28 Oct 2008

Bloedrivier 170




Dit is vanjaar die 170ste herdenking van die slag van Bloedrivier. Belangriker nog, dit is die 170ste herdenking van ons volks se Gelofte wat by Bloedrivier gemaak is.

Om hierdie geleentheid te herdenk, het die Bloedrivier Geloftefees 'n kakebeenwa gebou wat vanaf die 21ste November 2008 van Pretoria na Bloedrivier sal reis.

Hierdie Kakebeenwa sal op Saterdag 22 November 2008 in Krugersdorp aankom. Die wa sal vanaf 10h00 deur die strate van Krugersdorp getrek word to by die Paardekraalmonument waar 'n feestelike program aangebied sal word.

27 Oct 2008

Openbare Verhore oor Naamsveranderings


Sekere sake moet in perspektief geplaas word rondom die gebeure by die sogenaamde openbare konsultasies oor Pretoria se straatnaamsveranderings.



Dit was veral jongmense, en spesifiek lede van die Verkenners se Jeugbeweging, wat betrokke was by die openbare “verhore”. Dit was een van die lede van die Verkenners wat deur die polisie weggevoer was, en wat later maar weer laat gaan is toe dit blyk dat hier sprake was van magsvergryp deur lede van die SAPD, en dat dit neerkom op ‘n onwettige arrestasie.



Die Dagbestuur van die Verkennersbeweging stel dit onomwonde dat hy nie gaan optree teen enige lid van die Verkenners se Jeugbeweging nie. Hulle het in hulle jeugdigheid, aangevoer deur erge frustrasie, sake dalk op ‘n ander wyse benader as wat ouer mense dit moontlik sou doen. Dit is egter so dat hulle nog meer die slagoffer is van ‘n bestel en omgewing wat Afrikaner-onvriendelik is. Hulle kry slegs met uiterste inspanning werk, want affirmative action tel teen hulle. As hulle ‘n eie onderneming wil begin, is SEB daar om ‘n deel van hulle onderneming van hulle af te vat. Op universiteite word hulle gedwing om te integreer, en die reg tot assosiasie en disassosiasie word hulle ontneem, onder die valse beskuldiging dat hulle dan rassisties is. Ook hulle wil die bietjie erfenis wat hulle vadere aan hulle oorgedra het, in die vorm van ‘n ontwikkelde stad met historiese name, sien behoue bly – iets wat lynreg bots met die sinnelose naamsveranderings.



Bowendien is dit duidelik dat die openbare verhore ‘n klug is en net bedoel is om te dien as rubberstempel op ‘n besluit wat reeds geneem is.



Die ANC-bestel lok sodanige optrede uit, en as iemand te blameer is, is dit die ANC self. Die ANC moet dalk kennis neem dat optredes van dié aard, in die toekoms eerder sal toeneem as afneem, as die ANC voortgaan met sy Afrikaner- en Boere-vervolging.



Die Verkennersbeweging is trots op hierdie lede van hom, wat nie skroom om standpunt in te neem nie, en selfs bereid is om daarvoor opgesluit te word in omstandighede wat bekend is as haglik. Dit is wonderlik om te sien dat seuns mannemoed openbaar oor iets waaroor hulle sterk voel. Ons kan hulle net gelukwens met hulle optrede.



Ons doen ook ‘n beroep op elkeen van hulle wat ook maar net gedreig is met geweld deur arrogante polisielede wat skynbaar nie weet waar hulle bevoegdhede eindig nie, om aanrandingsklagtes teen dié polisielede aanhangig te maak nie, ongeag of hulle wit of swart is. Die Verkennersbeweging sal help met regshulp indien nodig.



Henk van de Graaf

President

Heldedag 2008 - Video


Heldedag in Die Afrikaner



22 Oct 2008

Verkennerspos gestig in Britanje-kolonie


Op 21 Oktober 2008, is 'n Verkennerspos gestig in die Afrikanerkolonie Britanje. Hierdie eiland is gekonaliseer deur Afrikaners in 'n poging om beskawing ook daar te vestig. Die Afrikaner se vermoe om beskawing te vestig is welbekend, dit is met groot sukses gedoen in Natal, Oranje Vrystaat en Transvaal.

