26 Oct 2009

Neem uit die geskiedenis die goeie, en besluit reg


President Paul Kruger het ons, sy nasate, die opdrag gegee om uit die geskiedenis die goeie te neem en daarop ‘n toekoms te bou.

Helaas gebeur dit nog te veel dat ons eerder verkies om die slegte uit die geskiedenis te neem, en dan dit as rede voor te hou waarom ons niks moet doen.

Tans word daar baie aandag gegee aan die herdenking van die Reddingsdaadkongres sewentig jaar gelede. En inderdaad moet Solidariteit gelukgewens word met hierdie inisiatief, want ook ons jonger geslag word weer op hoogte gebring met wat kan gebeur as ‘n volk besiel word met ‘n visie. Ja, ook ‘n ekonomiese visie van bevryding, selfonderhoud en uiteindelike ekonomiese vryheid.

Ons het al die opkoms van ‘n volksekonomie gesien in die talle volkseie ondernemings; ‘n groep volkseie sakelui saam in die Oranje Sake-Instituut; die vestiging van ‘n Volksbank, Oranjekas; en die bevordering van volkseie onderwys deur die BCVO en tuisonderwys.

Tog kry ons die idee dat selfs van ons eie mense en instellings nog nie werklik oortuig is in die krag van eendrag nie. Ons sien nog te veel spreekwoordelike wiele wat herontwerp word. Maar ons beleef ook dat ons nog nie die vertroue het dat ons volk weer bereid sal wees om sy offers te bring nie, en dan gebeur daar intussen dinge wat juis die volk se vertroue ondermyn.

Die Bybel het ons al die beginsel geleer dat geen twee here gedien kan word nie. Hierdie waarheid sal ons ook in ons volkslewe, ons volksekonomie en in die algemeen moet besef en begin uitleef, want slegs op daardie beginsel sal die volk ook weer sy dikwels geskokte vertroue herstel.

As ons besluit op ‘n volksekonomie, is dit ‘n volksekonomie. Dan is daar geen kompromis moontlik met die vyand se ekonomie nie. Ons kan nie aanspraak maak op volkskap en volkondersteuning, maar intussen agterlangs een of ander vorm van ondersteuning van die ANC-bestel ontvang by wyse van skenkings of subsidies nie, wel wetende dat die klomp Kommuniste een of ander tyd hulle pond vleis in ruil daarvoor kom opeis. Ons kan ook nie ter wille van ‘n goedkeurende knik van die vyand, toelaat dat ons weer begin deur ons eie instellings met “net een of twee” volksvreemdes te belas nie, want dit kom neer op ekonomiese integrasie, kultuurintegrasie, en uiteindelik fisieke integrasie. Dit is juis met daardie “een of twee” dat ons sportbeleid die weg vir algehele oorgawe gebaan het. Ons moet uit die verlede die slegte neem, en seker maak ons bewandel nie weer daardie weg nie.

Bowenal moet ons eerlik wees. As ons volkseie is, is ons honderd persent volkseie, nie 99,9 persent nie. Ons moet wys dat ons vertrou kan word, en daardeur kan ons weer by ‘n ontnugterde volk vertroue skep. Vergeet van slim “strategieë”, want ons vyand is nie onder ‘n kalkoen uitgebroei nie. Eerlikheid en eerbaarheid sal die weg van die toekoms moet wees. En ons hier by die Verkenners is bereid om heel eerste die hand in eie boesem te steek om seker te maak dat ons die pad reguit en eerlik stap, tot by algehele volksvryheid.

Geskryf deur 'n Verkenner

23 Oct 2009

Paul Kruger fees 10 Oktober 2009


Die Paardekraal Verkenners het op 10 Oktober 2009 'n Paul Kruger fees te Paardekraal monument aangebied. Dit was 'n heerlike dag wat deur almal teenwoordig geniet was.
Ons kon selfs vir Oom Paul kry om as seremonie meester vir die dag op te tree. Hy het dit geniet om vir 'n slag weer bene te kan rek, na die lang tyd se staan langs die dam.Die dag het begin met 'n vlagoptog, waar die teenwoordiges ingelig was oor die geskiedenis van 'n verskeidenheid volksvlae.
Die vlag hysing is deur die plaaslike volkspele laer behartig. Hulle was ook betrokke by 'n puik volkspele demonstrasie. Hierna is die feesgangers betrek by die volkspele. Een en almal het dit vreeslik geniet.

Na die hys van die vlae is die dag geopen met skriflesing en gebed soos dit by alle Afrikaner feeste hoort. Die opening is deur Ds. Johan Greyling van die Hervormde Kerk Tarlton waargeneem. Hy is natuurlik ook 'n Paardekraal verkenner.

Die Paardekraal verkenners se voorsitter, Mnr. Ben Geldenhuys het as die spreker opgetree. Sy toespraak het gehandel oor die lewe van Paul Kruger en ook sy verbintenis met die Paardekraal monument.Die feesgangers is ook vermaak deur verskeie kunstenaars. Eerste aan die beurt was die Penkoppe Junior Boere orkes. Hierna was dit die "ooms" se beurt met die Fourie Broers Tradisionele Boere orkes. Die laaste kunstenaar van die dag was Hekkie de la Guerre. Hy het die kitaar behoorlik laat bokspring! Die Paardekraal verkenners wil al hierdie kunstenaars bedank. Almal het opgetree uit die liefde van die saak.

Die dag is afgesluit met die vlagstryking en gebed.

