28 Mar 2011

Verkenners 21





Op 9 Oktober 2010 het die Verkenners Beweging van Suid-Afrika hulle 21ste verjaarsdag gevier. Hierdie vieringe het saam met die tradisionele Paul Kruger fees geval wat gewoonlik gedurende Oktober deur die Paardekraal verkenners aangebied word.


Dit was voorwaar 'n trotse oomblik vir die Paardekraal Verkenner pos om hierdie geleentheid aan te bied. Verkenners van heinde en verre het al van Vrydag 8 Oktober hulle karavane en tente staan gemaak onder die heerlike koelte bome van die Paardekraal terrein.


Die dag het weer 'n propvol program gebied. Alle aktiwiteite is dan ook deur Verkenners self aangebied.


Die Verkenners het 'n optog vanaf die monument na die Paul Kruger standbeeld onderneem, elk met 'n volksvlag oor die skouer. By die standbeeld is Oom Paul in sy amp serp getooi, nadat hy weer ingehuldig is as President. So kon hy sy verjaarsdag tegemoet gaan in 'n amptelike hoedanigheid.


Ons was bevoorreg om die eerste Verkenner President en stigterslid, Oom Steve Stydom, as spreker vir die geleentheid te he. Hy het die geskiedenis van die ontstaan vertel met 'n traan in die oog. Alle Verkenners het die praatjie interessant gevind.


Daar is ook 'n veiling gehou, en artikels wat onder die hammer gekom het, was 'n Vierkleur koek met die Verkenners se wapen daarop. Daar was ook twee bottels mampoer wat van 'n spesiale uitgawe van die vyfde kongres van die Verkenners oorgebly het. Dit is goedgustiglik geskenk vir hierdie spesiale geleentheid.


Na die feesprogram is daar 'n regte Verkenners Cantus gehou. Dit is ongelukkig kort geknip deur 'n hoeveldse donderstorm.


Die Sondag was dit den einde niet. Daar is 'n kerkdiens gehou vir almal wat gekamp het, of wat die diens wou bywoon. Daarna is daar aan boeretroos en verjaarsdagkoek gesmul.

Paardekraal Monument Naambord



Net voor die fees wat die 17de Julie 2010 by die monument aangebied is, het die Paardekraal Verkenners in samewerking met die Oranje sakekamer en Camdix wapens 'n splinternuwe naambord vir Paardekraal opgerig.


Dit is lekker om met sulke ywerige werkers soos die Paardekraal verkenners geasosieer te word.

Republikeinse Volksvergadering herdenking



"Die tyd het aangebreek dat die volk van Suid-Afrika hom moet klaarmaak om die stigting van 'n vrye Republiek van Suid-Afrika, afgeskei van die Britse kroon en Ryk, te eis." Met hierdie woorde het dr. N.J. van der merwe in Julie 1940 die Afrikanervolk opgeroep tot 'n groot volksvergadering om die noodsaaklikheid van die stigting van 'n Republiek te beklemtoon en stappe te doen ten einde langs konstitunele weg daadwerklik op te tree vir die verwesenliking van hierdie groot doel. Die Paardekraal Verkenners het onder die vaandel van die Afrikanerfront die taak aangepak om die sewentigste herdenking van hierdie vergadering te vier met 'n fees op die Paardekraal Monument terrein. Die fees het dan ook plaasgevind op die 17de Julie 2010. Daar was soos in die verelede verskeie stalletjies waar besoekers heerlike eetgoed en snuisterye kon bekom. Die dag het bestaan uit die nou gebruiklike vlag optog wat kleur aan die dag verleen het. Een van die hoogtepunte van die dag, was die sprekers. Prokureer Paul Kruger van die Volksraadsverkiesingskommisie het meer lig gewerp op die pad vorrentoe met die nuwe vryheidseis waarmee die Afrikaner vandag te doen het. Die voertuig na vryheid in ons huidige omstandighede is dan ook die VVK. Mnr. Andries Breytenbach, voorsitter van die Afrikanerfront het hierna aan die woord gekom. 'n Pragtige boodskap is ook deur hom gelewer met instemmende kommentaar en waarderende applous deur die persone teenwoordig. Die seremoniemeester vir die dag was die bekende Mnr. Henk van der Graaf van radio Pretoria. By hierdie geleentheid is daar ook weer met 'n klipstappeling begin. Soos die meeste weet, of behoort te weet, het Paardekraal monument sy ontstaan as gevolg van 'n klipstapeling. Hierdie nuwe klipstapel is begin as simbool van elkeen wat hom wil verbind aan die vryheidstryd wat tans aan die gang is. Hierdie klipstapeling sal dan met elke fees geleentheid op Paardekraal aangevul word. Daar is hierdie naweek ook heerlik gekamp by die terrein. Die feestelikhede het ook al die 16de begin met die eerste Cantus wat by Paardekraal gehou is. Dit was voorwaar n geleentheid om te onthou.

