Simbolies is Oom Paul se voete ook gewas. Hiermee is verskoning aangebied aan Oom Paul dat ons toegelaat het dat die land in so gemors verval het en daarmee al sy opofferinge ongedaan gemaak het.
20 Sept 2009
Paul Kruger se voete gewas
Simbolies is Oom Paul se voete ook gewas. Hiermee is verskoning aangebied aan Oom Paul dat ons toegelaat het dat die land in so gemors verval het en daarmee al sy opofferinge ongedaan gemaak het.
16 Sept 2009
05 Sept 2009
03 Sept 2009
02 Sept 2009
1938 - Die wonderjaar!
1938 was 'n wonderjaar vir die Afrikaner. Die jaar waarin die Afrikaner weer opgestaan het. In 1938 is die eeufees van die Groottrek gevier, wat afgesluit is met die hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument. Hierdie fotos is geneem tydens die hoeksteenlegging:
Beloftes van ons voorvaders
Die verduideliking van die klipstapel en die belofte wat daar gemaak is:
Ek wonder nou of die opsigter van die Voortrekkermonument (Gert Opperman) bewus is van hierdie belofte? Hy bou nou allerhande museums en mure daar, maar hierdie belofte is nog nie tot uitvoer gebring nie. Is dit die vuurige verlange wat dit simboliseer wat om afskrik, of is dit die belofte om die erfenis onbeskadig te bewaar wat hom laat wegskram?
30 Aug 2009
Paardekraalmonument in Graaff-Reinet
29 Aug 2009
Die gevaar van kommersialisering van kultuurgoedere
Alhoewel nie noodwendig hoogs-geletterd nie, was diégene wat die Ligdraers van hierdie volk was, in ’n diep geloof ge-anker. Dit het aanleiding gegee dat hulle onbevrees die naakte realiteite van die lewe in die gesig kon staar en dit die hoof kon bied.
Dit is hiérdie aanvaarding van ’n harde werklikheid wat op ’n eenduidige wyse ’n unieke wysheid aan die gelowige en geharde voorgeslag gebring het.
Maar toenemend leef ons vandag te midde van ons aardse bestaan wat maar tussen 800 en ’n 1 000 maande onder die son is, in twee verdere verskillende wêrelde. Die een wêreld waarvan daar slegs ’n klein minderheid is, wat geletterd is, en oor die intellektuele middele beskik om onbevange gevolgtrekkings te maak en die meerderheid wat hulle verlaat op die doelbewuste gemanipuleerde foto’s en beelde wat as inligting opgedis word.
Persone wat inligting wat op hierdie manier inneem, kan nie tussen die waarheid en die opgediste leuen onderskei nie. Deur middel van ’n oorvereenvoudigde kinderlike verhaaltrant, heilige verontwaardiging en cliché’s word die nie-denkendes se denke gekaap.
En hierdie verskil sny dieper in as ras, klas, geslag, stedelik of nie-stedelik, geloof of bygeloof en verdeel nie net die volk nie, maar skep enklaves van onoorbrugbare antagonistiese groepe.
Hierdie verskynsel word veral in die politiek gebruik. Vir meer as 20 jaar maskereer politieke propaganda as ideologieë. Vir meer as 20 jaar het sekere predikante politieke ideologieë van die kansel verkondig en het politici pseudo-religieuse toesprake in die raadsale gemaak. Die toesprake het nie onafhanklike waarneming en kritiek geduld nie: die doel was juis om gevoelens van euforie, bemagtiging, welvaart en kollektiewe bevryding aan te wakker.
Natuurlik is alles van die waarheid ontbloot, maar niemand gee om nie, want daar is reeds ’n openbare ekstase geskep wat die individualiteit negeer en die massa in die nirwana van ’n gekkeparadys hou. Enigiets kan nou opgedis word aan diegene wat slegs in die teenwoordige tyd leef en aan permanente amnesia ly.
Dit is die styl en die storie wat van belang is en nie die geskiedenis of realiteit wat die politieke keuse en lewe beïnvloed nie. ’n Gemaklike illusie is aanvaarbaar, want ons verwar dít wat ons voel met dít wat ons weet.
