14 Oct 2007

Die Krugersdorp-Skietklub






Hierdie klub is in die lewe geroep deur lede van die Paardekraal Verkenners. Die lede van die klub bestaan slegs uit Verkenners. Die klub werk volgens 'n jaar program waarin die lede opgelei word in basiese en gevorderde selfverdediging en wapen hanteering.


Klub lede kom een maal per maand by mekaar en na afloop van die dag se opleiding, verkeer die lede geselig saam om 'n braaivleis vuur.


Hierdie opleiding is nie net gemik op die manne nie, die hele gesin word betrek. Die jongste persoon is vyf jaar oud!


Twee keer per jaar is daar 'n verfbaldag, waar die opleiding wat die jaar ontvang is, op 'n plesierige manier getoets word.