfs weer opgeroep om trots te wees om Nederlander te wees.‘n Jaar gelede was De Ruijter ‘n onbekende vir dié Nederlanders onder 35 jaar oud. Die rede: geskiedenis was afgeskaf in die onderwyspakket. Maar nou, na die herdenkings, het daar weer ‘n volkstrots opgewel, soveel so dat geskiedenis weer tot ‘n mate in die onderwysstelsel ingevoer word. Meer nog: daar is nou ‘n vak “Burgerkunde” ingestel waarin De Ruijter as rolmedel voorgehou word vir leerlinge tussen 10 en 15 jaar.Sien u waarom dit so belangrik is om dae soos hierdie te herdenk? Sien u waarom dit belangrik is dat ons nooit ons volkshelde mag vergeet nie? Sien u wat is die waarde van volkstrots en volksnasionalisme? Die Nederlanders dreig om verswelg te word in ‘n Europese eenheid, waar grense oopgestel word vir Afrikaan, Moor en Indiaan, amper soos die Zimbabwiese inval in ons land. Maar die behoefte aan ‘n identiteit, ‘n eienheid, bestaan by elke volk. Nasionalisme leef in elke volk. Die smagting na erkenning vir die voorgeslagte leef in elke volk. Daarom moet dit aangemoedig en gestimuleer word.Vanjaar is die aar van die Vierkleur. Met die verskyning van die De la Rey-boek en liedjie, kon dit netsowel die De le Rey-jaar geword het. Dit gaan nodig word dat ons op die regte tyd en by die regte geleentheid onder ons volk weer ‘n Paul Kruger-jaar uitroep. Hierdie waardige voorganger het so baie besondere hoedanighede gehad, dat dit op ‘n geleentheid soos hierdie eenvoudig nie tot sy reg sal kan kom nie. Daarvoor is ‘n Paul Kruger-jaar nodig, om weer die geleentheid te skep om die volle omvang van sy waarde en bydrae tot ons volk en ons vryheidstryd in perspektief te plaas.Tog wil ek een besondere saak aanraak, terwyl ons nou praat oor De Ruijter en die Nederlanders. En dit is die besondere rol wat die Nederlanders onder president Kruger gespeel het. Destyds is hulle die Krugers-Hollanders genoem.Toestande in Nederland was nie daardie tyd gunstig nie, en derduisende Nederlanders het geëmigreer na Amerika en Suid-Afrika. Dit was bekwame mense, en Kruger het geweet dat hy die Boeregemeenskap moet versterk teen die Engelse invloede.Die Nederlanders het hulle invloed oral laat geld, en in baie gevalle spoor ons die Krugers-Hollanders nog op in baie ander fasette as net die daaglikse bestuur van die ZAR. Hulle het hulle merk gemaak in die kunste: name soos Anton van Wouw kom by ons op, Frans Oerder, Pieter Wenning. In die letterkunde kom die name van Van Bruggen en Van Melle voor – direk koppelbaar aan Krugers Hollanders.Hulle het diep spore getrap in die onderwys, die kerk, die kultuurlewe. Sonder Kruger se insig om dié mense in te span, sou ons Afrikaanse taal vandag armer gewees het, so ook ons musiek en die beeldende kunste.As hoof van sy nuwe Departement an Publieke Werke, stel Kruger ingenieur Sytze Wierda, ‘n Fries, aan. Hy het tronke en landdroskantore ontwerp en opgerig, brue laat bou, paaie aangelê en seker sy twee grootste werke was die Ou Raadsaal op Kerkplein en die Paleis van Justisie.Gerrit Adriaan Arnold Middelberg is deur Kruger aangestel by die NZASM, word Hervormd en speel ‘n rol in die kerklewe.Staatsprokureur dr. Herman Koster speel ‘n belangrike rol, en hy sneuwel uiteindelik op Elandslaagte in die Tweede Vryheidsoorlog. GA Odé word Sekretaris van Onderwys onder Kruger, en later word hy selfs die Staatsgeskiedskrywer. Ander bekende Nederlandse name, was dié van dr. EJP Jorissen en WE Bok, wat saam met Kruger ‘n deurslaggewende rol gespeel het by die gebeure by Paardekraal.In 1897 was daar 306 Hollanders in die staatsadministrasie van 1790 mense, dit is net meer as 17%. Nie almal was beleidmakers nie, inteendeel. Kruger het wel gesorg dat hy en die Boere die hef in hande hou. Die enigste man wat wel invloed op die politieke uitgeoefen het, was dr. WJ Leyds. Hy is op 25-jarige leeftyd aangestel as Staatsprokureur, en op 30-jarige ouderdom word hy Staatsekretaris. Dit is dus duidelik dat Kruger ook ‘n aanvoeling gehad het vir die jeug, want hy en Leyds het nou en hartlik saamgewerk.Maar waar is daar nou ‘n beter aanvoeling vir die jeug teenoor die president as die Nederlandse koningin Wilhelmina self. Die moedige jong vrou was maar net 20 jaar oud toe sy die voorstel van een van haar adviseurs kry om pres. Kruger na Nederland te laat kom. Sy was so opgewonde oor die voorstel, dat sy dieselfde dag nog haar goedkeuring geteken het, waarop die skip die Gelderland gestuur is om die bejaarde president van die vernedering van gevangeneming deur Brittanje te spaar. En toe die skip onderweg ‘n Engelse oorlogskip teëkom, en die sy identiteit vra, laat weet die kaptein in opdrag van die jong koningin: “Ons is die Gelderland, ‘n Nederlandse oorlogskip wat die president van die Zuid-Afrikaanse Republiek aan boord het, en ons is gereed om te vuur”. Nodeloos om te sê dat die Engelse lafaard die haaiepad gevat het.Maar as ‘n 20-jarige meisie, as ons vir die oomblik die Koningin van Staal (Wilhelmina) so mag noem, begeesterd kan raak deur ‘n ou oom dar ver in die vreemde, hoeveel te meer behoort ons kinders nie nou begeester te word deur ‘n Paul Kruger en dit waarvoor hy staan nie.Om ‘n Payul Kruger te vergelyk met ‘n Thabo Mbeki, sal neerkom op ‘n belediging, en daarom doen ek dit nie. Want Kruger se gelyke as staatsman, volksman en godsman, is daar nie. Ons kan dalk wel ‘n vinnige vergelyking maak tussen die twee administrasies, want hoe ‘n man se administrasie lyk, gee ‘n goeie beeld van wie en hoe hy self is.Kruger was geen stille diplomaat nie. Inteendeel, hy het sake genoem soos dit is. Toe daar eendag ‘n Brit by Kruger spog oor die grootte van die Britse ryk oor die wêreld, dat daar letterlik nie ‘n minuut is dat die son nie iewers op die Britse Ryk skyn nie, was Kruger se komieklike, maar tog skerp en reguit antwoord: die Britte is eenvoudig nie in die donker te vertrou nie, daarom laat God altyd die son oor hulle skyn.Geen van Kruger se mane was ooit in ‘n hof om te verduidelik of sy dade met geslagsiek mense (Vigs in moderne tyd genoem) vrywillig of gedwonge was. Onder Kruger en die Vierkleur is daar geen kommissies van ondersoek ingestel om te bepaal of die prokureur-generaal of die kommissaris van polisie dalk iets het om weg te steek nie. In Kruger se staat onder die Vierkleur was daar wet en orde, en reg en geregtigheid het plaasgevind: daar was nie ‘n verkragting elke 30 sekondes, 53 moorde per dag en ‘n ossewakaping op elke straathoek nie. Tronke se deure se slotte het gewerk, wat beteken het dat misdadigers binne gebly het. En tog was sy tronke relatief min, en leeg, want sy kerke was vol. Geen rugby op Sondag nie. Geen musiekblyspel op die Sabbat nie. Maar Godsorde.Vriende, kom ons besiel ons jeug onder ons weer met ons leiers van die verlede, en skep leiers vir die hede wat in daardie spore trap. Dankie vir De la Rey se lied. Die wiel is reeds aan die rol gesit om ons geskiedenis te herontdek. Daardie dinamika moet gebruik word vir die volgende fase. En ‘n volgende fase… en ‘n volgende fase. Want ons wil weer vry wees, in ‘n staat soos die van ‘n Paul Kruger en onder leierskap soos dié van ‘n Paul Kruger, met die Vierkleur wat wapper. Want ons skuld dit aan die erflating van Stefanus Johannus Paulus Kruger en sy helpers om weer die Vierkleur te laat wapper, en so sal dit wees!

