30 Jan 2008

Generaal de Wet



Generaal de Wet

Stil, broers,
daar gaan ’n man verby,
hy groet,
en dis verlaas.
Daar’s nog maar één soos hy;
bekyk hom goed.

Die oog,
nou dof en weggesink,
soos vuurvonk kon hy blink –
die arendsblik,
die kakie- en renegateskrik.
Die stap en kraggebaar
is nou bedaar.
Is dit jul leier nog, per’ ruiterskaar?

Gewis!
en soos hy ons s’n was
en is.

Al is die oog verswak,
hy kyk nog fier omhoog
in jou
soos in sy God se oog.
Al stap hy kromgeknak
en afdraans af,
al klop die hart al flou:
soos altyd is nog nou
elk stap en hartslag trou
tot in sy graf.

En hierdie pure man
jou kind, Suid-Afrika!
Wat vrees ons dan?
Geseën sal wees
die grond, die bloed, die vlees
wat sulke vrugte dra.
In ons De Wet se gees.
Voorwaarts,
Suid-Afrika!

Jan F.E. Celliers

27 Jan 2008

Die Afrikaner 18-24 Januarie 2008



19 Jan 2008

Pres. Paul Kruger se Testament aan die Volk



Waarde Generaal,

Dit is vir my 'n groot voorreg om ontvangs te kan erken van u kabelgram van 25 Mei en van u brief van die 29ste van dieselfde maand, waarin die groete van die kongres wat gehou is van 23 tot 25 Mei in Pretoia, aan my oorgedra word.

By alle treurigheid en leed, wat my lot is, het hierdie groete my tot dankbaarheid gestem. En ek dank almal van ganser harte wat saamgekom het om te beraadslaag oor die hede en die toekoms, en gedink het aan hulle ou Staatspresident en daardeur getoon het dat hulle die verlede nie vergeet het nie.

Want wie vir hom 'n toekoms wil skep, mag die verlede nie uit die oog verloor nie.

Daarom: Soek in die verlede alles wat goed en mooi is wat daarin gevind kan word, vorm daarvolgens u ideaal en probeer om daardie ideaal in die toekoms te verwesenlik.

Dit is waar dat baie van wat opgebou is, tans vemietig is, verniel, geval. Tog kan met eenheid van sin en eenheid van krag weer opgerig word wat tans onderploeg is.

Dit stem my eveneens tot dankbaarheid om te sien dat die eenheid, die eendrag by u regeer. Vergeet nooit die ernstige waarskuwing wat in die woorde "verdeel en heers" opgesluit is nie, en sorg dat hierdie woorde nooit op die Afrikaanse volk van toepassing sal kan wees nie.

Dan sal ons nasionaliteit en taal bly bestaan en bloei. Wat ek self nog daarvan sal sien of belewe, is in God se hande.

Gebore onder die Engelse vlag, wil ek nie daaronder sterf nie.

Ek het geleer om te berus by die bittere gedagte dat ek as 'n banneling my oë sal moet sluit in die vreemde, byna heeltemal alleen, ver van bloedverwante en vriende wat ek waarskynlik nooit weer sal sien nie, ver van die Afrikaanse grond wat ek stellig nooit weer sal betree nie, ver van die land waaraan ek my lewe gewy het om oop te maak vir die beskawing waar ek 'n eie nasie sien ontwikkel het.

Maar die bitterheid sal versag word solank as wat ek die oortuiging mag bly koester dat die werk wat eenmaal begin is, voorgesit word. Want dan word ek staande gehou deur die hoop en die vewagting dat die einde van die werk goed sal wees. So is dit.

Uit die diepste van my hart groet ek u en die hele volk.

SJP Kruger.

Les van die geskiedenis



Die Afrikanervolk het in sy betreklik kort bestaan in Afrika deur geweldige beproewings gegaan. Telkens het hy op die rand van ‘n afgrond beweeg as gevolg van die aanslae op sy bestaan. Maar dit is ‘n opvallende feit van die geskiedenis dat die Afrikanervolk, selfs in sy vroeë wordingsjare, die vermoë gehad het om by die eise van die stryd aan te pas en sy nederlae in oorwinning te omskep.

