20 Sept 2009

Paul Kruger se voete gewas


Ter voorbereiding van die herdenking van Paul Kruger se 184ste verjaarsdag, het die Paardekraal Verkenners besluit om Oom Paul se standbeeld skoon te maak. Die nodigheid om die standbeeld skoon te maak, het ontstaan nadat vandaliste die standbeeld ontsuur het met grafiti. Die Verkenners het redelik vinnig die grafiti verwyder gekry en het daarom ook besluit dat die standbeeld skoon gemaak moet word.



Simbolies is Oom Paul se voete ook gewas. Hiermee is verskoning aangebied aan Oom Paul dat ons toegelaat het dat die land in so gemors verval het en daarmee al sy opofferinge ongedaan gemaak het.




16 Sept 2009

Paul Krugerfees - 10 Oktober 2009



05 Sept 2009

Die buiteland se oë gaan oop!


03 Sept 2009

Krugersdorpnuus 28 Augustus 2009


02 Sept 2009

1938 - Die wonderjaar!




1938 was 'n wonderjaar vir die Afrikaner. Die jaar waarin die Afrikaner weer opgestaan het. In 1938 is die eeufees van die Groottrek gevier, wat afgesluit is met die hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument. Hierdie fotos is geneem tydens die hoeksteenlegging:











Beloftes van ons voorvaders


Ek kom al hoe meer agter dat ons voorvaders die gewoonte gehad het om hulle nageslagte (by implikasie ons) te verbind tot sekere beloftes. Onlangs het ek weer Jan van Riebeeck se Gelofte gelees en besef daar is 'n belofte daarin wat ons vandag ook verbind. Die Bloedrivier Gelofte se beloftes ken ons ook. 'n Minder bekende belofte wat gemaak is, is die 1938 klipstapel wat by die Voortrekkermonument is.






Die verduideliking van die klipstapel en die belofte wat daar gemaak is:

Ek wonder nou of die opsigter van die Voortrekkermonument (Gert Opperman) bewus is van hierdie belofte? Hy bou nou allerhande museums en mure daar, maar hierdie belofte is nog nie tot uitvoer gebring nie. Is dit die vuurige verlange wat dit simboliseer wat om afskrik, of is dit die belofte om die erfenis onbeskadig te bewaar wat hom laat wegskram?