Hierna het almal heerlik gebraai en saam gekuier. Daar was ook heelwat kampeerders wat al van die vorige dag op die monument se terrein gekampeer het. Met die beveiliging van die terrein kon almal rustig slaap sonder die bekommernis dat jou eiendom van jou vervreem word.

Die Broederbond en Afrikanerarmoede




Die Voortrekkermonument se muur van herinnering word gebou met geld wat van Afrikaners ingesamel is by die Voortrekkermonument. Op die 23ste Oktober 2009, was daar by die Voortrekkermonument 'n konferensie oor Afrikanerarmoede gehou en is daar fotos geneem van volksvreemdes wat hierdie muur van herinnering bou. Dit sou beteken dat Afrikanergeld gebruik word om werk te verskaf aan volksvreemdes, dit terwyl derduisende Afrikaners nie werk kan kry weens die rassistiese regering se sogenaamde "affirmative action". Dit is hartseer dat die bestuur van die Voortrekkermonument nie omgee vir arm, werklose Afrikaners nie en eerder met Afrikanergeld, werk verskaf aan volksvreemdes. Wat nog meer verbaas, is dat geen van die konferensiegangers oor Afrikanerarmoede, ‘n geluid gemaak het oor hierdie toedrag van sake nie.






Miskien is dit nie so verbasend nie, veral as mens na die uitsprake kyk wat by die konferensie gemaak is nie. Prof. Steve Booyens, voorsitter van die Efficient Group, het gesê om werklik ’n verskil aan armoede te maak, moet Afrikaners by die sakesektor in die breë en swart ondernemings betrokke raak. In Steve Booysens se reenboogdroomwereld bestaan daar seker nie iets soos Affirmative Action en regstellende aksie nie. Of miskien is hy een van die kruiperige Afrikaners wat hierdie rassistiese regeringstelsels as nodig beskryf.

Prof. Hermann Gilomee se oplossing vir die Afrikanerarmoede, is ‘n projekte wat fokus om meer bruin Afrikaanssprekendes in universiteite te kry. Wat kleurlinge met Afrikaner armoede te make het, sal net Gilomee seker verstaan en hoe meer kleurlinge in universiteite die Afrikaners in plakkerkampe gaan help, sal selfs Gilomee nie kan verduidelik nie.

Dr. Danie Langner van Solidariteit Helpende Hand, is voor die konferensie in die media aangehaal dat hy te vertel gehad het dat “Armoede ken geen kleur nie.” Dit is so dat armoede geen kleur ken nie, die probleem is egter dat Langer hierdie uitlating gebruik het om die feit dat in die Wes-Kaap is 70% van die kinders wat deur onder meer die Skooltassie-projek baat vind by Helpende Hand se opheffingswerk bruin kinders is, te regverdig. Dit wil dus voorkom dat Solidariteit se Helpende Hand wat voorgehou word as ‘n helpende hand vir Afrikaners, eerder ‘n helpende hand is vir kleurlinge, maar met Afrikaners se geld.

Daar mag dalk gewonder word hoekom Oranjekas, die volkseie kooperatiewebank nie genooi is na hierdie konferensie oor Afrikanerarmoede nie, maar neem mens in ag dat Oranjekas onbeskaamd volkseie is, kan mens aanneem dat Solidariteit van mening was dat Oranjekas nie sou inpas by hierdie konferensie waar integrasie gepreek word nie. Dit blyk ook die rede te wees hoekom die Oranje Sake Instituut nie genooi is nie.

Die grootste ironie van hierdie konferensie is dat Helpende Hand kwansuis uit die geskiedenis gaan neem het wat goed is – die volkskongres van 1939 en die daaruit voortspruitende Reddingsdaadbond. Solidariteit ken blykbaar nie die geskiedenis van hierdie volkskongres nie, aangesien hierdie kongres juis gebore is uit die Afrikaner se verset om nie te integreer met die Engelse nie. As hulle werklik lesse uit die verlede wou neem, sou hulle sien dat die Afrikaner se redding in 1939 was dat die Afrikaner besluit het om nie met die Engelse te integreer nie en daarom kon die Afrikaner homself red. As Solidariteit se oplossing vir die Afrikanerarmoede is dat die Afrikaner moet integreer met die kleurling, soos wat nou voorgehou word in hulle konferensie, dan is dit geen oplossing vir die Afrikaner nie.

Dit wil ook voorkom of hierdie nie ‘n glips is van Solidariteit nie. So byvoorbeeld het hulle onlangs die kleurling Alan Boesak gebruik om die name van slagoffers van plaasmoorde te lees oor hulle radiostasie. Op ’n karaoke-DVD van tradisionel Afrikaanse liedjies wat AfriForum, stalmaat van Solidariteit laat maak het, sing die Zoeloe, Mangosuthu Buthelezi, Hoe ry die boere sit-sit so.

Hierdie subtiele integrasie is ook nie vreemd van die dampkring waarin Solidariteit hom tans bevind nie. Die ATKV, FAK, AHI, Voortrekkers, Agri-SA, Erfenisstigting en Broederbond het dieselfde integrasie strategie.

Met hierdie integrasie strategie, hoop hierdie organisasie blykbaar om die Afrikaner deel te maak van die Nuwe Suid-Afrika. Gevolglik kan mens aanneem dat hulle die vryheidseis van die Afrikaner nie ondersteun nie. Dit is seker ook hulle goeie reg om nie die vryheidseis van die Afrikaner te ondersteun nie, die vraag is egter wat gaan die vryheidstrewende Afrikaner maak wanneer hierdie organisasies in die pad staan van vryheid?

Ben Geldenhuys
Paardekraal Verkenners