Die Britte se konsentrasiekampe en verskroeide-aarde beleid tydens die tweede vryheidsoorlog is bewys van hulle onbeskaafde barbaarsheid.

Kultuur vorm 'n belangrike fondament van beskawing en dus is dit belangrik dat 'n pos van die kultuur beweging Die Verkenners ook op daardie eiland gestig word, in 'n poging om daardie barbare te beskaaf.

Daar le egter 'n reuse taak voor vir die poslede, om 70 miljoen britte 'n beskaafde taal soos Afrikaans te leer.

Ek het egter volle vertroue in hierdie jongmanne.

14 Oct 2008

Mediaverklaring Verkennersjeug – en hoor jy die magtige dreuning?


Dit is die liedere van 'n jeug se ontwaking wat weerklink het in die Pretoria-noord-stadsaal by 'n vergadering oor naamsveranderings, wat harte laat sidder en beef het. Dit volg nadat die Verkennersjeug besluit het om na hierdie vergadering te gaan om te hoor waaroor gaan die beplande naamsveranderings. As kultuurorganisasie ag die Verkenners die straatname wat na ons volkshelde vernoem is, as deel van ons kultuurerfenis.



Die vergadering is geadverteer vir 19:00, maar teen 19:20 het die vergadering nog nie begin nie, die verskoning wat gebruik is, was dat die klankman laat was. Die Verkennersjeug het dus maar volksliedjies gesing om die tyd om te kry. Liedjies soos: "Vat jou goed en trek Ferreira", "Bobejaan klim die berg" en "Sarie Marais". Die DA se hoofsweep van Pretoria het die jongmanne berispe dat hulle die vergadering (wat nog nie begin het nie) ontwrig. Die Zuma-ondersteuners het losgebars en "bring my masjiengeweer" en "slaan die boere" gesing. Die DA het blykbaar nie probleme met daardie liedere nie, aangesien geen DA-sweep daaroor geklap het nie.



Die DA het ook die Verkennersjeug laat verstaan dat die Verkennersjeug asb. nie verder die vergadering moet ontwrig nie, want hulle wat die DA is wil onderhandel en hierdie optrede van die Verkenners gaan niks help nie.



Wat uit die oog verloor word deur die sweep, is dat die lede van die Verkennersjeug groot waarde heg aan hul kultuurerfenis en dit nie ook soos die land wil laat weg-onderhandel nie. Die VF+ het na die mense as terroriste verwys en is daarom uit die stadsraad se raadsvergadering gejaag. Nêrens in die wêreld onderhandel beskaafde mense met terroriste nie, aangesien hulle weet terroriste kan nie vertrou word nie.



Verder word daar ook uit die oog verloor dat daar vir een of ander rede op hierdie kontinent geglo word dat 'n kultuurerfenis maar gesteel mag word. Dat die geskiedenis verdraai mag word om die propagandamasjien van die regeerder van die dag te pas.



'n Beskaafde persoon besef dat as jy iets gebou het, gekoop het of geboorte geskenk het daaraan, dan het jy die reg om dit 'n naam te gee. Die DA en die ANC het dit blykbaar nog nie besef nie. Die DA was self betrokke by naamsveranderings in die Kaap, maar nou in Pretoria is hulle blykbaar teen dit. Dit klink maar redelik beginselloos, want mens is of vír kulturele diefstal, of jy is daarteen.



Die Verkennersjeug se lede beleef daagliks die nagevolge van onderhandelings. Die nagevolge van gedwonge integrasie, die nagevolge van Affirmative action en die nagevolge van kwotasport is alles deur politikuste onderhandel op wie dit geen effek het nie.



Die Verkennersjeug gaan nie toelaat dat hulle toekoms in die land van hulle vaders, verder belemmer word deur onderhandelings nie. Net soos president Paul Kruger, glo die Verkennersjeug "Ons weerstand sal die wêreld verstom". Daarom is die Verkennersjeug trots daarop dat die vergadering verdaag moes word, dat hulle die proses van onderhandeling oor kulturele diefstal kon stuit.

