05 Dec 2008

Die DA kaap my kultuurerfenis




Media Verklaring
Paardekraal Verkenners
5 Desember 2008

Die DA kaap my kultuurerfenis



Na aanleiding van die berig wat in die 5de Desember 2008 se uitgawe van die Krugersdorp nuus verskyn het; "Kakebeenwa kom in Krugersdorp aan", net die volgende regstelling.

Die DA het NIE die Bloedrivier 170 herdenking by Paardekraal gereël nie. Hulle het ook nie die kakebeenwa "begelei" nie. Inteendeel, het hulle niks daarmee te doen gehad nie, die lede van die DA wat wel daar was, was daar in hulle persoonlike hoedanighede en het aan geen van die organiseerders te kenne gegee dat hulle DA raadslede is nie. Die persepsie wat die DA met die berug geskep het, dat hulle betrokke was by die dag of dat hulle die dag gereël het of die kakebeenwa "begelei" het, is van alle waarheid ontneem en is opsetlike agteraf misleiding. Die Feit dat die DA elders in die land die kultuur erfenis van die Afrikaner vertrap, soos die straatname wat hulle in die Kaap verander het, maar nou hierdie Afrikaner kultuur-dag wil kaap vir hulle eie gewin, laat 'n wrang smaak in die mond en is soos 'n dolk in enige Afrikaner hart. Dit is duidelik dat hulle geen amptelike beleid het oor kultuur sake nie en maar in elke stad of dorp vir die gehoor speel. Die Paardekraal Verkenners gaan egter nie toelaat dat die DA die Afrikaner se kultuur erfenis as 'n politieke speelbal gebruik nie, veral nie in Krugersdorp nie en veral nie as dit aksies is wat gereël en gefinansier is deur die Paardekraal Verkenners nie!

Dennis Pretorius van die DA wat klaarblyklik ook die oggend voor die optog by Paardekraal was, het blykbaar ook vinnig verdwyn toe die volks-vlae wat in die optog gebruik is te voorskyn gebring is. Dit is dieselfde Dennis Pretorius wat betrokke is by die publisiteit vereniging en tien teen een betrokke was by die verandering van die naam van Krugersdorp publisiteit vereniging na Mogale tourism. Is dit hoeveel die DA omgee vir die kultuurerfenis van Krugersdorp? Is dit hoeveel die DA omgee vir die kultuurerfenis van die Afrikaner? Weereens 'n bewys dat hulle vir die gehoor speel, behalwe as hulle toere doen binne die stadsraad. Dit is tog immers die stadsraad se naam wat na die mitiese figuur Mogale vernoem is, nie die dorp nie. Krugersdorp bly Krugersdorp! Indien Mogale tourism dan wel toere doen binne die stadsraad, dan stel ek voor dat hulle sommer die mense wat by die stadsraad werk ook op daardie toer neem en hulle wys waar die telefone is, sodat die belastingbetalers van Krugersdorp se oproepe beantwoord kan word.

Dit is ook nie die eerste keer dat raadslede van die DA kultuur-aksies in Krugersdorp kaap nie. Verlede jaar was daar 'n aksie om die konsentrasiekamp-kerkhof skoon te maak en het 'n DA raadslid ook in die media voorgegee of dit 'n DA aksie was. Laakbaar!

Ek rig 'n vriendelike waarskuwing aan die DA om nie verder die Afrikaner se kultuurerfenis te misbruik vir goedkoop politiek nie. Ek besef daar is 'n verkiesing binnekort, maar dit is oneties om in die media die persepsie te skep dat die DA hierdie kultuurdae reël wanneer die waarheid is, dat die DA niks met die reëlings te doen gehad het nie en bloot op die spreekwoordelike wa gespring het toe hy verby gekom het. As die DA dan werklik iets gevoel het vir die Afrikaner se kultuurerfenis, dan sou hulle al lankal self 'n kultuurdag of iets dergeliks gereël het. Maar hulle het nie en sal seker ook nooit nie. Dit is mos makliker om by die agterdeur in te glip van iemand anders se reëlings en dan in die media in die kollig te dans.

Die arrogansie en agterbaksheid van hierdie DA raadslede is verstommend en aangesien hulle nie vertrou kan word met die waarheid nie, het die Paardekraal Verkenners geen ander keuse as om enige DA raadslid as persona non grata te verklaar, by ENIGE kultuur byeenkoms gereël deur die Paardekraal Verkenners.

Verder verwag die Paardekraal Verkenners 'n amptelike publieke verskoning van die DA, om te verskyn in dieselfde koerante waarin die DA die leuens verkondig het. Dit word verder verwag dat hierdie verskoning sal verskyn binne 30 dae vanaf datum van hierdie skrywe.

Die uwe,

Ben Geldenhuys
Paardekraal Verkenners

29 Nov 2008

Paardekraal Geloftefees 2008


25 Nov 2008

Bloedrivier 170 - Die Afrikaner


23 Nov 2008

Bloedrivier 170 te Paardekraal


08 Nov 2008

Bloedrivier 170 by Paardekraal


04 Nov 2008

Artikel in Krugersdorp Nuus


03 Nov 2008

Berigte in "Op jou Voorstoep"



Berig in 'Op jou Voorstoep"


28 Oct 2008

Bloedrivier 170




Dit is vanjaar die 170ste herdenking van die slag van Bloedrivier. Belangriker nog, dit is die 170ste herdenking van ons volks se Gelofte wat by Bloedrivier gemaak is.

Om hierdie geleentheid te herdenk, het die Bloedrivier Geloftefees 'n kakebeenwa gebou wat vanaf die 21ste November 2008 van Pretoria na Bloedrivier sal reis.

Hierdie Kakebeenwa sal op Saterdag 22 November 2008 in Krugersdorp aankom. Die wa sal vanaf 10h00 deur die strate van Krugersdorp getrek word to by die Paardekraalmonument waar 'n feestelike program aangebied sal word.

27 Oct 2008

Openbare Verhore oor Naamsveranderings


Sekere sake moet in perspektief geplaas word rondom die gebeure by die sogenaamde openbare konsultasies oor Pretoria se straatnaamsveranderings.



Dit was veral jongmense, en spesifiek lede van die Verkenners se Jeugbeweging, wat betrokke was by die openbare “verhore”. Dit was een van die lede van die Verkenners wat deur die polisie weggevoer was, en wat later maar weer laat gaan is toe dit blyk dat hier sprake was van magsvergryp deur lede van die SAPD, en dat dit neerkom op ‘n onwettige arrestasie.



Die Dagbestuur van die Verkennersbeweging stel dit onomwonde dat hy nie gaan optree teen enige lid van die Verkenners se Jeugbeweging nie. Hulle het in hulle jeugdigheid, aangevoer deur erge frustrasie, sake dalk op ‘n ander wyse benader as wat ouer mense dit moontlik sou doen. Dit is egter so dat hulle nog meer die slagoffer is van ‘n bestel en omgewing wat Afrikaner-onvriendelik is. Hulle kry slegs met uiterste inspanning werk, want affirmative action tel teen hulle. As hulle ‘n eie onderneming wil begin, is SEB daar om ‘n deel van hulle onderneming van hulle af te vat. Op universiteite word hulle gedwing om te integreer, en die reg tot assosiasie en disassosiasie word hulle ontneem, onder die valse beskuldiging dat hulle dan rassisties is. Ook hulle wil die bietjie erfenis wat hulle vadere aan hulle oorgedra het, in die vorm van ‘n ontwikkelde stad met historiese name, sien behoue bly – iets wat lynreg bots met die sinnelose naamsveranderings.



Bowendien is dit duidelik dat die openbare verhore ‘n klug is en net bedoel is om te dien as rubberstempel op ‘n besluit wat reeds geneem is.



Die ANC-bestel lok sodanige optrede uit, en as iemand te blameer is, is dit die ANC self. Die ANC moet dalk kennis neem dat optredes van dié aard, in die toekoms eerder sal toeneem as afneem, as die ANC voortgaan met sy Afrikaner- en Boere-vervolging.



Die Verkennersbeweging is trots op hierdie lede van hom, wat nie skroom om standpunt in te neem nie, en selfs bereid is om daarvoor opgesluit te word in omstandighede wat bekend is as haglik. Dit is wonderlik om te sien dat seuns mannemoed openbaar oor iets waaroor hulle sterk voel. Ons kan hulle net gelukwens met hulle optrede.



Ons doen ook ‘n beroep op elkeen van hulle wat ook maar net gedreig is met geweld deur arrogante polisielede wat skynbaar nie weet waar hulle bevoegdhede eindig nie, om aanrandingsklagtes teen dié polisielede aanhangig te maak nie, ongeag of hulle wit of swart is. Die Verkennersbeweging sal help met regshulp indien nodig.



Henk van de Graaf

President

Heldedag 2008 - Video


Heldedag in Die Afrikaner



22 Oct 2008

Verkennerspos gestig in Britanje-kolonie


Op 21 Oktober 2008, is 'n Verkennerspos gestig in die Afrikanerkolonie Britanje. Hierdie eiland is gekonaliseer deur Afrikaners in 'n poging om beskawing ook daar te vestig. Die Afrikaner se vermoe om beskawing te vestig is welbekend, dit is met groot sukses gedoen in Natal, Oranje Vrystaat en Transvaal.

Die Britte se konsentrasiekampe en verskroeide-aarde beleid tydens die tweede vryheidsoorlog is bewys van hulle onbeskaafde barbaarsheid.

Kultuur vorm 'n belangrike fondament van beskawing en dus is dit belangrik dat 'n pos van die kultuur beweging Die Verkenners ook op daardie eiland gestig word, in 'n poging om daardie barbare te beskaaf.

Daar le egter 'n reuse taak voor vir die poslede, om 70 miljoen britte 'n beskaafde taal soos Afrikaans te leer.

Ek het egter volle vertroue in hierdie jongmanne.

14 Oct 2008

Mediaverklaring Verkennersjeug – en hoor jy die magtige dreuning?


Dit is die liedere van 'n jeug se ontwaking wat weerklink het in die Pretoria-noord-stadsaal by 'n vergadering oor naamsveranderings, wat harte laat sidder en beef het. Dit volg nadat die Verkennersjeug besluit het om na hierdie vergadering te gaan om te hoor waaroor gaan die beplande naamsveranderings. As kultuurorganisasie ag die Verkenners die straatname wat na ons volkshelde vernoem is, as deel van ons kultuurerfenis.



Die vergadering is geadverteer vir 19:00, maar teen 19:20 het die vergadering nog nie begin nie, die verskoning wat gebruik is, was dat die klankman laat was. Die Verkennersjeug het dus maar volksliedjies gesing om die tyd om te kry. Liedjies soos: "Vat jou goed en trek Ferreira", "Bobejaan klim die berg" en "Sarie Marais". Die DA se hoofsweep van Pretoria het die jongmanne berispe dat hulle die vergadering (wat nog nie begin het nie) ontwrig. Die Zuma-ondersteuners het losgebars en "bring my masjiengeweer" en "slaan die boere" gesing. Die DA het blykbaar nie probleme met daardie liedere nie, aangesien geen DA-sweep daaroor geklap het nie.



Die DA het ook die Verkennersjeug laat verstaan dat die Verkennersjeug asb. nie verder die vergadering moet ontwrig nie, want hulle wat die DA is wil onderhandel en hierdie optrede van die Verkenners gaan niks help nie.



Wat uit die oog verloor word deur die sweep, is dat die lede van die Verkennersjeug groot waarde heg aan hul kultuurerfenis en dit nie ook soos die land wil laat weg-onderhandel nie. Die VF+ het na die mense as terroriste verwys en is daarom uit die stadsraad se raadsvergadering gejaag. Nêrens in die wêreld onderhandel beskaafde mense met terroriste nie, aangesien hulle weet terroriste kan nie vertrou word nie.



Verder word daar ook uit die oog verloor dat daar vir een of ander rede op hierdie kontinent geglo word dat 'n kultuurerfenis maar gesteel mag word. Dat die geskiedenis verdraai mag word om die propagandamasjien van die regeerder van die dag te pas.



'n Beskaafde persoon besef dat as jy iets gebou het, gekoop het of geboorte geskenk het daaraan, dan het jy die reg om dit 'n naam te gee. Die DA en die ANC het dit blykbaar nog nie besef nie. Die DA was self betrokke by naamsveranderings in die Kaap, maar nou in Pretoria is hulle blykbaar teen dit. Dit klink maar redelik beginselloos, want mens is of vír kulturele diefstal, of jy is daarteen.



Die Verkennersjeug se lede beleef daagliks die nagevolge van onderhandelings. Die nagevolge van gedwonge integrasie, die nagevolge van Affirmative action en die nagevolge van kwotasport is alles deur politikuste onderhandel op wie dit geen effek het nie.



Die Verkennersjeug gaan nie toelaat dat hulle toekoms in die land van hulle vaders, verder belemmer word deur onderhandelings nie. Net soos president Paul Kruger, glo die Verkennersjeug "Ons weerstand sal die wêreld verstom". Daarom is die Verkennersjeug trots daarop dat die vergadering verdaag moes word, dat hulle die proses van onderhandeling oor kulturele diefstal kon stuit.

