02 Sept 2008

Heldedag - 11 Oktober 2008




Na die sukses van die Kultuurdag wat gehou is op die 31ste Mei 2008 by die Paardekraal-Monument, het ons geen ander keuse gehad as om weer 'n feesdag te reël nie. Die volgende feesdag is dan ook op die 11 Oktober 2008 - Heldedag. Daar is ook besluit om hierdie feesdag groter en beter as die die vorige geleentheid te maak.


Die program vir die dag is as volg:

10h00 Opening & Verwelkoming

10h15 Vlaghysing

10h25 CVO Brandwag – Die Stem

10h30 Henk v/d Graaf Toespraak

10h45 Paul Kruger Toespraak

11h00 Eclips

12h00 Handhawerjeug

13h00 Volkspele

14h00 Coreen (Bloedriver-lied)

15h00 Penkoppe (Boere-orkes)

16h00 Program sluit



Geen volksfees sal volledig wees sonder dat daar nie ook heelwat te ete is nie en die plaaslike kerke sal 'n verskeidenheid kosstalletjies aanbied. Dan is ons bevoorreg om nie minder nie as drie outeurs teenwoordig te he -- dr. Cas Bakkes (Boskroniek), prof. Kobus Pienaar (Waarheid en Wysheid) en mnr. Dolf Buitendach (Semantiese bedrog). Van die ander aktiwiteite sluit in skyfskiet en perderitte. Daar sal ook 'n konsentrasiekampfoto-uitstalling wees, met die komplimente van Kraal-Uitgewers.

08 Aug 2008

Volkshater word op sy plek gesit!


Geagte Mnr Behrens,


Ten eerstens moet ek u gelukwens met die pragtige Afrikaanse skool. Dit is duidelik dat u, u posisie as hoof nie net as 'n werk sien nie, maar dat u hart werklik in die saak is.

Dit was dan ook vir my 'n skok om te sien dat Mnr Norman van der Poll betrokke is by u skool, 'n skool waarvoor u baie duidelik omgee. Die enigste rede waaraan ek kan dink dat u hom toelaat om betrokke te wees by u skool, is dat u nie die man se karakter ken nie.

Laat my toe om 'n paar van Mnr van der Poll se skrywes aan u bekend te maak, sodat u self 'n mening kan vorm oor die man: (let egter dat dit vreeslik bar is)

Ek begin maar met sy "digkuns":


http://woes.aardvark.co.za/gedigte/vertoon/9256_Mandi_I.htm




Dan is daar ook die man se beskrywing van homself:

http://www.woes.co.za/artikels/vertoon/9607_Ek_is_ek.htm


Dan wonder ek ook hoe dit is dat die man naby Afrikanerkinders toegelaat kan word as hy in die dagblad Beeld sy gevoelens oor die Afrikaner so uitdruk:

'Afrikaner is 'n geniepsige en venynige swakkeling'
Aug 06 2008 06:27:24:433PM - (SA)

Met verwysing na die berig “Afrikaner kan SA wa deur drif help sleep” (4 Augustus).

Die Afrikaner is ’n agteraf, geniepsige en venynige swakkeling wat nie skroom om te teer op die nederlae van die "underdog" nie.

Hulle was niks en sal nooit weer die vreugde van hul koverte, onderduimse welslae smaak nie.

Hulle verdien die korrupsie en kranksinnigheid van die ANC.

Ek distansieer my van alle Afrikaner-verwante ideologieë, filosofieë, die NG Kerk en sommer vir die lekker, voeg ek volkspele daarby...suggestiewe danse vol subliminale "foreplay" waar die perverse, ou boere met die jeug “omgegaan” het. Dis nou hulle wat glo Facebook is sonde en YouTube ’n instrument wat Satan in sy dissipels se hande gestop het.

Afrikaner? Ek praat jou taal en ek leef jou kultuur omdat dit in my gedwing is. Ek verag jou lewens- en wêreldbeskouing en ek kots klopdisselboom as ek na jou brekerstories luister...verkenner in die bos, maar julle was te hel sleg om die drie dae patrollies te loop en het liewer 300 m van die basis af onder ’n kremetart loop gyppo.