13 Oct 2008

Paardekraal heldedag 2008



10 Oct 2008

Paul Kruger se standbeeld as President van Suid-Afrika ingehuldig








Op die 9 Oktober 2008 het die Paardekraal Verkenners die standbeeld van Paul Kruger getooi met 'n ampserp. Daar was bykans 'n honderd mense teenwoordig by die geleentheid wat insluit lede van Die Brandwag en lede van die Volkspele. Die Paardekraal Verkenners het dit verlede jaar ook gedoen en beplan om dit elke jaar met Oom Paul se verjaarsdag te doen, maar hierdie jaar het dit simbolies ook 'n ander betekenis.

Vir die afgelope 20 jaar reeds gaan Suid-Afrika gebuk onder swak leierskap, tans met die magstryd wat heers binne die ANC is dit nog erger, met nie een van die kandidate wat 'n goeie president sal wees nie.

Daarteenoor was Paul Kruger die grootste staatsman wat hierdie land en miskien die wereld al ooit gehad het. Sy staatsmanskap word so hoog geag deur die Paardekraal Verkenners dat hulle glo dat selfs sy standbeeld 'n beter staatshoof sal wees as die huidige aanspraakmakers vir die posisie.

Daarom dan ook dat die Paardekraal Verkenners met die ampserp wat hulle vir die standbeeld op gesit het, die standbeeld in te huldig as die president van Suid-Afrika.

Ben Geldenhuys
Voorsitter
Paardekraal Verkenners

09 Oct 2008

Media verklaring - Verkennerskoor


Na aanleiding van die DA se uitlating op volksmikrofoon van 8 Oktober 2008, dat die jongmanne wat so heerlik gesing het tydens die openbare verhoor oor die straatnaam verandering lede is van die VF+, die volgende kommentaar. Die DA het hulleself met die feite misgis. Dit verbaas egter nie, want hulle misgis hulle gereeld, aangesien hulle, hulle eie aannames as die waarheid beskou.

Die jongmanne wat so heerlik gesing het, is in werklikheid lede van die Verkenners koor. Die koor is maar onlangs gestig en gisteraand was hulle eerste koor oefening. Die koorlede het blykbaar verdwaal na waar die koor oefening gehou word en het toe hulle verby die saal waar die publieke vergadering oor naamsveranderings gehou word, al die voertuie daar gesien en aangeneem dit is waar die koor oefening gehou word.

Die Verkenners koor beskou die oefening wat hulle gekry het as 'n reuse sukses maar erken dat hulle nog oefening nodig het. Daar is nog 'n paar koor oefeninge vir die maand beplan voor die publieke opvoering op 20 Oktober 2008 en persone met 'n sterk stem en 'n liefde vir ons volk se geskiedenis word genooi om saam te kom oefen. Die oefeninge sal geskied op die volgende datums en plekke:

09 Oktober Centurion Raadskamers , H/v Basden en Rabie strate Tyd: 18h00
Sammy Marks Ouditorium - 1ste vloer , H/v Van der Walt en Vermeulen strate Tyd: 18h00
13 Oktober Pretoria Noord stadsaal , H/v Emily Hobhouse en Brits Tyd: 19h00

20 Oktober , Opvoering Pretoria Stadsaal , H/v Paul Kruger en Visagie strate Tyd: 09h00-13h00

08 Oct 2008

Paardekraal Verkenners aksies


12 Sept 2008

Onregmatige naamsveranderings


Dit is nou ruim 15 jaar sedert ons vryheid soos 'n dief in die nag van ons gesteel is. Vir 15 jaar moes ons die propagandistiese aanvalle van die ANC trotseer en sluk. Vir dieselfde 15 jaar moes ons telkens keer as ons erfenis op arrogante wyse deur hierdie terroristebende vertrap en vernietig word. Net om deur dieselfde bende beskuldig te word van rassisme en dat ons in die pad staan van transformasie.