13 Oct 2008

Paardekraal heldedag 2008



10 Oct 2008

Paul Kruger se standbeeld as President van Suid-Afrika ingehuldig








Op die 9 Oktober 2008 het die Paardekraal Verkenners die standbeeld van Paul Kruger getooi met 'n ampserp. Daar was bykans 'n honderd mense teenwoordig by die geleentheid wat insluit lede van Die Brandwag en lede van die Volkspele. Die Paardekraal Verkenners het dit verlede jaar ook gedoen en beplan om dit elke jaar met Oom Paul se verjaarsdag te doen, maar hierdie jaar het dit simbolies ook 'n ander betekenis.

Vir die afgelope 20 jaar reeds gaan Suid-Afrika gebuk onder swak leierskap, tans met die magstryd wat heers binne die ANC is dit nog erger, met nie een van die kandidate wat 'n goeie president sal wees nie.

Daarteenoor was Paul Kruger die grootste staatsman wat hierdie land en miskien die wereld al ooit gehad het. Sy staatsmanskap word so hoog geag deur die Paardekraal Verkenners dat hulle glo dat selfs sy standbeeld 'n beter staatshoof sal wees as die huidige aanspraakmakers vir die posisie.

Daarom dan ook dat die Paardekraal Verkenners met die ampserp wat hulle vir die standbeeld op gesit het, die standbeeld in te huldig as die president van Suid-Afrika.

Ben Geldenhuys
Voorsitter
Paardekraal Verkenners

09 Oct 2008

Media verklaring - Verkennerskoor


Na aanleiding van die DA se uitlating op volksmikrofoon van 8 Oktober 2008, dat die jongmanne wat so heerlik gesing het tydens die openbare verhoor oor die straatnaam verandering lede is van die VF+, die volgende kommentaar. Die DA het hulleself met die feite misgis. Dit verbaas egter nie, want hulle misgis hulle gereeld, aangesien hulle, hulle eie aannames as die waarheid beskou.

Die jongmanne wat so heerlik gesing het, is in werklikheid lede van die Verkenners koor. Die koor is maar onlangs gestig en gisteraand was hulle eerste koor oefening. Die koorlede het blykbaar verdwaal na waar die koor oefening gehou word en het toe hulle verby die saal waar die publieke vergadering oor naamsveranderings gehou word, al die voertuie daar gesien en aangeneem dit is waar die koor oefening gehou word.

Die Verkenners koor beskou die oefening wat hulle gekry het as 'n reuse sukses maar erken dat hulle nog oefening nodig het. Daar is nog 'n paar koor oefeninge vir die maand beplan voor die publieke opvoering op 20 Oktober 2008 en persone met 'n sterk stem en 'n liefde vir ons volk se geskiedenis word genooi om saam te kom oefen. Die oefeninge sal geskied op die volgende datums en plekke:

09 Oktober Centurion Raadskamers , H/v Basden en Rabie strate Tyd: 18h00
Sammy Marks Ouditorium - 1ste vloer , H/v Van der Walt en Vermeulen strate Tyd: 18h00
13 Oktober Pretoria Noord stadsaal , H/v Emily Hobhouse en Brits Tyd: 19h00

20 Oktober , Opvoering Pretoria Stadsaal , H/v Paul Kruger en Visagie strate Tyd: 09h00-13h00

08 Oct 2008

Paardekraal Verkenners aksies


12 Sept 2008

Onregmatige naamsveranderings


Dit is nou ruim 15 jaar sedert ons vryheid soos 'n dief in die nag van ons gesteel is. Vir 15 jaar moes ons die propagandistiese aanvalle van die ANC trotseer en sluk. Vir dieselfde 15 jaar moes ons telkens keer as ons erfenis op arrogante wyse deur hierdie terroristebende vertrap en vernietig word. Net om deur dieselfde bende beskuldig te word van rassisme en dat ons in die pad staan van transformasie.



Alles wat ons eens opgebou het is verniel, vernietig en dit wat oor is, se name word verander. Ook is daar nou besluit om die strate in Pretoria se name te verander. 'n Redelike mens sal aanvaar dat indien jy iets gebou het, gekoop het of geboorte geskenk het daaraan, dan het jy die reg om dit 'n naam te gee. Die strate in Pretoria het die ANC nie gebou nie, hulle kan dit beswaarlik met ons belastinggeld in stand hou!



Laat ons dan maar kyk na wat het hulle tot stand gebring in die laaste 15 jaar. Geen haan sal daarna kraai as hulle hul terroristehelde vernoem na wat hulle self tot stand gebring het nie.



Die Nuwe Suid-Afrika is wêreldbekend vir misdaad, korrupsie en swak dienslewering. Dit is al. Dit is al wat die ANC in 15 jaar tot stand kon bring.



Hoe min dit ookal is, sal ons werklik nie omgee dat hulle wie hulle ookal wil vernoem na dit wat hulle opgerig het nie. Ons sal selfs die name gebruik en wyd verkondig!



Intussen stel ons voor dat hulle maar ons erfenis met ruste laat. Hierdie is 'n omgekrapte volk, wat net soveel kan vat voordat hy breekpunt bereik. Die magtige Britse empire kan sekerlik daarvan getuig. Ook die eens magtige Dingaan. Moet nou nie die vreedsame volk druk om op te tree om sy eie te beskerm nie!


Die uwe,

Ben Geldenhuys

02 Sept 2008

Heldedag - 11 Oktober 2008



(Kliek prent om te vergroot)

Heldedag - 11 Oktober 2008




Na die sukses van die Kultuurdag wat gehou is op die 31ste Mei 2008 by die Paardekraal-Monument, het ons geen ander keuse gehad as om weer 'n feesdag te reël nie. Die volgende feesdag is dan ook op die 11 Oktober 2008 - Heldedag. Daar is ook besluit om hierdie feesdag groter en beter as die die vorige geleentheid te maak.


Die program vir die dag is as volg:

10h00 Opening & Verwelkoming

10h15 Vlaghysing

10h25 CVO Brandwag – Die Stem

10h30 Henk v/d Graaf Toespraak

10h45 Paul Kruger Toespraak

11h00 Eclips

12h00 Handhawerjeug

13h00 Volkspele

14h00 Coreen (Bloedriver-lied)

15h00 Penkoppe (Boere-orkes)

16h00 Program sluit



Geen volksfees sal volledig wees sonder dat daar nie ook heelwat te ete is nie en die plaaslike kerke sal 'n verskeidenheid kosstalletjies aanbied. Dan is ons bevoorreg om nie minder nie as drie outeurs teenwoordig te he -- dr. Cas Bakkes (Boskroniek), prof. Kobus Pienaar (Waarheid en Wysheid) en mnr. Dolf Buitendach (Semantiese bedrog). Van die ander aktiwiteite sluit in skyfskiet en perderitte. Daar sal ook 'n konsentrasiekampfoto-uitstalling wees, met die komplimente van Kraal-Uitgewers.

08 Aug 2008

Volkshater word op sy plek gesit!


Geagte Mnr Behrens,


Ten eerstens moet ek u gelukwens met die pragtige Afrikaanse skool. Dit is duidelik dat u, u posisie as hoof nie net as 'n werk sien nie, maar dat u hart werklik in die saak is.

Dit was dan ook vir my 'n skok om te sien dat Mnr Norman van der Poll betrokke is by u skool, 'n skool waarvoor u baie duidelik omgee. Die enigste rede waaraan ek kan dink dat u hom toelaat om betrokke te wees by u skool, is dat u nie die man se karakter ken nie.

Laat my toe om 'n paar van Mnr van der Poll se skrywes aan u bekend te maak, sodat u self 'n mening kan vorm oor die man: (let egter dat dit vreeslik bar is)

Ek begin maar met sy "digkuns":


http://woes.aardvark.co.za/gedigte/vertoon/9256_Mandi_I.htm




Dan is daar ook die man se beskrywing van homself:

http://www.woes.co.za/artikels/vertoon/9607_Ek_is_ek.htm


Dan wonder ek ook hoe dit is dat die man naby Afrikanerkinders toegelaat kan word as hy in die dagblad Beeld sy gevoelens oor die Afrikaner so uitdruk:

'Afrikaner is 'n geniepsige en venynige swakkeling'
Aug 06 2008 06:27:24:433PM - (SA)

Met verwysing na die berig “Afrikaner kan SA wa deur drif help sleep” (4 Augustus).

Die Afrikaner is ’n agteraf, geniepsige en venynige swakkeling wat nie skroom om te teer op die nederlae van die "underdog" nie.

Hulle was niks en sal nooit weer die vreugde van hul koverte, onderduimse welslae smaak nie.

Hulle verdien die korrupsie en kranksinnigheid van die ANC.

Ek distansieer my van alle Afrikaner-verwante ideologieë, filosofieë, die NG Kerk en sommer vir die lekker, voeg ek volkspele daarby...suggestiewe danse vol subliminale "foreplay" waar die perverse, ou boere met die jeug “omgegaan” het. Dis nou hulle wat glo Facebook is sonde en YouTube ’n instrument wat Satan in sy dissipels se hande gestop het.

Afrikaner? Ek praat jou taal en ek leef jou kultuur omdat dit in my gedwing is. Ek verag jou lewens- en wêreldbeskouing en ek kots klopdisselboom as ek na jou brekerstories luister...verkenner in die bos, maar julle was te hel sleg om die drie dae patrollies te loop en het liewer 300 m van die basis af onder ’n kremetart loop gyppo.

Te bang vir veg, want jou lewe is op die spel. 32 Bn, 4 en 5 VK moes gereeld julle gatte gaan skop om julle net te kry om te loop!

Koevoet het vir jou gelag, haasman! Trots op wat?


Norman van der Poll, Suid-Korea

http://www.news24.com/Beeld/Opinie/Briewe/0,,3-2085-73_2371124,00.html


Soos u kan sien is al hierdie inligting beskikbaar op die internet. Ons weet dat kinders vandag baie tegnologies vaardig is, ek wonder wat se indruk dit op hulle gaan laat? Ook wonder ek hoe die Afrikanerouers by u skool oor die saak sal voel. Of selfs die adverteerders op u webblad, wat klaarblyklik ook Afrikaners is.

Ek verneem graag hoe u die saak gaan hanteer.



Ben Geldenhuys
Paardekraal Verkenners







Beste mnr Geldenhuys



Dit is met skok en afgryse wat ons verneem het van die brief van mnr Norman van der Poll in Beeld, 6 Augustus. Laerskool La Hoff is ‘n trotse Afrikaanse skool met ‘n Christelike karakter wat ‘n vyfsterbeeld na buite wil uitdra en daarom distansieer ons ons totaal van hierdie uitlatings van mnr van der Poll. Dit is vir ons belangrik om ons kinders bloot te stel aan ander wêrelddele maar is nie bereid om ons Christenskap, taal en kultuur op die spel te plaas nie en is tans besig om ons verbintenis met hierdie projek te hersien.



Baie dankie dat u hierdie saak onder ons aandag gebring het. Ons skool is ook verbind aan die opbou van hierdie land en sy mense.



Groete.



Albert Behrens

SKOOLHOOF

Adres: Privaatsak X5037, KLERKSDORP, 2570

Tel: 0184682471

Faks: 0184686836

Epos: rottang@lahoff.co.za

Webtuiste: www.lahoff.co.za

06 Aug 2008

Die ANC het die swartman ontman.


So ‘n paar jaar gelede het die feministiese aktrise Charlize Theron op 'n TV-advertensie gevra hoe manlik is die Suid-Afrikaanse man. Dit is 'n advertensie wat vreeslik kritiek ontlok het, maar miskien was daar tog waarheid in haar vraag.



Dit is egter belangrik om al die feite rondom die saak op die tafel te plaas. Haar argument was "regte mans" verkrag nie en mishandel nie kinders nie. As mens in ag neem dat meer as 90% van mans in SA tronke swart is, dan wonder mens waar kom hierdie kultuur van misdaad, veral misdaad teen swakker persone onder swart mans vandaan.



Om die vraag te antwoord moet ons terug gaan in die onlangse geskiedenis. Die ANC het tydens hulle oorname aan die wêreld verkondig dat nooit weer sal daar in Suid-Afrika teen persone gediskrimineer word op gronde van die persoon se ras of geslag nie. Tog het die ANC in hierdie "gelyke" bestel dit nodig geag om swart- bevoordelingswetgewing in te stel in die vorm van "swart ekonomiese bemagtiging", "affirmative action" en "kwotasport".



Ook indien daar iets verkeerd gaan in die land, is die ANC vinnig om die skuld daarvoor op die skouers van Apartheid te pak. Wat hulle eintlik sê is, dit is die skuld van die witman.



Wat is die dieperliggende boodskap wat die swartman hieruit ontvang?



Vir die swartman is dit duidelik dat die ANC nie glo dat hy op meriete 'n kans staan om teen die witman mee te ding nie. Daarom is dit nodig om wetgewing in te stel om hom op 'n ongelyke basis 'n geleentheid te gun om teen die witman mee te ding. Dat hierdie sogenaamde "bemagtigingsplan" vaal, is ook duidelik. Selfs ten spyte van die ongelyke speelveld vaar die witman steeds beter as die swartman op alle terreine van die samelewing. Dit kan nie goed wees vir die swartman se ego nie en die verskoning wat die ANC daarvoor aanvoer – dat dit Apartheid se skuld is – kan net die saak verder versleg. Apartheid is nou al vir 14 jaar nie meer 'n faktor nie.



Enige sielkundige sal getuig dat 'n boelie mense wat swakker as hy is afknou, weens sy eie swak selfbeeld of ego.



