23 Oct 2009

Die Broederbond en Afrikanerarmoede




Die Voortrekkermonument se muur van herinnering word gebou met geld wat van Afrikaners ingesamel is by die Voortrekkermonument. Op die 23ste Oktober 2009, was daar by die Voortrekkermonument 'n konferensie oor Afrikanerarmoede gehou en is daar fotos geneem van volksvreemdes wat hierdie muur van herinnering bou. Dit sou beteken dat Afrikanergeld gebruik word om werk te verskaf aan volksvreemdes, dit terwyl derduisende Afrikaners nie werk kan kry weens die rassistiese regering se sogenaamde "affirmative action". Dit is hartseer dat die bestuur van die Voortrekkermonument nie omgee vir arm, werklose Afrikaners nie en eerder met Afrikanergeld, werk verskaf aan volksvreemdes. Wat nog meer verbaas, is dat geen van die konferensiegangers oor Afrikanerarmoede, ‘n geluid gemaak het oor hierdie toedrag van sake nie.






Miskien is dit nie so verbasend nie, veral as mens na die uitsprake kyk wat by die konferensie gemaak is nie. Prof. Steve Booyens, voorsitter van die Efficient Group, het gesê om werklik ’n verskil aan armoede te maak, moet Afrikaners by die sakesektor in die breë en swart ondernemings betrokke raak. In Steve Booysens se reenboogdroomwereld bestaan daar seker nie iets soos Affirmative Action en regstellende aksie nie. Of miskien is hy een van die kruiperige Afrikaners wat hierdie rassistiese regeringstelsels as nodig beskryf.

Prof. Hermann Gilomee se oplossing vir die Afrikanerarmoede, is ‘n projekte wat fokus om meer bruin Afrikaanssprekendes in universiteite te kry. Wat kleurlinge met Afrikaner armoede te make het, sal net Gilomee seker verstaan en hoe meer kleurlinge in universiteite die Afrikaners in plakkerkampe gaan help, sal selfs Gilomee nie kan verduidelik nie.

Dr. Danie Langner van Solidariteit Helpende Hand, is voor die konferensie in die media aangehaal dat hy te vertel gehad het dat “Armoede ken geen kleur nie.” Dit is so dat armoede geen kleur ken nie, die probleem is egter dat Langer hierdie uitlating gebruik het om die feit dat in die Wes-Kaap is 70% van die kinders wat deur onder meer die Skooltassie-projek baat vind by Helpende Hand se opheffingswerk bruin kinders is, te regverdig. Dit wil dus voorkom dat Solidariteit se Helpende Hand wat voorgehou word as ‘n helpende hand vir Afrikaners, eerder ‘n helpende hand is vir kleurlinge, maar met Afrikaners se geld.

Daar mag dalk gewonder word hoekom Oranjekas, die volkseie kooperatiewebank nie genooi is na hierdie konferensie oor Afrikanerarmoede nie, maar neem mens in ag dat Oranjekas onbeskaamd volkseie is, kan mens aanneem dat Solidariteit van mening was dat Oranjekas nie sou inpas by hierdie konferensie waar integrasie gepreek word nie. Dit blyk ook die rede te wees hoekom die Oranje Sake Instituut nie genooi is nie.

Die grootste ironie van hierdie konferensie is dat Helpende Hand kwansuis uit die geskiedenis gaan neem het wat goed is – die volkskongres van 1939 en die daaruit voortspruitende Reddingsdaadbond. Solidariteit ken blykbaar nie die geskiedenis van hierdie volkskongres nie, aangesien hierdie kongres juis gebore is uit die Afrikaner se verset om nie te integreer met die Engelse nie. As hulle werklik lesse uit die verlede wou neem, sou hulle sien dat die Afrikaner se redding in 1939 was dat die Afrikaner besluit het om nie met die Engelse te integreer nie en daarom kon die Afrikaner homself red. As Solidariteit se oplossing vir die Afrikanerarmoede is dat die Afrikaner moet integreer met die kleurling, soos wat nou voorgehou word in hulle konferensie, dan is dit geen oplossing vir die Afrikaner nie.

Dit wil ook voorkom of hierdie nie ‘n glips is van Solidariteit nie. So byvoorbeeld het hulle onlangs die kleurling Alan Boesak gebruik om die name van slagoffers van plaasmoorde te lees oor hulle radiostasie. Op ’n karaoke-DVD van tradisionel Afrikaanse liedjies wat AfriForum, stalmaat van Solidariteit laat maak het, sing die Zoeloe, Mangosuthu Buthelezi, Hoe ry die boere sit-sit so.

Hierdie subtiele integrasie is ook nie vreemd van die dampkring waarin Solidariteit hom tans bevind nie. Die ATKV, FAK, AHI, Voortrekkers, Agri-SA, Erfenisstigting en Broederbond het dieselfde integrasie strategie.

Met hierdie integrasie strategie, hoop hierdie organisasie blykbaar om die Afrikaner deel te maak van die Nuwe Suid-Afrika. Gevolglik kan mens aanneem dat hulle die vryheidseis van die Afrikaner nie ondersteun nie. Dit is seker ook hulle goeie reg om nie die vryheidseis van die Afrikaner te ondersteun nie, die vraag is egter wat gaan die vryheidstrewende Afrikaner maak wanneer hierdie organisasies in die pad staan van vryheid?

Ben Geldenhuys
Paardekraal Verkenners