19 Mar 2010

Nasionale Verkenners Kongres


Die nasionale kongres van die Verkenners Beweging het plaasgevind op 13 Maart 2010. Hierdie is 'n tweejaarlikse gebeurtenis. In die jaar wat daar nie 'n nasionale kongres gehou word nie, vind die provinsiale kongresse plaas.

Hierdie jaar se kongres was aangebied deur die Donkerhoek verkenners. Ons wil hulle bedank vir al hulle harde werk om hierdie geleentheid moontlik te gemaak het. Die kongres was uitstekend aangebied by Galagos, wat net buite Kleinfontein gelee is.

Die Paardekraal verkenners was goed verteenwoordig by die kongres. Daar is ook twee Paardekraal verkenners wat vereer is met 'n goue medalje toekenning vir hulle harde werk die afgelope twee jaar. Sid Mann en Martin Rossouw was die twee manne wat die Paardekraal verkenners se naam hoog gehou het.



'n Oud voorsitter en lid van die Paardekraal verkenners, Ben Geldenhuys het ook die trofee vir die bobaas verkenner met 'n lid van die Donkerhoek verkenners, Jan Beyers, gedeel. Ben het ook intussen by Donkerhoek ingeskakel.

Daar kan ook met trots aangekondig word dat Paardekraal die trofee vir die beste pos verower het.

Na 'n heerlike ontbyt en puik sprekers, het die geslote deel van die kongres plaasgevind. Hier het besprekings en beplanning vir die volgende twee jaar plaas gevind.
Die nuwe bestuur is dan ook tydens hierdie geleentheid verkies. Die nuwe verkose bestuur van die beweging is as volg:
President - Ben Geldenhuys
Vise-President - Abel Malan
Tesourier - Jan Beyers
Sekretaris - Alwyn de Klerk
Jeug Leier - Jan van Zyl
Adissionele lid - Rian Genis