Te bang vir veg, want jou lewe is op die spel. 32 Bn, 4 en 5 VK moes gereeld julle gatte gaan skop om julle net te kry om te loop!

Koevoet het vir jou gelag, haasman! Trots op wat?


Norman van der Poll, Suid-Korea

http://www.news24.com/Beeld/Opinie/Briewe/0,,3-2085-73_2371124,00.html


Soos u kan sien is al hierdie inligting beskikbaar op die internet. Ons weet dat kinders vandag baie tegnologies vaardig is, ek wonder wat se indruk dit op hulle gaan laat? Ook wonder ek hoe die Afrikanerouers by u skool oor die saak sal voel. Of selfs die adverteerders op u webblad, wat klaarblyklik ook Afrikaners is.

Ek verneem graag hoe u die saak gaan hanteer.



Ben Geldenhuys
Paardekraal Verkenners







Beste mnr Geldenhuys



Dit is met skok en afgryse wat ons verneem het van die brief van mnr Norman van der Poll in Beeld, 6 Augustus. Laerskool La Hoff is ‘n trotse Afrikaanse skool met ‘n Christelike karakter wat ‘n vyfsterbeeld na buite wil uitdra en daarom distansieer ons ons totaal van hierdie uitlatings van mnr van der Poll. Dit is vir ons belangrik om ons kinders bloot te stel aan ander wêrelddele maar is nie bereid om ons Christenskap, taal en kultuur op die spel te plaas nie en is tans besig om ons verbintenis met hierdie projek te hersien.



Baie dankie dat u hierdie saak onder ons aandag gebring het. Ons skool is ook verbind aan die opbou van hierdie land en sy mense.



Groete.



Albert Behrens

SKOOLHOOF

Adres: Privaatsak X5037, KLERKSDORP, 2570

Tel: 0184682471

Faks: 0184686836

Epos: rottang@lahoff.co.za

Webtuiste: www.lahoff.co.za

06 Aug 2008

Die ANC het die swartman ontman.


So ‘n paar jaar gelede het die feministiese aktrise Charlize Theron op 'n TV-advertensie gevra hoe manlik is die Suid-Afrikaanse man. Dit is 'n advertensie wat vreeslik kritiek ontlok het, maar miskien was daar tog waarheid in haar vraag.



Dit is egter belangrik om al die feite rondom die saak op die tafel te plaas. Haar argument was "regte mans" verkrag nie en mishandel nie kinders nie. As mens in ag neem dat meer as 90% van mans in SA tronke swart is, dan wonder mens waar kom hierdie kultuur van misdaad, veral misdaad teen swakker persone onder swart mans vandaan.



Om die vraag te antwoord moet ons terug gaan in die onlangse geskiedenis. Die ANC het tydens hulle oorname aan die wêreld verkondig dat nooit weer sal daar in Suid-Afrika teen persone gediskrimineer word op gronde van die persoon se ras of geslag nie. Tog het die ANC in hierdie "gelyke" bestel dit nodig geag om swart- bevoordelingswetgewing in te stel in die vorm van "swart ekonomiese bemagtiging", "affirmative action" en "kwotasport".



Ook indien daar iets verkeerd gaan in die land, is die ANC vinnig om die skuld daarvoor op die skouers van Apartheid te pak. Wat hulle eintlik sê is, dit is die skuld van die witman.



Wat is die dieperliggende boodskap wat die swartman hieruit ontvang?