20 Sept 2010

J.G. Strijdom




Op die 15de Julie 2010 is Adv. J.G. Strijdom se borsbeeld ingehuldig as die Eerste minister van die Unie van Suid-Afrika. Die Paardekraal Verkenners huldig die standpunt dat selfs hierdie borsbeeld 'n beter werk daarvan sal doen om in beheer van die land te staan as die huidige spul. In sy ampstermyn het Adv. Strijdom juis getoon dat hy glad nie omkoopbaar was nie. Hy was ook gekant teen enige vorm van korruposie op enige vlak. Onder hierdie staatsman is die Stem van Suid-Afrika die eerste keer as Volkslied gesing. Hy het ook gesorg dat die wet dat die Union Jack saam met landsvlag gehys moes word geskrap is. Hierdie was nog een van die uitmuntende staatsmanne wat ons volk opgelewer het. Dit was 'n eer om hierdie man se bydra tot ons volk te erken.

Paardekraal Werksdae




Gedurende die maande Mei 2010 en Junie 2010 het die Paardekraal Verkenners die fees terrein by die Paardekraal monument onder hande gehad. Die manne het 3 Saterdae gedurende hierdie tyd opgeoffer om die terrein skaflik te laat lyk vir 'n fees wat op 17 Julie 2010 daar gehou word. Daar is fluks gras gesny, die elektriese heining is geskoffel en daar is slote gegrawe vir die aanle^ van krag kabels. Na al die geswoeg het kan Paardekraal spog met nuwe ligte in die kampeer area. Daar is selfs krag punte aangebring vir kampeersders sowel as uitstallers by die stalletjies. Ek wil hiermee my opregte dank betuig aan almal wat hulle hande vuil gemaak het. Dit is n voorreg om deel van so staatmaker span te wees.

18 Apr 2010

Openbare Vergadering 21 April 2010


Geagte Volksgenote,

Na aanleiding van die tragiese gebeure met die moord van Oom Eugene, ontvang die Verkenners verskeie oproepe van bekommerde Volksgenote oor die pad vorentoe.

Aangesien die Verkenners Beweging van SA homself sien as ‘n organisasie wat altyd leiding neem en op die voorpunt van ons Vryheids-eis is, wil die Verkenners graag die Volk inlig oor wat die Verkenners glo die pad vorentoe is. Soos die meeste Volksgenote weet, is die Verkenners ‘n beweging wat nie net praat nie, maar ook daadwerklik oorgaan tot aksie!

Die tema van die publieke vergadering is : “Afrikaner Boerevolk! Mobiliseer en beveilig jouself! Kom vind uit hóé.”

Enige iemand wat wil deel word van die Verkenners, of bloot uit nuuskierigheid wil kom hoor wat die Verkenners sê, kan die vergadering NIE mis NIE!