Alles wat ons eens opgebou het is verniel, vernietig en dit wat oor is, se name word verander. Ook is daar nou besluit om die strate in Pretoria se name te verander. 'n Redelike mens sal aanvaar dat indien jy iets gebou het, gekoop het of geboorte geskenk het daaraan, dan het jy die reg om dit 'n naam te gee. Die strate in Pretoria het die ANC nie gebou nie, hulle kan dit beswaarlik met ons belastinggeld in stand hou!



Laat ons dan maar kyk na wat het hulle tot stand gebring in die laaste 15 jaar. Geen haan sal daarna kraai as hulle hul terroristehelde vernoem na wat hulle self tot stand gebring het nie.



Die Nuwe Suid-Afrika is wêreldbekend vir misdaad, korrupsie en swak dienslewering. Dit is al. Dit is al wat die ANC in 15 jaar tot stand kon bring.



Hoe min dit ookal is, sal ons werklik nie omgee dat hulle wie hulle ookal wil vernoem na dit wat hulle opgerig het nie. Ons sal selfs die name gebruik en wyd verkondig!



Intussen stel ons voor dat hulle maar ons erfenis met ruste laat. Hierdie is 'n omgekrapte volk, wat net soveel kan vat voordat hy breekpunt bereik. Die magtige Britse empire kan sekerlik daarvan getuig. Ook die eens magtige Dingaan. Moet nou nie die vreedsame volk druk om op te tree om sy eie te beskerm nie!


Die uwe,

Ben Geldenhuys

02 Sept 2008

Heldedag - 11 Oktober 2008



(Kliek prent om te vergroot)

Heldedag - 11 Oktober 2008




Na die sukses van die Kultuurdag wat gehou is op die 31ste Mei 2008 by die Paardekraal-Monument, het ons geen ander keuse gehad as om weer 'n feesdag te reël nie. Die volgende feesdag is dan ook op die 11 Oktober 2008 - Heldedag. Daar is ook besluit om hierdie feesdag groter en beter as die die vorige geleentheid te maak.


Die program vir die dag is as volg:

10h00 Opening & Verwelkoming

10h15 Vlaghysing

10h25 CVO Brandwag – Die Stem

10h30 Henk v/d Graaf Toespraak

10h45 Paul Kruger Toespraak

11h00 Eclips

12h00 Handhawerjeug

13h00 Volkspele

14h00 Coreen (Bloedriver-lied)

15h00 Penkoppe (Boere-orkes)

16h00 Program sluit



Geen volksfees sal volledig wees sonder dat daar nie ook heelwat te ete is nie en die plaaslike kerke sal 'n verskeidenheid kosstalletjies aanbied. Dan is ons bevoorreg om nie minder nie as drie outeurs teenwoordig te he -- dr. Cas Bakkes (Boskroniek), prof. Kobus Pienaar (Waarheid en Wysheid) en mnr. Dolf Buitendach (Semantiese bedrog). Van die ander aktiwiteite sluit in skyfskiet en perderitte. Daar sal ook 'n konsentrasiekampfoto-uitstalling wees, met die komplimente van Kraal-Uitgewers.

08 Aug 2008

Volkshater word op sy plek gesit!


Geagte Mnr Behrens,


Ten eerstens moet ek u gelukwens met die pragtige Afrikaanse skool. Dit is duidelik dat u, u posisie as hoof nie net as 'n werk sien nie, maar dat u hart werklik in die saak is.

Dit was dan ook vir my 'n skok om te sien dat Mnr Norman van der Poll betrokke is by u skool, 'n skool waarvoor u baie duidelik omgee. Die enigste rede waaraan ek kan dink dat u hom toelaat om betrokke te wees by u skool, is dat u nie die man se karakter ken nie.