Vir die swartman is dit duidelik dat die ANC nie glo dat hy op meriete 'n kans staan om teen die witman mee te ding nie. Daarom is dit nodig om wetgewing in te stel om hom op 'n ongelyke basis 'n geleentheid te gun om teen die witman mee te ding. Dat hierdie sogenaamde "bemagtigingsplan" vaal, is ook duidelik. Selfs ten spyte van die ongelyke speelveld vaar die witman steeds beter as die swartman op alle terreine van die samelewing. Dit kan nie goed wees vir die swartman se ego nie en die verskoning wat die ANC daarvoor aanvoer – dat dit Apartheid se skuld is – kan net die saak verder versleg. Apartheid is nou al vir 14 jaar nie meer 'n faktor nie.



Enige sielkundige sal getuig dat 'n boelie mense wat swakker as hy is afknou, weens sy eie swak selfbeeld of ego.



Is dit dan so vreemd dat die swartman vrouens, kinders en oumense verkrag, mishandel en vermoor?



Die ANC het nou verder gegaan en gesê dat ook wit vrouens nie meer van die "affirmative action" wetgewing vrygestel sal word nie. Vir die swartman beteken dit dat die ANC glo die swartman is nie opgewasse om selfs teen 'n wit vrou op gelyke grondslag mee te ding nie.



In die swart kulture is dit nog altyd geglo dat 'n man sterker is as 'n vrou en nou vertel die ANC die swartman dat hy swakker is as 'n wit vrou?



Ons het reeds gesien wat die gevolge was van die ANC te ontmanning van die swartman, hierdie is nou sout in die wonde en die gevolge kan nou net vererger.



Ek vermoed egter dat die ANC nie bewus is wie hulle nou die stryd aangesê het nie. Want sien, dit is die Afrikanervrou wat die Afrikanervolk gemotiveer het tot van die grootste gebeure in die Afrikaner se geskiedenis. Dit was die Afrikanervrou wat die Afrikaner gemotiveer het tot die Groottrek. Die bekende "kaalvoet oor die Drakensberg" uitspraak, dien as bewys hiervan.



Op trek het sy die huisaltaar in stand gehou, haar kinders aan haar knie gekatkiseer en uit die Nederlandse Bybel leer lees en skryf. As die laer aangeval word, het sy die gewere gelaai en die lope koud gehou.

Sy was die handhawer van die Christelike geloof in die ruwe, ongetemde land en haar kinders het die vryheidsdrang en volkstrots met moedersmelk ingedrink.



Ook tydens die Tweede Vryheidsoorlog was dit die Afrikanervrou wat die swaarste gely het onder die wreedheid van die Britse Empire. Tog, ná daar reeds meer as 26 000 kinders en vrouens in die konsentrasiekampe dood was, was dit die vrouens in die kampe wat die boodskap vir die burgers in die veld gestuur het: “Hou aan, ons sal uithou!”



Ná die oorlog, verarm deur die Britte se verskroeide aarde-beleid en die depressie wat daarop gevolg het, het sy haar gesin skoon, geklee en gevoed gehou.



Die waardes en dissipline wat sy aan haar kinders geleer het, het hulle gesterk om in 1961 onder die Britse heerskappy uit te styg, met die skep van 'n eie republiek.



Afrikanerseuns het groot respek vir die moeders van die volk. Hulle word ook geleer om hulle vrouens met dieselfde respek te bejeën as hulle moeders. Daarom is die gedagte aan 'n vrouedag vir die Afrikaner 'n vreemde gedagte. Want sien, vir die Afrikaner het mans en vrouens nog altyd mekaar aangevul deur hulle bepaalde rolle wat hulle speel en dus was daar nie 'n ongelykheid wat nou moet gelyk gestel word nie.



Tog is dit ironies dat die ANC kort voor vrouedag erken dat die Afrikanervrou meer van 'n man is, as die swartman.

18 Jul 2008

Prof Jonathan Jansen se uitsprake oor blanke studente


Die Verkennerbeweging het met gemengde gevoelens kennis geneem van die uitsprake van prof. Jonathan Jansen oor die gedrag en ingesteldheid van blanke studente.



