04 Aug 2009

Dit is oorlog, by Paardekraal.







Sedert 2007 is daar op gereelde grondslag voorvalle van diefstal en fandalisme by die Paardekraal Monument in Krugersdorp. Die koperkabels wat die elektriese toevoer voorsien is weg gedra en feitlike alle metaal items is gesteel. Dit sluit in lamppale en vlagpale. By die badkamers is daar gereeld in gebreek en alle koper krane en pype is gesteel. Na die badkamers herstel is, is daar op die dag wat die herstelwerk gedoen is, weereens ingebreek en weereens is die krane gesteel. Al die nuwe wasbakke is ook tydens hierdie inbraak gebreek. Daar is duisende Rande spandeer, nie net om die verwoesting te herstel nie, maar ook om dit wat nog daar is, veilig te kry. So is daar byvoorbeeld by die badkamers doringvurkhekke opgesit en verskeie vensters is met staalplaat toe gemaak. Ongelukkig is ook hierdie staalplaat gesteel en so ook die doringvurkhekke.

Vir die Paardekraal Verkenners, soos menigste ander Afrikaners lĂȘ die Paardekraal Monument baie naby aan die hart. Gevolglik is daar besluit om 'n strategie te ontwikkel om Paardekraal te beveilig. 'n Taakspan is aangestel onder leiding van Sid Mann wat al die moontlikhede ondersoek het en het met 'n strategie na vore gekom wat nie net die terrein sal beveilig nie, maar ook sal poog om die terrrein te herstel tot 'n bruikbare toestand waarop volksgenote weer trots kan wees.

Hierdie plan is aan die Paardekraal Feeskomisie voorgelĂȘ en is ook goedgekeur. Ook is nodige fondse hiervoor deur die Paardekraal Feeskomisie goedgekeur. Op Dinsdag 28 Julie 2009 is daar dan ook begin met die opgradering van die sekuriteit. Volgens beplanning sal daar 'n dubbelheining opgerig word, waarby die binnekantste heining ge-elektrifiseer sal wees en ook gekoppel sal wees aan 'n alarm. Die kampterrein sal ook weer voorsien word van elektrisiteit. Verder word daar ook beplan om 'n terreinopsigter aan te stel wat op die terrein sal woon. Hierdie eerste fase van die verbeterings behoort teen September afgehandel te wees.