Laat my toe om 'n paar van Mnr van der Poll se skrywes aan u bekend te maak, sodat u self 'n mening kan vorm oor die man: (let egter dat dit vreeslik bar is)

Ek begin maar met sy "digkuns":


http://woes.aardvark.co.za/gedigte/vertoon/9256_Mandi_I.htm




Dan is daar ook die man se beskrywing van homself:

http://www.woes.co.za/artikels/vertoon/9607_Ek_is_ek.htm


Dan wonder ek ook hoe dit is dat die man naby Afrikanerkinders toegelaat kan word as hy in die dagblad Beeld sy gevoelens oor die Afrikaner so uitdruk:

'Afrikaner is 'n geniepsige en venynige swakkeling'
Aug 06 2008 06:27:24:433PM - (SA)

Met verwysing na die berig “Afrikaner kan SA wa deur drif help sleep” (4 Augustus).

Die Afrikaner is ’n agteraf, geniepsige en venynige swakkeling wat nie skroom om te teer op die nederlae van die "underdog" nie.

Hulle was niks en sal nooit weer die vreugde van hul koverte, onderduimse welslae smaak nie.

Hulle verdien die korrupsie en kranksinnigheid van die ANC.

Ek distansieer my van alle Afrikaner-verwante ideologieë, filosofieë, die NG Kerk en sommer vir die lekker, voeg ek volkspele daarby...suggestiewe danse vol subliminale "foreplay" waar die perverse, ou boere met die jeug “omgegaan” het. Dis nou hulle wat glo Facebook is sonde en YouTube ’n instrument wat Satan in sy dissipels se hande gestop het.

Afrikaner? Ek praat jou taal en ek leef jou kultuur omdat dit in my gedwing is. Ek verag jou lewens- en wêreldbeskouing en ek kots klopdisselboom as ek na jou brekerstories luister...verkenner in die bos, maar julle was te hel sleg om die drie dae patrollies te loop en het liewer 300 m van die basis af onder ’n kremetart loop gyppo.

Te bang vir veg, want jou lewe is op die spel. 32 Bn, 4 en 5 VK moes gereeld julle gatte gaan skop om julle net te kry om te loop!

Koevoet het vir jou gelag, haasman! Trots op wat?


Norman van der Poll, Suid-Korea

http://www.news24.com/Beeld/Opinie/Briewe/0,,3-2085-73_2371124,00.html


Soos u kan sien is al hierdie inligting beskikbaar op die internet. Ons weet dat kinders vandag baie tegnologies vaardig is, ek wonder wat se indruk dit op hulle gaan laat? Ook wonder ek hoe die Afrikanerouers by u skool oor die saak sal voel. Of selfs die adverteerders op u webblad, wat klaarblyklik ook Afrikaners is.

Ek verneem graag hoe u die saak gaan hanteer.



Ben Geldenhuys
Paardekraal Verkenners







Beste mnr Geldenhuys



Dit is met skok en afgryse wat ons verneem het van die brief van mnr Norman van der Poll in Beeld, 6 Augustus. Laerskool La Hoff is ‘n trotse Afrikaanse skool met ‘n Christelike karakter wat ‘n vyfsterbeeld na buite wil uitdra en daarom distansieer ons ons totaal van hierdie uitlatings van mnr van der Poll. Dit is vir ons belangrik om ons kinders bloot te stel aan ander wêrelddele maar is nie bereid om ons Christenskap, taal en kultuur op die spel te plaas nie en is tans besig om ons verbintenis met hierdie projek te hersien.



Baie dankie dat u hierdie saak onder ons aandag gebring het. Ons skool is ook verbind aan die opbou van hierdie land en sy mense.



Groete.



Albert Behrens

SKOOLHOOF

Adres: Privaatsak X5037, KLERKSDORP, 2570

Tel: 0184682471

Faks: 0184686836

Epos: rottang@lahoff.co.za

Webtuiste: www.lahoff.co.za

06 Aug 2008

Die ANC het die swartman ontman.


So ‘n paar jaar gelede het die feministiese aktrise Charlize Theron op 'n TV-advertensie gevra hoe manlik is die Suid-Afrikaanse man. Dit is 'n advertensie wat vreeslik kritiek ontlok het, maar miskien was daar tog waarheid in haar vraag.



