14 Oct 2007

Die illusie van die Reenboognasie


Die ANC, het in 1994, polities die land oorgeneem. Op daardie stadium was daar nog hoop vir die Boere/Afrikaner, aangesien die Boere/Afrikaner op daardie stadium die land nog ekonomies beheer het.

Die magsug van die ANC, het die ANC gedryf om ook die ekonomiese mag van die Boere/Afrikaner te ontneem.

Voor hulle, hulle wetgewing in plek gesit het om dit te kon reg kry, moes hulle eers die Boere/Afrikaners oorreed dat dit die regte ding is om te doen. Hulle het dus met propaganda die Volk laat skuldig voel en het ook die belofte gemaak van ‘n regverdige geintigreerde samelewing. Hierdie samelewing het hulle ‘n reenboog nasie genoem. ‘n Samelewing waar almal ewe veel regte sou he.

Kom ons kyk wat is ‘n reenboog en dus ook wat het die ANC belowe.

Jy kan ‘n reenboog sien, maar dit bestaan nie, hoe nader jy dink jy beweeg daaraan, hoe verder beweeg dit weg. ‘n Reenboog is dus ‘n optiese illusie,

Die belofte van ‘n reenboog nasie is dus ook net ‘n optiese ullisie, iets wat nie bestaan nie maar wat voor gehou word as ‘n werklikheid.

Die reënboognasie is sigbaar. As ons by skole instap sit die kindertjies van alle kleure daar, langs mekaar. As ons die televisie aanskakel dan word die rasvermenging in ons kele af forseer. In sepies, advertensies, selfs – en veral – die Afrikaanse nuus en kerke, niks is meer heilig nie.Die reënboognasie is fassinerend, omdat dit so onnatuurlik is. Die buiteland geniet dit om die sirkus in Suid-Afrika dop te hou en die swart regering voer vir hulle genoeg propaganda dat hulle glo die reënboognasie dien sy doel. Deur die lens van ‘n kamera sien ‘n persoon net dit waarop die kamera gefokus is. Dit is die boodskap wat die buiteland ingestuur word maar ook aan ons blinde Volksgenote, meestal beelde van mense wat gesellig om ‘n tafel verkeer, wit, geel, bruin en swart. Almal laggend, geselsend, eet en drink. Dit straal ‘n beeld van vrede en harmonie uit, Suid-Afrika se unieke reënboognasie. . . Draai die kameralens na die ander kant en jy sien die ware verhaal, geweldenaars wat staak, paaie wat afgesper word met brandende bande, moord en verkragtings.In die onkunde van die buitewêreld en ons blinde Volksgenote word alles wat as gewelddadig beskryf kan word geblameer op die 300 jaar van kolonialisme en apartheid. Apartheid is al 13 jaar gelede afgeskaf, maar as iets verkeerd gaan dan word die vinger weer na apartheid gewys. Dit bewys mos dat daar nie in harmonie saamgeleef word nie.Die reënboognasie is ‘n illusie wat voorgehou word en deur liberaliste geprys en aangevuur word totdat dit geloofwaardig klink.Die reënboognasie is dáár, jy kan dit sien, maar dit is onwerklik. Dis ‘n illusie