14 Oct 2007

’n Praktiese oplossing vir ’n onpraktiese probleem


Regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging is onregverdige, rassistiese sisteme. Die boek “die keiser is kaal, waarom regstellende aksie gevaal het” bewys op ’n redelike wetenskaplike wyse dat regstellende aksie in die NSA nooit sal kan werk nie. Swart ekonomiese bemagtiging is ook niks anders as ’n “boetie-boetie”-storie wat sterk herinner aan die “Broeders” van ouds.

Die realiteit is, ons kan kla so veel as wat ons wil oor hierdie sisteme, dit gaan niks aan die saak verander nie. Die ANK is nou maar een maal ’n organisasie wat hom nie steur aan geregtigheid of regverdigheid nie. Voorts is hulle sogenaamde leiers verskriklik arrogant en hoogmoedig, kyk maar hoe het Manto die DA lid uitgelag toe hy onregverdig by die parlement uitgegooi is. Hulle is in beheer, het die meerderheid (amper alleen) sê en dus sal niemand aan hierdie terroriste-bende voorskryf wat hulle moet doen nie.

Regstellende aksie (wat maar niks anders as rasstellende aksie is nie) en swart ekonomiese bemagtiging is dus twee sisteme wat nie werk nie, duidelik onprakties, maar die ANK sal dit nooit stop nie en niemand anders kan dit stop. . . Of so dink hulle!

Die liberaliste wat oorgegee het aan die ANK het dalk aan hulle die indruk geskep dat die ganse Afrikanerdom ’n klomp papbroeke is met wie hulle kan maak soos hulle wil. Die feit dat ons ook Boere genoem word, het hulle dalk die indruk gegee dat ons die tipiese agterlike landbouers is van elders in Afrika. ’n Groot wêreldmag het in die vorige eeu dieselfde fout gemaak en was dit nie dat hulle ons plase afgebrand het en ons vrouens en kinders vermoor het in konsentrasiekampe nie, sou ons verseker daardie oorlog gewen het. Tydens die Anglo Boere-Oorlog het die Boeregeneraals met ’n praktiese oplossing vorendag gekom vir die oormag waarteen hulle te staan gekom het. Hieruit kan ons leer dat geen probleem te groot is vir ons Volk om te oorkom nie.

In kort het die Boeregeneraals die Engelse se oorlogsreëls geïgnoreer en hulle eie reëls gemaak. Dit het die Engelse onkant gevang aangesien hulle geglo het almal moet volgens die erkende oorlogsreëls veg.

Vandag het ons weer ’n praktiese oplossing nodig vir die onpraktiese rasstellende aksies en swart ekonomiese bemagtings. ’n Oplossing wat eintlik voor die hand liggend is, ons ignoreer dit bloot. Ek weet van groot maatskappye wat hierdie sisteme ignoreer en hulle floreer. Hulle betaal wel boetes aan die regering, maar ek glo dat hulle steeds meer geld maak en meer produktief is. Laat ’n mens dink of hoe?

Dan wonder ek ook hoekom ons steeds die volksvreemde besighede wat nie met ons wil besigheid doen en nie ons mense wil in diens neem nie en ook nie ons taal wil praat, besigheid doen. Radio Pretoria waarsku ons gereeld, “as jy met volksvreemdes besigheid doen, gaan hulle jou bure word”. Niemand wat hier lees wil volksvreemde bure hê nie, maar steeds ondersteun ons mense die volksvreemdes?

Indien ons moeite doen en slegs volkseie besighede ondersteun het ons ’n kans in hierdie land. Ons het selfs ’n kans om die land te beheer. Dit mag dalk snaaks klink, maar as jy so naïef is om te glo dat politiek ’n land beheer dan het jy seker nog nie mooi opgelet na wat die motivering van alle politikuste is nie – GELD. Dit is dus duidelik dat geld, eerder as politiek ’n land beheer. Hy wat dus die land finansieel beheer, beheer die land.