24 Feb 2009

MAJUBA SE GESKIENDENIS




Op 12 April 1877 annekseer Sir Theophilus Shepstone die Zuid-Afrikaanse Republiek ten behoewe van Brittanje en verklaar die Boerestaat tot Britse kolonie. Onder leiding van visepresident Paul Kruger vind ‘n lydelike verset plaas wat uitloop op twee deputasies na Brittanje, volgehoue onderhandelinge met die Britse owerhede en verskeie volksvegaderings.

Op 11 November 1880 kom die verset en ontevredenheid van die Transvaalse Boere tot uitbarsting met die Bezuidenhoutwa-episode te Potchefstroom waar die Britse regsprekende gesag openlik uitgedaag word. Bezuidenhout se ossewa word deur die Britse owerheid gekonfiskeer om per openbare veiling verkoop te word om sy belastingskuld te vereffen. ‘n Honderdtal Boere het het die wa met geweld kom terugneemen en aan Bezuidenhout terug gegee. Pogings om geregtelike stappe teen die leiers van die Boereverset te neem slaag nie en die spanning neem toe. ‘n Vervroegde volksvergadering van die Boere word van 8 – 15 Desember 1880 te Paardekraal gehou, waar besluit in om die regering van die ZAR te herstel met die driemanskap Paul Kruger, MW Pretorius en Piet Joubert aan die spits. Die onmiddelike gevolg : ‘ n staat van oorlog tussen die Boere en Brittanje.

Met die eerste veldslag tussen Boer en Brit op 20 Desember 1880 by Bronkhorstspruit word die Britte verpletterend vr\erslaan.

Britse troepe troepe onder Generaal Sir George Pomeroy-Colley ruk vanuit Natal op om die Britse gesag in Transvaal te herstel. Boeremagte o.l.v. Generaal Piet Joubert was vasbeslote om te verhoed dat hulp vanuit Natal aan die Britte in Transvaal verleen word.


Op 28 Januarie 1881 ly die Britte ‘n verdere vernederende neerlaag by Laingsnek. Op hoĆ« regeringsvalk word onderhandelinge om vredesluiting aangeknoop. Op 8 Februarie 1881 vind ‘n volgende botsing plaas met die slag van Schuinshoogte wat nogeens op ‘n oorwinning vir die Boere uitloop. Terwyl die vredesinisiatief begin momentum kry, besluit Colley om ‘n derde aanslag teen die Boere te loods, hierdie keer met Majuba as magsbasis vanwaar Boere bewegings beperk kon word om so ‘n Britse deurgang deur die Drakensberg te vermag. In die nag van 26 Februarie beset hy Majuba met ‘n mag van ongeveer 360 man en verras daarmee die Boeremagte wat hulle in die nabyheid van Majuba ingegrawe het.

Op Sondag 27 Februarie vind die epiese slag van Majuba plaas. ‘n Groep van 150 Boerevrywilligers wat later deur nog ‘n klompie boerekrygers aangevul word bestyg die berg

takties en stelselmatig vanuit drie rigtings. Hulle verras die Britte bo-op die berg en hewige gevegte vind op die kruin plaas met die verwarde Britse troepe wat spoedig die aftog blaas..

Coley en 86 van sy manskappe en 5 offisiere sterf op die berg, 134 Britte word verwond en nog 59 gevange geneem. Aan Boerekant sneuwel een met 5 gewond.

Die slag van Majuba skaad die Britse moraal erg, vanuit Boere oogpunt beskou was Majuba een van die skitterendste veldslae ooit en dit stimuleer Afrikaner nasionalisme geweldig – tot vandag toe.






O’NEILL SE PLAASHUIS

Vredesonderhandelinge op 18 Maart 1881 Paul Kruger sterk en ferm. Laat hom nie deur genl. Evelyn Wood intimideer nie – "As Engelse nie wil luister nie – ons is gereed om verder te veg!"

TELEGRAM VAN Gen Piet Joubert aan Lady Colley, Pietermaritzburg

“Regret extremely sad the fate of Colonel Colley, who fell in action at one ‘o clock, February 27, in attempting to hold mountain fortress forming right of Boer position. Regret he should have fallen in a war, the outcome of a policy which he had not caused; also that he should fall in such an unprovoked and unholy war against the Boer people struggling for freedom. Can only aid you in your sorrow by giving every facility for the removal of the corpse of your gallant husband.

_____________________

Majubafees Lied

(Geskep 1987)

As ek moeg word vir die lewe in die stad roep my Majubaberg. (2x)

Op die berg kyk ons oor wye veld en dink aan dapp’re Boereheld

en sing : “Ken’t gij dat volk” (2x)