12 Jan 2008

'n Ope brief aan Gert Opperman


Geagte Generaal,


Wanneer ek in Pretoria kom, maak ek 'n punt daarvan om besoek af te le aan die Voortrekkermonument. So het dit gebeur dat ek in 2007 ten minste by vier geleenthede die Monument besoek het. Daar is niks wat die Volkstrots in 'n Afrikaner so hernu, soos 'n besoek aan die Voortrekkermonument nie.


Dit stem my egter tot groot kommer om te sien in watse haglike toestand die Monument verkeer. Reeds vroeg in 2007 het ek gemerk dat daar verskeie daklekke is en tydens my laaste besoek was dit nog nie herstel nie.

Ek besoek ook gereeld die buiteland en moet aan u erken dat tydens 'n besoek aan Malaysia dit vir my opvallend was dat by 'n Malaysiese kultuurmuseum, daar slegs Malayers gewerk het en geen Chinese Malaysiers nie. Dit is seker hoe mens dit verwag, of hoe?

By die VTM is dit egter nie die geval nie. By die hek word mens begroet deur volksvreemdes en ek merk ook dat die gidse nie afstammelinge van die Voortrekkers is nie. 'n Mens kan maar net wonder wat hierdie volksvreemdes aan die toeriste vertel oor die moord op Piet Retief en die slag van Bloedrivier. Veral in die lig van onlangse uitlatings deur sekere sogenaamde swart historikuste wat reken Piet Retief was 'n verkragter en dat Bloedrivier nooit gebeur het nie.

Ek het ook met skok verneem van u definisie van 'n Afrikaner en dat die Afrikaner, volgens u, enige kleur kan wees. Ek wil u vriendelik versoek om op te hou om hierdie snert te verkondig en verneem ook graag waar kom u daaraan. Is dit dalk die rede hoekom u die ATKV toegelaat het om 'n kleurling vrou op die Senotaaf af te neem???

Kom nou Generaal, moenie die Afrikaner se kultuurerfenis uit verkoop nie!


Die uwe,


Ben Geldenhuys
Paardekraal Verkenners