Ons betreur dit egter dat hy skynbaar ‘n eensydige studie probeer onderneem het en as gevolg daarvan slegs eensydige bevindinge kon maak, en dit boonop interpreteer het vanuit sy eie nie-blanke oogpunt. As hy ‘n meer wetenskaplike ondersoek sou onderneem het, soos om ook die swart studente daarby te betrek, en selfs sy eie mense, die kleurlinge, sou daar dalk ‘n heel ander bevinding gemaak kon gewees het.



Om te beweer dat wit studente verkeerd ingelig word deur kerke, kultuurgroepe en hulle ouers, is verregaande en getuig van absolute onkundigheid, komende uit die mond van iemand wat nie selfs deel is van daardie gemeenskap nie. Om op grond daarvan te vermoed dat sodanige studente hulle tot rasse-aanvalle sou kon wend, kan selfs as beledigend ervaar word.



Waarom meld hy slegs enkele gevalle wat in die media skeefgetrek is? Dit was bewysbaar duidelik dat die sogenaamde Reitz “walgvideo” gemaak is met medewete van die “akteurs” daarin, en bewyse dat daar niks vulgêrs gebeur het nie, is eenvoudig nie geglo nie. Maar daardie video was ‘n reaksie van studente wat nie gedwonge geïntegreer wou word nie.



Maar as prof. Jansen sy ondersoekveld sou verbreed het, kon hy by dieselfde universiteit afgekom het op swart studente wat wit damesstudente molesteer en verkrag, soos herhaaldelik gebeur het. In hoeveel gevalle van moorde en plaasaanvalle is dit nie juis swart jeugdiges wat daarby betrek is nie? Moet ons dan nou aanneem dat dit ook deur hulle kerke, jeugorganisasies en ouers aan hulle opgedra word?



Wit, en in besonder Afrikanerstudente, is en word van kleins af hoflikheid en verdraagsaamheid geleer, ook teenoor die andervolkiges in die land. Dit is egter onnatuurlike prosesse, soos “affirmative action”, gedwonge integrasie en die sogenaamde regstel van die “ongelykhede van die verlede”, wat wit studente juis in ‘n posisie van ongelykheid in die hede plaas. Dit is bewonderenswaardig dat hulle ten spyte daarvan, steeds hulle waardigheid en verdraagsaamheid handhaaf.



Wêreldwyd is die tendens sigbaar van nasionalisme: om die eie op te soek en met die eie te assosieer: soort soek soort. Dit het niks met rasse meerderwaardigheid te doen nie. Maar ja, ‘n indruk van meerderwaardigheid sou inderdaad kan ontstaan as studente in Brittanje gaan werk, sien hoe dat sake daar verloop, vlot, ordentlik en beskaafd, en hulle sien dat dit in Suid-Afrika juis teenoorgesteld daaraan toe gaan. Maar dit is nie die wit studente se skuld nie, maar eerder die swart bewindhebbers se swak dienslewering wat die indruk van onbekwaamheid laat posvat.



Henk van de Graaf

PRESIDENT

07 Jul 2008

Volkskultuurdag - 31 Mei 2008


17 May 2008

Besoek aan Danie Theron monument







Die Paardekraal Verkenners het die leerlinge van die CVO Brandwag geneem na die Danie Theron Monument naby Fochville op Saterdag 17 Mei 2008.

'n Inligtings praatjie is vir die kinders gehou by die monument en die middag het almal 'n heerlike middag by die skool geniet. Daar is jukskei gespeel en vleis gebraai.

01 May 2008

Volkskultuurdag - 31 Mei 2008


29 Apr 2008

Vergewe en Vergeet


Daar het ‘n doringboompie

vlak by die pad gestaan,

waar lange ossespanne

met sware vragte gaan.



En eendag kom daarlanges

‘n ossewa verby,

wat met sy sware wiele

dwars-oor die boompie ry.



“Jy het mos, doringstruikie,

my ander dag gekrap;

en daarom het my wiele

jou kroontjie plat getrap.”



Die ossewa verdwyn weer

agter ‘n heuweltop,

en langsaam buig die boompie

sy stammetjie weer op.



