19 Mar 2010

Nasionale Verkenners Kongres


Die nasionale kongres van die Verkenners Beweging het plaasgevind op 13 Maart 2010. Hierdie is 'n tweejaarlikse gebeurtenis. In die jaar wat daar nie 'n nasionale kongres gehou word nie, vind die provinsiale kongresse plaas.

Hierdie jaar se kongres was aangebied deur die Donkerhoek verkenners. Ons wil hulle bedank vir al hulle harde werk om hierdie geleentheid moontlik te gemaak het. Die kongres was uitstekend aangebied by Galagos, wat net buite Kleinfontein gelee is.

Die Paardekraal verkenners was goed verteenwoordig by die kongres. Daar is ook twee Paardekraal verkenners wat vereer is met 'n goue medalje toekenning vir hulle harde werk die afgelope twee jaar. Sid Mann en Martin Rossouw was die twee manne wat die Paardekraal verkenners se naam hoog gehou het.



'n Oud voorsitter en lid van die Paardekraal verkenners, Ben Geldenhuys het ook die trofee vir die bobaas verkenner met 'n lid van die Donkerhoek verkenners, Jan Beyers, gedeel. Ben het ook intussen by Donkerhoek ingeskakel.

Daar kan ook met trots aangekondig word dat Paardekraal die trofee vir die beste pos verower het.

Na 'n heerlike ontbyt en puik sprekers, het die geslote deel van die kongres plaasgevind. Hier het besprekings en beplanning vir die volgende twee jaar plaas gevind.
Die nuwe bestuur is dan ook tydens hierdie geleentheid verkies. Die nuwe verkose bestuur van die beweging is as volg:
President - Ben Geldenhuys
Vise-President - Abel Malan
Tesourier - Jan Beyers
Sekretaris - Alwyn de Klerk
Jeug Leier - Jan van Zyl
Adissionele lid - Rian Genis

Die Boer en Malema


Hierdie media verklaring het gevolg na die uitsprake van Julius Malema,wat deesdae net sy mond oopmaak om voete te wissel.

Vandag het Mnr. Ben Geldenhuys, wat intussen verkies is tot die President van die Verkenners beweging van Suid-Afrika, sy woord te stand gedoen en by die Voortrekker monument gaan wag. Soos wat verwag is het ou Julius nie opgedaag nie. Dis maklik vir hom om skares op te sweep om te moor, maar as sy eie bas op die spel is, is dit te veel gevra.
Dit bewys weereens deur watter lafharte die ANC en kie hulle laat lei.

Ons manne wil vir Ben geluk wens met sy sterk standpunt wat hy ingeneem het. As ons ook so bietjie kan spog: Ben was een van die stigterslede van die Paardekraal verkenners, en ook die Voorsitter voordat hy na Kleinfontein verhuis het.


Media Verklaring





11 Maart 2010



Die Verkenners Beweging van Suid-Afrika, het met woede kennis geneem van die leier van die ANC jeugliga se oproep dat boere geskiet moet word. Sedert 1994, toe die ANC oorgeneem het, is daar reeds meer as 3000 boere, meestal bejaardes en vrouens, op die wreedste moontlike manier op plase vermoor. Die regering van die dag maak ook hierdie moorde af as blote misdaad, maar as mens in ag neem dat in baie gevalle niks gesteel word nie, is dit onsinnig om hierdie wreedheid as blote misdaad af te maak. Malema se uitlating word deur die Verkenners Beweging van Suid-Afrika geag as aanhitsing tot plaasmoorde en is vir die Verkenners totaal onaanvaarbaar. Veral as in ag geneem word dat dit meestal bejaardes en vrouens is wat op plase vermoor word. “As Malema so graag ‘n boer wil skiet, laat hy my kom skiet en nie ander mense aanhits om weerlose bejaardes en vrouens te vermoor nie” het die Nasionale Sekretaris van die Verkenners Beweging, Mnr. Ben Geldenhuys gesĂȘ. Hy het bygevoeg: “Om dit vir hom maklik te maak, sal ek op die 19de Maart 2010 om 12h00, by Fort Schanskop vir hom wag”. Die Verkenners Beweging het ook kennis geneem van talle klagtes wat teen Malema ingedien is by die menseregte kommissie, die Verkenners is egter van mening dat hierdie klagtes tot niks sal uitloop, aangesien Malema klaarblyklik superklas burgerskap het.

Ben Geldenhuys

Nasionale Sekretaris

Verkenners Beweging van Suid-Afrika

15 Mar 2010

Majuba 2010