Is dit dan so vreemd dat die swartman vrouens, kinders en oumense verkrag, mishandel en vermoor?



Die ANC het nou verder gegaan en gesê dat ook wit vrouens nie meer van die "affirmative action" wetgewing vrygestel sal word nie. Vir die swartman beteken dit dat die ANC glo die swartman is nie opgewasse om selfs teen 'n wit vrou op gelyke grondslag mee te ding nie.



In die swart kulture is dit nog altyd geglo dat 'n man sterker is as 'n vrou en nou vertel die ANC die swartman dat hy swakker is as 'n wit vrou?



Ons het reeds gesien wat die gevolge was van die ANC te ontmanning van die swartman, hierdie is nou sout in die wonde en die gevolge kan nou net vererger.



Ek vermoed egter dat die ANC nie bewus is wie hulle nou die stryd aangesê het nie. Want sien, dit is die Afrikanervrou wat die Afrikanervolk gemotiveer het tot van die grootste gebeure in die Afrikaner se geskiedenis. Dit was die Afrikanervrou wat die Afrikaner gemotiveer het tot die Groottrek. Die bekende "kaalvoet oor die Drakensberg" uitspraak, dien as bewys hiervan.



Op trek het sy die huisaltaar in stand gehou, haar kinders aan haar knie gekatkiseer en uit die Nederlandse Bybel leer lees en skryf. As die laer aangeval word, het sy die gewere gelaai en die lope koud gehou.

Sy was die handhawer van die Christelike geloof in die ruwe, ongetemde land en haar kinders het die vryheidsdrang en volkstrots met moedersmelk ingedrink.



Ook tydens die Tweede Vryheidsoorlog was dit die Afrikanervrou wat die swaarste gely het onder die wreedheid van die Britse Empire. Tog, ná daar reeds meer as 26 000 kinders en vrouens in die konsentrasiekampe dood was, was dit die vrouens in die kampe wat die boodskap vir die burgers in die veld gestuur het: “Hou aan, ons sal uithou!”



Ná die oorlog, verarm deur die Britte se verskroeide aarde-beleid en die depressie wat daarop gevolg het, het sy haar gesin skoon, geklee en gevoed gehou.



Die waardes en dissipline wat sy aan haar kinders geleer het, het hulle gesterk om in 1961 onder die Britse heerskappy uit te styg, met die skep van 'n eie republiek.



Afrikanerseuns het groot respek vir die moeders van die volk. Hulle word ook geleer om hulle vrouens met dieselfde respek te bejeën as hulle moeders. Daarom is die gedagte aan 'n vrouedag vir die Afrikaner 'n vreemde gedagte. Want sien, vir die Afrikaner het mans en vrouens nog altyd mekaar aangevul deur hulle bepaalde rolle wat hulle speel en dus was daar nie 'n ongelykheid wat nou moet gelyk gestel word nie.



Tog is dit ironies dat die ANC kort voor vrouedag erken dat die Afrikanervrou meer van 'n man is, as die swartman.

18 Jul 2008

Prof Jonathan Jansen se uitsprake oor blanke studente


Die Verkennerbeweging het met gemengde gevoelens kennis geneem van die uitsprake van prof. Jonathan Jansen oor die gedrag en ingesteldheid van blanke studente.



Ons betreur dit egter dat hy skynbaar ‘n eensydige studie probeer onderneem het en as gevolg daarvan slegs eensydige bevindinge kon maak, en dit boonop interpreteer het vanuit sy eie nie-blanke oogpunt. As hy ‘n meer wetenskaplike ondersoek sou onderneem het, soos om ook die swart studente daarby te betrek, en selfs sy eie mense, die kleurlinge, sou daar dalk ‘n heel ander bevinding gemaak kon gewees het.



Om te beweer dat wit studente verkeerd ingelig word deur kerke, kultuurgroepe en hulle ouers, is verregaande en getuig van absolute onkundigheid, komende uit die mond van iemand wat nie selfs deel is van daardie gemeenskap nie. Om op grond daarvan te vermoed dat sodanige studente hulle tot rasse-aanvalle sou kon wend, kan selfs as beledigend ervaar word.



Waarom meld hy slegs enkele gevalle wat in die media skeefgetrek is? Dit was bewysbaar duidelik dat die sogenaamde Reitz “walgvideo” gemaak is met medewete van die “akteurs” daarin, en bewyse dat daar niks vulgêrs gebeur het nie, is eenvoudig nie geglo nie. Maar daardie video was ‘n reaksie van studente wat nie gedwonge geïntegreer wou word nie.



Maar as prof. Jansen sy ondersoekveld sou verbreed het, kon hy by dieselfde universiteit afgekom het op swart studente wat wit damesstudente molesteer en verkrag, soos herhaaldelik gebeur het. In hoeveel gevalle van moorde en plaasaanvalle is dit nie juis swart jeugdiges wat daarby betrek is nie? Moet ons dan nou aanneem dat dit ook deur hulle kerke, jeugorganisasies en ouers aan hulle opgedra word?



Wit, en in besonder Afrikanerstudente, is en word van kleins af hoflikheid en verdraagsaamheid geleer, ook teenoor die andervolkiges in die land. Dit is egter onnatuurlike prosesse, soos “affirmative action”, gedwonge integrasie en die sogenaamde regstel van die “ongelykhede van die verlede”, wat wit studente juis in ‘n posisie van ongelykheid in die hede plaas. Dit is bewonderenswaardig dat hulle ten spyte daarvan, steeds hulle waardigheid en verdraagsaamheid handhaaf.



Wêreldwyd is die tendens sigbaar van nasionalisme: om die eie op te soek en met die eie te assosieer: soort soek soort. Dit het niks met rasse meerderwaardigheid te doen nie. Maar ja, ‘n indruk van meerderwaardigheid sou inderdaad kan ontstaan as studente in Brittanje gaan werk, sien hoe dat sake daar verloop, vlot, ordentlik en beskaafd, en hulle sien dat dit in Suid-Afrika juis teenoorgesteld daaraan toe gaan. Maar dit is nie die wit studente se skuld nie, maar eerder die swart bewindhebbers se swak dienslewering wat die indruk van onbekwaamheid laat posvat.



Henk van de Graaf

PRESIDENT

07 Jul 2008

Volkskultuurdag - 31 Mei 2008


17 May 2008

Besoek aan Danie Theron monument







Die Paardekraal Verkenners het die leerlinge van die CVO Brandwag geneem na die Danie Theron Monument naby Fochville op Saterdag 17 Mei 2008.

'n Inligtings praatjie is vir die kinders gehou by die monument en die middag het almal 'n heerlike middag by die skool geniet. Daar is jukskei gespeel en vleis gebraai.

01 May 2008

Volkskultuurdag - 31 Mei 2008


29 Apr 2008

Vergewe en Vergeet


Daar het ‘n doringboompie

vlak by die pad gestaan,

waar lange ossespanne

met sware vragte gaan.



En eendag kom daarlanges

‘n ossewa verby,

wat met sy sware wiele

dwars-oor die boompie ry.



“Jy het mos, doringstruikie,

my ander dag gekrap;

en daarom het my wiele

jou kroontjie plat getrap.”



Die ossewa verdwyn weer

agter ‘n heuweltop,

en langsaam buig die boompie

sy stammetjie weer op.



Sy skoonheid was geskonde;

sy bassies was geskeur;

op een plek was die stammetjie

so amper middeldeur.



Maar tog het daardie boompie

weer stadig reggekom,

want oor sy wonde druppel

die salf van eie gom.



Ook het die loop van jare

die wonde weggewis –

net een plek bly ‘n teken

wat onuitwisbaar is.



Die wonde word gesond weer

as jare kom en gaan,

maar daardie merk word groter

en groei maar aldeur aan.


Totius

Vryheidsdag


Terwyl die reenboognasie hierdie week die onwettige verkiesing van 1994 herdenk het, is dit ironies dat hulle dit "Vryheidsdag" noem. Op hierdie dag in 1994 het die Afrikaner sy vryheid verloor, nie net sy politiese vryheid nie, maar ook sy vryheid van burgerskap.

'n Regering bied aan sy burgers sekuriteit, opleiding en die geleentheid om te werk of om 'n besigheid te bedryf. Die Afrikaner is nie meer veilig in hierdie land nie, dit is immers die onveiligste land in die wereld. Die staatskool bestel het verval tot amper die swakste in die wereld en Afrikaanse skole word een na die ander verengels. Die Afrikaner is ook die geleentheid ontneem om te werk en besigheid te doen in hierdie land, deur die rassistiese wetgewing byname "Affirmative action" en swart ekonomiese bemagtiging.

As mens in ag neem dat die verkiesing van 1994 onwettig was, aldus Advokaat Paul Kruger, 'n kenner in die volke-reg wat 'n studie gedoen het daaroor. Kan die Afrikaner "Vryheidsdag" vier?

Die Afrikaner is egter bekend daarvoor dat hy nie onder gekry word nie. Die geskiedenis is 'n bewys daarvan. Na die tweede vryheidsoorlog het hulle plase in verwoesting gele, na die Engelse se verskroeide aarde beleid. Ook kon die Afrikaner nie werk kry nie, omdat hulle nie die Engelse taal kon praat nie.

Die Afrikaner het nie gaan le nie en teen 1938 met die herdenking van die Groottrek, was dit nie arm-Afrikaners wat die ossewaens in Pretoria ingewag het nie, maar stads-Afrikaners, met eie skole, eie koerante en eie besighede.

'n Mens kan argumenteer dat die onreg wat aan die Afrikaner gedoen is, die Afrikaner gedwing het om op te staan.

Dit gebeur vandag weer. Hoe dan anders? As die eens magtigste empire in die wereld nie die Afrikaner kon breek nie, hoe sal 'n terroriste bende hierde volk breek?

Terwyl die reenboognasie besig is om te verval in ellende, is die Afrikaner aan die opstaan. Die mite dat die Afrikaner nie kan saam staan nie, is ook die nek in geslaan met die stigting van die Afrikanerfront waar reeds 23 Afrikanerorganisasies aangesluit het. DIe CVO skole, ten spyte van aanvalle deur die regime, beur voort en groei van krag tot krag om ons kinders 'n Christelike eerstewereldse opvoeding te bied. Die AVKB vul hierby aan deur vir die Afrikaner kinders kampe aan te bied waar hulle weer vrylik Afrikanerkinders kan wees.

Die erfenis van die Afrikaner, word ten midde van al die probleme ook na omgesien. In 1940 plaas die Ossewa brandwag 'n hoeksteen by Majuba wat lees dat Majuba bewaar moet word vir die Afrikaner. Aan hierdie wens het die Afrikaner ook uiting gegee. Radio Pretoria, die Radio met grense, het ten midde van aanslae en alle pogings om haar stem te stil, gegroei tot die enigste stem van die Afrikaner. Die nuwe toring gaan die Radio se stem en dus die stem van die vryheidsversigting van die Afrikaner nog verder uitdrae.

Hierdie volk sal nie weer opstaan nie, hierdie volk het reeds opgestaan.

27 Apr 2008

Die onbekende President


Martinus Wessel Pretorius (1819 - 1901).

MW Pretrius was die seun van die bekende Andries Pretorius, hy is gebore in 1819, wat beteken dat hy 19 was tydens Bloedrivier. Ook was hy die eerste President van die ZAR.

Die bekende wereldstad Pretoria is deur hom ontdek, hy het die stad na sy Pa Andries Pretorius vernoem. So ook is Krugersdorp deur hom ontdek, hier het hy Paul Kruger vernoem. Die dorpie Christiana is na sy dogter vernoem. Daar is geen dorp wat sy naam dra nie, die dorp wat wel na hom vernoem is, Marthinus Wesselstroom, is bekend as Wakkerstroom, alhoewel die amptelike naam nooit verander is nie. Geskiedenis is werklik nie vriendelik met hierdie President nie.

Vergeleke met sy vader en Paul Kruger is hy vandag redelik onbekend. Dit kan tog nie oorlog wees wat Paul Kruger meer bekend gemaak het as vir hom nie. President M.W Pretorius was tog by Bloedriver en betrokke by die eerste vryheidsoorlog. Hy is oorlede in 1901, tydens die ABO. Ook was daar die voorval in 1857 waar hy 'n deel van die Vrystaat op ge-eis het vir Transvaal wat amper tot oorlog tussen die twee republieke gely het. Tog dien hy as President van die Vrystaat tussen die jare 1861-1863.

Was dit Paul Kruger se groot Christelike geloof wat hom meer bekend gemaak het? Ook dit is onwaarskynlik. M.W Pretorius het tog die eerste Predikant vir die ZAR uit Europa laat kom, Ds van der Hoff. van der Hoff is ook die man wat die Vierkleur vlag ontwerp het.

Daar bestaan dus geen ooglopende rede hoekom hy minder bekend is nie, behalwe dat Paul Kruger President was tydens die ABO en daardeur wereld bekend geword het. In volksgeledere behoort hy egter ewe bekend te wees.

21 Apr 2008

Die ontstaan van konsentrasiekampe tydens die ABO


08 Apr 2008

Wielrijders Corps


Reeds voor die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog het Danie Theron en sy vriend Koos Jooste,, wat 'n ywerige fietsryer was, die regering van die ZAR versoek om 'n fietsryerskorps op die been te bring. Na 'n resies tussen Pretoria en Krokodilbrug tussen Jooste en ene Martiens wat te perd was, wat Jooste dan ook wen, gee die kommandant-generaal van die ZAR, Piet Joubert toestemming dat die Wielrijders Corps gestig kan word.