Sy skoonheid was geskonde;

sy bassies was geskeur;

op een plek was die stammetjie

so amper middeldeur.



Maar tog het daardie boompie

weer stadig reggekom,

want oor sy wonde druppel

die salf van eie gom.



Ook het die loop van jare

die wonde weggewis –

net een plek bly ‘n teken

wat onuitwisbaar is.



Die wonde word gesond weer

as jare kom en gaan,

maar daardie merk word groter

en groei maar aldeur aan.


Totius

Vryheidsdag


Terwyl die reenboognasie hierdie week die onwettige verkiesing van 1994 herdenk het, is dit ironies dat hulle dit "Vryheidsdag" noem. Op hierdie dag in 1994 het die Afrikaner sy vryheid verloor, nie net sy politiese vryheid nie, maar ook sy vryheid van burgerskap.

'n Regering bied aan sy burgers sekuriteit, opleiding en die geleentheid om te werk of om 'n besigheid te bedryf. Die Afrikaner is nie meer veilig in hierdie land nie, dit is immers die onveiligste land in die wereld. Die staatskool bestel het verval tot amper die swakste in die wereld en Afrikaanse skole word een na die ander verengels. Die Afrikaner is ook die geleentheid ontneem om te werk en besigheid te doen in hierdie land, deur die rassistiese wetgewing byname "Affirmative action" en swart ekonomiese bemagtiging.

As mens in ag neem dat die verkiesing van 1994 onwettig was, aldus Advokaat Paul Kruger, 'n kenner in die volke-reg wat 'n studie gedoen het daaroor. Kan die Afrikaner "Vryheidsdag" vier?

Die Afrikaner is egter bekend daarvoor dat hy nie onder gekry word nie. Die geskiedenis is 'n bewys daarvan. Na die tweede vryheidsoorlog het hulle plase in verwoesting gele, na die Engelse se verskroeide aarde beleid. Ook kon die Afrikaner nie werk kry nie, omdat hulle nie die Engelse taal kon praat nie.

Die Afrikaner het nie gaan le nie en teen 1938 met die herdenking van die Groottrek, was dit nie arm-Afrikaners wat die ossewaens in Pretoria ingewag het nie, maar stads-Afrikaners, met eie skole, eie koerante en eie besighede.

'n Mens kan argumenteer dat die onreg wat aan die Afrikaner gedoen is, die Afrikaner gedwing het om op te staan.

Dit gebeur vandag weer. Hoe dan anders? As die eens magtigste empire in die wereld nie die Afrikaner kon breek nie, hoe sal 'n terroriste bende hierde volk breek?

Terwyl die reenboognasie besig is om te verval in ellende, is die Afrikaner aan die opstaan. Die mite dat die Afrikaner nie kan saam staan nie, is ook die nek in geslaan met die stigting van die Afrikanerfront waar reeds 23 Afrikanerorganisasies aangesluit het. DIe CVO skole, ten spyte van aanvalle deur die regime, beur voort en groei van krag tot krag om ons kinders 'n Christelike eerstewereldse opvoeding te bied. Die AVKB vul hierby aan deur vir die Afrikaner kinders kampe aan te bied waar hulle weer vrylik Afrikanerkinders kan wees.

Die erfenis van die Afrikaner, word ten midde van al die probleme ook na omgesien. In 1940 plaas die Ossewa brandwag 'n hoeksteen by Majuba wat lees dat Majuba bewaar moet word vir die Afrikaner. Aan hierdie wens het die Afrikaner ook uiting gegee. Radio Pretoria, die Radio met grense, het ten midde van aanslae en alle pogings om haar stem te stil, gegroei tot die enigste stem van die Afrikaner. Die nuwe toring gaan die Radio se stem en dus die stem van die vryheidsversigting van die Afrikaner nog verder uitdrae.

Hierdie volk sal nie weer opstaan nie, hierdie volk het reeds opgestaan.

27 Apr 2008

Die onbekende President


Martinus Wessel Pretorius (1819 - 1901).