Plek : APK Moot Sentraal - H/v Japonica en Ben Swart Straat (PTA Moot area)
Datum : 21 April 2010
Tyd : 19:00

Verkenner groete

Pos vergadering 20 April 2010


Op Dinsdag 20 April 2010 vind daar 'n pos vergadering plaas om 19:00 by die Paardekraal monument. Die ingang na die monument is in Andries Pretorius straat. Ons verwag heelwat nuwe mense by hierdie vergadering. Alle belangstellendes kan gerus 'n draai kom maak.

19 Mar 2010

Nasionale Verkenners Kongres


Die nasionale kongres van die Verkenners Beweging het plaasgevind op 13 Maart 2010. Hierdie is 'n tweejaarlikse gebeurtenis. In die jaar wat daar nie 'n nasionale kongres gehou word nie, vind die provinsiale kongresse plaas.

Hierdie jaar se kongres was aangebied deur die Donkerhoek verkenners. Ons wil hulle bedank vir al hulle harde werk om hierdie geleentheid moontlik te gemaak het. Die kongres was uitstekend aangebied by Galagos, wat net buite Kleinfontein gelee is.

Die Paardekraal verkenners was goed verteenwoordig by die kongres. Daar is ook twee Paardekraal verkenners wat vereer is met 'n goue medalje toekenning vir hulle harde werk die afgelope twee jaar. Sid Mann en Martin Rossouw was die twee manne wat die Paardekraal verkenners se naam hoog gehou het.



'n Oud voorsitter en lid van die Paardekraal verkenners, Ben Geldenhuys het ook die trofee vir die bobaas verkenner met 'n lid van die Donkerhoek verkenners, Jan Beyers, gedeel. Ben het ook intussen by Donkerhoek ingeskakel.

Daar kan ook met trots aangekondig word dat Paardekraal die trofee vir die beste pos verower het.

Na 'n heerlike ontbyt en puik sprekers, het die geslote deel van die kongres plaasgevind. Hier het besprekings en beplanning vir die volgende twee jaar plaas gevind.
Die nuwe bestuur is dan ook tydens hierdie geleentheid verkies. Die nuwe verkose bestuur van die beweging is as volg:
President - Ben Geldenhuys
Vise-President - Abel Malan
Tesourier - Jan Beyers
Sekretaris - Alwyn de Klerk
Jeug Leier - Jan van Zyl
Adissionele lid - Rian Genis

Die Boer en Malema


Hierdie media verklaring het gevolg na die uitsprake van Julius Malema,wat deesdae net sy mond oopmaak om voete te wissel.

Vandag het Mnr. Ben Geldenhuys, wat intussen verkies is tot die President van die Verkenners beweging van Suid-Afrika, sy woord te stand gedoen en by die Voortrekker monument gaan wag. Soos wat verwag is het ou Julius nie opgedaag nie. Dis maklik vir hom om skares op te sweep om te moor, maar as sy eie bas op die spel is, is dit te veel gevra.
Dit bewys weereens deur watter lafharte die ANC en kie hulle laat lei.

Ons manne wil vir Ben geluk wens met sy sterk standpunt wat hy ingeneem het. As ons ook so bietjie kan spog: Ben was een van die stigterslede van die Paardekraal verkenners, en ook die Voorsitter voordat hy na Kleinfontein verhuis het.


Media Verklaring





11 Maart 2010



Die Verkenners Beweging van Suid-Afrika, het met woede kennis geneem van die leier van die ANC jeugliga se oproep dat boere geskiet moet word. Sedert 1994, toe die ANC oorgeneem het, is daar reeds meer as 3000 boere, meestal bejaardes en vrouens, op die wreedste moontlike manier op plase vermoor. Die regering van die dag maak ook hierdie moorde af as blote misdaad, maar as mens in ag neem dat in baie gevalle niks gesteel word nie, is dit onsinnig om hierdie wreedheid as blote misdaad af te maak. Malema se uitlating word deur die Verkenners Beweging van Suid-Afrika geag as aanhitsing tot plaasmoorde en is vir die Verkenners totaal onaanvaarbaar. Veral as in ag geneem word dat dit meestal bejaardes en vrouens is wat op plase vermoor word. “As Malema so graag ‘n boer wil skiet, laat hy my kom skiet en nie ander mense aanhits om weerlose bejaardes en vrouens te vermoor nie” het die Nasionale Sekretaris van die Verkenners Beweging, Mnr. Ben Geldenhuys gesê. Hy het bygevoeg: “Om dit vir hom maklik te maak, sal ek op die 19de Maart 2010 om 12h00, by Fort Schanskop vir hom wag”. Die Verkenners Beweging het ook kennis geneem van talle klagtes wat teen Malema ingedien is by die menseregte kommissie, die Verkenners is egter van mening dat hierdie klagtes tot niks sal uitloop, aangesien Malema klaarblyklik superklas burgerskap het.

