12 Nov 2007

Toespraak op 10 Oktober 2007, Henk van de Graaf


Plaaslik is dit natuurlik die Jaar van die Vierkleur. Die Vierkleur wat ook vandag weer hier wapper, is hierdie jaar 150 jaar oud. Dit was dié vlag wat gewapper het oor ‘n onafhanklike Boererepubliek met die eerbiedwaardige en gerespekteerde Paul Kruger as president. Paul Kruger en die Vierkleur kan nie van mekaar geskei word nie.Buite ons direkte volksatmosfeer is daar ook sekere gebeure waarvan ons op ‘n dag soos hierdie kennis moet neem.Dit word wêreldwyd weer mode, as ons dit so kan noem, om te kyk na die volkshelde van die verlede. Vroeër die week het die ANC se onderwysminister, Naledi Pandor, nog aangekondig dat sy meer aandag aan die helde van die verlede wil gee. Natuurlik kan mens nie van haar verwag om Paul Kruger daarby in te sluit nie. Sy het in gedagte Steve Biko, Albert Luthuli, Oliver Tambo en nelson Mandela.Natuurlik het sy die reg om namens haar volk te vereer wie sy wil, maar laat ons sommer dadelik sê dat sy nie die reg het om daardie in ons oë terroriste, op ons kinders af te forseer nie.Maar Vriende, dit wys net weer dat daar allerweë ‘n besef is van die waarde van geskiedenisonderrig vir ons jeug. Dit onderstreep weer eens die behoefte wat daar by enige volk bestaan om na sy helde van die verlede te kyk, en te sê “Dankie” vir alles wat dié mense gedoen en vermag het. Daarom moet ons juis met hierdie herdenkingsgeleentheid weer vir mekaar en vir ons kinders die onderneming gee, soos wat ons ook tydens die Gelofte by Bloedrivier gedoen het, dat ons dit aan ons kinders, kleinkinders en verre nageslag sal oorvertel. Daarom is ons dit aan ons nageslag verskuldig om die regte geskiedenis aan hulle oor te dra, want anders verloor hulle hul identiteit. Hoe kan ons met ons gewete saamleef as ons toelaat dat ons op ‘n dag soos hierdie, maar selfs deurentyd in ons skole en elders, skielik moet leer van die “held” Steve Biko, terwyl ons weet dat hy besig was met misdadige beplanning vir die dood van onskuldige vroue en kinders, soos in die ANC-terroristestryd inderdaad begin het.Hoe kan ons toelaat dat die geskiedenis deur swartes, Engelse en swart Engelse, vervals word om ‘n Paul Kruger die vark in die verhaal; te maak, en te beweer dat hy die oorsaak van die Engelse oorlog was, en dat as ons enige skuldige moet soek vir die volksmoord, die holocaust, op ons 27 000 vroue en kinders, ons dit moet soek by Paul Kruger. Vriende, dit is presies wat vandag geleer word, en dit is presies dié gif waarmee ons kinders besoedel word.Hierdie jaar is ook die vier honderdste herdenking van Admiraal Michiel Adriaanszoon de Ruijter, seker die mees befaamde Nederlandse see-admiraal wat daar was. Die Engelse het nie van hom gehou nie, want hy het in een van die seeslae met sy vloot die Engelse Theems-rivier opgevaar. Dei klomp bang Engelse span toe kettings oor die rivier om die vloot te keer, aar De Ruijter vaar eenvoudig al wat ‘n ketting is stukkend, steek die Britse vloot aan die brand en vat die agterboeg van die vlagskip, die Royal Charles, as buit saam, en dié is steeds in ‘n museum in Nederland te sien. In ‘n latere seeslag het De Ruijter gesneuwel.Waarom van De Ruijter praat by ‘n Krugerherdenking?Doodgewoon om ‘n parallel te trek. Toe dit in 1976 die 300ste herdenking van sy sterfdag was, wou die linksgesinde eerste minister, Joop den Uyl, geen amptelike aandag aan die herdenking gee nie. Hy wou kwansuis geen staatsgeld vir heldeverering gee nie. Hy was net so ‘n aartsliberalis wat die geskiedenis wou verkruppel.Die huidige eerste minister, Jan-Peter Balkenende, het ingestem dat 2007 as die De Ruijterjaar bekend kon staan, en groot herdenkings is gehou. Balkenende het Nederlanders selfs weer opgeroep om trots te wees om Nederlander te wees.