Die reeks gebeurtenisse in Natal in 1838, waarin eers Retief en sy manne vermoor is, daarna die menseslagting by Bloukrans, Moordspruit en Weenen plaasgevind het, toe die strafkommando van Potgieter, Maritz en Uys ‘n nederlaag toegedien is, was van so ‘n aard dat dit mense tot die grens van wanhoop gedryf het. Maar uit dié rampspoed het ‘n ander gevegsmetode ontwikkel. In plaas van die vyand te perd tegemoet te gaan, het Andries Pretorius die vyand vanuit die walaer uitgelok tot die geveg en sodoende die oorwinning by Bloedrivier behaal, wat die hele gang van die geskiedenis van Suid-Afrika bepaal het en tegelyk die Afrikanervolk in die middelpunt van die historiese ontwikkeling van Suid-Afrika geplaas het. Uit die smart en wanhoop van daardie angsvolle jaar het die wordende Afrikanervolk met geloof en geroepenheid verrys om hierdie land te bewoon, te bewerk en as vaderland te bewaak.

In die Engelse Oorlog kon die Boere nie met getalle teen die Britse magte opweeg nie, maar het vinnig aangepas en die oorlog voortgesit deur guerillametodes, wat die Afrikanervolk se groot helde opgelewer het. Verslaan, nie deur die militêre oormag nie, maar deur die gruwelike vergryp teen beskaafdheid wat Kitchener beoefen het met die verwoesting van plase, die doodmaak van diere en die onmenslike blootstelling van vrouens en kinders in konsentrasiekampe, was die bitterheid teen die Britse grypsug diep en die verlies onbeskryflik groot.

Ander middels
Maar uit die verslaentheid en vernedering is die stryd met ander middels opgeneem. Veral rondom die Afrikaanse taal het genl. Hertzog die Afrikanervolk opgevorder tot herwinning van hulle selfrespek; en stap vir stap deur die politieke stryd is die militêre nederlaag gewreek, al het dit 22 jaar geduur van 1902 tot 1924.

In dié era was die Rebellie van 1914 nog ‘n donker vlak in die pynlike gang van die geskiedenis van daardie tyd. Die mislukte gewapende protes het die lewens gekos van die uitnemende genl. De la Rey en die knap genl. Beyers. Daarnaas was die bemindste man uit die Engelse Oorlog, genl. De Wet, ‘n gevangene in die Fort in Johannesburg. Genl. Maritz en ander het uit die land gevlug om gevangeneming te vermy. En die jagters van hierdie Boerehelde was Louis Botha en Jan Smuts, mede-krygers teen Brittanje, wat teen hulle volk en krygmakkers gedraai het in diens van Brittanje.

Uit hierdie mislukte en neerdrukkende poging om met geweld die vryheid van Britse oorheersing te herwin, het die aanpassing gekom om Botha en Smuts by die stembus te verslaan. En onder die leiding van genl. Hertzog het dit geslaag.

In die engtes waarin die Afrikanervolk weer in 1990 gedwing is deur die politieke verraad van leiers van die party wat die draer van Afrikanernasionalisme moes gewees het, sal die stryd gaandeweg moontlik met middels gevoer moet word wat aangepas is by die eise van die tyd. En besinnig daaroor is dringend nodig.

Hoe dit gedoen sal word, is belangrik, maar belangriker is die wil tot stryd, die weiering om oor te gee, die gehegtheid aan ‘n ideaal van vryheid in ‘n vaderland waarvoor alles gegee word wanneer daartoe geroep word.

Afrikanernasionalisme en die Nuwe Suid-Afrika
Jaap Marais (1922-2000)

18 Jan 2008

Majuba besprekingsdokument


MAJUBAFEES 2008

BESPREKING VAN VERBLYF en AANSOEK / BESPREKING VIR STALLETJIE

Faks aan: (012) 543-2257 voor Maandag 18 Februarie 2008.

Naam van instansie wat vir VERBLYF/STALLETJIE aansoek doen: _____________


Adres: _________________________________________________


Telnrs: _________________________________________________


Stalletjies: Staanplek tipe/grootte: 3m X 3m (R200); 5m X 5m(R400)

Bedrag: R____________

Wat word verkoop:Keuse 1__________________ Keuse 2________________

LW slegs een stalletjie per verversingsitem word toegelaat. Meer as een item toelaatbaar.
Oprigting van stalletjies streng volgens toewysing van perseel.
Geen verkope tydens amptelike program verrigtinge nie.
Stalletjie bemanning betaal verblyf/toegangsgeld per voertuig/ per persoon.

