14 Oct 2007

Paardekraal Verkenners - Media verklaring 1-Mei 2007



Media Verklaring: 1 Mei 2007


Wintershulp aan inwoners van Kroningspark

Die Paardekraal Verkenners is ‘n volkskultuur organisasie en is in die lewe geroep met die volgende doelstellings: Vir God, Volk en Taal.

Daar is daaglikse aanvalle op al drie die doelstellings en as ons as Afrikaners nie begin weerstand bied hierteen nie, gaan ons alles verloor.

Die situasie by Kroningspark – is ‘n direkte simptoom van, regstellende aksie en swart ekonomisie bemagtiging. Die kinders hier is die huidiglik benadeelde generasie. Dit is ons plig om na ons eie mense om te sien.

Die Paardekraal Verkenners, is dankbaar dat ons op ‘n klein manier kan betrokke wees by hulpverleening aan die mense.

Ons boodskap aan Krugersdorp;

Ons sal geen aanval op ons taal verder duld nie. Ons vra nie spesiale behandeling vir ons taal nie, net gelyke behandeling.
Die Afrikaner se kultuur erfenis, sal ons beskerm. Krugersdorp het ‘n ryk Afrikaner Geskiedenis, ons sal verseker dat dit nie misken of vergeet word nie. Soos wat nou in Standerton gebeur het nie.
Misdadigers moet maar vir hulle self ‘n eerlike werk gaan soek, ons beplan om die gemeenskap te mobiliseer met ‘n teenmisdaad aksie.
Die Stadsraad is indiens van die publiek, nie anders om nie. Ons betaal vir ‘n diens en dus verwag ons – diens.
Niemand gaan toegelaat word om ons volk verder te laat skuldig voel en die skuldgevoel te gebruik as verskoning om ons soos tweederangse burgers te behandel nie.

Ter samevating, Paul Kruger het in 1899 gese “Ons weerstand sal die wereld verstom” Ek wil die woorde as waarskuwing rig aan elkeen wat glo hulle kan maar oor ons loop.