15 Oct 2007

Krugersdorp Konsentrasiekamp Herdenkingsdag







Op die 11de Oktober 1899 het die ABO uitgebreek. In hierdie oorlog, het ongeveer 4000 burgers gesneuwel en ongeveer 26 000 vrouens en kinders is in die konsentrasiekampe dood.

Die hoeveelheid vrouens en kinders wat dood is, is dus bykans sewe keer meer as die burgers wat op die slagveld dood is. In geen ander oorlog, was dit die geval nie. Tog het die vrouens die vrede teen gestaan. Die Boervrou, is iemand om mee rekenskap te hou! Hierdie groot opoffering van die Boervrou, was eie aan haar optrede, tydens die Groot trek, was dit die Boervroue wat vir die Ingilse gese het, hulle trek eerder kaalvoet oor die Drakensberge, as wat hulle onder die Ingilse vlag leef!

Hoe bring 'n mens hulde aan die vrouens en kinders wat met hulle lewens moes boet in die ABO? Dit is 'n vraag waarmee die Paardekraal Verkenners geworstel het. Die enigste antwoord waarmee ons kon opkom, was om hulle te onthou en seker te maak dat ander hulle ook onthou.

Op Saterdag die 13de Oktober 2007, het die Verkenners dan 'n Herdenkingsdag gereel vir die vrouens en kinders. Dit was ook gepas dat dit in Heldeweek (die week waarin 10 Oktober val) plaas gevind het. Hierdie weerlose, beginselvaste vroue en kinders was die ware helde van die ABO.

Die dag het begin met 'n herdenkingsdiens by die Paardekraal Monument, waarna die sowat 100 mense beweeg het na die konsentrasiekamp gronde. By die konsentrasiekamp gronde is daar 800 wit kruise geplant in die vorm van 'n groot wit kruis.

Ons mag hulle nooit vergeet nie!