Ben Geldenhuys

Nasionale Sekretaris

Verkenners Beweging van Suid-Afrika

15 Mar 2010

Majuba 2010


13 Nov 2009

Verkenners by Voortrekkermonument belet


Die Verkennersbeweging het vanmiddag ‘n skrywe van mnre. Jan Ehlers Prokureurs ontvang namens sy kliënt, genl. Gert Opperman, van die Voortrekkermonument. Die effek van die skrywe is dat lede van die Verkennersbeweging toegang tot die Voortrekkermonument en talle van sy fasiliteite verbied word, asook by Bloedrivier. ‘n Toegewing is wel gemaak dat die musiekfees more, vir die 154-jarige herdenking van die stigting van Pretoria, bygewoon mag word, maar die voorwaardes is van so ‘n aard, dat selfs dit kan lei tot die arrestasie van lede van die Verkennersbeweging, en selfs hulle gesinslede, synde mense in hulle teenwoordigheid.

Hierdie optrede word gesien as ‘n daad van aggressie deur genl. Opperman na aanleiding van herhaalde meningsverskille oor insidente wat hy of geskep of toegelaat het om plaas te vind, wat na die mening van die Verkenners nie pas by die aard en kultuur van die Voortrekkermonument nie.

In die skrywe van die prokureurs word valse stellings gemaak, soos dat die Verkenners enige optrede by die verrigtinge more sou beplan het, en dat die Verkenners ‘n vergadering sou beplan het. Beide aantygings word kategories ontken, en heel duidelik het die prokureur se kliënt hom of moedswillig onder ‘n verkeerde indruk gebring om sy saak te bewys, of die kliënt gaan ernstig mank aan betroubare informante wat vir hom stories aandra.

Dit is ‘n absolute skande dat juis diegene wat die belang van die Monument op die hart dra en as waghond vir volksvervreemding daarvan optree, en bereid is om daarvoor met welke vreedsame middele ook al standpunt in te neem, toegang tot die Monument verbied word. Tydens die gesprek wat verlede week met genl. Opperman persoonlik plaasgevind het, is dit duidelik gestel dat die Verkenners die monument so heilig beskou, dat hulle geen optrede binne die monument sal doen wat die waardigheid daarvan sal aantas nie: so anders as modeparades, popkonserte en onvanpas geklede vroue wat op die senotaaf vir foto’s poseer, en wat plaasvind onder die bestuur van genl. Opperman.

Dat die musiekkonsert wel uitgesonder word vir toegang, is ‘n klug. Enige Verkenner wat dus oor die piekniekterrein na die amfiteater sou stap, staan die geleentheid om gearresteer te word. In effek kan Verkenners nie die geleentheid bywoon nie.

Verder word die brief van die prokureur as ‘n agteraf daad van genl. Opperman beskou. Verlede week is groter openheid en kommunikasie met mekaar afgespreek. Genl. Opperman het geensins enige moeite gedoen om hom te vergewis van feite nie, en op grond van foutiewe inligting dadelik tot die aggressiewe daad van ‘n prokureursbrief oorgegaan.

Senior regsadvies word tans ingewin. Intussen sal alle gesprekvoering met. genl. Opperman opgeskort word

Henk van de Graaf
President

26 Oct 2009

Neem uit die geskiedenis die goeie, en besluit reg


President Paul Kruger het ons, sy nasate, die opdrag gegee om uit die geskiedenis die goeie te neem en daarop ‘n toekoms te bou.