Dit is egter belangrik om al die feite rondom die saak op die tafel te plaas. Haar argument was "regte mans" verkrag nie en mishandel nie kinders nie. As mens in ag neem dat meer as 90% van mans in SA tronke swart is, dan wonder mens waar kom hierdie kultuur van misdaad, veral misdaad teen swakker persone onder swart mans vandaan.



Om die vraag te antwoord moet ons terug gaan in die onlangse geskiedenis. Die ANC het tydens hulle oorname aan die wêreld verkondig dat nooit weer sal daar in Suid-Afrika teen persone gediskrimineer word op gronde van die persoon se ras of geslag nie. Tog het die ANC in hierdie "gelyke" bestel dit nodig geag om swart- bevoordelingswetgewing in te stel in die vorm van "swart ekonomiese bemagtiging", "affirmative action" en "kwotasport".



Ook indien daar iets verkeerd gaan in die land, is die ANC vinnig om die skuld daarvoor op die skouers van Apartheid te pak. Wat hulle eintlik sê is, dit is die skuld van die witman.



Wat is die dieperliggende boodskap wat die swartman hieruit ontvang?



Vir die swartman is dit duidelik dat die ANC nie glo dat hy op meriete 'n kans staan om teen die witman mee te ding nie. Daarom is dit nodig om wetgewing in te stel om hom op 'n ongelyke basis 'n geleentheid te gun om teen die witman mee te ding. Dat hierdie sogenaamde "bemagtigingsplan" vaal, is ook duidelik. Selfs ten spyte van die ongelyke speelveld vaar die witman steeds beter as die swartman op alle terreine van die samelewing. Dit kan nie goed wees vir die swartman se ego nie en die verskoning wat die ANC daarvoor aanvoer – dat dit Apartheid se skuld is – kan net die saak verder versleg. Apartheid is nou al vir 14 jaar nie meer 'n faktor nie.



Enige sielkundige sal getuig dat 'n boelie mense wat swakker as hy is afknou, weens sy eie swak selfbeeld of ego.



Is dit dan so vreemd dat die swartman vrouens, kinders en oumense verkrag, mishandel en vermoor?



Die ANC het nou verder gegaan en gesê dat ook wit vrouens nie meer van die "affirmative action" wetgewing vrygestel sal word nie. Vir die swartman beteken dit dat die ANC glo die swartman is nie opgewasse om selfs teen 'n wit vrou op gelyke grondslag mee te ding nie.



In die swart kulture is dit nog altyd geglo dat 'n man sterker is as 'n vrou en nou vertel die ANC die swartman dat hy swakker is as 'n wit vrou?



Ons het reeds gesien wat die gevolge was van die ANC te ontmanning van die swartman, hierdie is nou sout in die wonde en die gevolge kan nou net vererger.



Ek vermoed egter dat die ANC nie bewus is wie hulle nou die stryd aangesê het nie. Want sien, dit is die Afrikanervrou wat die Afrikanervolk gemotiveer het tot van die grootste gebeure in die Afrikaner se geskiedenis. Dit was die Afrikanervrou wat die Afrikaner gemotiveer het tot die Groottrek. Die bekende "kaalvoet oor die Drakensberg" uitspraak, dien as bewys hiervan.



Op trek het sy die huisaltaar in stand gehou, haar kinders aan haar knie gekatkiseer en uit die Nederlandse Bybel leer lees en skryf. As die laer aangeval word, het sy die gewere gelaai en die lope koud gehou.

Sy was die handhawer van die Christelike geloof in die ruwe, ongetemde land en haar kinders het die vryheidsdrang en volkstrots met moedersmelk ingedrink.



Ook tydens die Tweede Vryheidsoorlog was dit die Afrikanervrou wat die swaarste gely het onder die wreedheid van die Britse Empire. Tog, ná daar reeds meer as 26 000 kinders en vrouens in die konsentrasiekampe dood was, was dit die vrouens in die kampe wat die boodskap vir die burgers in die veld gestuur het: “Hou aan, ons sal uithou!”



Ná die oorlog, verarm deur die Britte se verskroeide aarde-beleid en die depressie wat daarop gevolg het, het sy haar gesin skoon, geklee en gevoed gehou.