Nieteenstaande die feit dat die geskiedenis en wetenskap die tééndeel vertel, is dit makliker om dieselfde leuens wat al vir 300 jaar, met presies dieselfde gevolge oor die afgelope 300 jaar, te bly vertel. Die broederskap van alle mense, die onskuldige natuurkind, nuwe nasie, gee aan hierdie leuens die gewig asof dit onbetwisbare waarhede is.
Dit voel goed om nie self te dink nie. Die lewe is so eenvoudig. Ons hoef slegs te visualiseer wat ons wil hê, in onsself te glo en ons te verlaat op die verborge kragte in onsself, of in die nuwe nasie, om die wêreld na ons wil te herskep. Dít wat realisties is, kan nie in ons pad staan nie.
In ons post-literêre wêreld waar idees nie meer ontgin kan word nie; is die behoefte slegs aan nuwer en opwindender stimuli.
Nuus, politieke debatte, teater, kuns en boeke word nie op grond van hulle idees beoordeel nie, maar op hulle vermaaklikheidswaarde. Kultuurprodukte wat ons dwing om ons posisie in die maatskappy waarvan ons deel is te ondersoek, word afgemaak as elitist en onverstaanbaar.
Die filosoof Hannah Arendt waarsku dat die bemarking en kommersialisering van kultuurgoedere tot die vertrapping daarvan lei; dat hierdie nuwe stelsel van bemarking ’n nuwe geslag van beroemdes of intellektueles skep, wat ofskoon hulle dikwels belese, berese en goed ingelig is, ’n missie het om toe te sien dat Hamlet so vermaaklik is as Lion King en miskien selfs net so opvoedkundig.
“Culture,” skryf sy, “is being destroyed in order to yield entertainment. There are many authors of the past who have survived centuries of oblivion and neglect, but it is still an open question whether they will be able to survive an entertaining version of what they have to say.”
In hierdie verband is dit interessant om daarvan kennis te neem dat gedurende die agtiende eeu was Voltaire die bekendste naam vandag is dit Micky Mouse.
Die verskuiwing van ’n druk- na beeldgebaseerde samelewing vir die verkryging van inligting, het ons volk meer as enige politieke beweging, getransformeer. ’n Groot segment van ons volk is so opgeslurp in die verbruikerskultuur dat hulle totaal ontwortel is van realiteit. Onderhoude met sepiesterre wat vertel dat die publiek hulle op straat op hulle karakters se name aanspreek en met hulle argumenteer of simpatiseer volgens handeling van die rol wat hulle vertolk, is ’n duidelike voorbeeld van hierdie vervreemding.
Toenemend word kwasi-geskiedkundige films uit Hollywood die lens waarmee historiese gebeure waargeneem word en die storie wat daaraan gekoppel word, die aanvaarde interpretasie van die gebeurtenis.
Soos wat die hele ekonomiese en maatskaplike druk groter word, in dieselfde mate, verminder die soeke na die waarheid en verdwyn die vermoë om hierdie stygende probleme te hanteer. Al die tradisionele werktuie van soeke na waarheid, ondersoeking van feite, nuus en rasionele debat is nuttelose instrumente in ’n wêreld wat die kapasiteit om dit te gebruik, verloor het.
Dit kan verwag word dat soos wat die ekonomie verder gaan knyp met die daaropvolgende probleme, die meeste gaan verkies om in ’n irrasionele fantasie te ontsnap. En om hulle verder oor die lokkende afgrond te help, sal daar die kwaksalwer prediker wees wat kits bekerings verkoop, die beuelblasende guru’s wat aardse skatte beloof, die vermaaklikheidsterre uit die televisie- en sepiewêreld en ons politieke opswepers wat toenemend absurde vorme van lewensontvlugting sal aanbied. En dit sal genoeg wees.
Reeds is die kernwaardes wat ’n volk bymekaar gehou het, ook deur die vermaaklikheidsindustrie oorgeneem. Die vernaamste daarvan is patriotisme. Patriotiese dade wat ’n arm volk wou huldig deur monumente te bou met pennies en tiekies, is nou die vermaaklikheidswêreld se nuwe verhoog waar kultus-kunstenaars hulle sakke met Rande vul.
