14 Oct 2007

Verset, eerste stap na Vryheid


Die Afrikaner het ’n historiese smag na vryheid en selfbeskikking.Hierdie drang is vandag nog net so sterk en groei ook in die harte van die jonger geslag. Dit kan toegeskryf word aan die onreg wat die Afrikaner vandag aangedoen word. Rasstellendeaksie, swart ekonomiesebemagtiging, naamsveranderings en die gemeenskaplike skuldgevoel wat in die Afrikaner se keel afgedruk word onder die dekmantel van "legacy of Apartheid" as verskoning vir die huidige regering se foute en tekortkominge. Die drang na vryheid is dus ook geregverdig. Ons lewe ongelukkig in die"kits"-wêreld. Hoe vinniger en gemakliker dinge gebeur, hoe beter. Van kitspap tot ’n kitsoplossing vir verkoue en selfs gewigsverlies. Ons het ook al geleer dat ’n kitsoplossing se resultate nie so blywend is soos die ware Jakob nie. Kitssop is geen vergelyking vir regte sop nie. So is dit ook met ons vryheidstrewe.Laat ek nou maar die een wees wat die nuus breek, “De la Rey, De la Rey, sal jy die Boere kom lei . . .” is dalk ’n baie mooi liedjie wat die hartsnare roer,maar ons vryheid gaan ons nie in so ’n kitsoplossing kry nie. Vryheid is ’n proses. Die eerste stap na vryheid is om in verset te kom teen die ongeregtighede wat ons aangedoen word. Dit help ook nie ons verwag van ander mense om dit vir ons te doen nie, as jou wens vryheid is, moet jy mee maak aan die strewe en daarom ook die verset-aksies. Dit is vir my ’n groot hartseer om te aanskou by verset-aksies, hoe min van ons mense sulke aksies ondersteun. Onlangs tydensdie hofsaak van mnr. Vlok was daar’n protes-aksie gereël om aan te dring dat die 37 ANK-lede wat nie amnestie ontvang het tydens dieWVK nie, ook nou vervolg moet word. Dit was die ideale geleentheid om ons griewe onderdie wêreld se aandag te bring, daar was nuusspanne van regoor die wêreld. Ongelukkig was daarskaars 40 mense wat aan die aksie deel geneem het. Die idee wat die wêreld dus gekry het, was dat slegs ’n klein persentasie van die Afrikaners van Suid-Afrika ongelukkig is dat die ANK nooit vervolg is vir hulle wandade nie. Is dit die boodskap wat u wil hê die buiteland moet kry? Die algemene gevoel in diebuiteland is dat wit Suid-Afrika tevrede is met die Nuwe Suid-Afrika en dat die reënboog gesond is. As ons nie aan hulle die teendeel gaan bewys nie, gaan hulle ook nie glo dat ons ons vryheid verdien nie. Ons vryheid is dus in ons eie hande en elkeen gaan moet besluit hoe belangrik dit vir hom is.