29 Aug 2009

Voortrekkermonument speelplek vir fopdossers!


Geagte Volksgenote,

Dit stem my tot groot ongelukkigheid om kennis te neem dat daar ‘n musiekfees aangebied is vir ‘n groep transvestiete en ander persone met afwykings by die Voortrekkermonument. Dit maak ‘n bespotting van ons kultuurerfenis en mens kan maar net wonder hoe so iets goedgekeur is deur die rentmeesters van ons kultuurerfenis by die Voortrekkermonument. Hierdie onaanvaarbare toedrag van sake sal seker weereens deur die bestuur op een of ander manier goed gepraat word. Net soos die afgodsbeelde en kondome wat by die winkel verkoop word. Of soos die “model” wat op die Senotaaf afgeneem is.

Hoeveel meer vernedering moet hierdie volk ervaar? Hoe is dit moontlik dat hierdie soort van gebeure goed gepraat kan word deur die sogenaamde bestuur van die Voortrekkermonument? On sweet nou al dat die volkskultuurvlag, die Vierkleur nie welkom is by die Voortrekkermonument nie, maar nou wil dit voorkom dat transvestiete, kondome en afgodsbeelde wel welkom is. Beteken dit dat slegs dinge wat die volk verneder welkom is en dat goed wat die volk enige vorm van trots mag gee onwelkom is?

Het die Voortrekkermonument nou ‘n propaganda instrument in die hande van die ANC geword, waarmee hierdie volk afgekraak en verneder moet word? Waar gaan dit stop??

Die ironie is dat die sogenaamde “vriende van die VTM” ‘n groep volksgenote is wat finansiëel bydrae tot die Voortrekkermonument. Gevolglik is hierdie groep besig om die volk se ondergang te finansier!

Ek weier om te aanvaar dat die afstammelinge van die Voortrekkers in ‘n spul sikofante ontaard het. My oproep aan die handjievol volksgenote wat nog ‘n ruggraat het, is om nie hierdie toedrag van sake gelate te aanvaar nie. Laat u stem hoor, behalwe as u ook ‘n sikofant is, wat hierdie gebeure aanvaar.

Ben Geldenhuys