Die korps het bestaan uit 100 jong mans wat deur Theron en 'n paar van sy helpers uit die geledere van die burgerlike bevolking asook die van goedgesinde vreemdelinge wat in die Republiek gewoon het, gekies is.

Die doel van die korps was om 'n vinnige rapportdiens tussen die verskillende seksies van die Boere se leërafdelings daar te stel. Theron was oortuig dat die fietsryers vinniger as perderuiters kon beweeg en ook nie so maklik in die veld deur die vyand opgemerk sou word nie. Die korps sou uiteindelik ook dien as 'n inligtingsdiens vir die Boere.

Aan die hoof van die korps het Danie Theron gestaan wat op 13 September 1899 formeel duer die kommandant-generaal in die posisie aangestel is. Theron is bygestaan deur luitenante wat in bevel van elke seksie was. Hy het elkeen persoonlik uitgesoek en aangestel en hulle was aan hom persoonlik verantwoordelik. J P (Koos) Jooste is later bevorder tot onderkaptein van die hele korps.

Elkeen van die manskappe is voorsien met 'n fiets, 'n rewolwer en waar nodig met 'n karabyn. Slegs die betroubaarste manne is tot die korps toegelaat. Die Wielrijders Corps het byvoorbeeld waardevolle werk aan die Swazilandgrens verrig waar hulle die grens gepatrolleer het. Die Engelse se fietsryerkorpse het weer die spoorlyn in die Noordwes-Kaap gepatrolleer.


Reeds voor die oorlog het kolonel George Knox die eerste fietsryerskorpse in Engeland in die leër op die been gebring. Toe die oorlog uitbreek was die City of London Imperial Volunteers en twee bataljons van die Royal Dublin Fusiliers toegerus met fietse. Van die plaaslike regimente het ook van fietse gebruik gemaak byvoorbeeld die Rand Rifles en die Cape Cyclist Corps

Die fietsryers aan Britse kant het ook as skakel tussen die infanterie en die ruitery opgetree. Hulle het telegramme, geld, verslae, rapporte asook die posduiwe vervoer. Majoor BFS Baden-Powell het tot 'n opvoubare fiets gebruik terwyl agt soldate die sogenaamde "War Cycle" beman het. Hulle het 'n spoed van 48 km per uur behaal .

Die fiets het egter nooit die perd as vervoermiddel gedurende die oorlog vervang nie.

Danie Theron


Danie Theron



Toe Danie Theron op 5 September 1900 in die Gatsrand tydens 'n skermutseling met die Engelse sterf het die Boere een van hulle knapste verkenners verloor.

Hy is op 9 Mei 1872 in die Kaapkolonie by Tulbagh gebore. Op tienjarige ouderdom verlaat hy sy ouerhuis om sy halfbroer, Johannes Pretorius wat 'n onderwyser was, na Bethlehem in die Vrystaat te vergesel. In 1888 behaal hy sy skooleindsertifikaat en verower 'n beurs van Kaapland om verder te gaan leer. In 1889 behaal hy sy matrikulasie sertifikaat en kwalifiseer as onderwyser. Voordat hy as ingeskrewe klerk by die prokureur CT Rabie op Pietersburgbegin werk, het hy eers skoolgehou in Kroonstad. Na sy deelname aan die Malaboch-oorlog (1894) kry hy volle burgerskap van die ZAR.

Nadat hy in 1897 as prokureur gekwalifiseer het, begin hy 'n praktyk op Krugersdorp. Sy praktyk floreer. Hy ontmoet Hannie Neethling, die meisie met wie hy van voorneme was om te trou. Sy sterf in Augustus 1898 . Dit is 'n verpletterende slag vir Theron en hy bly ongetroud.

Ontsteld oor 'n artikel wat in The Star verskyn gaan hy na Johannesburg waar hy 'n apologie van die redakteur, W F Moneypenny, eis. Toe hy dit nie kry nie slaan hy Moneypenny en breek Moneypenny se bril in die proses. Op 25 April 1898 word hy skuldig bevind aan aanranding en moet óf twee maande tronk toe gaan óf 'n boete van £20 betaal. Sy boete word egter namens hom betaal deur die mense wat in die hof teenwoordig was.

Op die vooraand van die oorlog oorreed hy die Transvaalse regering om die Wielrijders Rapportgangers Corps te stig om as verkenners en rapportryers in die oorlog op te tree. Voor die oorlog het lede van die korps inligting versamel oor die Britse militêre voorbereidings vir die oorlog. Theron besoek self Kimberley, Mafeking en Bulawayo. In sy hoedanigheid as kaptein van die korps dien Theron op generaal Louis Botha se staf in Natal. Die rapportryerskorps toon gou sy waarde: die dapper, gedissiplineerde manier waarop die lede van die korps hulle pligte doen, kry baie lof, selfs van die burgers wat aanvanklik skepties teenoor die skepping van so 'n korps gestaan het. Hy lewer waardevolle diens by die slag van Spioenkop (15.12.1899) en Colenso (24.01.1900)

Op 24 Februarie 1900 sluit hy aan by die krygsmag van generaal CR de Wet waar hy een van die waaghalsigste van al sy kordaatstukke gedurende die oorlog uitvoer deur 'n boodskap na generaal Piet Cronje wat by Paardeberg vasgekeer was, te bring. Hy het deur die Britse linies gekruip.

Op 5 Maart 1900 stig hy die Theron Verkennerskorps (TVK) wat saamgestel is uit ongeveer 'n honderd jong mans uit verskillende nasionaliteite. Die korps het nie net slegs respek aan albei kante, beide Boer en Brit afgedwing nie maar het hoë standaarde gestel aan sy manskappe. Die korps het ook 'n hoë gevegspeil gehandhaaf. Van die manskappe wat later hulle eie korpse gehad het of hulself in die oorlog onderskei het was Manie Maritz, Wynand Malan, Barnie Enslin, Henri Slegtkamp, Walter Mears en Jack Hindon. Die TVK lewer 'n groot bydrae tot die suksesvolle en uiteenlopende optredes van generaal CR de Wet onder wie hulle hoofsaaklik opgetree het. Hulle was byvoorbeeld die generaal se oë en ore tydens die eerste 'dryfjag' op hom. Die TVK verskaf inligting oor Britse troepebewegings, blaas treinspore op, en bevry selfs by geleentheid krygsgevangenes wat deur die Engelse op Vanwyksrust aangehou is.

Na die oorlog word sy oorskot herbegrawe op die plaas Eikenhof, langs die graf van Hannie Neethling.

Vyftig jaar na sy dood word die Danie Theron-monument op Theronskop waar hy gesneuwel het, onthul.

07 Apr 2008

van Riebeeck gelofte


6 APRIL 1654

Aangesien dit vandag twee jaar gelede is dat ons met God’s hulp en leiding met die skepe Drommedaris, Reiger en Goede Hoop veilig hier geland het, om hierdie fort en kolonie in opdrag van ons here en meesters op te bou, en ons gemerk het dat God die Here al die sake tot vandag toe met baie seëninge, goed en na wens laat verloop het,

het ons besluit, en ook vanjaar daarmee begin, om hierdie dag, 6 April, tot God’s eer met danksegging te vier, en dit vir altyd as ’n dank- en biddag in te stel, sodat ons nakomelinge nooit die weldade wat God aan ons bewys het, vergeet nie, maar dit altyd in gedagte mag hou.

Jan van Riebeeck se gebed (1652)



VAN RIEBEECK SE GEBED (1652)

Barmhartige, genadige God en hemelse Vader, volgens u goddelike wil is ons geroep om die sake van die Verenigde Nederlands Geoktrooieerde Oos- Indiese Kompanjie hier aan die Kaap die Goeie Hoop te bestuur. Met hierdie doel voor oë is ons met ons Raad in u heilige Naam vergader om met die Raad se advies sodanige besluite te neem waarmee ons die Kompanjie se belange die beste kan bevorder. Ons is hier om die wet te handhaaf en om, as dit moontlik is, onder hierdie wilde en onbeskaafde mense u ware gereformeerde Christelike leer voort te plant en bekend te maak tot lof van u heilige Naam en tot voordeel van die wat oor ons regeer. Hiertoe is ons sonder u genadige hulp allermins in staat. Daarom bid ons U, allerhoogste Vader , dat U met u vaderlike wysheid by ons sal bly. Ons bid dat U self leiding in ons vergadering sal gee en ons harte so verlig dat alle verkeerde hartstogte, tweedrag en ander dergelike gebreke van ons geweer sal word sodat ons harte van alle menslike hartstogte skoon sal wees. Laat ons gemoedere so ingestem wees dat ons in ons beraadslaging niks anders beplan of besluit nie as dit wat mag strek tot grootmaking en lof van u allerheiligste Naam en tot diens van die wat oor ons regeer. Laat ons nie in water mate ook al op eie voordeel of winsbejag let nie, maar net op die uitvoering van ons opdragte en dit wat vir ons saligheid nodig is. Ons bid en vra dit in die Naam van u geliefde Seun, ons Heiland en Saligmaker, Jesus Christus ... wat ons leer bid het: Ons Vader wat in die hemel is, ... Amen

16 Mar 2008

Genl. De la Rey se Dodemasker gevind


27 Feb 2008

Majubadag in Krugersdorp



Soos die gewoonte elke jaar is, het die Paardekraal Verkenners hierdie jaar weer 'n praatjie gehou by die CVO skool op Majubadag. Chris het vir die kinders 'n geskiedkundige oorsig gegee van Majuba en het die verhaal so boeiend vertel dat selfs die kleinjies aan sy lippe gehang het.

Hierdie jaar het die kinders ook ter herdenking van Majuba soos Voortrekkers aangetrek.

Die smarte van Oorlog


Dit was nie die klagtes van die vroue in konsentrasiekampe wat die bittereinders in die Anglo-Boereoorlog uiteindelik tot onderhandeling gedwing het nie, maar eerder die wete dat ‘n hele geslag van die Boerevolk kan uitsterf. Want hierdie merkwaardige vroue het hul lot stil verduur net sodat hul mans kon aanhou veg vir vryheid.

Die Smarte van Oorlog

Dit het ‘n Britse vrou, aangedryf deur ‘n “diep sin van regverdigheid, geloof, barmhartig en patriotisme” gekos om die gruwels van die Anglo-Boereoorlog aan die wêreld uit te basuin.

Lank voor feminisme en vroueregte, en ten spyte daarvan dat haar landgenote haar as “pro-Boer” en ‘n verraaier uitgekryt het, het Emily Hobhouse eers probeer om die naderende oorlog te keer as lid van die South African Conciliation Committee in Brittanje.

Toe die oorlog wel uitbreek, was dit sy wat aangedring het dat ‘n openbare vergadering ‘n verklaring van medelye met die Boerevroue van die OVS en Transvaal uitspreek. “(This meeting) begs them to remember that thousands of English women are filled with profound sorrow at the thought of their sufferings, and with deep regret at the actions of their own Government.”

En dit was dieselfde Emily Hobhouse, of “Ons Miss Hobhouse”, soos die Boerevroue in konsentrasiekampe haar verdoop het, wat self kom kyk het hoe die oorlog geveg word en wat vroue in die kampe kom besoek het. Sy was onverskrokke in haar kritiek en hartstogtelik in haar geveg met owerhede vir reg en regverdigheid vir die Boerevolk – veral vir hulle vroue en kinders wat in haglike omstandighede probeer oorleef het. Sy was, in haar eie woorde, nie oortuig daarvan dat haar vaderland volgens die “highest principles of justice and humanity” opgetree het nie.

Sy het die oorlog ook deeglik uit gedokumenteer met haar boeke, o.m. The Brunt of the War and Where it Fell (waarvan uittreksels verskyn in en wat as inspirasie gedien het vir Die Smarte van Oorlog). Na die oorlog het sy ook gehelp om ‘n “platgeslane volk weer uit die as op te tel.”

Sy is op 8 Junie 1926 in Londen oorlede, en op haar begrafnis het Genl. J.C. Smuts so verwys na die Engel van Liefde, soos die Afrikanervolk haar beskryf het: “We stood alone in the world, almost friendless against the mightiest Empire on earth. And then, one small hand, the hand of a woman, was stretched out to us. At that darkest hour, when our race almost seemed doomed to extinction, she appeard as an angel…Strangest of all, she was an Englishwoman.”

“This unknown woman appeared from nowhere and pressed the right button and the course of the history of South Africa was permanently altered…she became the great symbol of reconciliation between closely kin peoples who should never have been enemies.”

Die onverskrokke “Englishwoman” se as is op 27 Oktober 1926 aan die voet van die Vrouemonument begrawe – ‘n uitlander tussen Suid-Afrikaanse helde. Want soos Eunice Ferreira, een van vier dogters in ‘n Bloemfonteinse konsentrasiekamp deur Hobhouse gehelp is, in ‘n bedankingsbrief geskryf het: “You live in the heart of the South African women and we will pass it on as an inheritance to our children.”

Hoekom was vroue en kinders ook teikens?
Die Boeremagte se leiers moes hulle na die slag by Paardeberg op 27 Februarie 1900, toe generaal Cronje en sowat 4000 manskappe tot oorgawe gedwing is, tot ander oorlogstaktiek wend. Vir hulle was die oorlog nog lank nie verby nie, al het die Britte reeds die hoofstede ingeneem en geglo die oorlog is gewen.