VERBLYFBESPREKING: verwys TOEGANGS- EN VERBLYFPLEKFOOIE

Dui die grootte van die groep aan: volwassenes; ______kinders______

Bedrag: R___________

Tentstaanplekke:aantal 3mX3m staanplekke @R30 per nag ______
Bedrag: R__________
plus R10,00 pp per nag vir meer as 6 persone. Aantal persone ______
Bedrag R__________
Woonwastaanplekke: @ R30,00 per staannplek per nag _____
Bedrag: R__________

LW voorsien eie krag- geen krag word by Majuba tydens die fees voorsien nie.

Jeugherberg bespreking: (studente) R40,00 pp per nag, groepe meer as 20 R30,00 pp /nag
Aantal dames______,mans_____ R _________
Heg naamlys met kontakbesonderhede aan.

Totale bedrag betaalbaar: tente,woonwaens,jeugherberg) R_________

Tjeks betaalbaar aan: Majuba Trust
Vir direkte deponering:
ABSA Pretoriusstraat 500-745, Rekeningnaam: Majuba Trust Rek.nr 108 202 0078 (tjek rek.)
Faks depositostrokie deur aan (012 543 2257) en toon by aankoms by Majuba

Voorwaarde vir toelating tot Majubafees
Die Majubafeeskomitee huur die terrein van die Majuba Boerevolktrust vanaf Donderdaggaand 21 Februarie 2008 (18:00 ) tot Sondag 24 Februarie 2008 (13:00) en die reg van toegang word voorbehou.
Toelating tot die fees en toekenning van staanplek vir stalletjie sowel as verblyf is onderhewig aan die volgende voorwaardes:
Ondergetekende persoon/persone/ groep verklaar/bevestig/onderneem:
Dat ek/ons ‘n historiese verbintenis het met die Boere wat betrokke was by die Slag van Majuba 27 Februarie 1881.
Dat ek/ons die Majubafees bywoon om deel te neem aan die program wat deur die Feeskomitee aangebied word en geen interne groepsaktiwiteit sal aanbied tydens enige feesverrigting nie.
Dat ons die gesag van die Feeskomitee sal respekteer en ook die komitee se beslissing in enige voorvallende aangeleentheid m.b.t. die verrigtinge en fasiliteite sal eerbiedig.
Dat ek /ons geen ander persoon wat die fees bywoon sal verhinder om enige deel van die program wat hy/sy wil bywoon by te woon nie.
Dat geen brosjure, pamflet. Inligtingsbrief, strooibiljet of enige iets soortgelyks sonder vooraf toestemming van die feeskomitee versprei sal word nie.
Dat geen werwing anders as per inligtingstalletjie vir enige groep of standpunt gedoen word nie.
Dat geen openbare afkondigings/uitsendings van watter aard ook al anders as met toestemming oor die amptelike kommunikasiestelsel gedoen word nie.
Dat ons geen ander vlag/e as kultuur-historiesevlae sonder vooraf toestemming sal vertoon nie.
Ek/ons onderneem om aan bogemelde voorwaardes te voldoen.




____________________ _________________ __________________
voorletters en van Handtekening Datum

Vonk-posse








Soos almal ontvang ek weekliks verskeie vonk-posse. Hierdie twee het egter uit gestaan aangesien dit my laat wonder het of ons alles wat in hierdie land gebeur gaan aflag.





Miskien verstaan ek die doel hiervan verkeerd, maar ek wil net nie he dat ons dinge aanvaar deur dit af te lag as 'n grap nie.

13 Jan 2008

Die ontstaan van die Voortrekkermonument


12 Jan 2008

'n Ope brief aan Gert Opperman


Geagte Generaal,


Wanneer ek in Pretoria kom, maak ek 'n punt daarvan om besoek af te le aan die Voortrekkermonument. So het dit gebeur dat ek in 2007 ten minste by vier geleenthede die Monument besoek het. Daar is niks wat die Volkstrots in 'n Afrikaner so hernu, soos 'n besoek aan die Voortrekkermonument nie.


Dit stem my egter tot groot kommer om te sien in watse haglike toestand die Monument verkeer. Reeds vroeg in 2007 het ek gemerk dat daar verskeie daklekke is en tydens my laaste besoek was dit nog nie herstel nie.