MW Pretrius was die seun van die bekende Andries Pretorius, hy is gebore in 1819, wat beteken dat hy 19 was tydens Bloedrivier. Ook was hy die eerste President van die ZAR.

Die bekende wereldstad Pretoria is deur hom ontdek, hy het die stad na sy Pa Andries Pretorius vernoem. So ook is Krugersdorp deur hom ontdek, hier het hy Paul Kruger vernoem. Die dorpie Christiana is na sy dogter vernoem. Daar is geen dorp wat sy naam dra nie, die dorp wat wel na hom vernoem is, Marthinus Wesselstroom, is bekend as Wakkerstroom, alhoewel die amptelike naam nooit verander is nie. Geskiedenis is werklik nie vriendelik met hierdie President nie.

Vergeleke met sy vader en Paul Kruger is hy vandag redelik onbekend. Dit kan tog nie oorlog wees wat Paul Kruger meer bekend gemaak het as vir hom nie. President M.W Pretorius was tog by Bloedriver en betrokke by die eerste vryheidsoorlog. Hy is oorlede in 1901, tydens die ABO. Ook was daar die voorval in 1857 waar hy 'n deel van die Vrystaat op ge-eis het vir Transvaal wat amper tot oorlog tussen die twee republieke gely het. Tog dien hy as President van die Vrystaat tussen die jare 1861-1863.

Was dit Paul Kruger se groot Christelike geloof wat hom meer bekend gemaak het? Ook dit is onwaarskynlik. M.W Pretorius het tog die eerste Predikant vir die ZAR uit Europa laat kom, Ds van der Hoff. van der Hoff is ook die man wat die Vierkleur vlag ontwerp het.

Daar bestaan dus geen ooglopende rede hoekom hy minder bekend is nie, behalwe dat Paul Kruger President was tydens die ABO en daardeur wereld bekend geword het. In volksgeledere behoort hy egter ewe bekend te wees.

21 Apr 2008

Die ontstaan van konsentrasiekampe tydens die ABO


08 Apr 2008

Wielrijders Corps


Reeds voor die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog het Danie Theron en sy vriend Koos Jooste,, wat 'n ywerige fietsryer was, die regering van die ZAR versoek om 'n fietsryerskorps op die been te bring. Na 'n resies tussen Pretoria en Krokodilbrug tussen Jooste en ene Martiens wat te perd was, wat Jooste dan ook wen, gee die kommandant-generaal van die ZAR, Piet Joubert toestemming dat die Wielrijders Corps gestig kan word.

Die korps het bestaan uit 100 jong mans wat deur Theron en 'n paar van sy helpers uit die geledere van die burgerlike bevolking asook die van goedgesinde vreemdelinge wat in die Republiek gewoon het, gekies is.

Die doel van die korps was om 'n vinnige rapportdiens tussen die verskillende seksies van die Boere se leërafdelings daar te stel. Theron was oortuig dat die fietsryers vinniger as perderuiters kon beweeg en ook nie so maklik in die veld deur die vyand opgemerk sou word nie. Die korps sou uiteindelik ook dien as 'n inligtingsdiens vir die Boere.

Aan die hoof van die korps het Danie Theron gestaan wat op 13 September 1899 formeel duer die kommandant-generaal in die posisie aangestel is. Theron is bygestaan deur luitenante wat in bevel van elke seksie was. Hy het elkeen persoonlik uitgesoek en aangestel en hulle was aan hom persoonlik verantwoordelik. J P (Koos) Jooste is later bevorder tot onderkaptein van die hele korps.

Elkeen van die manskappe is voorsien met 'n fiets, 'n rewolwer en waar nodig met 'n karabyn. Slegs die betroubaarste manne is tot die korps toegelaat. Die Wielrijders Corps het byvoorbeeld waardevolle werk aan die Swazilandgrens verrig waar hulle die grens gepatrolleer het. Die Engelse se fietsryerkorpse het weer die spoorlyn in die Noordwes-Kaap gepatrolleer.