‘n Jaar gelede was De Ruijter ‘n onbekende vir dié Nederlanders onder 35 jaar oud. Die rede: geskiedenis was afgeskaf in die onderwyspakket. Maar nou, na die herdenkings, het daar weer ‘n volkstrots opgewel, soveel so dat geskiedenis weer tot ‘n mate in die onderwysstelsel ingevoer word. Meer nog: daar is nou ‘n vak “Burgerkunde” ingestel waarin De Ruijter as rolmedel voorgehou word vir leerlinge tussen 10 en 15 jaar.Sien u waarom dit so belangrik is om dae soos hierdie te herdenk? Sien u waarom dit belangrik is dat ons nooit ons volkshelde mag vergeet nie? Sien u wat is die waarde van volkstrots en volksnasionalisme? Die Nederlanders dreig om verswelg te word in ‘n Europese eenheid, waar grense oopgestel word vir Afrikaan, Moor en Indiaan, amper soos die Zimbabwiese inval in ons land. Maar die behoefte aan ‘n identiteit, ‘n eienheid, bestaan by elke volk. Nasionalisme leef in elke volk. Die smagting na erkenning vir die voorgeslagte leef in elke volk. Daarom moet dit aangemoedig en gestimuleer word.Vanjaar is die aar van die Vierkleur. Met die verskyning van die De la Rey-boek en liedjie, kon dit netsowel die De le Rey-jaar geword het. Dit gaan nodig word dat ons op die regte tyd en by die regte geleentheid onder ons volk weer ‘n Paul Kruger-jaar uitroep. Hierdie waardige voorganger het so baie besondere hoedanighede gehad, dat dit op ‘n geleentheid soos hierdie eenvoudig nie tot sy reg sal kan kom nie. Daarvoor is ‘n Paul Kruger-jaar nodig, om weer die geleentheid te skep om die volle omvang van sy waarde en bydrae tot ons volk en ons vryheidstryd in perspektief te plaas.Tog wil ek een besondere saak aanraak, terwyl ons nou praat oor De Ruijter en die Nederlanders. En dit is die besondere rol wat die Nederlanders onder president Kruger gespeel het. Destyds is hulle die Krugers-Hollanders genoem.Toestande in Nederland was nie daardie tyd gunstig nie, en derduisende Nederlanders het geëmigreer na Amerika en Suid-Afrika. Dit was bekwame mense, en Kruger het geweet dat hy die Boeregemeenskap moet versterk teen die Engelse invloede.Die Nederlanders het hulle invloed oral laat geld, en in baie gevalle spoor ons die Krugers-Hollanders nog op in baie ander fasette as net die daaglikse bestuur van die ZAR. Hulle het hulle merk gemaak in die kunste: name soos Anton van Wouw kom by ons op, Frans Oerder, Pieter Wenning. In die letterkunde kom die name van Van Bruggen en Van Melle voor – direk koppelbaar aan Krugers Hollanders.Hulle het diep spore getrap in die onderwys, die kerk, die kultuurlewe. Sonder Kruger se insig om dié mense in te span, sou ons Afrikaanse taal vandag armer gewees het, so ook ons musiek en die beeldende kunste.As hoof van sy nuwe Departement an Publieke Werke, stel Kruger ingenieur Sytze Wierda, ‘n Fries, aan. Hy het tronke en landdroskantore ontwerp en opgerig, brue laat bou, paaie aangelê en seker sy twee grootste werke was die Ou Raadsaal op Kerkplein en die Paleis van Justisie.Gerrit Adriaan Arnold Middelberg is deur Kruger aangestel by die NZASM, word Hervormd en speel ‘n rol in die kerklewe.Staatsprokureur dr. Herman Koster speel ‘n belangrike rol, en hy sneuwel uiteindelik op Elandslaagte in die Tweede Vryheidsoorlog. GA Odé word Sekretaris van Onderwys onder Kruger, en later word hy selfs die Staatsgeskiedskrywer. Ander bekende Nederlandse name, was dié van dr. EJP Jorissen en WE Bok, wat saam met Kruger ‘n deurslaggewende rol gespeel het by die gebeure by Paardekraal.In 1897 was daar 306 Hollanders in die staatsadministrasie van 1790 mense, dit is net meer as 17%. Nie almal