Helaas gebeur dit nog te veel dat ons eerder verkies om die slegte uit die geskiedenis te neem, en dan dit as rede voor te hou waarom ons niks moet doen.

Tans word daar baie aandag gegee aan die herdenking van die Reddingsdaadkongres sewentig jaar gelede. En inderdaad moet Solidariteit gelukgewens word met hierdie inisiatief, want ook ons jonger geslag word weer op hoogte gebring met wat kan gebeur as ‘n volk besiel word met ‘n visie. Ja, ook ‘n ekonomiese visie van bevryding, selfonderhoud en uiteindelike ekonomiese vryheid.

Ons het al die opkoms van ‘n volksekonomie gesien in die talle volkseie ondernemings; ‘n groep volkseie sakelui saam in die Oranje Sake-Instituut; die vestiging van ‘n Volksbank, Oranjekas; en die bevordering van volkseie onderwys deur die BCVO en tuisonderwys.

Tog kry ons die idee dat selfs van ons eie mense en instellings nog nie werklik oortuig is in die krag van eendrag nie. Ons sien nog te veel spreekwoordelike wiele wat herontwerp word. Maar ons beleef ook dat ons nog nie die vertroue het dat ons volk weer bereid sal wees om sy offers te bring nie, en dan gebeur daar intussen dinge wat juis die volk se vertroue ondermyn.

Die Bybel het ons al die beginsel geleer dat geen twee here gedien kan word nie. Hierdie waarheid sal ons ook in ons volkslewe, ons volksekonomie en in die algemeen moet besef en begin uitleef, want slegs op daardie beginsel sal die volk ook weer sy dikwels geskokte vertroue herstel.

As ons besluit op ‘n volksekonomie, is dit ‘n volksekonomie. Dan is daar geen kompromis moontlik met die vyand se ekonomie nie. Ons kan nie aanspraak maak op volkskap en volkondersteuning, maar intussen agterlangs een of ander vorm van ondersteuning van die ANC-bestel ontvang by wyse van skenkings of subsidies nie, wel wetende dat die klomp Kommuniste een of ander tyd hulle pond vleis in ruil daarvoor kom opeis. Ons kan ook nie ter wille van ‘n goedkeurende knik van die vyand, toelaat dat ons weer begin deur ons eie instellings met “net een of twee” volksvreemdes te belas nie, want dit kom neer op ekonomiese integrasie, kultuurintegrasie, en uiteindelik fisieke integrasie. Dit is juis met daardie “een of twee” dat ons sportbeleid die weg vir algehele oorgawe gebaan het. Ons moet uit die verlede die slegte neem, en seker maak ons bewandel nie weer daardie weg nie.

Bowenal moet ons eerlik wees. As ons volkseie is, is ons honderd persent volkseie, nie 99,9 persent nie. Ons moet wys dat ons vertrou kan word, en daardeur kan ons weer by ‘n ontnugterde volk vertroue skep. Vergeet van slim “strategieë”, want ons vyand is nie onder ‘n kalkoen uitgebroei nie. Eerlikheid en eerbaarheid sal die weg van die toekoms moet wees. En ons hier by die Verkenners is bereid om heel eerste die hand in eie boesem te steek om seker te maak dat ons die pad reguit en eerlik stap, tot by algehele volksvryheid.

Geskryf deur 'n Verkenner

23 Oct 2009

Paul Kruger fees 10 Oktober 2009


Die Paardekraal Verkenners het op 10 Oktober 2009 'n Paul Kruger fees te Paardekraal monument aangebied. Dit was 'n heerlike dag wat deur almal teenwoordig geniet was.
Ons kon selfs vir Oom Paul kry om as seremonie meester vir die dag op te tree. Hy het dit geniet om vir 'n slag weer bene te kan rek, na die lang tyd se staan langs die dam.Die dag het begin met 'n vlagoptog, waar die teenwoordiges ingelig was oor die geskiedenis van 'n verskeidenheid volksvlae.
Die vlag hysing is deur die plaaslike volkspele laer behartig. Hulle was ook betrokke by 'n puik volkspele demonstrasie. Hierna is die feesgangers betrek by die volkspele. Een en almal het dit vreeslik geniet.