Guerilla-oorlogvoering is vir die eerste keer in ons geskiedenis ingespan, en onder leiers soos C.R. de Wet het die Boere die vyand meesterlik uitoorlê. Nie eers die oprig van sowat 8 000 blokhuise, met doringdraadlinies verbind, kon hulle keer nie.

Die plase was vir die Boeremagte ‘n voortdurende bron van kos, en het gelei tot die “verskroeide aarde”-beleid waarin plase afgebrand is om die Boeremagte aan te keer en van moontlike voedselbronne en wegkruipplekke af te sny. Toe dít ook nie werk nie, is daar begin om plaashuise (en selfs pastorieë, sendingstasies en kleiner dorpies) af te brand en vroue, kinders en bejaardes na konsentrasiekampe te neem. Soms is die vroue selfs gedwing om self daarvoor te betaal.

Vroue en kinders is, soos dekades later onder Hitler, in vuil veetrokke na kampe aangery. Vroue met babas is kos vir hulle suigelinge geweier, terwyl groter kinders en vroue openlik gehuil het van honger. Ma’s kon niks doen om hulself en hul kinders teen die skroeiende Afrika-son of die striemende winterkoue te beskerm nie. Soms was hulle enigste besittings die dun huisdraklere wat hulle aangehad het voordat hulle huise afgebrand is. Vroue het in die oop trokke tussen die kinders begin kraam. Party het saam met hul babas in kraam gesterf.

By die kampe het tente, en soms sinkhutte gewag vir “hierdie mense wat van die voorste klas boere” was, soos sir David Graaff se suster hulle na ‘n kampbesoek beskryf het. “In die bepertke ruimte wat aan elke familie toegestaan was, was siekes, sterwendes en dooies te sien.”

Selfs vroue wie se mans reeds krygsgevangenes was en wat agtergelaat is om alleen die mas te probeer opkom, is nie gespaar nie. Ook nie eens die vroue van sendelinge en predikante nie, en selfs bejaardes is kampe toe geneem.

Soms het vroue daarin geslaag om met hul swart plaaswerkers en kinders te ontvlug, maar hulle lot was ewe droewig. Hulle moes rondswerf, en was die teiken van besope Britse soldate en rondswerwende swart bendes. Verkragting, erge ontbering en hongersnood was hulle voorland. Met die ondertekening van die Vrede van Vereeniging in Mei 1902 het Genl. Louis Botha geskat dat daar ongeveer 10 000 vroue en kinders net in die Transvaal rondgeswerf het.

Die konsentrasiekampe was dalk nie bedoel om plekke van lyding te word nie, maar die infrastruktuur was eenvoudig onvoldoende om soveel mense te hanteer. Daar was 52 konsentrasiekampe vir witmense en 89 kampe vir swartmense, maar daar was nie voldoende sanitasie, brandhout of water nie. Kosvoorsiening was ontoereikend – seker nie verrassend as mens dink 30 000 plase met lande vol oeste afgebrand en duisende vee doodgeskiet of doodgebrand is nie. Sowat 500 000 perde is in die oorlog dood.

In sommige kampe het dit beter gegaan as in ander, maar in die meeste is die verpligte rantsoene van mieliemeel, meel, koffie, suiker, sout, vleis en groente wat drie maal per week verskaf moes word, nie gegee nie, of net gedeeltes daarvan is gegee.

Boonop moes die inwoners in sommige gevalle self vir hul rantsoene betaal! Waar rantsoene wel sporadies uitgedeel is, is die vroue dikwels verneder deur ‘n heen-en-weer stuurdery en beledigings – die trotse vroue het daarom dikwels eerder in stilte gely as om oor hul nood te praat.

Vanweë die opeenhoping van mense het epidemies van masels, witseerkeel, kinkhoes, diarree en ingewandskoors uitgebreek en duisende sterftes veroorsaak. Die sterftesyfer in kampe vol nie-vegtendes was ses, byna sewe maal hoër as onder die vegtende Boeremagte: 3 990 Boerekrygers het gesneuwel op die slagveld, terwyl 27 927 vroue, kinders en nie-vegtende mans in die wit konsentrasiekampe gesterf het. Hieronder was 22 000 jonger as 16, en van die 1676 mans ouer as 16 wat gesterf het, was 1 421 bejaard.

Die lot van swartes
Dit was nie net Afrikaners wat gely het nie, maar ook die swartmense van die land. Sommige het onafhanklik op klein lappies grond op plase geboer – ook hulle oeste en huise is afgebrand, en hulle is saam met die plaasmense konsentrasiekamp toe gestuur. Teen Augustus 1901 was daar net meer as 53 000 swartmense in konsentrasiekampe.

Die wat die konsentrasiekampe vrygespring het en sonder heenkome rondgeswerf het, is na vlugtelingkampe geneem. Sommige is na arbeiderskampe gestuur, en moes hande-arbeid vir die Britte doen.

Nog ander is deur Britse magte gebruik as spioene, bewakers van blokhuise of in operasies teen die Boere, onder meer om huise te plunder en af te brand. Hulle is karige lone betaal, maar is belowe dat hulle na die oorlog die Boere se plase, vroue en kinders as belonging sou kry.

Na raming het 20 000 swart Suid-Afrikaners in die oorlog gesterf.

Wat oor die oorlog gesê is:
• “Mens moes die pen van ‘n Jesaja of ‘n Jeremia hê om hierdie gruwel van verwoesting te kan beskryf.” - Genl. Jan Smuts.
• “O, as God ons nie kom help nie, dan weet ek nie wat van ons sal word nie… Al moet ek nog soveel verduur, sal ek ‘n Afrikaner bly. Bid tog baie vir ons. God alleen weet wat ons te ly het.” - ‘n Vrou in ‘n brief vanuit ‘n Bloemfonteinse konsentrasiekamp.
• “Die moeder en twee dogters het op hulle knieë geval en gebid en gesing onder bitter trane [terwyl hulle huis brand]. Een van die meisies het op ‘n harmonium ‘n paar liedere begin speel. Hulle het gesing Rots der Eeuwen en sy het toe hardop en aanhoudend histeries begin lag en het deurmekaar gepraat. ‘n Dokter wat haar gesien het voor ons die plek verlaat het, het probeer om haar te kalmeer, dog die arme vrou het rasend mal geword.” – Ene Arthur, ‘n Britse soldaat, in ‘n brief aan ‘n Britse koerant waarin hy vertel van die hartverskeurende plundertogte en huisafbrandings waaraan hy moes meedoen.
• “Ons het duisende skape doodgemaak en in elke huis [in Vrede] geplaas. Die reuk sal oor ‘n week ontsettend wees. Dit is om te verhinder dat die Boere terugkom.” – Victor Swift, ‘n soldaat, in ‘n brief aan vriende by sy werk.
• “Die mense lyk verbasend veel na Engelse, veral die meisies en kindertjies – blond en groot en gesond.” Kaptein L. March-Phillips, ‘n Britse offisier.
• “Julle vrouens is die oorsaak van hierdie oorlog; as julle ingee, dan sal julle mans dieselfde doen. Jy moet jou oom Louis Botha aansê om oor te gee.” – ‘n Offisier aan Mev. John Murray, ‘n familielid van Genl. Louis Botha en die vrou van ‘n sendeling, wie se huis op ‘n sendingstasie ook afgebrand is.
• “As julle almal baie arm is, dan kan ons julle plase vir ‘n appel en ‘n ei koop, en dan sal julle mans ons knegte wees en julle vroue sal ons vroue dien.” – ‘n Ander offisier aan mevrou Murray.
• “As iemand moet ly, dan moet dit julle wees.” – Nog ‘n ander soldaat se verduideliking hoekom mevrou Murray-hulle al hulle voorrade, insluitende ‘n melkkoei, moes oorhandig.
• “Ek het een arme vrou gevind met haar aangesig na die muur gekeer, wat bittere trane stort. Toe ek haar vra na die oorsaak van haar smart, toe draai sy om en sê dat sy nou net haar sesde en laaste kind verloor het. Almal is dood in die kamp.”Sir David Graaff se suster, Mev. P. Maritz Botha na ‘n besoek aan Johannesburgse kampe.
• “In ons geval was dit blykbaar ons straf vir die bidure wat ons gehou het, wat in daardie tyd onder ons mense gebruiklik was.” – ‘n Onbekende vrou se verduideliking vir hoekom sy en haar groep na ‘n kamp vir “ongewenstes” oorgeplaas is. (In hierdie kamp is hulle dag en nag deur gewapende wagte bewaak, en was hulle “hutte of afdakke” omring deur ‘n hoë sinkomheining.)

Briewe uit die kampe
Hier is uittreksels uit ‘n brief van Mev. PJ Botha uit die kamp in Bloemfontein aan haar suster in Kaapstad:
“Ek hoef nie te sê wat die kamplewe is nie; om met alle klasse en in alle omstandighede in een plek te wees – dit is byna té erg om te beskryf. Ek wis nooit dat tentlewe so swaar is nie. Ek bly in ‘n beltent met al vyf my kinders. In droë weer is dit vreeslik warm, maar moenie van nat weer praat nie wanneer die water onder ‘n mens inloop en al die beddegoed nat maak en dit van bo af nog lek ook. Dit sal jou laat lag en huil om jou arme ou suster te sien agter die waterkar aan draf om ‘n bietjie water te kry, en dan weer die koppies uitklim om hout te gaan haal; ons moet alles self kry.”

Sy het aansoek gedoen om na Kaapstad te gaan, maar dis geweier. “Maar jy kan my glo, liewe Hessie, ek voel op ‘n manier trots om met my volk te kan ly, want ‘n mens kan nooit waarlik medelye hê voordat jy nie in dieselfde omstandighede geplaas was nie; nou kan ek, ek verseker jou, met almal van harte deel…”

‘n Onbekende jong meisie skryf aan ‘n oud-onderwyseres op Nuwejaarsdag 1901:

“Elkeen probeer om die beste van alles te maak. Ek kan u nie vertel hoe swaar die lewe in die kamp is nie. Verbeel u elf mense in een tent. Dit is baie beknop. Ek dink dit is net wat ons nodig het, want as ons hier sou wees en alles gemaklik en lekker het, sou die lewe ondraaglik wees. Ons het nou skaars tyd om te dink, want ons het nouliks klaar water aangedra of ons moet weer die lyne van die tent gaan styftrek… Daar is altyd iets wat gedoen moet word. En as dit aand word, is ons almal afgemat na die dag se werk.”

Dan vertel sy oor die vorige aand se Nuwejaarsvieringe tussen elfuur en middernag.

“Presies twaalfuur het ons die Nuwejaarsgesang in die middle van die kamp gesing. Dit was ‘n stil aand, en ons kon ‘n kers saamdra. Dit was ‘n nag wat ek nooit sal vergeet nie, want onder al ons droefheid en beproewing het ons Prijs den Heer gesing en baie ander gesange.”

Getuigskrif vir ‘n volk en sy vroue
Hobhouse het na die oorlog in aangrypende woorde geskryf oor die verkeerdelike swartsmeerdery teen die Boere en hul vroue:
“Die Boere is self vroeër wrede struikrowers, plunderaars, diewe, moordenaars en rebelled genoem. Hulle word nou beter begryp as synde dappere en heldhaftige manne, waardig en verstandig, met grondige beskouinge omtrent selfverdediging.”

Sy verdedig ook hul vroue, “daardie vuil, lui, leuenagtige vroue, so onverskillig omtrent hulle kinders wat hulle so verwaarloos en selfs met opset vergiftig het” [soos wat kampowerhede graag beweer het].

“(Hulle is) in werklikheid ‘n beskaafde en hardwerkende klas van mense, so waarheidsliewend… en in staat om hulle groot families met liefde en sorg groot te maak.”

“Dit mag selfs erken word dat hulle nog méér as dit is: dat hulle tot onwankelbare getrouheid, ongeag persoonlike opoffering, in staat is; dat hulle selfbeheer, verdraagsaamheid en ander fynere karaktertrekke wat tot die beste stande behoort, goed verstaan.”

Uit: Die Smarte van Oorlog, saamgestel deur Paul Alberts, Kraal Uitgewers BK, 2005.

20 Feb 2008

Die Majuba verhaal


Die stryd tussen Boer en Brit in Transvaal 1877 - 1881
deur prof M.C van Zyl


'n Geweerskoot op 16 Desember 1880 in Potchefstroom het 'n gewapende botsing tussen Boer en Brit in Transvaal ingelui. Van Britse kant is dit beskou as 'n opstand, 'n Boererebellie teen die Britse gesag wat sir Theophilus Shepstone as verteenwoordiger van die Britse koningin op 12 April 1877 oor die destydse Zuid-Afrikaansche Republiek afgekondig het. Daarenteen was dit vir die Transvaalse Boere 'n vryheidstryd, 'n onafhanklikheidsoorlog; die voortsetting van 'n penne- en woordestryd wat al 'n dag voor die anneksasie begin het toe die regering van die Republiek skriftelik teen die oorname van hulle land geprotesteer het.