Oor hierdie kwessie het die baanbreker toneelspelers uit die vorige eeu, die Hanekoms en André Huguenet reeds gedurende die depressiejare van die Dertiger jare gekla:
“Selfs ons wat dit eerlik bedoel het met ons beroepstoneel”, skryf Huguenet, “moes dikwels doen soos ons medingers om nie onder te gaan nie. So het dit gebeur dat daar op een tydstip die skandaligste uitbuiting van sentiment geheers het (’n uitbuiting wat die volk hom egter sonder verset laat welgeval het). Die bedrywige beroepstoneel het soos ’n bende smouse die platteland stofgetrap en gewetenlose ‘toneelspelers’ het met mekaar gewedywer wie die stroperigste en mees sentimentele titels en konserte kon aanbied ... ‘Stemme uit die Graftes’ het geroep na “Bemindes in die Hemel’ en ander ‘Van agter die ou Kraalmuur’ na dié wat ‘Struikel oor my Lyk’ in ‘Bloed op die Ashoop’. .... aan trekpleister- en lokaastitels was daar geen einde nie.”
Die kernwaardes van ’n volk, naamlik: die vermoë tot onafhanklike denke en om onbevange gevolgtekkings te maak; om verskille vreesloos, maar ordentlik uit te spreek, om self-krities te wees, outoriteit te bevraagteken wanneer nodig; bowe alles om historiese feite te verstaan en tussen die waarheid en die leuen te kan onderskei; saam met die begrip dat daar ook ander denke en maniere is wat moreel en sosiaal aanvaarbaar is; is besig om te sterf.
Voortrekkermonument speelplek vir fopdossers!
Dit stem my tot groot ongelukkigheid om kennis te neem dat daar ‘n musiekfees aangebied is vir ‘n groep transvestiete en ander persone met afwykings by die Voortrekkermonument. Dit maak ‘n bespotting van ons kultuurerfenis en mens kan maar net wonder hoe so iets goedgekeur is deur die rentmeesters van ons kultuurerfenis by die Voortrekkermonument. Hierdie onaanvaarbare toedrag van sake sal seker weereens deur die bestuur op een of ander manier goed gepraat word. Net soos die afgodsbeelde en kondome wat by die winkel verkoop word. Of soos die “model” wat op die Senotaaf afgeneem is.
Hoeveel meer vernedering moet hierdie volk ervaar? Hoe is dit moontlik dat hierdie soort van gebeure goed gepraat kan word deur die sogenaamde bestuur van die Voortrekkermonument? On sweet nou al dat die volkskultuurvlag, die Vierkleur nie welkom is by die Voortrekkermonument nie, maar nou wil dit voorkom dat transvestiete, kondome en afgodsbeelde wel welkom is. Beteken dit dat slegs dinge wat die volk verneder welkom is en dat goed wat die volk enige vorm van trots mag gee onwelkom is?
Het die Voortrekkermonument nou ‘n propaganda instrument in die hande van die ANC geword, waarmee hierdie volk afgekraak en verneder moet word? Waar gaan dit stop??
Die ironie is dat die sogenaamde “vriende van die VTM” ‘n groep volksgenote is wat finansiëel bydrae tot die Voortrekkermonument. Gevolglik is hierdie groep besig om die volk se ondergang te finansier!
Ek weier om te aanvaar dat die afstammelinge van die Voortrekkers in ‘n spul sikofante ontaard het. My oproep aan die handjievol volksgenote wat nog ‘n ruggraat het, is om nie hierdie toedrag van sake gelate te aanvaar nie. Laat u stem hoor, behalwe as u ook ‘n sikofant is, wat hierdie gebeure aanvaar.
Ben Geldenhuys
Paul Krugerfees 2009

Geagte Volksgenoot,
Paul Kruger het ‘n baie spesiale verbintenis met Krugersdorp. Nie net is die dorp na hom vernoem nie, maar ook is Oom Paul se monument, die Paardekraalmonument, in Krugersorp.