Na die hys van die vlae is die dag geopen met skriflesing en gebed soos dit by alle Afrikaner feeste hoort. Die opening is deur Ds. Johan Greyling van die Hervormde Kerk Tarlton waargeneem. Hy is natuurlik ook 'n Paardekraal verkenner.

Die Paardekraal verkenners se voorsitter, Mnr. Ben Geldenhuys het as die spreker opgetree. Sy toespraak het gehandel oor die lewe van Paul Kruger en ook sy verbintenis met die Paardekraal monument.Die feesgangers is ook vermaak deur verskeie kunstenaars. Eerste aan die beurt was die Penkoppe Junior Boere orkes. Hierna was dit die "ooms" se beurt met die Fourie Broers Tradisionele Boere orkes. Die laaste kunstenaar van die dag was Hekkie de la Guerre. Hy het die kitaar behoorlik laat bokspring! Die Paardekraal verkenners wil al hierdie kunstenaars bedank. Almal het opgetree uit die liefde van die saak.

Die dag is afgesluit met die vlagstryking en gebed.

Hierna het almal heerlik gebraai en saam gekuier. Daar was ook heelwat kampeerders wat al van die vorige dag op die monument se terrein gekampeer het. Met die beveiliging van die terrein kon almal rustig slaap sonder die bekommernis dat jou eiendom van jou vervreem word.

Die Broederbond en Afrikanerarmoede




Die Voortrekkermonument se muur van herinnering word gebou met geld wat van Afrikaners ingesamel is by die Voortrekkermonument. Op die 23ste Oktober 2009, was daar by die Voortrekkermonument 'n konferensie oor Afrikanerarmoede gehou en is daar fotos geneem van volksvreemdes wat hierdie muur van herinnering bou. Dit sou beteken dat Afrikanergeld gebruik word om werk te verskaf aan volksvreemdes, dit terwyl derduisende Afrikaners nie werk kan kry weens die rassistiese regering se sogenaamde "affirmative action". Dit is hartseer dat die bestuur van die Voortrekkermonument nie omgee vir arm, werklose Afrikaners nie en eerder met Afrikanergeld, werk verskaf aan volksvreemdes. Wat nog meer verbaas, is dat geen van die konferensiegangers oor Afrikanerarmoede, ‘n geluid gemaak het oor hierdie toedrag van sake nie.






Miskien is dit nie so verbasend nie, veral as mens na die uitsprake kyk wat by die konferensie gemaak is nie. Prof. Steve Booyens, voorsitter van die Efficient Group, het gesê om werklik ’n verskil aan armoede te maak, moet Afrikaners by die sakesektor in die breë en swart ondernemings betrokke raak. In Steve Booysens se reenboogdroomwereld bestaan daar seker nie iets soos Affirmative Action en regstellende aksie nie. Of miskien is hy een van die kruiperige Afrikaners wat hierdie rassistiese regeringstelsels as nodig beskryf.

Prof. Hermann Gilomee se oplossing vir die Afrikanerarmoede, is ‘n projekte wat fokus om meer bruin Afrikaanssprekendes in universiteite te kry. Wat kleurlinge met Afrikaner armoede te make het, sal net Gilomee seker verstaan en hoe meer kleurlinge in universiteite die Afrikaners in plakkerkampe gaan help, sal selfs Gilomee nie kan verduidelik nie.