Die protes en die protesbeweging wat daarop gevolg het, was die Transvaalse Afrikaners se antwoord op die Britse anneksasie van hulle land. Oor die redes vir die anneksasie is al baie geredeneer. Daar word selfs gepraat van ware redes en van skynredes. Die skynredes is aangevoer om die ware redes te verbloem. Dit is dan ook opvallend dat die redes wat in die Britse parlement, koerante en amptelike stukke vermeld is, verskil van die wat die Britse staatslui in vertroulike en private briewe neergepen het. Een goeie voorbeeld hiervan is lord Carnarvon, die Britse minister van kolonies, se bewering op 25 Maart 1879 in die Britse hoe-erhuis dat die Transvaalse anneksasie nie uit sy bekende federasieskema vir die Suid-Afrikaanse state en kolonies voortgevloei het nie.(1) Selfs 'n paar dae na die anneksasie, maar voordat die nuus Londen bereik het, het hy in die openbaar gese dat Brittanje nie in Transvaal geinteresseerd was nie en dat by boonop nie onwilliges in sy federasie wou he nie.(2) In die privaat was Transvaal egter vir Carnarvon 'the key of the position',(3) want as die Britse vlag oor Transvaal wapper, sou die Oranje-Vrystaat moes volg en sou dit hom nader bring, soos hy dit self op 13 Oktober 1876 geformuleer het, 'to the object and end for which I have now for two years been steadily labouring - the union of the South African Colonies and States'.(4) Wat ookal die ware redes vir die anneksasie was, moet dit aanvaar word dat Carnarvon se federasieskema een van die belangrikste oorwegings was.

Die Transvaalse Afrikaners was vierkantig daarteen gekant om tot 'n Suid-Afrikaanse federasie onder die Britse vlag toe te tree. Hulle was bevrees dat hulle daarmee hulle vryheid sou verloor. Die drang na vryheid was een van die redes waarom die Voortrekkers die Kaapkolonie in die dertigerjare van die vorige eeu verlaat het. Britse inmenging in die Suid-Afrikaanse binneland, eers in Natal en later in Transoranje, het nie alleen die vryheidsdrang aan bande gele nie, maar ook by talle, selfs by sommiges wat vir 'n aantal jare in Natal gebly en Britse gesag beproef het, duidelikheid gebring dat hulle nie onder die Britse vlag wou wees nie. Diegene het uitgewyk na Transvaal en daar die vryheidsgedagte nog verder aangewakker. Groot was die blydskap toe Brittanje in 1852 eers die Transvaalse en inh1854 die Vrystaatse onafhanklikheid erken het. Brittanje sou egter sy beleid van nie-inmenging in die binneland mettertyd heroorweeg.

Vir Brittanje was die suidpunt van Afrika vanwee-e sy strategiese ligging na die Ooste van besondere betekenis. Die behoud van die Kaapkolonie het egter geld gekos, iets waarvan die Britse belastingbetaler nie gehou het nie. Dit was een van die redes waarom Carnarvon gestreef het na 'n Suid-Afrikaanse federasie wat onder die Britse vlag 'n selfversorgende staat kon word. Na verskeie mislukkings om die federasiegedagte inslag te laat vind in veral die Boererepublieke, maar ook in die Kaapkolonie, het Carnarvon besluit om tot die daad oor te gaan en Transvaal Britse gebied te maak.

Eienaardig genoeg het die Transvalers nie die anneksasie gewapenderwys teengestaan nie. Op al die redes hiervoor word nie hier ingegaan nie.(5) Dis voldoende om daarop te wys dat die Uitvoerende Raad, bewus van sy onmag om 'n gewapende stryd met Brittanje aan te knoop en begerig om bloedvergieting te voorkom, besluit het om alle vreedsame middele te beproef om die anneksasie ongedaan te maak. 'n Formele protes is dus uitgereik en 'n afvaardiging benoem om hulle saak in Brittanje en Europa te gaan bepleit.(6)

Op sy beurt het staatspresident T.F. Burgers ook 'n protes uitgereik(7) en per proklamasie 'n beroep op die burgers gedoen om voorlopig onder protes in die anneksasie te berus sodat die afvaardiging sy werk behoorlik kon verrig.(8) 'Burgers het ons in Gods naam belet om wapengeweld te pleeg', was 'n tydgenoot se verklaring waarom die wapens nie opgeneem is nie.(9) Selfs Shepstone het erken dat Burgers 'n oorlog afgeweer het.(10) Hy het egter die rustige gedrag van die burgers in afwagting op die uitslag van die deputasie se besoek aan Londen verkeerdelik vertolk as berusting in die anneksasie.(11) Die protes self het hy afgewater as iets wat die regeringslede aangegryp het om bulle te vrywaar teen beskuldigings van hoogverraad(12) en vir die groot meerderheid burgers gedien het as 'n verskoning 'to accept quietly what they feel is the only means of saving themselves and the country'.(13) En tog het Shepstone nog voor die terugkeer van die deputasie bestaande uit Paul Kruger en dr. E.J.P. Jorissen, die spanning begin aanvoel.

Die terugkeer van die deputasie in Desember 1877 was inderdaad 'n belangrike gebeurtenis. Toe die mense verneem dat die sending onsuksesvol was, het die gemoedere opgevlam. In Pretoria wou Kruger die mense kalmeer, maar hulle het daarop aangedring om die protes teen Britse gesag voort te sit. 'n Versoekskrif moes opgestel en onderteken word om aan Carnarvon te toon dat die meerderheid teen die anneksasie gekant was.(14) Eintlik het hierdie besluit teen Carnarvon se wens ingedruis, want in Londen het hy telkens geweier om aan die deputasie se versoek te voldoen dat 'n volkstemming oor anneksasie gehou moes word.(15)

Dit is baie duidelik dat die volk hulle nie wou laat keer nie. Vir 'n tweede verslagvergadering op Noupoort in die distrik Potchefstroom was Kruger so skrikkerig dat hy vir Piet Joubert versoek het om die vergadering by te woon 'om my te helpen opdat onze zaken geen verkeerde loop mag nemen', want 'de menschen zyn oploopend'.(16) By hierdie vergadering sowel as die een in Pretoria is kommissies gekies om die memorie te hanteer. So het die Volkskomitee sy beslag gekry. Die ondertekening van die memorie, hoewel dit teen die uitdruklike wens van Carnarvon geskied het, het ongetwyfeld 'n uitlaatklep gebied vir die heethoofdiges en het die leiers in staat gestel om in die gees van die protes teen die anneksasie alles in die werk te stel om die onafhanklikbeid op 'n vreedsame wyse te probeer terugkry.(17)

Die uitslag was 'n oortuigende oorwinning vir die pro-onafhanklikes. Uit 'n moontlike 8 000 burgers het 6 591 hulle teen die anneksasie uitgespreek. Slegs 587 was ten gunste van Britse gesag, dog die meeste van hierdie name was nie handtekeninge nie, maar is deur die stemopnemers ingeskryf omdat op Noupoort besluit is dat diegene wat huiwerig was om teen die anneksasie te teken, se name opgeskryf moes word by die' wat Britse gesag verkies het.(19) In Pretoria is egter nie 'n soortgelyke besluit geneem nie. Daar kon dus meer mense ten gunste van anneksasie gewees het. Toe die' stemme getel is, was daar ook nog 'n paar lyste uitstaande. Die Volkskomitee het dus besluit om die name vir anneksasie te ignoreer en slegs te konsentreer op die 6 591 stemme uit 'n moontlike 8 000, die getal waarop Shepstone die aantal weerbare Blanke mans gestel het. Paul Kruger en Piet Joubert is gekies om as 'n afvaardiging die uitslag aan Carnarvon bekend te gaan maak.(19)




Commandant-General P.J. Joubert Member of Triumvirate and Commander of Transvaal Republic Forces. Born 20 January 1831 - Died 27 March 1900.

'n Jaar na die anneksasie was dit uit die ondertekening van die memories duidelik dat die meerderheid Transvaalse burgers hulle nie aan Britse gesag wou onderwerp nie. Op beskuldigings dat mense deur skrikaanjaging gedwing is om te teken hoef nie hier ingegaan te word nie, omdat dit min om die lyf het. Dit is belangriker om sekerheid te kry oor die vraag of die burgers van die begin af teen Britse gesag gekant was, of het hulle gedurende die eerste jaar van Britse bestuur 'n weersin daarin ontwikkel? Volgens historikus C.W. de Kiewiet 'there is something to be said for the contention that the blunder that led to Carnarvon's undoing was not the annexation, but the years of mischievous administration that followed it'.(20) So 'n veralgemening kan slegs waar wees as dit bewys kan word dat die meerderbeid die anneksasie op 12 April 1877 aanvaar bet. En dit is 'n moeilike taak, veral as in aanmerking geneem word dat die oorgrote meerderheid slegs 'n jaar daarna teen die anneksasie gekant was. Dit wil eerder voorkom of die meerderheid van die begin af teen die anneksasie gekant was, maar ingevolge die oproep van die Burgersregering onder protes daarin berus het om die uitslag van die deputasie se besoek aan Londen af te wag. Die negatiewe uitslag hiervan het hulle tot 'n openlike keuse gebring. Dit is wel waar dat die eerste jaar van Britse administrasie maar swak was en dat Shepstone weens allerlei probleme wat hy op die lyf geloop het, nie sy beloftes gestand kon doen nie. Dit het wel 'n klompie lojale Afrikaanssprekendes en veral die Engelssprekendes se ontevredenheid gewek, sodanig dat 'n petisie vir die verwydering van administrateur Shepstone onderteken is.(21)
Ook die tweede afvaardiging na Londen het misluk. Hierdie keer was die afgevaardiges gewapen met gegewens waaroor die eerste deputasie nie beskik het nie en was hulle in alle opsigte baie beter voorbereid om Carnarvon die loef af te steek. Carnarvon is egter intussen as minister van kolonies vervang deur sir Michael Hicks Beach, 'n man wat nog sterker teenstand as sy voorganger teen die Transvalers se versoek om onafhanklikheid gebied het. Hy wou nie dieselfde waarde as die deputasie aan die 6 591 handtekeninge heg nie, want baie van die ondertekenaars was volgens hom onbevoeg om oor so 'n belangrike saak te besluit en het buitendien onder dwang geteken. Boonop het hy Shepstone se redes vir die anneksasie, die skynredes, aanvaar ten spyte van die deputasie se argumente om die teendeel te bewys.(22)

Die mislukking van die tweede afvaardiging het die Boere daarvan oortuig dat hulle saak in Londen beswadder word deur die Britse amptenare in Suid-Afrika. Daarom sou daar voortaan gepoog word om hierdie mense tot 'n ander sienswyse oor te haal. Die eerste wat aan die beurt gekom het, was sir Bartle Frere, die Britse hoe-e kommissaris in Suid-Afrika. Frere se posisie in Suid-Afrika was so belangrik dat die Boere hom nooit kon verbygaan nie. Hulle het hom dan ook geken toe die eerste en tweede deputasies na Londen gestuur is en by hom gepleit om die Boeresaak te bevorder. Hoewel Frere niks met die Transvaalse anneksasie te make gehad het nie, moet dit egter in gedagte gehou word dat Carnarvon hom met 'n spesifieke doel na Suid-Afrika gestuur het. Hy moes sy federasiebeleid uitvoer en die eerste goewerneurgeneraalskap van 'n verenigde Suid-Afrika teen 'n salaris van £10 000 was die lokaas.(23) Carnarvon so opvolger, Hicks Beach, het ook 'n federasie voorgestaan en sy volle steun aan Frere toegese'.(24) Menslikerwys beskou, sou Frere dus die brood uit sy eie mond geneem het indien hy aan die Boere-eis van onafhanklikheid toegee. Boonop was hy 'n ervare amptenaar en ryksbouer wat die opdragte van sy regering lojaal uitgevoer het. Nogtans was die Boere in hulle ywer om op 'n vreedsame en konstitusionele wyse na hulle onafhanklikheid te streef bereid om hulle hoop en vertroue op 'n man soos Frere te vestig.

Frere het gemeen dat hy die ontevrede Transvalers kon sus deur hulle konstitusionele vryhede onder die Britse vlag aan te bied. Dit was nie 'n nuwe gedagte nie. Carnarvon en Hicks Beach het dit al onsuksesvol met die deputasies probeer. Frere was van plan om Transvaal te besoek om oor 'n konstitusie te beraadslaag. Die geskil oor die Transvaal- Zoeloelandgrens het egter sy besoek vertraag omdat hy eers in Natal moes aangaan. Daar het die tweede deputasie op hulle terugreis by hom aangedoen. Die meeste wat Frere aan die Boere wou gee was 'n grondwet met groot vryhede. Hy sou dit met hulle bespreek wanneer by Transvaal besoek.(21)

Op Wonderfontein, naby die huidige Carletonville, waar die tweede deputasie in Januarie 1879 aan 'n volksbyeenkoms verslag gedoen het, het dit duidelik geblyk dat die Volkskomitee en die byna 2 000 vergaderde burgers die protes teen die anneksasie sou voortsit. Hulle was bereid om tot die welvaart van Suid-Afrika met Frere mee te werk, maar die herroeping van die anneksasie was 'n voorvereiste. Hulle sou op Frere se besoek aan Transvaal wag.(26) Nog voordat Frere sy opwagting in Transvaal gemaak het, is Shepstone as administrateur van Transvaal deur Owen (later sir Owen) Lanyon vervang. Lanyon het vir die Boere en selfs vir die Engelse in Suid-Afrika geen goeie woord gehad nie en sou deur sy ongenaakbare houding bydra tot die verdere moeilikhede.