Op 8 Desember 1880, na die verlies van vryheid, roep Paul Kruger die volk byeen te Paardekraal. Tydens hierdie vergadering, besluit die sowat 6000 burgers, dat die tyd aangebreek het om iets daadwerkliks te doe nom hulle vryheid te herstel. Op 'n voorstel van Paul Kruger het die burgers 'n klip stapel gepak op die plek waar die monument vandag staan. Op hierdie stadium is die Paardekraal Gelofte ook afgele.Hierdie vergadering het die slag van Majuba tot gevolg gehad en die herstel van vryheid van die ZAR op 27 Februarie 1881. Van 13 tot 16 Desember 1881, hou 'n dankbare volk 'n reuse fees op die terrein en ook die eerste staatsfees in 1886 is daar gevier.In 1889 is die heer JC Human, wat landros in Krugersdorp was, na President Paul Kruger om toestemming te vra om 'n monument op die terrein te bou. In 1890 besluit die regering om die monument op Paardekraal te bou oor die klipstapel. Die Heer Wierda, was die argitek en die boumeester WY Veitsch het in April 1890 met die bou van die Monument begin en is voltooi in November van 1890.In Desember 1891 is 'n huldigingsfees op Paardekraal gehou, waartydens President Paul Kruger die monument onthul het. Dit was ook die eerste volksfees waar die Gelofte van 1838 weer herdenk is.
‘n Dankbare volk, onthou sy helde.
Sedert 2007 herdenking die Paardekraal Verkenners die geboortedag van President Paul Kruger. Hierdie herdenking het in 2008 ‘n hoogtepunt bereik met ‘n volksfees wat by die Paardekraalmonument gehou is. In 2009 sal daar weereens ‘n volksfees ter herdenking van President Paul Kruger gehou word te Paardekraal. Volksgenote word vriendelik uit genooi na hierdie feestelike dag.
04 Aug 2009
Dit is oorlog, by Paardekraal.


Sedert 2007 is daar op gereelde grondslag voorvalle van diefstal en fandalisme by die Paardekraal Monument in Krugersdorp. Die koperkabels wat die elektriese toevoer voorsien is weg gedra en feitlike alle metaal items is gesteel. Dit sluit in lamppale en vlagpale. By die badkamers is daar gereeld in gebreek en alle koper krane en pype is gesteel. Na die badkamers herstel is, is daar op die dag wat die herstelwerk gedoen is, weereens ingebreek en weereens is die krane gesteel. Al die nuwe wasbakke is ook tydens hierdie inbraak gebreek. Daar is duisende Rande spandeer, nie net om die verwoesting te herstel nie, maar ook om dit wat nog daar is, veilig te kry. So is daar byvoorbeeld by die badkamers doringvurkhekke opgesit en verskeie vensters is met staalplaat toe gemaak. Ongelukkig is ook hierdie staalplaat gesteel en so ook die doringvurkhekke.


Vir die Paardekraal Verkenners, soos menigste ander Afrikaners lê die Paardekraal Monument baie naby aan die hart. Gevolglik is daar besluit om 'n strategie te ontwikkel om Paardekraal te beveilig. 'n Taakspan is aangestel onder leiding van Sid Mann wat al die moontlikhede ondersoek het en het met 'n strategie na vore gekom wat nie net die terrein sal beveilig nie, maar ook sal poog om die terrrein te herstel tot 'n bruikbare toestand waarop volksgenote weer trots kan wees.
Hierdie plan is aan die Paardekraal Feeskomisie voorgelê en is ook goedgekeur. Ook is nodige fondse hiervoor deur die Paardekraal Feeskomisie goedgekeur. Op Dinsdag 28 Julie 2009 is daar dan ook begin met die opgradering van die sekuriteit. Volgens beplanning sal daar 'n dubbelheining opgerig word, waarby die binnekantste heining ge-elektrifiseer sal wees en ook gekoppel sal wees aan 'n alarm. Die kampterrein sal ook weer voorsien word van elektrisiteit. Verder word daar ook beplan om 'n terreinopsigter aan te stel wat op die terrein sal woon. Hierdie eerste fase van die verbeterings behoort teen September afgehandel te wees.
29 Jul 2009
Aparheid: Misdaad of Weldaad?