Reeds voor die oorlog het kolonel George Knox die eerste fietsryerskorpse in Engeland in die leër op die been gebring. Toe die oorlog uitbreek was die City of London Imperial Volunteers en twee bataljons van die Royal Dublin Fusiliers toegerus met fietse. Van die plaaslike regimente het ook van fietse gebruik gemaak byvoorbeeld die Rand Rifles en die Cape Cyclist Corps

Die fietsryers aan Britse kant het ook as skakel tussen die infanterie en die ruitery opgetree. Hulle het telegramme, geld, verslae, rapporte asook die posduiwe vervoer. Majoor BFS Baden-Powell het tot 'n opvoubare fiets gebruik terwyl agt soldate die sogenaamde "War Cycle" beman het. Hulle het 'n spoed van 48 km per uur behaal .

Die fiets het egter nooit die perd as vervoermiddel gedurende die oorlog vervang nie.

Danie Theron


Danie Theron



Toe Danie Theron op 5 September 1900 in die Gatsrand tydens 'n skermutseling met die Engelse sterf het die Boere een van hulle knapste verkenners verloor.

Hy is op 9 Mei 1872 in die Kaapkolonie by Tulbagh gebore. Op tienjarige ouderdom verlaat hy sy ouerhuis om sy halfbroer, Johannes Pretorius wat 'n onderwyser was, na Bethlehem in die Vrystaat te vergesel. In 1888 behaal hy sy skooleindsertifikaat en verower 'n beurs van Kaapland om verder te gaan leer. In 1889 behaal hy sy matrikulasie sertifikaat en kwalifiseer as onderwyser. Voordat hy as ingeskrewe klerk by die prokureur CT Rabie op Pietersburgbegin werk, het hy eers skoolgehou in Kroonstad. Na sy deelname aan die Malaboch-oorlog (1894) kry hy volle burgerskap van die ZAR.

Nadat hy in 1897 as prokureur gekwalifiseer het, begin hy 'n praktyk op Krugersdorp. Sy praktyk floreer. Hy ontmoet Hannie Neethling, die meisie met wie hy van voorneme was om te trou. Sy sterf in Augustus 1898 . Dit is 'n verpletterende slag vir Theron en hy bly ongetroud.

Ontsteld oor 'n artikel wat in The Star verskyn gaan hy na Johannesburg waar hy 'n apologie van die redakteur, W F Moneypenny, eis. Toe hy dit nie kry nie slaan hy Moneypenny en breek Moneypenny se bril in die proses. Op 25 April 1898 word hy skuldig bevind aan aanranding en moet óf twee maande tronk toe gaan óf 'n boete van £20 betaal. Sy boete word egter namens hom betaal deur die mense wat in die hof teenwoordig was.

Op die vooraand van die oorlog oorreed hy die Transvaalse regering om die Wielrijders Rapportgangers Corps te stig om as verkenners en rapportryers in die oorlog op te tree. Voor die oorlog het lede van die korps inligting versamel oor die Britse militêre voorbereidings vir die oorlog. Theron besoek self Kimberley, Mafeking en Bulawayo. In sy hoedanigheid as kaptein van die korps dien Theron op generaal Louis Botha se staf in Natal. Die rapportryerskorps toon gou sy waarde: die dapper, gedissiplineerde manier waarop die lede van die korps hulle pligte doen, kry baie lof, selfs van die burgers wat aanvanklik skepties teenoor die skepping van so 'n korps gestaan het. Hy lewer waardevolle diens by die slag van Spioenkop (15.12.1899) en Colenso (24.01.1900)

Op 24 Februarie 1900 sluit hy aan by die krygsmag van generaal CR de Wet waar hy een van die waaghalsigste van al sy kordaatstukke gedurende die oorlog uitvoer deur 'n boodskap na generaal Piet Cronje wat by Paardeberg vasgekeer was, te bring. Hy het deur die Britse linies gekruip.