In Maart 1879 het meer as 4 000 burgers saamgetrek op die plaas Kleinfontein (by die huidige Benoni) op die pad tussen Pretoria en Heidelberg om Frere te ontmoet. Hulle het vir drie weke geduldig gewag totdat Frere hulle op 10 April bereik het. Twee dae later het hy met die Boereleiers naby Pretoria beraadslaag. Die onderbandelings het 'n dooie punt bereik, maar Frere het ingewillig om 'n memorie bevattende die Boere se versoek dat die anneksasie herroep moes word, aan die Britse koningin te stuur. Hy het ook onderneem om 'n juiste weergawe van sy onderhandelings met die Boere aan die Britse regering te besorg.(29) Hy het dit dan ook gedoen en selfs in 'n brief, wat by aan vyf Boereleiers getoon het, aan Hicks Beach geskryf 'that their representations are worthy of your earnest consideration.' (29) Dit het die Volkskomitee en die versamelde burgers tevrede gestel en hulle het die byeenkoms op Kleinfontein ontbind. In ander briewe het Frere dit egter duidelik gestel dat die meerderbeid Transvalers Britse gesag verkies.(30) Sy ervaring met die Volkskomitee en die Boerekamp van Kleinfontein het geen indruk op hom gemaak nie. Hy het wel die geweldige spanning wat daar geheers het, aangevoel en sy grootste begeerte was om die duisende gewapende burgers op Kleinfontein op 'n vreedsame wyse uiteen te kry.(31) Hierin het by geslaag. In sy poging om die Boere van hulle onafhanklikheidstrewe te laat afsien, het hy egter misluk.

In Londen is daar besluit om 'n antwoord op die memorie voorlopig agterwee-e te hou totdat die Anglo-Zoeloeoorlog be-eindig is. Die verantwoordelikheid vir hierdie oorlog is reg of verkeerd voor Frere se deur gele. Sy gesag as ho-e kommissaris in Transvaal, Zoeloeland en Natal is hom dus ontneem en toevertrou aan sir Garnet Wolseley, wat ho-e kommissaris vir Suidoos-Afrika geword het. Wolseley moes die oorlog be-eindig en die probleme met die Boere uitstryk.(32)

Die 46-jarige generaal-majoor sir Garnet Wolseley was 'n persoon wat geweet het wat hy wou he. Hy was 'n skitterende soldaat wat reeds op 26 jaar 'n luitenant-kolonel in die Britse leer geword het, maar hy was ook 'n 'egotist and a braggart'.(33) Nadat hy met die Zoeloes vrede gesluit het, het hy Transvaal met groot gedruis binnegekom en vertel 'that the annexation was forced upon us by circumstances over which we had no control, but having been done, it cannot and never will be undone... as long as the sun shines daily this (Transvaal) will continue part of Her Majesty's dominiums in South Africa'.(34) Hy het met sy aankoms in Pretoria skaars die ampseed op 29 September 1879 afgele', of hy kondig per proklamasie aan dat Transvaal vir ewig Britse gebied sou bly.(35) Alle twyfel oor Britse bedoelings moes die nek ingeslaan word. Wolseley was haastig om dinge in Transvaal reg te ruk, so haastig dat iemand opgemerk het: 'He wants to gallop through everything as if he was a God Almighty.'(36)

Ten spyte van alles het die Boere in groot getalle na die volksbyeenkoms op Wonderfontein opgeruk. Op 11 Desember 1879 het dit reeds geblyk dat sowat 4 000 burgers hulle onafhanklikheid wou terughe' en nie meer langer wou wag nie. Vir die verslaggewer van De Volksstem was dit duidelik dat die vroe-er-verdeelde Transvalers gegroei het tot "e'e'n volk, met een eigen geschiedenis en onverwrikbaar aan elkander gehecht door de heilzaamste deugd: vaderlandsliefde. Zoo wordt uit een slechte zaak dikwijls nog iets goeds geboren!"(42) Die middag van die l5de is tien besluite aanvaar. Die volk het te kenne gegee dat by nog nooit onder die Britse viag wou staan nie en die begeerte uitgespreek dat die Volksraad byeengeroep moes word sodat die wettige regering sy werksaamhede kon hervat. Elkeen het beloof om met die hulp van God mee te werk tot 'n kragtige regering, eerbied vir die wet, ontwikkeling en vooruitgang van die land, en om hulle regering tot die dood toe te verdedig. Op die 17de is 'n verdere besluit toegevoeg, naamlik dat die Volkskomitee in die belang van die land moes meewerk indien die Britse regering 'n vreedsame weg sou inslaan.(43)

Tot 'n vreedsame weg was Wolseley nie bereid nie. Hy het reeds vir Sekhukhune onderwerp en sou dit ook met die opstandige Boere doen. Sy eerste optrede was om M.W. Pretorius en W.E. Bok in hulle hoedanigheid as voorsitter en sekretaris van die Volkskomitee te arresteer nadat hulle die Wonderfonteinbesluite aan hom gestuur bet. Hy wou hulle aankla van hoogverraad. Hulle is gearresteer en uiteindelik op borgtog van £3 000 elk vrygelaat. In Potchefstroom het die aanhouding van Pretorius byna in 'n krisis ontaard.(44)

Voorts het Wolseley 'n regeringsgesinde Hollandse koerant, die Transvaalsche Volksvriend, opgerig om as 'n teenvoeter vir De Volksstem te dien. Hy het £300 uit sy eie sak betaal om die koerant vir die eerste ses maande aan die gang te hou.(45) Dit was nog nie die einde van Wolseley se planne om die protesbeweging lam te le' nie. Die verrassendste daarvan was om M.W. Pretorius 'n setel aan te bied in die Uitvoerende Raad wat hy beoog het om in te stel. 'n Volgende stap was om Bok en Pretorius se verhoor uit te stel, want met die verhoor hangende sou die mense te bang wees om die volgende volksbyeenkoms wat vir April 1880 bele' is, by te woon.(46)

Sy aanbod aan Pretorius, wat vir hoogverraad verhboorafwagtend was, het baie mense dronkgeslaan, maar vir Wolseley was dit logies dat hy daarmee bewys het dat hy toegeeflik wou wees teenoor almal wat gewillig was om sy regering lojaal te dien.(47) Eintelik was dit 'n vorm van omkopery en hy het dit immers self erken.(48)

Nadat Wolseley kroonkolonieregering in Transvaal aan die gang gesit het met die instelling van 'n Uitvoerende Raad op 23 Februarie en 'n Wetgewende Vergadering op 10 Maart 1880, albei met genomineerde lede, het hy sy taak as afgehandel beskou. Hy het geen verdere probleme van die kant van die Boere verwag nie. Toe die volksvergadering wat vir April 1880 bele' is, boonop uitgestel word, was Wolseley in sy noppies. 'Things have never looked better than they do now', was sy kommentaar.(49)

Vir die Boere, wat nog steeds op 'n antwoord op hulle memorie gewag bet, was Wolseley se optrede 'n skok wat hulle aangespoor het om te volhard in hulle strewe na onafhanklikheid. Ontevredenheid oor die optrede van amptenare, veral oor die insameling van belastings en die uitreiking van permitte vir ammunisie,hhet oral uitgeslaan. 'n Voorval op Middelburg illustreerhdie spanning wat geheers bet. Toe vyftig burgers op 8 Oktober 1879 die verhoor van J.H. Jacobs bygewoon het, het die waarnemende landdros dit goed geag omhWolseley se proklamasie oor die behoud van Britse gesag is Transvaal te laat voorlees. Dit het chaos tot gevolg gehad en die verhoor is vir 'n paar uur uitgestel. Ge-irriteer deur die proklamasie, asook deur die beperkings op ammunisie-aankope het die burgers op twee winkels toegeslaan en al hulle ammunisie onder dwang gekoop sonder om permitte daarvoor te toon. (37) Soortgelyke 'kopery' van ammunisie het op ander plekke gevolg. Die oortreders is slegs ligte boetes opgele', moontlik om 'n algemene opstand te voorkom. Wolseley was spoedig daarvan oortuig dat 'we are hated by 9/10 of the Boers with an intense hate'.(38)

Wolseley het voorts, in teenstelling met ander Britse amptenare, die moed van sy oortuiging gebad om te erken dat daar nooit 'n groot en invloedryke groep Boere ten gunste van anneksasie was nie. Hy het dus die anneksasie as 'a great political blunder' beskou.(39) Hy sou egter die laaste een wees om die onttrekking van Britse gesag aan te beveel, omdat dit Britse prestige, veral by die Swartes, sou skaad.(40)

Voordat Wolseley teen die Boere kon optree, moes hy eers die opstandige Pedikaptein, Sekhukhune, onderwerp. Wolseley was veral bekommerd oor die volksvergadering wat vir 10 Desember 1879 bele' is en hy het Lanyon opdrag gegee om die Boereleiers van die protesbeweging af te rokkel deur staatsposte aan hulle te bied. Hy was ook bereid om tot £50 te betaal vir inligting wat sou lei tot aanklagte teen persone wat van skrikaanjaging gebruik maak om die burgers by die volksvergadering te kry. Die Boere moes ook voorts afgeskrik word met 'n berig in die Transvaalse Argus dat die artillerie toegerus word met 'n nuwe en baie gevaarlike bom.(41)

Wolseley het die klimaat verkeerd gelees. Die protesbeweging was nie besig om dood te loop nie. Die volksvergadering is ook nie uitgestel omdat die protesbeweging laat vaar is nie. Dit is gedoen om nog eens 'n poging aan te wend om die onafhanklikheid op 'n vreedsame wyse terug te kry. Kruger en Joubert is na Kaapstad afgevaardig om 'n federasievoorstel wat voor die Kaapse parlement gele' sou word teen te werk. Daarby sou op die nuwe Britse eerste minister, W.E. Gladstone, 'n beroep gedoen word om hom te hou by die mening wat by voor die Britse verkiesing uitgespreek het dat hy teen die Transvaalse anneksasie gekant was en dit moontlik na sy bewindsaanvaarding sou herroep. Kruger en Joubert het wel in Kaapstad bygedra tot die mislukking van die federasieplan.(50) Die beroep op Gladstone was egter onsuksesvol.(51)

Na Wolseley se vertrek het generaal-majoor sir George Pomeroy Colley hom as ho-e kommissaris vir Suidoos-Afrika opgevolg. Colley was egter nie soos Wolseley ook goewerneur van Transvaal nie. Dit het beteken dat Owen Lanyon nou seggenskap verkry het. Lanyon het gemeen dat die Boere-agitasie besig was om dood te loop.(52) En tog was daar volop tekens dat dit nie die geval was nie. Kennisgewings wat Engelsgesindes belet het om op Boere se plase te kom het al meer in De Volksstem verskyn. 'Wij zijn het tergen moede en vol tot barstens toe', het 'n groepie burgers in die distrik Rustenburg gese(53) en daarmee waarskynlik die gevoelens van baie ander vertolk. Daar was ook heelwat probleme met die betaling van belastings. Vir Lanyon was die Boere egter 'n klomp grootpraters wat te lafhartig was om ooit tot optrede oor te gaan.

Lanyon se onvermo-e om die Boere se ware gevoelens raak te sien en sy begeerte om Transvaal se inkomste op te stoot, sou ruimskoots bydra tot die uitbreek van die oorlog. Hy het geen nuwe belastings gehef nie, maar op die effektiewe insameling van die bestaande belastings gekonsentreer. Hy het dan ook goeie resultate behaal, maar baie Transvalers het ongelukkig gevoel, want hulle het betaling van belastings beskou as onderwerping aan Britse gesag. Sommige was bereid om belastings te betaal indien dit op die kwitansie aangedui word dat hulle dit onder protes doen.(54)

In Potchefstroom het die belastinginsameling tot 'n openlike botsing aanleiding gegee. Pieter L. Bezuidenhout van wyk Schoonspruit is vir £27.5.0 aangeslaan, maar hy het slegs £14 aangebied, wat volgens sy kwitansies die bedrag was wat hy verskuldig was. Die landdros wou nie ingee nie en Bezuidenhout is voor die hof gedaag. Die uitspraak was dat hy net £14 moes betaal, maar hy is aangeslaan vir £8 hofkoste. Bezuidenhout het toe geweier om die gesamentlike bedrag van £22 te betaal, waarop op sy wa beslag gele is.(55) 'n Honderdtal Boere het op 11 November 1 880 verhoed dat die wa opgeveil word.(56)

Hierna het sake vinnig ontwikkel. Van regeringskant is 'n hele klomp maatree-els getref om die landdros se gesag te handhaaf en die belhamels aan die man te bring.(57) Aan Boerekant het dit duidelik geword dat die einde van vreedsame onderhandelings aangebreek het en die volksvergadering is na 8 Desember 1880 vervroeg. Op sy beurt het Lanyon 'n kennisgewing in die staatskoerant gepubliseer om die Boereleiers te waarsku teen wetsoortreding en die lojales te verseker dat Britse gesag gehandhaaf sou word.(58)

Op die bestemde dag het die burgers van heinde en ver saamgetrek op Paardekraal, die plaas waarop Krugersdorp later aangele is. Moontlik was daar uiteindelik 8 000 burgers byeen. Op 11 Desember is Kruger as vise-president versoek om die regering van die Republiek te herstel. Hy het dit op die l3de gedoen deur die Volksraad byeen te roep. By die geleentheid het die voorsitter van die Volksraad, C.J. Bodenstein, Kruger bedank vir sy gewilligheid om aan die stem van die volk gehoor te gee en hom verseker dat hulle by hom sou staan 'gereed tot den laatsten man om ons leven voor de afhankelijkheid van ons dierbaar vaderland op te offeren'.(59) 'n Driemanskap bestaande uit Paul Kruger, Piet Joubert en M.W. Pretorius sou die bestuur van die land voorlopig behartig.