Ek besoek ook gereeld die buiteland en moet aan u erken dat tydens 'n besoek aan Malaysia dit vir my opvallend was dat by 'n Malaysiese kultuurmuseum, daar slegs Malayers gewerk het en geen Chinese Malaysiers nie. Dit is seker hoe mens dit verwag, of hoe?

By die VTM is dit egter nie die geval nie. By die hek word mens begroet deur volksvreemdes en ek merk ook dat die gidse nie afstammelinge van die Voortrekkers is nie. 'n Mens kan maar net wonder wat hierdie volksvreemdes aan die toeriste vertel oor die moord op Piet Retief en die slag van Bloedrivier. Veral in die lig van onlangse uitlatings deur sekere sogenaamde swart historikuste wat reken Piet Retief was 'n verkragter en dat Bloedrivier nooit gebeur het nie.

Ek het ook met skok verneem van u definisie van 'n Afrikaner en dat die Afrikaner, volgens u, enige kleur kan wees. Ek wil u vriendelik versoek om op te hou om hierdie snert te verkondig en verneem ook graag waar kom u daaraan. Is dit dalk die rede hoekom u die ATKV toegelaat het om 'n kleurling vrou op die Senotaaf af te neem???

Kom nou Generaal, moenie die Afrikaner se kultuurerfenis uit verkoop nie!


Die uwe,


Ben Geldenhuys
Paardekraal Verkenners

10 Jan 2008

Vir die besoeker wat in die buiteland is


Draai die luidsprekers oop en staan op aandag...

07 Jan 2008

Sports met sport in Afrika


Afrika en sport meng blykbaar nie te goed nie. Die Dakar motor wedren, moes afgestel word aangesien Afrika te onveilig verklaar is.

Asof dit nie genoeg is nie, gaan die bekende Duzi-kano maraton moontlik ook afgestel word. Die keer omdat die water van die Duzi so besoedel is, dat dit 'n gesondheids risiko inhou vir die deelnemers.

Die logika wat gebruik word deur sport administreerders gaan ook die verstand te bowe. Die afrigter wat die Rugbywereldbeker na Suid-Afrika gebring het, is in die pad gesteek en na alle waarskynlikheid sal daar nou 'n swart afrigter in sy plek aangestel word. Hoeveel sukses die nasionale Rugbyspan sal he onder 'n rasstellende aksie afrigter, sal die tyd leer. Ek vermoed die span sal dan ook donkerder word.

Met slegs twee jaar oor voor die 2010 sokkerwereldbeker, is dit te betwyfel of die NSA se infrastuktuur gereed gaan wees om hierdie byeenkoms aan te bied. Miskien sal dit vir NSA Sokker beter wees as hulle dit nie aanbied nie, aangesien die nasionale sokkerspan deesdae geen wedstryde kan wen nie. Dit sal darem 'n groot verleentheid wees as die gasheer land met 'n rekord verloor of nie eens kwalifiseer vir die kompetisie nie.

Daar is egter sport soorte waarin Afrika uitblink; misdaad en korrupsie. Suid-Afrika is die land met die hoogste misdaad syfers en dit wil voorkom of die NSA regering baie hard werk daaraan om die NSA die kampioene te hou. Dit is vir die regering so belangrik om hierdie titel te hou, dat lede van die regering aktief deelneem en die misdaad syfer hoog hou.

Ons kan seker nie almal goed wees in alles nie en ten minste hou die regering by dit wat hulle goed doen.

04 Jan 2008

Wat gaan aan by die Voortrekkermonument?


Ek hoor en sien deesdae baie ontstellende dinge van wat gebeur by die Voortrekkermonument. Die probleme kon natuurlik voorkom word as die Monument reg bestuur was, maar voor ek daarby uit kom, laat ek eers my kwellinge deel.

Aan die begin van verlede jaar (2007) het ek die Monument besoek en opgemerk dat die dak lek op verkeie plekke. 'n Jaar later was ek nou weer daar en hierdie lekplekke is steeds nie reg gemaak nie.

Dit is ook opmerklik dat die gidse meestal donker volksvreemdes is en mens kan maar net wonder oor wat hulle die toeruste vertel van die moord op Piet Retief en die slag van Bloedrivier.

Dit is natuurlik nie net die gidse wat volksvreemd is nie, die Monument ondersteun ook die regering se rassistiese wetgewing van rasstellende aksie, aangesien die werknemers baie donker en baie volksvreemd is.