was beleidmakers nie, inteendeel. Kruger het wel gesorg dat hy en die Boere die hef in hande hou. Die enigste man wat wel invloed op die politieke uitgeoefen het, was dr. WJ Leyds. Hy is op 25-jarige leeftyd aangestel as Staatsprokureur, en op 30-jarige ouderdom word hy Staatsekretaris. Dit is dus duidelik dat Kruger ook ‘n aanvoeling gehad het vir die jeug, want hy en Leyds het nou en hartlik saamgewerk.Maar waar is daar nou ‘n beter aanvoeling vir die jeug teenoor die president as die Nederlandse koningin Wilhelmina self. Die moedige jong vrou was maar net 20 jaar oud toe sy die voorstel van een van haar adviseurs kry om pres. Kruger na Nederland te laat kom. Sy was so opgewonde oor die voorstel, dat sy dieselfde dag nog haar goedkeuring geteken het, waarop die skip die Gelderland gestuur is om die bejaarde president van die vernedering van gevangeneming deur Brittanje te spaar. En toe die skip onderweg ‘n Engelse oorlogskip teëkom, en die sy identiteit vra, laat weet die kaptein in opdrag van die jong koningin: “Ons is die Gelderland, ‘n Nederlandse oorlogskip wat die president van die Zuid-Afrikaanse Republiek aan boord het, en ons is gereed om te vuur”. Nodeloos om te sê dat die Engelse lafaard die haaiepad gevat het.Maar as ‘n 20-jarige meisie, as ons vir die oomblik die Koningin van Staal (Wilhelmina) so mag noem, begeesterd kan raak deur ‘n ou oom dar ver in die vreemde, hoeveel te meer behoort ons kinders nie nou begeester te word deur ‘n Paul Kruger en dit waarvoor hy staan nie.Om ‘n Payul Kruger te vergelyk met ‘n Thabo Mbeki, sal neerkom op ‘n belediging, en daarom doen ek dit nie. Want Kruger se gelyke as staatsman, volksman en godsman, is daar nie. Ons kan dalk wel ‘n vinnige vergelyking maak tussen die twee administrasies, want hoe ‘n man se administrasie lyk, gee ‘n goeie beeld van wie en hoe hy self is.Kruger was geen stille diplomaat nie. Inteendeel, hy het sake genoem soos dit is. Toe daar eendag ‘n Brit by Kruger spog oor die grootte van die Britse ryk oor die wêreld, dat daar letterlik nie ‘n minuut is dat die son nie iewers op die Britse Ryk skyn nie, was Kruger se komieklike, maar tog skerp en reguit antwoord: die Britte is eenvoudig nie in die donker te vertrou nie, daarom laat God altyd die son oor hulle skyn.Geen van Kruger se mane was ooit in ‘n hof om te verduidelik of sy dade met geslagsiek mense (Vigs in moderne tyd genoem) vrywillig of gedwonge was. Onder Kruger en die Vierkleur is daar geen kommissies van ondersoek ingestel om te bepaal of die prokureur-generaal of die kommissaris van polisie dalk iets het om weg te steek nie. In Kruger se staat onder die Vierkleur was daar wet en orde, en reg en geregtigheid het plaasgevind: daar was nie ‘n verkragting elke 30 sekondes, 53 moorde per dag en ‘n ossewakaping op elke straathoek nie. Tronke se deure se slotte het gewerk, wat beteken het dat misdadigers binne gebly het. En tog was sy tronke relatief min, en leeg, want sy kerke was vol. Geen rugby op Sondag nie. Geen musiekblyspel op die Sabbat nie. Maar Godsorde.Vriende, kom ons besiel ons jeug onder ons weer met ons leiers van die verlede, en skep leiers vir die hede wat in daardie spore trap. Dankie vir De la Rey se lied. Die wiel is reeds aan die rol gesit om ons geskiedenis te herontdek. Daardie dinamika moet gebruik word vir die volgende fase. En ‘n volgende fase… en ‘n volgende fase. Want ons wil weer vry wees, in ‘n staat soos die van ‘n Paul Kruger en onder leierskap soos dié van ‘n Paul Kruger, met die Vierkleur wat wapper. Want ons skuld dit aan die erflating van Stefanus Johannus Paulus Kruger en sy helpers om weer die Vierkleur te laat wapper, en so sal dit wees!