02 Dec 2007

'n Ope brief aan Thabo Mbeki


Geagte Thabo,

Dit is nou ruim 14 jaar sedert die Nasionale Party op 'n onwettige manier Suid-Afrika aan u regime gegee het. Alles wat die Boere/Afrikaner eens opgebou het, is in hierdie tyd vernietig, verwaarloos of die naam is verander. Dit moet seker nie verbaas dat dit so gaan nie, u regime het dit mos verniet gekry en die Engelsman se mos nie verniet "easy come, easy gone".

U mag dit dalk vreemd vind dat na 14 jaar, nieteenstaande u onwettige rassistiese wetgewing van regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging, die Afrikaner steeds 'n groot houvas het op die ekonomie. U het egter nie rekening gehou met die deursettingsvermoë en toegewyde hardwerkendheid van die Boere/Afrikaner nie.

U regering se aanhoudende aanval op ons taal, het ons taal net sterker gemaak. Lanklaas was die Boere/Afrikaner so trots om Afrikaans te praat. Die Boere/Afrikaner se geld praat ook Afrikaans, moet dus nie verbaas wees nie as 'n paar besighede hulle deure moet sluit aangesien hulle weier om ons in Afrikaans te bedien.

Van die duisende pragtige Afrikaanse skole wat met die Afrikaner se geld opgebou en instandgehou is, is daar nou net 'n paar honderd oor. U kan gerus maar die hierdie paar skole ook annekseer en ver-Engels, die Boere/Afrikaner het reeds 'n alternatiewe sisteem opgebou waar die standaard baie hoër is. Hierdie sisteem is met eie geld en kundigheid daar gestel en uitgebou.

As u wit was, sou u seker baie rooi in die gesig gewees het oor die arrogante manier waarop die burgemeesters van Standerton en Pretoria poog om die Afrikaner se kultuur en geskiedenis te verwoes.

Dit is egter duidelik dat hierdie nie geïsoleerde insidente is nie, daar bestaan die opinie dat dit 'n beplande aanval is op die Boere/Afrikaner se kultuur en geskiedenis. In die museums wat ONS gebou en befonds het, word ons geskiedenis verwyder en vervang met kommunistiese propaganda. Ons geskiedkundige vakansiedae en die dorpe en stede wat ons gebou het, se name word selfs verander.

Die Boere/Afrikaner se geloof het hom nog altyd gesterk teen die aanvalle van die bose. Dit is dus seker nie vreemd dat ook ons geloof aangeval sal word nie. Vir die eens Christelike skole en universiteite wat deur die Boere/Afrikaner gebou was, word dit nou onmoontlik gemaak om die Christelike boodskap uit te dra.

Suid-Afrika het ontaard in die gevaarlikste plek in die wêreld om in te leef. Nieteenstaande hierdie feit, is dit feitlik onmoontlik om 'n wettige vuurwapen te bekom om jouself te beskerm. Die Polisiediens is voorts onwillig of onbevoeg om misdaad te bekamp. Plaasboere, veral ou mense en kinders, is ook 'n teiken van die rampokkers, wat u onwillig is om voor stok te kry.

Dit begin vir my al hoe meer voorkom of daar 'n beplande aanval op die Boere/Afrikaner is. Dit terwyl u versoening verkondig!

Indien dit wel die geval is, voel ek dit my plig om u te waarsku. Die Boere/Afrikaner vir wie sy taal, kultuur en geloof belangrik is, is nie dieselfde as die "joiners" en "hensoppers" wat aan u regime die land gegee het nie. Moet tog ook nie die arrogante fout maak om u blind te staar aan getalle nie. In u "demokratiese" sisteem is ons dalk 'n minderheid met geen politiese stem nie, maar dit beteken nie dat ons alles wat aan ons gedoen word, gelate gaan aanvaar nie.

Die magtige Britse empire, die wêreldheersers oor wie se grond die son nooit gesak het nie, het ook die Boere/Afrikaner onderskat. Dit het hulle baie duur te staan gekom.

Die Boere/Afrikaners het nog nooit 'n ongeregtigheid gelate aanvaar nie. Ons voorvaders het na hierdie land gekom, weens die aanslag op ons geloof. Die Voortrekkers het besluit om eerder kaalvoet oor die Drakensberge te trek, as om te ver-Engels. Die Zoeloes by Bloedrivier moes ook gedink het dat die handjievol blankes geen kans staan nie, wat hulle egter nie geweet het nie, was dat God se Hand self betrokke was. U sien, die Voortrekkers het 'n Gelofte afgelê teenoor God en daarom het God self die oorwinnig behaal.

Hierdie Gelofte word steeds jaarliks deur die Boere/Afrikaner herdenk. Dit geskied op die 16de Desember, wat Geloftedag is en nie versoeningsdag soos wat u regime wil voordoen nie.

Van versoening is daar van u kant af in elk geval geen sprake nie, die aanval op die Boere/Afrikaner se taal, kultuur en geloof, is 'n duidelike bewys hiervan.