Dit is die ooglopende probleme maar die probleme le ook dieper.

Die Voortrekkermonument is die erfenis van die Boere/Afrikaners, maar moet blykbaar nou ook plek maak vir 'n gedeelde erfenis.

Die ATKV het so ver gegaan en 'n kleurling vrou afgeneem wat bo-op die senotaaf le! Dit het natuurlik geskied met die toestemming van Gert Opperman. Dit verbaas egter nie, veral as 'n mens na sy definisie kyk van wat is 'n Afrikaner:

“… Afrikaners is persone, ongeag afkoms, kleur of geloof, wat hulleself ten volle as Afrikaners beskou of as sodanig beskou word en hulleself ook ten volle of met ‘n gedeelte van die inheemse Afrikaanse kultuurgoedere vereenselwig en dit as hulle kulturele erfenis beskou”.

Net soos De Klerk en kie die Volk uit verkoop het, is dit weereens een van ons eie mense wat nou ons erfenis verkoop.

Met mense soos Opperman, waar sal dit eindig?

AKSIE – BESKERM ONS MONUMENTE


Gedurende die afgelope jare het Boere-Afrikaners kennis geneem van die aanslag op die kultuurgoedere van ons volk. Benewens die feit dat die Afrikaanse taal vertrap en verneder word, is daar ook die neiging om ons monumente te vernietig of minstens te skend tot haas die onherkenbare.

In die lig hiervan is ’n aksie begin om ons monumente te beveilig. Natuurlik kan ons nie sewe dae in elke week gaan wagstaan nie, en al sou dit so kon wees, kan die moontlikheid nie uitgesluit word dat die wagte om die lewe gebring word deur vandale, boewe en rowers nie.

Aksie Beskerm ons Monumente” het dus ’n ander benadering.

Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het die Engelse die eerste Taalmonument wat opgerig is te Burgersdorp in Oos-Kaapland, van die voetstuk verwyder en begrawe in die omgewing van Stutterheim. As dit nie was vir die foto’s wat iemand bewaar het nie, sou hierdie monument waarskynlik vir altyd verlore gewees het vir die nageslag. Met die hulp van foto’s is ’n replika van die oorspronklike gedurende die dertigerjare onthul. In die veertigerjare is die oorspronklike monument gevind en terug gebring na Burgersdorp, en alhoewel dit erg beskadig is, weer opgerig. Dit verklaar ook waarom daar twee Taalmonumente op die plein in Burgersdorp staan.

Om seker te maak dat ons kultuurgoedere vir die nageslag behoue bly, sal dit goed wees as ons luisteraars en volksgenote meedoen aan hierdie projek.

Die projek:
Neem soveel foto’s as moontlik, uit verskillende kante van monumente en ander gedenkwaardighede in u omgewing. Waar name en datums op die konstruksie bestaan, kan dit van nader geneem word om leesbaarheid te vergemaklik.

Foto’s wat met ’n digitale kamera geneem is, en op laserskyf oorgedra word, is sekerlik die mees praktiese en koste effektiewe metode. Gewone foto’s in kleur, is egter ewe bruikbaar.

Die Volkseie Museumraad sal die foto’s in veilige bewaring hou.

Skakel met Prof. Hendrik van de Wateren.
Telefoon: 014-717 3264
Posbus 3717, Nylstroom 0510

Hierdeur verseker ons dat “die erwe van ons vaders, vir ons kinders erwe bly”.

02 Jan 2008

Nuwejaarsboodskap 2008



Ons wil al ons lede en Volksgenote van harte alles van die beste vir 2008 toewens. Mag God ons genadig wees in hierdie jaar. Laat ons in hierdie jaar in die eerste plek streef na ‘n geestelike verdieping en ‘n naderbeweeg God en Sy Gebod. Maar laat ons nie net daaroor teoretiseer nie, maar laat ons dit omsit in praktyk. Kom ons wys ons Hemelse Vader dat ons dit erns maak met Hom deur Sy gebooie werklik uit te leef. Die wêreld raak al hoe vuiler, en ons as volk sal, soos die Bybel dit ook beskryf, steeds skoner moet word. Dit beteken om daadwerklik, doelbewus en doelgerig afstand te neem van die vuiles: die diewe, korruptes, bedrieërs, omkopers, moordenaars en ander gespuis. En laat ons weer die Sabbat in hierdie jaar in ere herstel soos dit hoort. Laat ons ons weerhou van besigheid en sport op die Sabbat. Dan kan 2008 nie minder voorspoedig wees as 2007 nie. Inteendeel.