Op 5 Maart 1900 stig hy die Theron Verkennerskorps (TVK) wat saamgestel is uit ongeveer 'n honderd jong mans uit verskillende nasionaliteite. Die korps het nie net slegs respek aan albei kante, beide Boer en Brit afgedwing nie maar het hoë standaarde gestel aan sy manskappe. Die korps het ook 'n hoë gevegspeil gehandhaaf. Van die manskappe wat later hulle eie korpse gehad het of hulself in die oorlog onderskei het was Manie Maritz, Wynand Malan, Barnie Enslin, Henri Slegtkamp, Walter Mears en Jack Hindon. Die TVK lewer 'n groot bydrae tot die suksesvolle en uiteenlopende optredes van generaal CR de Wet onder wie hulle hoofsaaklik opgetree het. Hulle was byvoorbeeld die generaal se oë en ore tydens die eerste 'dryfjag' op hom. Die TVK verskaf inligting oor Britse troepebewegings, blaas treinspore op, en bevry selfs by geleentheid krygsgevangenes wat deur die Engelse op Vanwyksrust aangehou is.

Na die oorlog word sy oorskot herbegrawe op die plaas Eikenhof, langs die graf van Hannie Neethling.

Vyftig jaar na sy dood word die Danie Theron-monument op Theronskop waar hy gesneuwel het, onthul.

07 Apr 2008

van Riebeeck gelofte


6 APRIL 1654

Aangesien dit vandag twee jaar gelede is dat ons met God’s hulp en leiding met die skepe Drommedaris, Reiger en Goede Hoop veilig hier geland het, om hierdie fort en kolonie in opdrag van ons here en meesters op te bou, en ons gemerk het dat God die Here al die sake tot vandag toe met baie seëninge, goed en na wens laat verloop het,

het ons besluit, en ook vanjaar daarmee begin, om hierdie dag, 6 April, tot God’s eer met danksegging te vier, en dit vir altyd as ’n dank- en biddag in te stel, sodat ons nakomelinge nooit die weldade wat God aan ons bewys het, vergeet nie, maar dit altyd in gedagte mag hou.

Jan van Riebeeck se gebed (1652)



VAN RIEBEECK SE GEBED (1652)

Barmhartige, genadige God en hemelse Vader, volgens u goddelike wil is ons geroep om die sake van die Verenigde Nederlands Geoktrooieerde Oos- Indiese Kompanjie hier aan die Kaap die Goeie Hoop te bestuur. Met hierdie doel voor oë is ons met ons Raad in u heilige Naam vergader om met die Raad se advies sodanige besluite te neem waarmee ons die Kompanjie se belange die beste kan bevorder. Ons is hier om die wet te handhaaf en om, as dit moontlik is, onder hierdie wilde en onbeskaafde mense u ware gereformeerde Christelike leer voort te plant en bekend te maak tot lof van u heilige Naam en tot voordeel van die wat oor ons regeer. Hiertoe is ons sonder u genadige hulp allermins in staat. Daarom bid ons U, allerhoogste Vader , dat U met u vaderlike wysheid by ons sal bly. Ons bid dat U self leiding in ons vergadering sal gee en ons harte so verlig dat alle verkeerde hartstogte, tweedrag en ander dergelike gebreke van ons geweer sal word sodat ons harte van alle menslike hartstogte skoon sal wees. Laat ons gemoedere so ingestem wees dat ons in ons beraadslaging niks anders beplan of besluit nie as dit wat mag strek tot grootmaking en lof van u allerheiligste Naam en tot diens van die wat oor ons regeer. Laat ons nie in water mate ook al op eie voordeel of winsbejag let nie, maar net op die uitvoering van ons opdragte en dit wat vir ons saligheid nodig is. Ons bid en vra dit in die Naam van u geliefde Seun, ons Heiland en Saligmaker, Jesus Christus ... wat ons leer bid het: Ons Vader wat in die hemel is, ... Amen

16 Mar 2008

Genl. De la Rey se Dodemasker gevind