Dr. Danie Langner van Solidariteit Helpende Hand, is voor die konferensie in die media aangehaal dat hy te vertel gehad het dat “Armoede ken geen kleur nie.” Dit is so dat armoede geen kleur ken nie, die probleem is egter dat Langer hierdie uitlating gebruik het om die feit dat in die Wes-Kaap is 70% van die kinders wat deur onder meer die Skooltassie-projek baat vind by Helpende Hand se opheffingswerk bruin kinders is, te regverdig. Dit wil dus voorkom dat Solidariteit se Helpende Hand wat voorgehou word as ‘n helpende hand vir Afrikaners, eerder ‘n helpende hand is vir kleurlinge, maar met Afrikaners se geld.

Daar mag dalk gewonder word hoekom Oranjekas, die volkseie kooperatiewebank nie genooi is na hierdie konferensie oor Afrikanerarmoede nie, maar neem mens in ag dat Oranjekas onbeskaamd volkseie is, kan mens aanneem dat Solidariteit van mening was dat Oranjekas nie sou inpas by hierdie konferensie waar integrasie gepreek word nie. Dit blyk ook die rede te wees hoekom die Oranje Sake Instituut nie genooi is nie.

Die grootste ironie van hierdie konferensie is dat Helpende Hand kwansuis uit die geskiedenis gaan neem het wat goed is – die volkskongres van 1939 en die daaruit voortspruitende Reddingsdaadbond. Solidariteit ken blykbaar nie die geskiedenis van hierdie volkskongres nie, aangesien hierdie kongres juis gebore is uit die Afrikaner se verset om nie te integreer met die Engelse nie. As hulle werklik lesse uit die verlede wou neem, sou hulle sien dat die Afrikaner se redding in 1939 was dat die Afrikaner besluit het om nie met die Engelse te integreer nie en daarom kon die Afrikaner homself red. As Solidariteit se oplossing vir die Afrikanerarmoede is dat die Afrikaner moet integreer met die kleurling, soos wat nou voorgehou word in hulle konferensie, dan is dit geen oplossing vir die Afrikaner nie.

Dit wil ook voorkom of hierdie nie ‘n glips is van Solidariteit nie. So byvoorbeeld het hulle onlangs die kleurling Alan Boesak gebruik om die name van slagoffers van plaasmoorde te lees oor hulle radiostasie. Op ’n karaoke-DVD van tradisionel Afrikaanse liedjies wat AfriForum, stalmaat van Solidariteit laat maak het, sing die Zoeloe, Mangosuthu Buthelezi, Hoe ry die boere sit-sit so.

Hierdie subtiele integrasie is ook nie vreemd van die dampkring waarin Solidariteit hom tans bevind nie. Die ATKV, FAK, AHI, Voortrekkers, Agri-SA, Erfenisstigting en Broederbond het dieselfde integrasie strategie.

Met hierdie integrasie strategie, hoop hierdie organisasie blykbaar om die Afrikaner deel te maak van die Nuwe Suid-Afrika. Gevolglik kan mens aanneem dat hulle die vryheidseis van die Afrikaner nie ondersteun nie. Dit is seker ook hulle goeie reg om nie die vryheidseis van die Afrikaner te ondersteun nie, die vraag is egter wat gaan die vryheidstrewende Afrikaner maak wanneer hierdie organisasies in die pad staan van vryheid?

Ben Geldenhuys
Paardekraal Verkenners

20 Sept 2009

Paul Kruger se voete gewas


Ter voorbereiding van die herdenking van Paul Kruger se 184ste verjaarsdag, het die Paardekraal Verkenners besluit om Oom Paul se standbeeld skoon te maak. Die nodigheid om die standbeeld skoon te maak, het ontstaan nadat vandaliste die standbeeld ontsuur het met grafiti. Die Verkenners het redelik vinnig die grafiti verwyder gekry en het daarom ook besluit dat die standbeeld skoon gemaak moet word.



Simbolies is Oom Paul se voete ook gewas. Hiermee is verskoning aangebied aan Oom Paul dat ons toegelaat het dat die land in so gemors verval het en daarmee al sy opofferinge ongedaan gemaak het.




16 Sept 2009

Paul Krugerfees - 10 Oktober 2009