Maar ons gaan die jaar binne met seker die duidelikste bewys van die mite van ‘n reënboognasie, wat ons nog gesien het sedert 1994. Hoe sal die bewindhebbers ons ooit weer kan oproep tot ‘n enkele nasie en tot versoening as hulle onder hulleself nie eens eenheid kan bereik nie? Die eenheidstaat is weer eens onder druk, met duidelike lyne wat al hoe skerper getrek word. Die ANC-stryd het getoon dat die stryd tussen Xhosa en Zoeloe en Tswana nog nie verby is nie. En ook dat kommunisme nog lank nie dood is nie: dit is lewendig, ten minste besonder sterk in Suid-Afrika, en sy mag en invloed, en noodwendige gevolge, sal in die komende jaar vir ons baie duidelik word, waarskynlik met onaangename gevolge vir ons volk wat in sy wese nasionalisties is.

Volksnasionalisme sal ook in 2008 bly groei soos ons dit met reusespronge sien vorder het in 2007. As die geleenthede wat in 2007 geskep is, opgevolg word, en daar word op verbeter in 2008, sal die jaar vir ons volk baie beteken in die herstel van ons volkstrots, ons eer, ons strydvaardigheid en ons uiteindelike vryheidsoorwinning. Dit sal egter meer insette van elke volksgenot vereis. Maar eendrag maak mag, en as die eenheidstree wat in 2007 gegee is, opgevolg word met ‘n eenheidsdraffie in 2008, sal die begin van die eenheidsmag wat ons volk kan bereik, baie gou sigbaar word.

Maar volksnasionalisme is nie net ‘n akademiese oefening en iets waaroor in hoe kringe gepraat word nie. Volksnasionalisme is ‘n lewenswyse. In ons volk se geval begin dit by die uitbou en hegting van die gesin en familie. Die fisiese uitleef van ons Christelike lewensbeskouing. Die handhawing van ons taal, op enige plek, te eniger tyd. Die vertoon van ons volksimbole, tydig en ontydig, sodat ons as volk geïdentifiseer kan word, en ons identiteit kan verstewig en trots wees daarop. Volknasionalisme beteken handel en sake doen met ons eie mense sodat ons ook ons ekonomiese mag kan konsolideer. Maar laat ons strewe na voorspoed ons weerhou van uitbuiting van ons eie mense. Volksnasionalisme beteken ‘n liefde vir die eie, en ons mense wat nog noodgedwonge vasgevang sit in die staat se strukture, behoort dienslewering teenoor hulle eie mense op besondere vlak te bring. Ondersteun die wat ons ondersteun, en boikot die wat ons en ons saak boikot, ignoreer of verkleineer.

Laat ons op individuele vlak hande vat met mekaar. As daar verskille was in die verlede, laat ons ook dan die Bybelse weg van vergewing volg, die oog rig op ‘n blink toekoms wat ons glo vir ons volk gaan volg. Laat ons in ons samewerking met mekaar toekomsgerig wees, en nie soos Lot se vrou wil omkyk na die verlede nie, want dan sal ons almal nuttelose soutpilare word.

Maar ons moet ook ons volk aan die begin van hierdie jaar oproep tot persoonlike paraatheid en veiligheid. 2007 is afgesluit met ‘n paar gruwelike moorde en slagting op die paaie. Gebruik die geleenthede wat die raamwerk van die wet stel om u te bewapen en te beveilig, hou u oë nie noodwendig op die pad nie maar eerder op die roekelose en onverantwoordelike ander padgebruiker, en maak seker dat ons alles in ons beskeie menslike vermoë doen om ook oor 365 dae terug te kyk op ‘n suksesvolle jaar in ons volksgeskiedenis, waar ons hopenlik gevorder het op ons vryheidspad.

Henk van de Graaf
President

1 Januarie 2008

Wees JY die een!


Een moet vooruit
Om te wys daar is nog 'n stem,
wat as ander skugter swyg,
vreesloos die waarheid bring.

Een moet vooruit in die nood
wanneer mense vra: waar is die man
wat die moed het om voor te loop?
Wees jy die een! Stap voor!

Johannes Trojan 1837 - 1915