25 Mar 2009

VERNIETIGING VAN DIE AFRIKANER SE KULTUURGOEDERE


‘n Berig in Beeld 25 Maart 2009 (p5) oor boeke van ‘n museum van die onderwysdepartement wat op die ashoop beland het dui nie net op onbevoegdheid of nalatigheid nie. Dit bevestig ‘n aftakelingsproses wat landswyd aan die gang is naamlik die doelbewuste en berekende vernietiging van die Afrikaner se volkskultuur.

Aan die hand van hierdie meer konkrete gegewens wat nou aan die lig gekom het, oorweeg die Volkseie Museumraad om ‘n grondwetlike regsgeding oor die vernietiging van ons volkskultuur teen die A.N.C. owerheid aanhangig te maak. Die ondersteuning van die Afrikanerfront sal ook hiervoor gevra word.

Ons kan die vernietiging van kultuurgoedere nie verder toelaat nie.


Uitgereik deur die Dagbestuur van die Volkseie Museumraad.

25 Maart 2009