17 Oct 2007

Wit Kruis aksie - Die Afrikaner





undefined

Paardekraal Verkenners haal Die Afrikaner



undefined

Paardekraal Verkenners haal die Krugersdorp Nuus.



undefined

Paardekraal Verkenners amptelike kleredrag



undefined

15 Oct 2007

Krugersdorp Konsentrasiekamp Herdenkingsdag







Op die 11de Oktober 1899 het die ABO uitgebreek. In hierdie oorlog, het ongeveer 4000 burgers gesneuwel en ongeveer 26 000 vrouens en kinders is in die konsentrasiekampe dood.

Die hoeveelheid vrouens en kinders wat dood is, is dus bykans sewe keer meer as die burgers wat op die slagveld dood is. In geen ander oorlog, was dit die geval nie. Tog het die vrouens die vrede teen gestaan. Die Boervrou, is iemand om mee rekenskap te hou! Hierdie groot opoffering van die Boervrou, was eie aan haar optrede, tydens die Groot trek, was dit die Boervroue wat vir die Ingilse gese het, hulle trek eerder kaalvoet oor die Drakensberge, as wat hulle onder die Ingilse vlag leef!

Hoe bring 'n mens hulde aan die vrouens en kinders wat met hulle lewens moes boet in die ABO? Dit is 'n vraag waarmee die Paardekraal Verkenners geworstel het. Die enigste antwoord waarmee ons kon opkom, was om hulle te onthou en seker te maak dat ander hulle ook onthou.

Op Saterdag die 13de Oktober 2007, het die Verkenners dan 'n Herdenkingsdag gereel vir die vrouens en kinders. Dit was ook gepas dat dit in Heldeweek (die week waarin 10 Oktober val) plaas gevind het. Hierdie weerlose, beginselvaste vroue en kinders was die ware helde van die ABO.

Die dag het begin met 'n herdenkingsdiens by die Paardekraal Monument, waarna die sowat 100 mense beweeg het na die konsentrasiekamp gronde. By die konsentrasiekamp gronde is daar 800 wit kruise geplant in die vorm van 'n groot wit kruis.

Ons mag hulle nooit vergeet nie!