29 Aug 2009

Paul Krugerfees 2009




Geagte Volksgenoot,

Paul Kruger het ‘n baie spesiale verbintenis met Krugersdorp. Nie net is die dorp na hom vernoem nie, maar ook is Oom Paul se monument, die Paardekraalmonument, in Krugersorp.


Sedert 2007 op die 9 Oktober, sit die Paardekraal Verkenners ‘n ampserp op die standbeeld van President Paul Kruger. Dit is ter herdenking van sy verjaarsdag wat op die 10 Oktober geskiet.
Paul Kruger se verbintenis met Paardekraal.

Op 8 Desember 1880, na die verlies van vryheid, roep Paul Kruger die volk byeen te Paardekraal. Tydens hierdie vergadering, besluit die sowat 6000 burgers, dat die tyd aangebreek het om iets daadwerkliks te doe nom hulle vryheid te herstel. Op 'n voorstel van Paul Kruger het die burgers 'n klip stapel gepak op die plek waar die monument vandag staan. Op hierdie stadium is die Paardekraal Gelofte ook afgele.Hierdie vergadering het die slag van Majuba tot gevolg gehad en die herstel van vryheid van die ZAR op 27 Februarie 1881. Van 13 tot 16 Desember 1881, hou 'n dankbare volk 'n reuse fees op die terrein en ook die eerste staatsfees in 1886 is daar gevier.In 1889 is die heer JC Human, wat landros in Krugersdorp was, na President Paul Kruger om toestemming te vra om 'n monument op die terrein te bou. In 1890 besluit die regering om die monument op Paardekraal te bou oor die klipstapel. Die Heer Wierda, was die argitek en die boumeester WY Veitsch het in April 1890 met die bou van die Monument begin en is voltooi in November van 1890.In Desember 1891 is 'n huldigingsfees op Paardekraal gehou, waartydens President Paul Kruger die monument onthul het. Dit was ook die eerste volksfees waar die Gelofte van 1838 weer herdenk is.




‘n Dankbare volk, onthou sy helde.

Sedert 2007 herdenking die Paardekraal Verkenners die geboortedag van President Paul Kruger. Hierdie herdenking het in 2008 ‘n hoogtepunt bereik met ‘n volksfees wat by die Paardekraalmonument gehou is. In 2009 sal daar weereens ‘n volksfees ter herdenking van President Paul Kruger gehou word te Paardekraal. Volksgenote word vriendelik uit genooi na hierdie feestelike dag.