29 Jul 2009

Aparheid: Misdaad of Weldaad?


Titel: Aparheid: Misdaad of Weldaad?
Die Ontstaan, verloop en einde van apartheid
Outeur: PH du Preez [D.Phil, D.Sc Agric. Ekon]
Eerste Uitgawe: 2008
Formaat: Sagteband met kleuromslag, A5, 171 bls.
Resensie: LW Bienedell
Prys: R85 plus R15 posgeld is R100



Belangrikheid van die boek
Hierdie boek bied 'n fassinerende en boeiende bespreking van die sogenaamde “uitgediende” onderwerp. Dit gee n omvattende, insigtelike en feitlike uiteensetting van die tema.
Dit behoort in die besonder vir alle Afrikaners belangrikke leesstof te wees om al die valse voorstellings van apartheid/afsonderlikke ontwikkeling aan die kaak te stel.
Maar is apartheid nog enigsins van belang? Gewis JA, want die “misdaad” van apartheid word tydig en ontydig meedoenloos gebruik om die Afrikaner te verneder, hom n permanente skuldgevoel te gee en sy moreel te vernietig. Dit is reeds genoeg rede waarom elke volsgenoot op hoogte moet wees met ten minste die basiese waarhede van hierdie beleid.

Wetenskaplikheid
Die beredenering in die boek is op gefundeerde feite gebaseer. Dit sal interessant wees om te sien op welke basis kritiek wat mag volg gegrond sal wees.
Die kernagtige statistiese gegewens is insiggewend en waarskynlik uniek in samestelling. Dit bevorder n geheelbeeld van die situaisie, en onderstreep onweerlegbaar apartheid se bydrae tot swart ontwikkeling.

Inhoud
In die boek word gepoog om so bondig moontlik, binne bestek van 171 bladsye die belangrikste aspekte van afsonderlike ontwikkeling toe te lig.
Die apartheidsbeleid ook genome afsonderlikee ontwikkeling is gebou op lewensbeskoulike en rasioneel-logiese fondamente wat ook die basis gevorm het vir die daaropvolgende formalisering in wetgewing wat deur die Nasionale Party regering na 1948 gepromulgeer is.
Die belangrikste aspekte van vordering, sowel as struikelblokke, word in die boek redelik bondig, maar met behoud van balngrikke besonderhede, bespreek. Onderwerpe soos ontwikkelingstrategiee en ontwikkelingsinstellings word beskryf, gevolg deur die spesifieke ontwikkelingsprogramme. Ook kry staatsfinansies en nasionale rekenings, benewens baie ander onderwerpe, aandag.

Apartheid was suksesvol
Die gefundeerde gegewens weerle grootliks die bewerings dat apartheid onuitvoerbaar was en misluk het. Trouens, die teendeel word bewys, naamlik met die uitsondering van enkele ontwikkelingsprogramme, was apartheid in belangrikke opsigte besig om te slaag. Waarom is die feit so heftig betwis?
Op die vraag word n volledige uiteensetting gegee van die magte wat gepoog he tom apartheid op elke gebied te ondermyn. Dit is waarskynlik een van die insiggewendste gedeeltes van hierdie boek.
Maar agter al hierdie gebeure is die oorheersende motief om die Christelik gelowige Afrikaner te vernietig, en dit is waarskynlik die meriete van die boek, om hierdie een doel van die Globalisme teen die Christelike lewensbeskouing uit te wys.
En dan die laaste gedagte, die ellende en agteruitgang van die eens florerende Suid-Afrika wat onder swart bewind verval het. En wat hou die toekoms in?

Bestellings van die boek kan geplaas word by LW Bienedell Posbus 3095, Pretoria, 0001, of per SMS by 0826631881 of per epos by lw@lwboeke.co.za This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it