Ons kon selfs vir Oom Paul kry om as seremonie meester vir die dag op te tree. Hy het dit geniet om vir 'n slag weer bene te kan rek, na die lang tyd se staan langs die dam.


Die vlag hysing is deur die plaaslike volkspele laer behartig. Hulle was ook betrokke by 'n puik volkspele demonstrasie. Hierna is die feesgangers betrek by die volkspele. Een en almal het dit vreeslik geniet.


Na die hys van die vlae is die dag geopen met skriflesing en gebed soos dit by alle Afrikaner feeste hoort. Die opening is deur Ds. Johan Greyling van die Hervormde Kerk Tarlton waargeneem. Hy is natuurlik ook 'n Paardekraal verkenner.

Die Paardekraal verkenners se voorsitter, Mnr. Ben Geldenhuys het as die spreker opgetree. Sy toespraak het gehandel oor die lewe van Paul Kruger en ook sy verbintenis met die Paardekraal monument.

Die dag is afgesluit met die vlagstryking en gebed.
Hierna het almal heerlik gebraai en saam gekuier. Daar was ook heelwat kampeerders wat al van die vorige dag op die monument se terrein gekampeer het. Met die beveiliging van die terrein kon almal rustig slaap sonder die bekommernis dat jou eiendom van jou vervreem word.