Op 13 Desember 1880 is ook 'n proklamasie opgestel waarin die Boeresaak uiteengesit en die buitewereld kennis gegee is dat die onafhanklikheid van die Republiek herstel is.(60) Kommandant Piet Cronje' is die volgende dag met 'n sterk patrollie na Potchefstroom gestuur om die proklamasie by J.P. Borrius te laat druk. Voorts is Paardekraal verlaat en op die l6de is die vierkleur op Heidelberg gehys. Dit sou voorlopig die setel van die Boereregering wees.(61)

Voordat die burgers Paardekraal verlaat het, is 'n klipstapeling gebou en elkeen wat 'n klip gele' het, het 'n heilige gelofte afgele' om mekaar as broers die hand te reik, getrou aan hulle land en volk te bly en met die oog gerig op God tot die dood toe saam te werk vir die verkryging van hulle onafhanklikheid.(62) Dit was 'n verenigde volk wat hulle hier tot 'n gelofte verbind het. Van die verdeeldheid wat daar tevore in Transvaal was, was daar geen sprake meer nie. Die gemeenskaplike ideaal om hulle onafhanklikheid te herwin loop soos 'n goue draad deur die Boere se optrede sedert 11 April 1877, toe die protes uitgereik is. Hierdie ideaal was die band wat hulle verbind het en die verskeie volksvergaderings het hulle geleer om dinge saam te doen. In Desember 1880 was die tyd dus ryp om tot optrede oor te gaan.

In Pretoria het Lanyon, wat deur die Driemanskap versoek is om die sleutels van die staatskantore binne 48 uur sonder bloedvergieting te oorhandig,(63) op 18 Desember 1880 met 'n proklamasie geantwoord waarin die optrede van die burgers as rebellie bestempel word en die bevelvoerder van die troepe opdrag gegee is 'to vindicate the authority of Her Majesty's Government'.(64) Die oorlog was toe reeds aan die gang.

Die eerste skoot van die oorlog het op 16 Desember 1880 in Potchefstroom geklap toe 'n Boerepatrollie met 'n paar Britse soldate slaags geraak het. Wie die eerste skoot gevuur het, kan nie met sekerheid bepaal word nie.(65) Hierna het Cronje' Potchefstroom ingeneem en die troepekamp belee-er waar kolonel Winsloe oor 'n stuk of 140 man en 'n paar artilleriste met twee kanonne gesag gevoer het. Die Boere se strategie was dan ook daarop gemik om 'n konsentrasie van die verspreide troepemagte in Transvaal te verhoed. Alle troepekampe is dus belee-er. Voorts sou gepoog word om versterkings uit Natal voor te keer.

In Transvaal was daar nie voldoende troepe om die burgers die hoof te bied nie. Dit was in groot mate te wyte aan Colley en Lanyon se wanvertolking van die Boereplanne. Eintlik het hulle al gewoond geraak aan volksvergaderings wat altyd vreedsaam uiteen is, asook aan die talryke gerugte dat die Boere tot gewapende optrede sou oorgaan, maar waarvan daar nooit iets tereg gekom het nie. Dit het tot gevolg gehad dat Colley op 24 Augustus 1880 'n vermindering van die troepemag in Transvaal met een regiment aanbeveel het. Hy het dit wel nodig gevind dat 'n sterk mag in Pretoria gehou moes word met afdelings troepe by punte wat van strategiese en politieke belang was. Gevolglik is geree-el om twee en 'n kwart regimente infanterie, twee afdelings artillerie met vier kanonne, een kompanie Ingenieurs en 120 man berede infanterie in Transvaal te hou.(66) Later is nog 'n regiment uit Transvaal onttrek.

Met die uitbreek van vyandelikhede was daar troepesametrekkings in Pretoria, Potchefstroom, Standerton, Lydenburg, Wakkerstroom, Rustenhurg en Marabastad. In Marabastad het slegs 60 man van die 94th Regiment onder kapt. E.S. Brooke oorgebly nadat een kompanie na Pretoria ontbied is. Die troepe in Marabastad, bygestaan deur 30 vrywilligers en 50 basterpolisie, is deur kommandant Barend Vorster vasgepen. Ook in Lydenburg het daar slegs 'n stuk of 70 man onder luitenant Long oorgebly nadat die hoofkwartier en twee kompanies van die 94th Regiment na Pretoria vertrek het. Kommandant Piet Steyn het die Lydenburgse troepe vasgekeer. In Standerton was daar twee kompanies 94th Regiment and een kompanie 58th Regiment onder majoor W.E. Montague. Sy 350 man, wat aanvanklik deur 34 maar later deur 75 vrywilligers bygestaan is, het die wind van voor gekry van 'n aantal burgers onder kommandant Lombaard. Kommandant Van Staden het die 33 vrywilligers en 120 troepe onder kaptein Saunders in Wakkerstroom besig gehou. In Rustenburg is 72 man en 10 vrywilligers onder kapt. Auchinleck eers deur kommandant A. van der Walt en later deur kommandant C. Eloff belee-er.(67)

Die sowat 260 troepe wat onder kolonel Anstruther van Lydenburg af op pad was na Pretoria, het nooit hulle bestemming bereik nie. Kommandant Frans Joubert het hulle op 20 Desember 1880 met sowat 160 burgers by Bronkhorstspruit aangedurf en met gevoelige lewensverliese tot oorgawe gedwing. Hierdie klinkende oorwinning het nie alleen die Boere se moreel gestimuleer nie, maar ook die belee-erde Britse troepe in hulle dop laat kruip. Hoewel dit moeilik is om vas te stel wat die getalle van die burgers was wat die verskillende plekke belee-er het, is dit wel duidelik dat hulle getalle baie minder was as die' van die vasgekeerde troepe. In Pretoria het generaal H. Schoeman, bygestaan deur D. Erasmus, Hans Botha en Henning Pretorius met ongeveer 600 burgers sowat 1 000 man (troepe en vrywilligers) ingesluit.(68)

Die hoof-Boeremag was onder kommandant-generaal Piet Joubert en Nicolaas Smit op die Transvaal-Natalgrens waar hulle die versterkings uit Natal onder generaal Colley ingewag het. Toe Colley, wat bevelvoerder van die troepe in Natal en Transvaal was, in Pietermaritzburg van die vyandelikhede verneem het, het hy onmiddellik ree-elings getref om met al die beskikbare troepe na Transvaal op te ruk. Saam met die troepe in Transvaal sou hy dan beskik oor 'n mag van drie en 'n half regimente infanterie, agt kanonne en sowat 250 berede man, wat hy gemeen het moontlik voldoende sou wees om die oorlog te be-eindig.(69) Op papier lyk dit nie sleg nie, maar in die praktyk was dit 'n gelapte troepemag waarmee Colley wou deurbreek. Die sowat 1 400 man en 6 kanonne wat uiteindelik op 26 Januarie 1881 by Mount Prospect kamp opgeslaan het, was afkomstig uit verskeie regimente en haastig saamgeflans.(70) Met hierdie mag het hy op 28 Januarie die burgers op Laingsnek aangedurf en die onderspit gedelf. Colley was haastig om deur te breek om die belee-erde garnisoene in Transvaal te gaan ontset. Hy was veral bekommerd oor die troepekamp in Potchefstroom wat nie oor voldoende rantsoene beskik het nie. Sy oorhaastigheid het hom egter duur te staan gekom en sou hom later die hoogste tol laat betaal.

Na die nederlaag by Laingsnek moes Colley noodgedwonge op hulp wag. Versterkings het van 25 Januarie af in Durban begin aankom. Ook sir Evelyn Wood, wat as tweede in bevel aangestel is, was op pad na die front. Colley het beoog om van die versterkings onder sy eie bevel te voeg totdat hy oor 'n mag van 2 200 infanteriste, 450 kavalleriste en ses kanonne beskik. 'n Tweede kolon moes onder Wood op Newcastle versamel vir flankbewegings indien die Boere dit nodig sou maak. Colley wou teen 20 Februarie met sy opmars begin en deurdruk na Pretoria. Bellairs moes dan daarvandaan opruk om Potchefstroom en Rustenburg te ontset. Wood sou volg om Lydenburg te ontset en die orde in die distrikte Wakkerstroom en Utrecht te herstel, en indien nodig ook 'n mag aanvoer na Middelburg en Marabastad. 'You will... I am sure, understand that I mean to take the Nek myself!' het Colley op 4 Februarie aan Wood geskryf.(71)

Colley kan natuurlik nie stilsit in sy kamp by Mount Prospect nie. Hy moes voortdurend op die uitkyk wees ten einde 'n moontlike Boere-aanval op sy kamp af te slaan. Daarby moes hy sy verbindingslyn met Newcastle oophou, want vandaar sou die verwagte versterkings kom en het hy ook sy proviand gekry. Ook die gewondes is daarheen teruggestuur. Die Boere het hierdi kwesplek raakgesien en het probeer om hierdie verbindingslyn af te sny. Op sy beurt wou Colley dit nie toelaat nie. Dit het gelei tot die geveg by Schuinshoogte ook bekend as die slag van Ingogo, op 8 Februarie. Na 'n hewige geveg het die troepe in die donker die slagveld verlaat. Die Boere was in besit van 'n baie goei posisie maar moes dit weens 'n gebrek aan kommunikasie, veral as gevolg van die omweg wat gevolg moes word en die vol riviere en spruite, uiteindelik ook prys gee.

Vir Colley was Schuinshoogte nog 'n gevoelige terugslag. 'The gravity of his task was now evident', skryf sy biograaf. 'The mobility of the enemy; the extraordinary accuracy of their rifle fire; their coolness, courage, and instinctive knowledge of war, the inbred results of free country life in these stern uplands which had taught them in many a hard fight with man and nature all they knew of war... His little force was not able to prevail against the Boers.'(72)

Terwyl Colley op die versterkings gewag het, is die vredespogings voortgesit. Vir 'n man soos Paul Kruger was dit duidelik dat die oorlog slegs 'n demonstrasie van sy volk se vasberadenheid was. Hy sou nooit die oorlog enduit teen Brittanje kon volhou nie. Daarom was die erkenning van Transvaalse onafhanklikheid vir hom die hoofdoel.(73) Baie ander in Suid-Afrika en ook in Brittanje het vrede voorgestaan. Waar daar tevore niemand na die Boeresaak wou luister nie, was daar nou baie wat simpatiekgesind was. Buitendien het dit ook begin lyk of ander Afrikaners buite Transvaal tot die stryd wou toetree.

Intussen het Kruger aan Colley geskryf, wat op beurt weer met die Britse regering geskakel het. Op 21 Februarie het Colley aan Kruger geskryf dat die Britse regering bereid was om 'n kommissie te benoem wat volmag sou he' om selfregering vir Transvaal uit te werk as die Boere hulle verset staak. Kruger moes binne 48 uur antwoord. Dit kon hy egter nie doen nie omdat hy nie meer by Laingsnek was nie, maar in die omgewing van Rustenburg. Toe hy Colley se brief op die 28ste ontvang het, het hy dadelik geantwoord en die Britse voorstel aanvaar.(74) Dit was 'n dag na die slag van Majuba.

Colley het nie op 'n antwoord van Kruger gewag nie, ten spyte van die feit dat hy deur die Boere meegedeel is dat Kruger nie binne die vasgestelde 48 uur kon reageer nie. Die Boere het waarskynlik die 48 uur as 'n wapenstilstand beskou. Dit was egter nie die geval nie. Nog voor die slag van Majuba het Colley nie alleen verkenningstogte beveel nie, maar was daar ook kleiner skermutselings tussen die troepe en die burgers. Hieroor was die Boere nie baie gelukkig nie, maar hulle was wel op hulle hoede. Dat Colley graag 'n beslissende slag wou lewer, spreek duidelik uit 'n brief wat hy op 18 Februarie, die dag toe hy ook aan Kruger geskryf het, aan sir Garnet Wolseley gerig het: 'I am now getting together a force with which I think I could command success, but the Home Government seem so anxious to terminate the contest, that I am daily expecting to find ourselves negotiating with the "Triumvirate" as the acknowledged rulers of a victorious people; in which case my failure at Lang's Nek will have inflicted a deep and permanent injury on the British name and power in South Africa which it is not pleasant to contemplate.'(75) Buitendien kon Colley ook nie te lank wag op Kruger se antwoord nie, want vir die belee-erde garnisoene in Transvaal, veral in Potchefstroom, het die toestand daagliks verswak. Kruger se antwoord kon buitendien negatief gewees het.

Colley het sy onmiddellike begeertes, wat dit dan ookal mag wees, nooit verwesenlik nie. Sy troepe het 'n vernederende nederlaag op Majuba gely en hy het self met sy lewe geboet. Dit was die laaste botsing van hierdie oorlog. 'n Wapenstilstand is gesluit wat op 'n vredeskikking uitgeloop het. Die Transvalers het eindelik met die Pretoriase Konvensie hulle onafhanklikheid herwin, al was dit dan ook onder beperkende voorwaardes. So is 'n stryd in 1881 be-eindig wat sedert 1877 eers met die pen en later met die geweer gevoer is.