Die Ontstaan, verloop en einde van apartheid
Outeur: PH du Preez [D.Phil, D.Sc Agric. Ekon]
Eerste Uitgawe: 2008
Formaat: Sagteband met kleuromslag, A5, 171 bls.
Resensie: LW Bienedell
Prys: R85 plus R15 posgeld is R100
Belangrikheid van die boek
Hierdie boek bied 'n fassinerende en boeiende bespreking van die sogenaamde “uitgediende” onderwerp. Dit gee n omvattende, insigtelike en feitlike uiteensetting van die tema.
Dit behoort in die besonder vir alle Afrikaners belangrikke leesstof te wees om al die valse voorstellings van apartheid/afsonderlikke ontwikkeling aan die kaak te stel.
Maar is apartheid nog enigsins van belang? Gewis JA, want die “misdaad” van apartheid word tydig en ontydig meedoenloos gebruik om die Afrikaner te verneder, hom n permanente skuldgevoel te gee en sy moreel te vernietig. Dit is reeds genoeg rede waarom elke volsgenoot op hoogte moet wees met ten minste die basiese waarhede van hierdie beleid.
Wetenskaplikheid
Die beredenering in die boek is op gefundeerde feite gebaseer. Dit sal interessant wees om te sien op welke basis kritiek wat mag volg gegrond sal wees.
Die kernagtige statistiese gegewens is insiggewend en waarskynlik uniek in samestelling. Dit bevorder n geheelbeeld van die situaisie, en onderstreep onweerlegbaar apartheid se bydrae tot swart ontwikkeling.
Inhoud
In die boek word gepoog om so bondig moontlik, binne bestek van 171 bladsye die belangrikste aspekte van afsonderlike ontwikkeling toe te lig.
Die apartheidsbeleid ook genome afsonderlikee ontwikkeling is gebou op lewensbeskoulike en rasioneel-logiese fondamente wat ook die basis gevorm het vir die daaropvolgende formalisering in wetgewing wat deur die Nasionale Party regering na 1948 gepromulgeer is.
Die belangrikste aspekte van vordering, sowel as struikelblokke, word in die boek redelik bondig, maar met behoud van balngrikke besonderhede, bespreek. Onderwerpe soos ontwikkelingstrategiee en ontwikkelingsinstellings word beskryf, gevolg deur die spesifieke ontwikkelingsprogramme. Ook kry staatsfinansies en nasionale rekenings, benewens baie ander onderwerpe, aandag.
Apartheid was suksesvol
Die gefundeerde gegewens weerle grootliks die bewerings dat apartheid onuitvoerbaar was en misluk het. Trouens, die teendeel word bewys, naamlik met die uitsondering van enkele ontwikkelingsprogramme, was apartheid in belangrikke opsigte besig om te slaag. Waarom is die feit so heftig betwis?
Op die vraag word n volledige uiteensetting gegee van die magte wat gepoog he tom apartheid op elke gebied te ondermyn. Dit is waarskynlik een van die insiggewendste gedeeltes van hierdie boek.
Maar agter al hierdie gebeure is die oorheersende motief om die Christelik gelowige Afrikaner te vernietig, en dit is waarskynlik die meriete van die boek, om hierdie een doel van die Globalisme teen die Christelike lewensbeskouing uit te wys.
En dan die laaste gedagte, die ellende en agteruitgang van die eens florerende Suid-Afrika wat onder swart bewind verval het. En wat hou die toekoms in?
Bestellings van die boek kan geplaas word by LW Bienedell Posbus 3095, Pretoria, 0001, of per SMS by 0826631881 of per epos by lw@lwboeke.co.za This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
03 Apr 2009
25 Mar 2009
VERNIETIGING VAN DIE AFRIKANER SE KULTUURGOEDERE
Aan die hand van hierdie meer konkrete gegewens wat nou aan die lig gekom het, oorweeg die Volkseie Museumraad om ‘n grondwetlike regsgeding oor die vernietiging van ons volkskultuur teen die A.N.C. owerheid aanhangig te maak. Die ondersteuning van die Afrikanerfront sal ook hiervoor gevra word.
Ons kan die vernietiging van kultuurgoedere nie verder toelaat nie.
Uitgereik deur die Dagbestuur van die Volkseie Museumraad.
25 Maart 2009