Die waardes en dissipline wat sy aan haar kinders geleer het, het hulle gesterk om in 1961 onder die Britse heerskappy uit te styg, met die skep van 'n eie republiek.



Afrikanerseuns het groot respek vir die moeders van die volk. Hulle word ook geleer om hulle vrouens met dieselfde respek te bejeën as hulle moeders. Daarom is die gedagte aan 'n vrouedag vir die Afrikaner 'n vreemde gedagte. Want sien, vir die Afrikaner het mans en vrouens nog altyd mekaar aangevul deur hulle bepaalde rolle wat hulle speel en dus was daar nie 'n ongelykheid wat nou moet gelyk gestel word nie.



Tog is dit ironies dat die ANC kort voor vrouedag erken dat die Afrikanervrou meer van 'n man is, as die swartman.

18 Jul 2008

Prof Jonathan Jansen se uitsprake oor blanke studente


Die Verkennerbeweging het met gemengde gevoelens kennis geneem van die uitsprake van prof. Jonathan Jansen oor die gedrag en ingesteldheid van blanke studente.



Ons betreur dit egter dat hy skynbaar ‘n eensydige studie probeer onderneem het en as gevolg daarvan slegs eensydige bevindinge kon maak, en dit boonop interpreteer het vanuit sy eie nie-blanke oogpunt. As hy ‘n meer wetenskaplike ondersoek sou onderneem het, soos om ook die swart studente daarby te betrek, en selfs sy eie mense, die kleurlinge, sou daar dalk ‘n heel ander bevinding gemaak kon gewees het.



Om te beweer dat wit studente verkeerd ingelig word deur kerke, kultuurgroepe en hulle ouers, is verregaande en getuig van absolute onkundigheid, komende uit die mond van iemand wat nie selfs deel is van daardie gemeenskap nie. Om op grond daarvan te vermoed dat sodanige studente hulle tot rasse-aanvalle sou kon wend, kan selfs as beledigend ervaar word.



Waarom meld hy slegs enkele gevalle wat in die media skeefgetrek is? Dit was bewysbaar duidelik dat die sogenaamde Reitz “walgvideo” gemaak is met medewete van die “akteurs” daarin, en bewyse dat daar niks vulgêrs gebeur het nie, is eenvoudig nie geglo nie. Maar daardie video was ‘n reaksie van studente wat nie gedwonge geïntegreer wou word nie.



Maar as prof. Jansen sy ondersoekveld sou verbreed het, kon hy by dieselfde universiteit afgekom het op swart studente wat wit damesstudente molesteer en verkrag, soos herhaaldelik gebeur het. In hoeveel gevalle van moorde en plaasaanvalle is dit nie juis swart jeugdiges wat daarby betrek is nie? Moet ons dan nou aanneem dat dit ook deur hulle kerke, jeugorganisasies en ouers aan hulle opgedra word?



Wit, en in besonder Afrikanerstudente, is en word van kleins af hoflikheid en verdraagsaamheid geleer, ook teenoor die andervolkiges in die land. Dit is egter onnatuurlike prosesse, soos “affirmative action”, gedwonge integrasie en die sogenaamde regstel van die “ongelykhede van die verlede”, wat wit studente juis in ‘n posisie van ongelykheid in die hede plaas. Dit is bewonderenswaardig dat hulle ten spyte daarvan, steeds hulle waardigheid en verdraagsaamheid handhaaf.



Wêreldwyd is die tendens sigbaar van nasionalisme: om die eie op te soek en met die eie te assosieer: soort soek soort. Dit het niks met rasse meerderwaardigheid te doen nie. Maar ja, ‘n indruk van meerderwaardigheid sou inderdaad kan ontstaan as studente in Brittanje gaan werk, sien hoe dat sake daar verloop, vlot, ordentlik en beskaafd, en hulle sien dat dit in Suid-Afrika juis teenoorgesteld daaraan toe gaan. Maar dit is nie die wit studente se skuld nie, maar eerder die swart bewindhebbers se swak dienslewering wat die indruk van onbekwaamheid laat posvat.



Henk van de Graaf

PRESIDENT